Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 11 Die pragtige rivieroewer landskap Die Noordstroom Die Aandstroom Die Middagstroom 1. As julle so `n stroom behoorlik vir julleself wil voorstel, stel dan vir julle `n groot, kalm wateroppervlak voor wat na die oseaan uitbrei in `n reguit lyn, onmeetbaar vêr vir julle oë. Verbeel julle daarby dat hierdie stroom deur `n yslike groot vlakte vloei wat sporadies onderbreek word deur gereelde bergformasies wat alreeds aan ons bekend is. Voeg daarby die oorvloedigste vrugbaarheid van hierdie rivieroewer streke en verbeel julle dat tussen die berge hele lane van Piramidebome groei en pragtige tuine met Spieëlboom lane en `n uitgestrekte woud langs die oewers van hierdie strome, met Tregterbome en allerhande ander soorte weelderige bome, struike, plante, kruie en grasse. Verbeel julle die hoogs eienaardige dierebevolking en al die uiters groot uiteenlopende en manjifieke watervoëls wat dikwels rondvlieg in `n skare in alle rigtings bokant die uitgestrekte oppervlak van sulke strome en bedink dat alles ondergeskik is aan die wil van die Saturniete. Onder hierdie families, veral hulle wat op die rivieroewers woon, sal julle baie dikwels hemelse besoekers daar vind soos engele en af en toe sal julle My ook daar vind. 2. Indien julle dit alles saamvoeg, sal julle ongeveer `n idee hê van die heerlikheid van so `n oewergebied. Soos voorheen genoem, moet spesiale aandag gegee word aan die stroom met sy wye oewers wat na die môre vloei. Maar moet nie die idee kry, veral wat die plantegroei aanbetref, dat alles in groot wanorde groei nie, - inteendeel, alles groei in `n perfekte beplande orde. Nie net was alles gedoen vir die dierlike behoeftes deur `n sogenoemde toevallige plantegroei nie, maar Ek het die grootste sorg aan die dag gelê in soverre dit die ordelikste versiering aanbetref. Julle sal tot hierdie gevolgtrekking moet kom deur die beskrywing van die plante en die algehele plantegroei. 3. Die oorblywende drie riviere is op dieselfde manier gestruktureer as die Môrestroom, maar hulle het nie die wydte nie, ook is hulle nie so dig bevolk nie. Desnieteenstaande is hulle prag nie in verhouding minder as dié van die Môrestroom nie. 4. Die stroom wat na die noorde vloei is aan sy oewers, wat julle op aarde sou noem “romanties”, want die vallei waardeur dit vloei, word dikwels omgrens deur berge en aan die kante van hierdie berge sal julle ontelbare hemelhoë skitterende wit rotstorings sien wat dikwels versier is met die genesende plant wat bekendstaan as hellatharianga of die “duisend-blaar-goue-struik”, wat vroeër beskryf was. Hierdie streek is die beste gebied vir hierdie plant, alhoewel dit elders gevind kan word, maar is nie daar so volop nie. 5. Verbeel julle dieselfde lewendige oewers by die Noordstroom as by die Môrestroom, met dieselfde dinge, op een uitsondering na: Die Piramideboom groei nie goed op rotsagtige grond nie. Nou het julle `n volledige prentjie van hierdie rivier en sy oewers. 6. Die Aandstroom is die stroom wat na die weste vloei en is beroemd vir sy talle harmonieuse singende voëls. As dit vir julle moontlik was om `n aand daar deur te bring, sal julle so bederf word deur `n konsert soos hierdie, tot so `n mate dat die musiek op aarde, selfs al was dit deur `n groot komponis soos Händel gekomponeer, gespeel deur die mees manjifieke Filharmoniese Orkes, met niks meer vergelykbaar sal wees as die gekwaak van paddas in `n poel nie. 7. Want sien, Ek is die musiekonderwyser vir die voëls op Saturnus! Wees verseker dat selfs julle beste vokaliste, wanneer hulle so `n geveerde singer van hierdie planeet slegs eenkeer hoor, hy dit nie sal waag om ooit weer `n enkele noot te sing vir die res van sy lewe nie. (N.B. Musiek is `n baie gewilde vorm van vermaak vir die Saturniete; die enigste ding is dat hulle geen musiekinstrumente het nie. In stede daarvan is hulle uitstekende sangers en hulle prys en dank My met daardie talent gedurende hulle geestelike dienste. Alles hieroor sal bespreek word wanneer ons die eintlike Saturniete, hul verhoudings en omstandighede bespreek). 8. Die stroom wat vloei na die suide, die Middagstroom, is beroemd vir die glans van sy water. Die oppervlak van die water glimmer voortdurend, veral gedurende die dag, net soos groot, pragtige goed geslypte diamante op aarde. Die rede hiervoor is dat hierdie water besonder suiwer is, veral by die oppervlak. Alhoewel alle water op Saturnus suiwerder is as die suiwerste fonteine op aarde, is die water van hierdie rivier so helder dat jy enige voorwerp kan sien, selfs op die grootste diepte, soos wat jy dit sou sien in normale daglig en dit is waarom die oppervlakte so pragtig glimmer, veral as daar `n klein golfbeweging is. Julle het nie `n idee van die glans nie - `n reënboog op aarde is maar iets eenvoudig vergeleke met hierdie skouspel. 9. Wat betref die bevolking op die oewers van hierdie rivier, is hulle sonder twyfel die armste. Die rede hiervoor is dat die plantegroei nie so welig groei nie, as gevolg van die harde water. Alhoewel die water uiters skoon is, is dit harder as die water van al die ander riviere. Omdat dit ook op die aarde van toepassing is, is dit ook op Saturnus van toepassing: Hoe skoner en kouer `n fontein water na die oppervlak bring, hoe harder en minder vrugbaar is die water. Hierdie feit moet julle nie lei tot ’n gevolgtrekking dat die oewers van hierdie rivier ’n woestyn is nie; nee, dit is egter aansienlik weliger as die vrugbaarste op aarde, maar nie op dieselfde vlak as die ander plekke op hierdie planeet nie, veral die van die Môrestroom. 10. Nou het ons die vier hoofstrome van die sentrale berg bekyk. Maar hierdie is nie die enigste streke wat bewoon of bevolk is nie. Die berge, sowel as al die oewers van die oorblywende riviere, is nie minder bevolk nie. Hierdie ander riviere vloei gedeeltelik met verskeie draaie en meanders na die oseaan, maar die meeste van hulle vloei in die bogenoemde hoofstrome en ander sytakke in. 11. Wat nou oorbly, is `n beskrywing van die baie groot binnelandse mere, hulle bruikbaarheid, hulle prag en die bewoonbaarheid van hulle uiters vêr uitgestrekte gelykvormige strande. Dit sal met die volgende geleentheid bespreek word. Vir vandag, Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205