Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 16 Die reuse verligte Straalslak Sy verskyning gedurende storms op die oseaan. 1. Hierdie slak, die vyfde, is die laaste in die orde van die slakke; terselfdertyd is dit die grootste en in een opsig die eienaardigste. Hierdie slak word genoem ‘die Straalslak’. Dit word slegs deur die Saturniete gesien voor die mees verwoestende oseaan storms wat ons voorheen beskryf het. Sy vorm is die manjifiekste wat julle vir julleself kan indink. Ten einde ’n vergelyking te maak, is daar niks op aarde wat soortgelyk is nie. 2. Maar om julle `n idee te gee, verbeel vir julle `n groot skitterende geslypte diamant; want hierdie slak is so hoekig, met die boonste gedeelte meer plat en meer puntig na die laer dele. Die hoeke wat by die boonste gedeelte verskeie duisende tel, is in die pragtigste orde gerangskik en elkeen daarvan is driehoekig. Hulle lyk soos gepoleerde goue strepe van drie voet wyd wat op alle plekke omsluit word met `n heeltemal gelykmatige driehoekige area. Die driehoekige plate meet 18 voet aan elke kant en nie een is groter of kleiner nie. Slegs aan die boonste top van die slak is daar `n groter area wat nie driehoekig is nie. Dit het 32 punte en lyk soos `n kompas-skyf wat aan sy buitenste kante ook afgewerk is met wye goue strepe. Hierdie plate is so deursigtig soos `n geslypte diamant en is net so hard. Al hierdie fasette het die vermoë om die lig van die son en die sterre te absorbeer en straal dit weer in die nag in verskeie refraksies uit wanneer dit donker begin word. 3. Wat is die grootte van hierdie slak? Wanneer dit op die oppervlak van die oseaan is, kan dit gemaklik al die huise, strate en pleine van julle hoofstad akkommodeer*. Die skulp self is 60 voet dik en van die top van die skulp tot aan die bodem is dit 1800 voet! Sovêr die wydte aanbetref, is die diameter gewoonlik groter as een geografiese myl. Die opening van hierdie skulp is ovaal en het `n diameter van 420 voet. Die slak rek sy massiewe kop, wat baie ooreenkom met die van `n walrus, deur hierdie opening. Hy strek sy kop so vêr oor die oppervlak van die oseaan en gewoonlik so reguit, veral gedurende storms, dat hy op aarde gemaklik oor hoë berge sou kon kyk. *Graz, die hoofstad van Styria in Oostenryk 4. Ongeag sy ongelooflike grootte, het hierdie slak `n rustige geaardheid en berokken niemand skade nie. Sy voeding bestaan uit drie verskillende soorte. Eerstens, waterplante wat ook baie groot en volop is. Tweedens, die groot seewurms. Derdens voed dit op seevoëls, wat `n lekkerny vir hierdie slak is. Hy eet hierdie voëls slegs gedurende erge storms, want gedurende kalm water bevind hierdie groot dier homself gewoonlik in die dieptes van die oseaan. 5. Op `n donker, stormagtige nag wanneer hierdie slak vanuit die dieptes van die oseaan opkom, straal hy dikwels so `n kragtige lig uit dat `n area van 100 vierkante geografiese myl van die oseaan heeltemal verlig is. Verbeel julle dat gedurende `n storm die talle berge water wat byna die lugruim reik en jy staan op `n hoë berg en oorsien etlike duisende vierkante geografiese myle van die oseaan, waar sulke Straalslakke hier en daar oprys met hulle ligte. Dit sal julle `n effense idee gee watter skouspel hierdie uitsig die mense van hierdie planeet bied. Dit word veral indrukwekkend wanneer verskeie van hierdie slakke groepe vorm en hulle lang nekke uit die oseaan optel terwyl hulle stormvoëls jag wat verbyvlieg. Egter vir julle, om julle terminologie te gebruik, sal so `n gesig grusaam, maar aan die ander kant verskriklik mooi wees. 6. Hierdie slak word nie deur die Saturniete gevang nie, want gedurende die kalmte kom hulle nooit na die oppervlak van die see nie. Tweedens is die skulp te swaar om vir `n spesifieke doel na enige plek op land vervoer te word. Die slak bereik `n baie hoë ouderdom en lewe gewoonlik 30 Saturnus jare*. Wanneer dit sterf, val die totale skulp uitmekaar en verrot heeltemal met tyd. Die vleis word gewoonlik deur `n tipe vis verorber wat ooreenkom met die haaie in die aardse oseane, maar het eerder `n groter ooreenkoms met krokodille. 7. Dit voltooi die hoofstuk oor die Straalslak. Ook hier moet julle die krag van julle verbeelding laat ontwaak en met behulp van die inligting aan julle gegee, behoort julle in staat te wees om `n behoorlike begrip te vorm van hierdie dier. 8. In die volgende hoofstuk sal ons die derde groep skaaldiere behandel, die beskrywing van hierdie spesie sal julle selfs nog meer verbaas as die mossels en die slakke. Vir nou sê Ek, Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205