Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 10 Die mense wat langs die Môrestroom leef. Die boomhuise van Saturnus. Hoe die wilskrag van die Saturniete die natuur beheer Saturniete se kommunikasie met die geestelike wêreld Die nuttelose sendings van aardgeeste na Saturnus 1. Van die vier hoofstrome, is daar een wat presies in die rigting van die môre vloei en dit is die wydste en digsbevolkte stroom. Maar moet nie dink dat julle stede en fortifikasies opgerig sal sien op die oewers van hierdie rivier nie, soos wat dit op aarde die geval is nie. Julle sal niks van hierdie aard op die hele planeet vind nie. 2. Die wonderbaarlikste akkommodasie vir die Saturniete is die Sonbome. Op Saturnus word hulle Ghuba genoem en onder hulle baie takke en stamme woon hele huisgesinne. Die inwoners leef nie almal saam op een plek soos op aarde nie. ’n Deel van die bevolking bly op die vlaktes, by voorkeur op die rivieroewers, terwyl `n ander deel in die berge woon. Dit is waarom beide oewers van die Môrestroom dikwels met Sonbome beplant word, waaronder die Saturniete hulle permanente wonings het. Die rede waarom Ek “permanente wonings” sê, is omdat hierdie tipe boom nie wegkwyn na `n kort tydsduur nie. In plaas daarvan hou hierdie bome aan met groei, word groter en bereik so `n grootte dat onder baie van hulle ’n enkele familie woon wat, deur onderlinge verwantskap, dikwels 10,000 tot 20,000 tel! 3. Die riviere, maar veral die Môrerivier, vervul veelsoortige behoeftes van die bevolking, in die volgende volgorde van be¬langrikheid: Eerstens is die inwoners van Saturnus groot vriende van persoonlike higiëne en dit is nie vreemd van hulle om tot sewe keer per dag te was nie. Tweedens hou hulle daarvan om te swem, omdat dit dien as `n besonder versterkende vermaak. Hierin is almal groot artieste in die water; - nie net swem hulle op die oppervlak soos die mense op aarde nie, maar hulle kan gemaklik op die wateroppervlak loop. Daarom is hulle in staat om allerhande swem maneuvers uit te voer. As voorbeeld kan hulle plat op die oppervlak van die water lê, of hulle kan op die oppervlak sit en al in die rondte daarop draai. 4. Sou hulle onder die water wou induik, kan hulle dit ook doen, maar dit is nie makliker vir hulle as vir die ganse op aarde nie, want in vergelyking tot die water, is die Saturniete 40% ligter is as die mense op aarde. Julle kan hierdie verhouding verstaan uit dit wat voorheen genoem was, naamlik dat die Saturniete hulself gemaklik kan maneuver in die lug, veral die jonger geslag. Maar selfs die ouer mense kan van die grootste hoogtes afspring, sonder enige fisies skade. Hulle hou egter nie daarvan om dit te doen nie, omdat hulle na so `n poging in die lug, gewoonlik deur ’n nare duiseligheid oorval word. 5. Derdens verkies die Saturniete om naby die water te leef omdat, soos voorheen genoem, die water `n besondere mooi glinsterende lig afgee in die nag. Vierdens adem hierdie strome `n besondere aangename verkoelende lug uit, waarvan die Saturniete groot vriende is. Vyfdens woon hulle op die oewers van die riviere vanweë hulle makgemaakte diere, wat makliker toegang tot water het, wat ons later sal bespreek. In die berge kan die groter diere nie aangehou word nie, as gevolg van die tekort aan genoegsame water, aangesien die fonteine op die laer liggende dele van die berge ontspring en die hoër dele moet maar tevrede wees met die Reënboom en die Watervrug wat die vloeiende vaatjie genoem word. Die grootste van die makge¬maakte diere vereis, volgens julle afmetings, 598,000 kwarte (566,000 liters) water op een dag, wat `n enorme hoeveelheid vir die mense op aarde is. Hierdie groot makgemaakte dier is dit wat julle op aarde `n koei sal noem. Hierdie dier is so groot dat `n olifant op die rug van ’n Saturnus koei sou loop en sou nie groter gewees het as `n parasiet nie. As gevolg van die buitengewone nut van hierdie dier, verkies die Saturniete om op die oewers van die riviere, strome en mere te woon, sodat hierdie nuttige dier nie benadeel sal word nie, omdat sy die eienaardige eienskap besit om vyf keer meer water te drink as wat sy eet. Wat hierdie diere eet, sal later in detail verduidelik word, wanneer die eintlike diere beskryf word. 6. Selfs al bou die Saturniete nie stede of huise nie, weet hulle hoe om die Breëboom of die Muurboom te plant, wat in `n vorige hoofstuk bespreek is en op so `n kunstige manier dat, indien julle so `n woonplek sou sien, julle sal saamstem dat dit onbeskryflik en baie pragtiger is as die grootste, pragtigste stad op aarde. Die mure lyk asof dit gebou is van die blinkste skitterendste gepoleerde goud. 7. Sesdens, die Saturniete hou daarvan om op die oewers van die strome te bly as gevolg van hulle liefde vir die see en seil. Hulle doen dit nie vir selfsugtige motiewe of vir wins nie, maar eerder vir plesier en gesondheidsredes. Ook wanneer sommiges onder hulle begeer om buur- of vêrafgeleë eilande en lande te besoek, moet hulle gebruikmaak van dit wat regtig na aan hulle harte lê, naamlik seil met skepe! 8. Julle mag vra waarom die Saturniete nog die moeite doen om skepe te bou, as hulle die vermoë het om op water te loop? Die antwoord op hierdie vraag is egter baie eenvoudig. Die Saturniete kan baie maklik op die water loop, solank as wat hulle nie `n vrag het nie. Maar sodra hulle iets dra, sal hulle sink, aangesien die verhouding van die water se kapasiteit om `n menslike wese te dra, fyn tot op `n haar bereken is. En wanneer die Saturniete op water loop, is dit `n stadige en versigtige prosedure en verg redelik baie oefening. Dit verg baie meer oefening as sierskaats op aarde, terwyl hulle met die skepe vinnig oor die water kan gly en gemaklik 30 tot 50 geografiese myl in `n uur kan aflê. Ook het hulle gladnie stoomgenerator, roeispaan of skepwiel nie. Hulle motiverende krag lê slegs in hul vaste wil en onwrikbare geloof. Dit is ook waarom hulle die relings van hulle skepe belyn met vlae of plantstingels wat hulle magnetiseer met hulle wil. Die gevolg is dat die skip getrek word in die rigting wat die wil van die seeman wat hy geplaas het op die “wilpaal” van hul bestemming. 9. Kyk, so `n motiveringskrag is by verre beter en meer onfeilbaar as julle afgryslike stoomenjins, waardeur die natuurlike lewe van die mens in volgehoue gevaar verkeer! En as Ek Myself nie voortdurend ontferm deur beskermingsengele beskikbaar te stel nie, sal daar aansienlik meer ongelukke deur vrygestelde stoom gewees het as wat daar alreeds is. Niks is meer dwaas as `n mens wat die kragte van die natuur aanwend waarvan hy nie geringste kennis het nie. Dit is nie genoeg om slegs deur ervaring te weet dat die vrygelate stoom `n groot saamgeperste krag besit nie, maar dit is ook baie belangrik om te weet wat lê agter hierdie vrygelate stoom en wat veroorsaak hierdie groot saamgeperste krag. 10. Dooie kragte is nie kragte nie, maar effektiewe kragte wat vrygestel of losgelaat is, is lewende kragte. Maar wie weet hoeveel krag hierdie vrygelate geeste in die stoom besit? Werklikwaar, indien hulle nie bedwing was deur die engele nie, sal dit nie lank duur voordat al hierdie arrogante en verwaande stoomenjin ingenieurs ontdek hoe absoluut belaglik die basis van hulle berekeninge werklik is. Want vrygestelde geeste van slegs 1,837 liters water, wanneer nie bedwing nie, kan binne `n oogwenk hele bergreekse in stof verander. Dit behoort julle te vertel hoeveel hemelse beskerming aanhoudend benodig word, sodat hierdie dwase mense met hulle dwase ondernemings, nie vernietig word deur hierdie soort ongelukke nie. 11. Die Saturniete is onbewus van enige sulke dwaasheid en ten spyte van alles, is hulle onvergelykbaar wyser as al daardie geleerde, super-intelligente stoomenjin ontwerpers, ingenieurs en oorwinnaars van die oseane op die aarde. Afgesien van al hierdie voordele, het die Saturniete nog een onskatbare voordeel, naamlik dat hulle gedurende hulle lewe verskeie kere self persoonlik met My kan assosieer en ook met die engele in die hemel, waardeur hulle meer kan wen in `n kort gesprek in hulle wysheidsfeer en waarnemingsvermoë, as deur al die oormatige dom retoriek van geleerdes. 12. In verband hiermee wil Ek graag in die verbygaande noem dat geeste van julle aarde dikwels hiernatoe kom om die Satur¬niete te besoek, wat hulle te alle tye toegestaan word, veral wanneer hulle hierdie behoefte sou hê. Wat gewoonlik gebeur, is dat hierdie aardgeeste, wat hulleself as baie geleerd beskou, deeglik deur die Saturniete uitgelag word. Hulle word berispe oor hulle buitengewone dwase denke, want hulle weet nie eers dat die Meester, as die Skepper van die Hemel en al die hemelligame, volkome mens is nie. Hierdie feit is slegs bekend aan `n paar mense en Christene op aarde en daarom het baie van hierdie geeste die mees lagwekkende en absurde idees oor My. Dit is ook waarom sommige van hulle sulke onsinnige skilderye van My verf. 13. In sommige skilderye word Ek voorgestel as `n aartsbiskop, terwyl ander My as halfnaak voorstel, sittende op `n wolk met `n kruis in die een hand, gewoonlik in die regterhand van hierdie aartsbiskop. Ander stel My weer voor in die vorm van `n vlieënde duif, waar Ek dan altyd bokant twee persone onder My moet fladder, naamlik bokant die aartsbiskop en bokant die naakte, kruisdraende Christus. En ander stel My weer terselfdertyd in al drie van hierdie fasette voor, waardeur Ek `n matematiese onsin word, omdat Ek as drie persone voorgestel word, waar slegs twee met `n menslike vorm voorgestel word en die derde word die vorm van `n dier gegee. En weereens moet hierdie drie ver-skillende personaliteite slegs één heilige persoon voorstel van een aartsbiskop, een naakte Christus en een duif! 14. Op die hele planeet Saturnus bestaan daar egter nie één mens wat `n ander konsep van My het, anders as dat Ek `n volledige mens is nie, net soos enige ander mens, maar met een verskil: Ek is die volledigste en perfekste mens, dus is Ek `n mens waarin die volheid van die Godheid liggaamlik lewe. Indien julle enige probleem het om dit te verstaan, verander julle na materie, want dit sal julle vertel waar dit (die materie) vandaan kom en wat dit is. En dit hét julle ook al vertel. Dan sal dit nie so moeilik wees om te verstaan en te snap wat dit beteken dat in My, as die mees volledigste menslike wese, die volheid van die Godheid liggaamlik lewe nie! 15. Kyk, wanneer die Saturniete, om dit so uit te druk, die rekord regstel, word hierdie verwaande aardse geeste verskriklik vererg en kwaad en in weerwraak wil hulle die Saturniete aanval en met geweld `n ander geloof op hulle afdwing. Maar die Saturniete toon hulleself onverwyld uiters deemoedig, maar terselfdertyd uiters ferm in hulle geloof, sodat die geeste van die aarde baie mislik en miserabel begin voel, as gevolg van hul hoogmoed, kan nie meer langer die sfeer van die Saturniete verdra nie en verwyder hulself vrywilliglik. 16. Ek sal sulke tonele in meer detail beskrywe wanneer ons die sneeu- en ysdele van Saturnus besoek waar die heengegane Saturniete meestal vertoef en waar hulle aktief is. Julle moet weet dat die geeste van elke hemelliggaam, veral as hulle nog nie heeltemal gesuiwer is nie, meestal in die gebied van die planeet vertoef wat hulle met hulle fisiese liggame bewoon het. 17. Maar nou sal ons weer aandag gee aan die strome.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205