Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 18 Vlieënde insekte Die Saturnus vlieg Die vlieënde ster Die Reuse vlinder koring en die gebruikmaking van sy vere 1. Wanneer julle ’n bietjie op aarde rondkyk, sal julle, behalwe die talle voëlspesies, `n selfs groter hoeveelheid klasse van spesies vind van daardie klein gevlerkte diertjies wat aan julle bekend is onder die algemene naam van vlieënde insekte. Sulke skeppings bestaan ook in groot hoeveelhede op Saturnus en in `n groot verskeidenheid van spesies en soorte. Soos op die aarde, is die vlieg een van die belangrikste insekte onder hulle. Dit is ook die enigste dier op Saturnus wat in elke opsig ooreenkom met die vlieg op aarde, alhoewel by die riviere en mere sal julle `n groter tipe vlieg in ontelbare hoeveelhede vind. Hierdie vlieg is blouwit gedurende die dag. Na sononder, wanneer dit gewoonlik baie aktief is, verlig dit soos `n ster, byna soos die vuurvlieg (genera Fulgora Laternaria) in Amerika en in ander suidelike tropiese lande. Natuurlik sal hierdie groter spesie van die Saturniniese vlieg al daardie op aarde se ligintensiteit oortref, want sy lig is heeltemal wit en dit is groter as enige vlieënde insek op aarde. Gedurende die nag geniet die Saturniete dikwels die spelerige vlug van hierdie insekte wanneer duisende van hulle kruis en dwars die naglug deurklief. 2. Hierdie dier is opmerkenswaardig en behoort aan die klas van inwoners van die lug. `n Ander tipe insek wat tuis is op Saturnus en op geen ander planeet nie, is die ‘vlieënde ster’. Hierdie dier begin sy besonderse lewenskragtige aktiwiteit slegs in die nag. Sy habitat gedurende die dag is die welbekende Piramideboom. Snags, net na sonsondergang is dit `n opheffende gesig vir die Saturniete, wanneer duisende van hierdie verligte sterre teen skemering wegvlieg van die Piramideboom. 3. Waarom is die naam ‘vlieënde ster’ aan hierdie insek gegee. Omdat hy aan elke kant van sy lang ronde liggaam driepuntige piramiedagtige vlerke het wat wat baie helder skyn en wanneer hierdie vlerke uitgesprei word, gee dit aan die insek die voorkoms van `n sespuntige ster. Wanneer hierdie insek heeltemal volwasse is, het dit `n diameter van 9 duim en sy vlerke skitter besonder helder gedurende sy vlug. Aangesien die vlieënde ster dit nie vêr van sy blyplek af waag nie, neem hierdie reuse bome `n stralende voorkoms aan regdeur die nag wanneer duisende sterre in alle rigtings zoem. 4. Afgesien van hierdie glimmende insek, is daar heelwat ander insekte wat snags in verskillende kleure gloei. Hulle lig is egter nie so sterk nie en hulle is heelwat kleiner. Dit is waarom die Saturniete minder aandag aan hulle skenk. Daar is ook verskeie groter voëlgroepe waarvan die vere in die nag `n baie skerp lig uitstraal, veral wanneer hulle in vlug is. 5. Aangesien daar nie veel meer te vinde is in die koninkryk van die insekte wat van spesifieke belang is nie, sal ons dadelik ons aandag vestig op die koninkryk van die voëls. En terwyl ons op hierdie oorgangsbrug is, sal ons `n deel van ons aandag afstaan aan die skoenlappers. 6. Net soos wat die skoenlappers op aarde die pragtigste kleure en merke op hulle vlerke dra, is dit soveel te meer die geval op Saturnus. `n Skoenlapper wat bekend staan as die ‘com’ is die grootste en pragtigste van al die skoenlappers op hierdie hemelliggaam. Wanneer hy sy vlerke oopmaak, dek dit 1,719 vierkante jaarts. Sy liggaam is nagenoeg 120 voet lank en het `n diameter van byna 6 voet. Sy pote is sterker as die van `n olifant op aarde. Elke poot het 6 lede en is so gestruktureer dat dit verleng kan word wanneer nodig. Sy voelers lyk byna soos twee populierbome wat van sy kop af uitsteek. Sy voelers het takke wat in gereëlde intervalle regs en links van mekaar sit, net soos die rangskikking van sommige van die naalde op dennebome. Sy slurp is langer en sterker as `n olifant s’n op aarde. En dit is hoe hierdie skoenlapper lyk. Met betrekking tot sy liggaam is hy `n robuuste kreatuur; maar dit is glad nie die geval nie. Hierdie kreatuur is buitengewoon skugter en is baie moeilik om te vang. En hierdie moeite om te vang word grootliks vergroot deur sy vinnige vlug. 7. Die jong meisies op Saturnus is die beste gekwalifiseer en is die knaphandigste om hierdie dier aan te keer, omdat dit vir hulle baie minder inspannend is om deur die lug te sweef as die mans. Vir hierdie doel gebruik hulle `n paar kunsmatige vlerke en hulle volg die skoenlapper met ’n groot spoed. Wanneer hulle dit in die lug vang, is daar groot vreugde onder hulle, want hulle gebruik alles wat die skoenlapper voorsien om hulle klere mee te versier, want daar is geen planeet waar die vroulike geslag, veral die jonger geslag, meer waarde heg aan pragtige klere as hier op Saturnus nie! Om te kan verstaan waarom hierdie skoenlapper so waardevol is, sal dit nodig wees om sy skoonheid aan te toon. Dit sal egter ietwat moeilik wees om aan julle `n behoorlike konsep te gee van die bonatuurlike skoonheid van hierdie skoenlapper. Sy vlerke is heeltemal vierkantig, behalwe dat hulle `n spits toelopende punt aan beide kant naby die kop het, wat ongeveer 9 voet lank is en wat baie ooreenkom met `n wye swaard. 8. Die kleur van die boonste gedeelte van die vlerk lyk soos skitterende gepoleerde rooskleur goud. Op hierdie goue oppervlak hang daar `n groot hoeveelheid van die pragtigste vere van alle moontlike kleure. Hierdie kleure sprankel in `n gepoleer¬de metaalagtige uitstraling en verander met die geringste beweging. Die vere is aan die oppervlak van die vlerke op so `n manier vas, dat die pragtigste vorme en merke hierdeur tevoorskyn kom. Hierdie merke is nie van permanente aard nie, omdat hulle op die vlerke van die skoenlapper is; maar die orde is sodanig dat heeltemal verskillende en wonderlike vorms aanhoudend verskyn deur die verskillende bewegings waardeur die kleure verander. Die rante van die vlerke is met vere versier soortgelyk aan die sleep van `n pou op aarde, behalwe dat dit baie groter en meer vuriger sprankel in die opvlamming van kleur. Die onderkant van die vlerke is soos `n gepoleerde goue oppervlak, asof dit bedek is met `n baie dun lagie groen verf. Die pote van hierdie skoenlapper is ook geklee in die pragtigste vere, asook die hele liggaam. Die voelers is egter die mooiste deel van hierdie diertjie; sy hoofstingel is uiters lig en lyk soos deur¬skynende goud. As julle julself kan verbeel, dit reflekteer allerhande soorte verskillende kleure met elke beweging, ongeveer soos `n gesnyde diamantstok waaraan dieselfde tipe vere wat aan die kante van die vlerke voorkom, aan beide kante geheg is. Die snuit is `n verblindende wit en spaarsamig met linte omgedraai wat `n reënboog se kleureprag by verre oorskry. 9. Die wonderlikste ding is die oë van hierdie skoenlapper. Julle sal nie in staat wees om daarin te kyk nie, as gevolg van hulle ongelooflike sprankeling, net soos wat julle nie in die son kan kyk nadat dit opgekom of ondergegaan het nie. Wanneer die skoen¬lapper doodgemaak is, verdwyn die sprankeling dan ook. Daarom word die oë nie baie waardevol geag nie. Ongeag word die oë egter versigtig uitgehaal en die vloeistof word gedreineer. Deur knaphandige voorbereiding maak die vrouens `n tipe handsak of beursie daaruit, as gevolg van hul deurskynende duursame kwaliteit en word deur die elegante dames van hierdie planeet gebruik, soos die sogenaamde ridicüle (belaglikheid) op aarde, wat óf ’n netagtige sak óf ’n gebreide sak is. Wat hierdie skoelapper ookal kan voorsien, - niks word weggegooi nie, behalwe die nakende innerlike liggaam. Alles anders word op die mees sonderlinge manier vir een of ander versiering gebruik. 10 Waarom het hierdie soort versiering so `n buitengewone waarde? Daar is drie redes daarvoor; eerstens hierdie pragtige diertjie, as gevolg van sy skaarsheid is sy baie moeilik bekombaar; ten tweede is die vere baie duursaam – die vrouens op Saturnus beskou hulle as onvernietigbaar; en derdens, is die vere ongelooflik lig en behou hulle kleur en glans. 11. Daar is `n groep voëls wie se vere dieselfde eienskappe het as hierdie skoenlapper. Hierdie voëls se vere word deur sekere woekeraars op Saturnus aangebied as die ‘ware Jakob’, maar daar is ook goed opgeleide kenners wat kan onderskei tussen die ware vere en die valse, dieselfde as wat juweliers op aarde kan onderskei tussen `n nagemaakte en `n ware edelsteen, Maar bewaar die swendelaar wat in die hande van hierdie vrouens val aan wie hy sulke vals vere verkoop het – hulle maak die veerpen van die vals vere baie skerp en krap hom oor sy hele liggaam daarmee, sodat hy dit nooit weer in die toekoms sal waag om vervalste handelsware aan iemand anders te verkoop nie, maar verder sal niemand dan ook iets koop van `n handelaar wat hierdie soort letsels dra nie. 12. Dit is ons beroemde skoenlapper. Julle het geleer hoe hierdie dier gevang en waarvoor dit gebruik word. Dit is nie werklik nodig om te noem hoe die vrouens op Saturnus dit as versiering gebruik nie. Maar in die verbygaan kan ons net noem dat som¬mige vrouens wat baie ydel is, hulle hele liggaam bedek met die vere van hierdie skoenlapper, sodat wanneer julle na hulle kyk, hulle byna self soos ’n skoenlapper lyk. Dit behoort genoeg te wees, want dit is nie nodig om meer hiervan te weet nie en wat My aanbetref, is hierdie vertoon van ydelheid vir My nie meer aangenaam hier op Saturnus as op aarde nie. 13. Julle kan wel aanneem, dat behalwe hierdie skoenlapper, daar nog tallose soortgelyke diere in talle kleure, soorte, spesies en groottes is en julle kan dit maklik aflei van die veelsoortigheid van alles wat op hierdie planeet is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205