Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 15 Die Seweslak Praktiese benutting van sy skulp Gewigverhoudinge op Saturnus 1. Die vierde slak kan nie in prag vergelyk word met die Skyfslak nie, alhoewel hy hom grootliks in grootte oortref. Die mense van Saturnus noem hom gewoonlik die ‘groot Seweslak,’- nie omdat sy skulp sewe individuele slakke huisves nie, maar omdat die skulp van hierdie slak uit sewe regop toringhoog spitse bestaan wat verrys as `n uitgroeisel van die slak se elliptiese skulp. Die hoofbehuising van die slak is heeltemal ovaal in vorm, soos `n eier met die spitslopende ent altyd in die water, waar die stomp gedeelte altyd boontoe wys. Die winding is nie sigbaar op die behuising nie, omdat dit slegs aan die binnekant van die skulp is. Wat die winding egter aanbetref, sal julle `n uitgroeisel aantref van so `n toringspits waar dit ook een sirkel voltooi het. Hierdie uitgroeisels is op so `n manier gerangskik dat die grootste van hierdie toringspitse uitkom in die middel op die hoogste top van die skulp en die ander spitse omring die grootste een in `n kleiner wordende orde. Een van hierdie uitgroeisels lyk soos `n groot stokslang, maar met die verskil dat hierdie spitse heelwat langer is en dit het ’n baie dikker deursnee onder op die bodem teenaan die hoof behuising. 2. Die opening van die skulp is heeltemal rond en is in `n goeie verhouding tot die totale immense grootte van hierdie skaaldier. Die liggaam vul die groot skulp sodat die uitgroeisels na willekeur deur die dier teruggetrek kan word. Die slak projekteer sy uitgroeisels uitwaarts wanneer hy verkies om onderwater te duik en as hy op die oppervlakte wil wees, trek hy homself in met sy uitgroeisels tot in die middelpunt van die skulp, waardeur hy dan opstyg na die oppervlak van die water. Die liggaam van hierdie slak wat deur die opening druk tot bo-op die oppervlak van die water, is heeltemal wit en kom ietwat ooreen met `n slak op aarde, behalwe dat hierdie slak `n groot lang slurp het aan die voorkant tussen sy vier groot voelers wat hy baie effektief gebruik om sy voeding mee te vang. 3. Sy voeding bestaan uit allerhande seekruie; somtyds eet hy `n seekat, wat hy met geweld losskeur vanaf die oseaanvloer en in sy groot bek plaas. Op die twee groot boonste voelers het hy skerpsiende oë wat, met behulp van die voelers, in enige rigting kan draai. Wanneer hierdie slak enige prooi ontdek, storm hy dadelik daarheen en vang dit onmiddellik, of dit nou ’n soort seewier of `n seekat is. Om te kan beweeg, het hy twee sterk paddapootagtige arms onder die opening waarmee hy die water vang en deur hierdie beweging druk hy homself vooruit. 4. Hoe groot is hierdie slak? Hy het `n diameter van 3000 voet. Die uitgroeisel in die middel is hoër as die hoogste toring op aarde.* Die diameter aan die voetenent is dikwels enigiets van 120 tot 180 voet en skuins af soos `n piramide na `n punt bo. Die kleur van hierdie skulp is `n tint tussen groen en blou. Vanaf die sentrale uitgroeisel loop witblou strepe wat die skulp `n tieragtige voorkoms gee. Daar is egter geen ander versierings nie. Wat die uitgroeisels aanbetref, lyk hulle soos ’n Stokslak, soos hierbo beskryf, - maar die opening van die slak is pers. *Hierdie boek is geskrywe in 1841-42 5. Hierdie slak word deur die Saturniete beskou as `n goeie vangs. Wanneer die vleis van die skulp verwyder is, word die skulp op die water beweeg, soos voorheen beskryf, na `n binnelandse bestemming en die puntgedeelte word in die droë sand versink tot by die vlak van die opening en dan word hierdie soort houer gebruik vir die stoor van saad of pitvrugte. 6. Soms word openinge aangebring aan alle kante van hierdie slakhuis en aan die binnekant word `n vloer aangebring. Op hierdie manier word die skulphuis gebruik as `n uitstekende woning deur die kinders van Saturnus. Die rede hiervoor is dat so `n woonplek baie skoon gehou kan word, as gevolg van sy buitengewone interne gladheid. Die fondament van die vloer bestaan uit sand – met ander woorde, die vloer van die skulp word heeltemal opgevul met sand reg tot by die opening. Wit plat klippe word op die sand geplaas, altyd op `n besonderse mooi manier, want hierdie klippe is volop in Herrifa. Wanneer die vloer geplaas is, is die gebou gereed en dit lyk soos `n groot koepel waarbo die welbekende toringspitse na bo reik. Die punte word afgesny sodat lig daar kan inkom, maar ook sodat die rook en gasse van die vure daar kan ontsnap. 7. Aangesien hierdie slakspesie nie volop is in Herrifa nie, kan sulke huise slegs besit word deur die patriarge wat naby die oseaan oewers woon. As gevolg van sy grootte en buitengewone massiwiteit, is so `n slakskulp selfs te swaar vir die sterk reuse Saturniete om dit vêr binnelands te vervoer. Wat die massiwiteit van hierdie skulp aanbetref, is die dikte van die kante enigiets tussen 24 tot 30 voet. Wanneer julle dit in ag neem, kan julle `n idee van sy gewig vorm. 8. Indien die swaartekrag verhouding op Saturnus dieselfde was as op aarde, sou dit heeltemal onmoontlik gewees het om so `n skulp te vervoer, selfs al was daar groter kragte as die van die Saturniete beskikbaar. Dit wat 100 pond op aarde weeg, weeg kwalik 1 pond onder Saturnus se Ring. Die Saturniete kan selfs hierdie gewig deur kunsmatige metodes verminder, naamlik deur die verdunning van die lug in die binnekant. Hierdie metode word veral toegepas met die vervoer van die skulp van hierdie slak. Die Saturniete gebruik die droë takke van die Piramideboom, wat ryk is aan harpuis en hulle druk dit deur die opening van die skulp terwyl dit brand. Deur hierdie ontbranding word die lug in die leë behuising so dun dat dit met gemak vervoer kan word. Die mense van Saturnus is groot meesters van die ewewigsleer. Alles hieroor sal in meer detail verduidelik word in die hoofstukke wat volg. 9. Dit voltooi die hoofstuk oor die Seweslak! Ook hier moet julle die krag van julle verbeelding `n bietjie laat ontwaak en julle sal met groot verbasing na hierdie dier kyk, sowel as die gebruikmaking van sy huis vanuit die oogpunt van die inwoners van Saturnus en julle sal nog meer verbaas wees wanneer Ek julle vertel dat so `n huis of gebou onverwoesbaar stewig is. Sommige van hierdie skulpe op Saturnus is ouer as julle beskawing, want hoe ouer die gebou word, hoe sterker word dit. Dit is waarom die oudste van hierdie geboue in hoë aansien gehou word. Julle mag dalk verbaas staan hieroor, maar hou in gedagte dat hierdie reusagtige diere van hierdie planeet slegs miniatuur skeppinge is in vergelyking met ander diersoorte op Saturnus. Maar op Jupiter is hulle selfs groter en ongeëwenaard in grootte met dit wat op die son bestaan. Oorweeg dit wat tot dusvêr gesê is en sien uit na dit wat in die vooruitsig lê vir julle! Vir vandag sê Ek, Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205