Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 20 Die leër van vlieënde diere sonder vere Die koninkryk van die voëls Die waterhoender- Behor, `n groot reier spesie ‘Hemelse boodskapper’ Die vlug akkoorde van hierdie voëls Sang en musiek van die Saturniete 1. Soos alreeds genoem, is die talle spesies van vlieënde diere op Saturnus so uitgebreid dat dit meer as 10,000 velle papier sal neem om hulle name op rekord te plaas. Hulle verskillende vorms en fatsoene is baie meer bewonderenswaardig as hulle groot hoeveelheid. Feitlik alle vierpotige diere op Saturnus, sowel as die talle visspesies, vind ook `n aanpassing in hierdie vlieënde wesens. Die situasie is so dat indien al die mak en wilde diere op aarde, die amfibiese en waterdiere, vlerke sou gehad het soos die vlermuis, sou julle gevlerkte olifante, perde, beeste, leeus, tiers, hiënas ensovoorts gehad het regdeur die totale diereryk. Wat hierbo gegee is as `n voorbeeld vir aardse insig, is `n realiteit op Saturnus, met die verskil dat die vlieënde diere aansienlik kleiner is teenoor hulle wat geen vlerke het en wat die vaste grond of waters van hierdie planeet bewoon. Hierdie diere is natuurlik baie groter, sterker en magtiger. 2. Teen hierdie tyd behoort julle al `n goeie idee te hê hoe lewendig alles op Saturnus moet wees. En die aangenaamste deel van alles is dat al hierdie wesens merendeels saggeaard is. Deur die krag van hulle wil is die Saturniete volhoubare meesters van die elemente, sowel as van die meeste diere. Daar is slegs `n paar diere wat die reputasie het van die bishorhiohiohio. (groot walvis) 3. Aangesien ons nou gekyk het na die vlieënde diere op Saturnus, wat behoort aan die klas sonder vere en ons het geleer hoe groot hul getalle en hul veelsoortigheid is, moet die gedagte opkom in die vorm van die volgende vraag: “Indien daar so baie vlieënde wesens op hierdie planeet is, hoe sal hulle almal in staat wees om te bestaan? As al hierdie diere skielik saam besluit om te vlieg, sal die totale lugspasie beset wees.” Hierdie bekommernis van julle kant af rakende hierdie groot planeet is egter heeltemal oorbodig. Dink slegs aan een feit, naamlik dat hierdie planeet oor `n duisend keer groter is as die aarde en soos julle weet, is daar oor die 70 kontinente, verskeie wat dieselfde oppervlakte het as van die hele aarde, selfs al was al die oseane en al die ander waters soliede land. Op aarde kan die mens rondloop, selfs deur die lug beweeg, op land, in die grond en in die water en oral is daar miljoene skepsels van allerhande soorte. En net soos die mense op aarde nie te veel gepla word deur die diere nie, is dieselfde van toepassing op die inwoners van Saturnus. Ongeag die feit dat daar so baie verskillende en eienaardige dierspesies op hierdie planeet is, sal julle nog minder diere vry sien loop of vlieg in die natuur as op aarde, waar alles in kleiner sirkels beweeg as op Saturnus. 4. Ten einde julle `n idee te gee van die grootte en uitgestrektheid van hierdie planeet, moet Ek julle aandag vestig op wat Ek vroeër genoem het oor hierdie hemelliggaam, aangaande die afstand tussen die verskillende woonplekke van die inwoners van hierdie planeet. Wat die behuising van die inwoners aanbetref, is dieselfde van toepassing op alle ander omstandighede. Elkeen het sy genoegsame plek of spasie. Dit is waarom grensgeskille so goed as onbekend is op hierdie hemelliggaam. 5. Hierdie feit moet vooraf genoem word, sodat julle nie die slagoffer word van ongeloof wanneer Ek julle `n verslag gee van al die geveerde inwoners van die lug en die diere wat die land bewoon nie. 6. Nou sal ons ons aandag vestig op die voëls! Julle weet hoe veelsoortig hierdie spesie is, selfs op julle klein planeet, wanneer julle begin by die groot volstruis en so afgaan tot by die klein suikerbekkie. Maar hoe klein is die aarde se oppervlakte in vergelyking met die oppervlakte van Saturnus? Op Saturnus is daar duisende meer van hierdie tipe dierspesies as wat daar op aarde is. Indien julle begeer om te weet hoeveel spesies daar is, kan Ek julle vertel: Indien daar op Saturnus slegs één manlike en één vroulike van elke spesie sou wees, sal daar 240 miljoen voëls wees. Natuurlik is daar nie een genus van voëls in een en dieselfde land nie, maar daar bestaan ook ander spesies in elke land. Die spesies wat die suidelike dele van ’n land bewoon, kom nie ooreen met die van die noordelike dele nie, selfs as hulle tot dieselfde spesie behoort. As voorbeeld is daar `n waterhoender of bleshoender wat baie bekend is op Saturnus. Dit lyk heeltemal anders in die suidelike waters as in die noordelike waters. Alle voëlspesies, mak en wild, is verskillend in vorm, kleur en nuttigheid – van Suid tot Noord, van Oos tot Wes, in een en dieselfde land. 7. Vanuit dit wat tot dusvêr gesê is, kan julle verstaan dat dit onmoontlik is om al die name van al hierdie diere in een leeftyd op rekord te plaas. Julle moet ook verstaan dat dit selfs `n groter onmoontlikheid sal wees om elke individuele voël te beskrywe in ooreenstemming met sy spesie, al sy funksies, vorme en fatsoene, sowel as sy doel. Daarom sal ons slegs kortliks die eerste en grootste voël in die geveerde koninkryk van diere op Saturnus beskrywe. 8. Die naam van dié voël is behor of ‘lugskip’. Julle kan glo dat indien hierdie voël op aarde was, dit meer spasie sou opgeneem het as die grootste passasierskip, sonder om eers die vlerkspan in ag te neem. Wanneer hierdie voël in vlug is, of wanneer sy vlerke uitgesprei is, volgens julle afmetings, sal die punte van die heel buitenste vliegvlerke `n goeie uur se afstand vanaf mekaar wees!* *3.75 km. Die penne van die vlugvere het `n groter diameter as die stam van die grootste eikeboom op aarde! En elk van die vere in die vlerke het ’n lengte vanaf die skag tot by die heel vêrste punt van die veer van ongeveer 4,800 voet. Hierdie voël het ook lang en sterk pote. Wanneer hy op die grond staan, is sy pote propor¬sioneel net so lank soos die van `n reier op aarde. Waarom het hierdie voël sulke disproporsionele lang bene? Omdat dit `n watervoël is en sy habitat daarom die seestrande is waar hy op vis lewe. Julle sal hom nooit op land sien nie – hy sal óf op die water swem, óf laag oor die water vlieg; dit is waarom die Saturniete hom die ‘vlieënde skip’ noem. 9. Is hierdie voël pragtig? Die antwoord is nee, dit is nie gepla met skoonheid nie. As julle vir julleself `n reier kan voorstel, maar op `n baie groter skaal, het julle ongeveer die vorm van ons vlieënde skip. Sy kleur is regdeur asgrys en somtyds donkerbruin. Sy bek kom ooreen met die van `n gans en sy kop is omtrent dieselfde, slegs proporsioneel groter. `n Vis in die waters op Saturnus so groot soos `n ten volle uitgegroeide haai op aarde, word met dieselfde gemak deur hierdie voël verslind as wat julle `n aarbei sou eet. Dit sal julle `n idee gee van die grootte en vorm van hierdie yslike voël. 10. Sommige van julle sal vra: Is hierdie voël dalk op enige manier gevaarlik? Nee, glad nie! Die behor is baie vreesbevange en sal vlug wanneer hy deur `n mens genader word, selfs vir `n kind. Sy grootte is misleidend, omdat dit baie min te doen het met die voël se werklike krag. Slegs sy groot ellelange vere maak dat hy so groot lyk. As hy van sy vere ontneem word, sal hy nie eers soveel weeg as die swakste vrou op hierdie planeet nie. 11. Nou het ons van een voël geleer, die grootste een op hierdie planeet. Hierdie voël is ook aansienlik verskillend by die verskillende oseane, met betrekking tot grootte, vorm en kleur. 12. Die volgende voël in lyn en die eienaardigste op Saturnus, staan bekend as die ‘hemelse boodskapper’. Hierdie voël kom ooreen met `n wit duif op aarde wat sy vorm en kleur aanbetref, maar is 500 keer groter. Die Saturniete glo dat hierdie voël pal deur die lug vlieg, omdat niemand ’n ‘hemelse boodskapper’ al iewers op die grond gesien sit het nie. Die Saturniete is in een opsig reg. Omdat die ‘hemelse boodskapper’ nêrens op land rus nie, vlieg hy baie rustig, met tye baie hoog in die lug en met tye ook laag. Maar wanneer hy begin honger word, vlieg hy met `n groot spoed na die seestrande, waar hy in die mees afgeleë hoekies wegkruip en sy voedsel daar soek, wat bestaan uit `n soort vetterige wit kransmos 13. Nadat die voël geëet en sy krag opgebou het, vlieg hy weer na die binneland tot ongelooflike hoogtes. Dit doen hy gewoonlik vroeg in die oggend, net voor sonop en dit is ook een rede waarom sommige mense op Saturnus hom die ‘son boodskapper’ noem. 14. Terwyl hy vlieg, sing hierdie voël die lieflikste liedere, in `n baie meer volmaakte manier as wat die nagtegaal op aarde dit kan doen. Dit is waarom hierdie voël ook die ‘vrolike oggendsanger’ genoem word, veral deur die Saturnus vroue. 15. Alhoewel hierdie wit voël algemeen gesien en gehoor word in dele van die land wat naby die oseane geleë is, sal die mense stilstaan en hom dophou totdat hulle sig verloor in die vêrte. By tye word die Saturniete so deur hierdie voël aangegryp dat hulle goddelike ontsag aan hom sou wou verleen, indien die engelgeeste van hierdie planeet dit sou toegelaat het! 16. Maar dit sal nie gebeur nie, want hierdie voël het `n ingebore instink. Daar is niks wat hulle meer vermy as die aanblik van `n mens nie. Indien `n persoon op Saturnus so `n voël onder oë kry, kan hy verseker wees daarvan dat hy spoedig die persoon se begeerte om hom te aanskou in die wiele sal ry. Dit is waarom hierdie voël plekke bewoon wat onbereikbaar is vir die aanblik van die Saturniete. 17. Dit is veral noemenswaardig om te let op hierdie voël se somtydse ongelooflike vinnige vlug. Dit is ook nie maklik om `n korrekte konsep van sy spoed te vorm nie. Sodra hierdie voël `n sekere hoogte bereik het, vlieg hy gemaklik 1,000 geografies myl in `n uur!* Wanneer hierdie voël snags in vlug is, glinster hy regdeur met `n helderwit kleur. En omdat hy teen so `n hoë spoed vlieg, het hy byna die voorkoms van `n verskietende ster. Hy verkies om in die nag oorland te vlieg, wanneer dit `n groot skouspel word vir die Saturniete. Sommige Saturniete hou so van hierdie nagtelike verskynings, dat hulle in die areas waar hierdie voëls tuis is, op hulle rue gaan lê op `n koppie sonder bome om sodoende `n ongehinderde uitsig van so `n voël in vlug te hê! *Een geografies myl= 7.420 km.( Australiese myl= 7.586 km), 1,000 geografiese myl= 7420 km 18. Daar is een ander eienaardigheid: Wanneer twee of drie voëls in `n reguit lyn teen hierdie hoë snelhede vlieg, produseer hulle `n suiwer klank wanneer hulle deur Saturnus se lug sny. Wanneer verskeie van hierdie voëls in dieselfde rigting deur die lug klief, produseer bykans elke voël ’n ander klank. Hierdie klanke vorm dikwels `n akkoord wat uitswel vanaf `n sagte noot (pianissimo) tot `n baie harde klank (fortissimo) en verdwyn weer in `n pianissimo, dieselfde as `n toon of akkoord op `n klavier. 19. Dit is waarom hierdie voëls so `n buitengewone aantrek¬kingskrag vir die Saturniete het. Alhoewel die Saturniete baie lief is vir sang en veral harmonieuse klanke, is hulle nie baie musikaal nie. Hulle het die eenvoudigste en primitiefste musiek¬instrumente, maar hulle het baie beter sangstemme. Die vrouens sing gewoonlik die melodie en die mans slegs die akkoorde. Hierdie sangers vermaak hulle dikwels vir dae lank met een akkoord, as hulle gelukkig genoeg was om een te vind. Dit is egter baie moeilik vir hulle om `n ander goeie of harmonieuse akkoord te vind na `n onderbreking. Wat die Saturniete aanbetref, sal alle ander omstandighede op ’n klinkklare wyse aangebied word op die regte tyd. Omdat ons niks meer belangrik kan rapporteer oor ons hemelse boodskapper, die vrolike môresanger en sonvoël nie, gaan ons nou oor na `n ander geveerde inwoner van die lug.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205