Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 22 Die huishen Die goue sfeer Die reuse gans Die geaardheid en voordele van hierdie makgemaakte voëls 1. Net soos op aarde, is die hen die gunsteling onder al die makgemaakte pluimvee op Saturnus. Die Saturniniese hen lyk egter heeltemal anders as die aardse hen. Op aarde sal julle verskeie tipes en spesies van hierdie soort pluimvee in die verskillende lande en streke van die wêreld vind en dit is ook die geval op Saturnus. Maar daar is `n voël wat dieselfde is waar julle ookal is en wat ook oral bekendstaan as die hen. 2. Hoe lyk hierdie hen? Dit is ten minste `n honderd keer groter as `n hen op aarde. Al die henne het dieselfde kleur. Die vlerke is helderblou, terwyl die rug heeltemal wit is en oorgaan na helderrooi by die stert. Die pensgedeelte het die kleur van perlemoen, die pote is ligrooi en die nek is liggroen vanaf die kop tot by die pote, sodat die grootste deel van die liggaam agter die pote verbysteek. 3. Hoe lyk die hen ten opsigte van haar vorm? Hier sal ons ’n bietjie probleme hê om `n behoorlike beeld aan julle te gee, aangesien daar op die hele aarde geen enkele voël bestaan waarmee ons hierdie hen kan vergelyk nie. Daarom het ons geen keuse om van die atipiese (onreëlmatigheid) gebruik te maak nie. As dit bekend is aan julle, sal julle geen probleme hê om die volledige voël te bedink nie. 4. Die kop van die hen is baie groot, groter in verhouding tot die liggaam as wat die kop van `n groot naguil tot sy liggaam is. Aan beide kante van die kop is daar twee wit ore, gevorm soos die ore van `n olifant, maar hulle hang nie ondertoe nie. Aan die voorkant van hierdie ore is daar in verhouding twee groot skerp oë wat uitmekaar gehou word deur `n donkergroen geveerde kam. `n Klein entjie onderkant die oë is `n sterk, ietwat stomp grys bek, waaruit, tussen die twee neusgate `n tipe bloedrooi slurp hang, net soos in die geval van die Indiese henne (kalkoene), maar hierdie voël hou haar slurp meer onder `n tipe self gewilde beheer. Die kop is aan die liggaam verbind met `n redelike lang, maar relatiewe dik nek. 5. Sonder die vlerke en bene het die liggaam ’n totale ovaalvormige vorm. Die vlerke is in verhouding redelik kort en in plaas van vlerkvere, is daar slegs lang veerpenne wat met donse oorgetrek is. Die deel van die vlerk wat egter na die kop gedraai is, met ander woorde, die boonste deel van die vlerk, is deurgaans bedek met hierdie tipe vere, wat dieselfde is as die van die volstruis op aarde. 6. As gevolg van die kort struktuur van die vlerke, is hierdie voëls nie baie vaardig as dit by vlieg kom nie. As gevolg van hulle baie lang sterk bene, het hulle die vermoë om baie vinnig te hardloop en dit kos die Saturniete nogal redelike inspanning om so `n voël te vang. Daarom, as `n persoon so `n voël wil vang, wend hy te alle tye sy ferm wilskrag aan. Hierdie wilskrag sal ter gelegener tyd meer in detail bespreek word. Die stert van hierdie voël is soos `n wiel, maar nie soos die van die kalkoen nie, maar soos die poue, alhoewel hierdie stert verhoudingsgewys groter en meer kompak is. 7. Julle sal `n redelike goeie idee van die voorkoms van hierdie voël hê, indien julle al hierdie inligting wat aan julle gegee was, in die regte volgorde kan rangskik. Die enigste ding wat nog gedoen moet word, is, om by die kleure van die vere, `n metaalagtige glans by te voeg en dit sal vir julle ’n behoorlike prentjie van hierdie voël gee. 8. Die mannetjie verskil slegs in grootte van die vroulike en somtyds in sy irriterende klinkende gesang, waar die hen slegs baie kort afgestompte klanke maak, wat ook nie aangenaam is om na te luister nie. Die Saturniete kwoteer die volgende spreek¬woord wanneer hulle iemand hoor wat nie kan sing nie: “Stop jou gesing, jy het `n stem slegter as die van `n hen!” 9. Wat se voordeel kry die Saturniete uit hierdie dier? Baie dieselfde as wat die mense op aarde van hulle hoenders kry. Hierdie henne lê baie, uiters groot eiers. Die Saturniete drink die inhoud rou en ook dadelik, omdat dit die manier is waarop dit die beste smaak. Die inhoud van hierdie eiers is baie soet, net soos die melk van `n koei op aarde en baie beter as die melk van die groot makgemaakte koeie op Saturnus. Die dop van hierdie eier is so stewig dat die Saturniete die dunner ent baie reguit afsny. Dit word dan deur die Saturniete as `n stuk drinkgereedskap gebruik, maar slegs vir hulle eksotiese sappe waarvan hulle sê dat dit slegs druppel vir druppel gedrink moet word, alhoewel hierdie eierdop, wanneer leeg, baie maklik 5 emmers* vloeistof kan hou. *Een emmer = 56.6 liter - Oostenrykse standaard. 10. Die Saturniete bou `n lewende hoenderhok vir hierdie makge¬maakte hoenders, - hulle plant die Breëboom, ook bekend as die Muurboom, wat ovaalvormig is en wat gewoonlik `n area van ½ vierkante geografiese myl dek. In hierdie redelike groot hoender¬hok word allerhande soorte plante en grasse geplant en soms word die welbekende Reënbome ook geplant. Die ryk Saturniete hou gewoonlik `n paar duisend van hierdie hoenders in so `n hoenderhok aan, want hulle verteenwoordig `n groot deel van die rykdom van die eienaar. Hierdie voëls is slegs onder mekaar aanpasbaar en verdra geen ander diere in hulle nabyheid nie en dit is waarom hierdie hoenderhokke slegs vir hierdie hoender¬soort gebou word en vêr weg van die hoofgeboue. Julle kan verstaan waarom dit gedoen word, as julle sal onthou hoe onaangenaam die gesingery van hierdie voëls is. 11. Behalwe hierdie voël, is daar nog `n aantal ander spesies wat ook aan hierdie huishoender kategorie behoort, maar wat nie so nuttig is soos hierdie henne nie. Die vleis word geëet en die vere word gebruik vir beddens vir dieselfde doel as hier op aarde. Baie min van die huishen word gebruik, want hulle is meestal vir vermaak en verfraaiing. Baie ryk Saturniete het talle verskillende spesies mak voëls naby aan hulle woonplekke, waar ander slegs die henne aanhou. Wat die oorblywende mak voëls aanbetref, sal ons net in die verbygaan `n paar aanraak. 12. Een van hierdie voëls is die ‘goue sfeer’. Die mense hou daarvan om hierdie voël aan te hou, as gevolg van die intense glans van sy vere, want dit is die hoofaantrekkingskrag of skoonheid van al hulle voëls. Hierdie voël het die voorkoms van `n bal met `n diameter van ten minste 72 voet. Verbeel julle onder hierdie voël twee sterk pilaaragtige bene met tone wat diagonaal uitsteek. Dit beskryf eintlik die volledige vorm van die voël, maar dit moet verstaan word dat hierdie voël hierdie vorm aanneem wanneer sy vlerke toegevou is. 13. Die goue sfeer het feitelik geen kop nie. Aan die voorkant het hy `n wye, maar baie kort donkerrooi snawel wat skaars 15 duim lank en 120 duim breed is. Bokant die snawel is daar twee ovaal oë waarvan die lengte meer as 6 voet en die wydte 4½ voet is. Die kleur van die vere is `n volkome goudgeel. Die bene begin met `n groenerige kleur en smelt weg in `n uiteindelike rooierige kleur. Die totale verekleed van die liggaam, sowel as dié van die vlerke, het dieselfde lengte en is heeltemal plat, sonder die sagte sekondêre donse en het die glans van `n fyn gepoleerde goue oppervlak. Die Saturniete kan bedags skaars na hierdie voëls kyk, omdat hulle die voorkoms het van ’n bewegende goud¬geplateerde toring bal. 14. Wanneer hierdie voël sterf, word niks behalwe die vel gebruik nie. Die Saturniete is baie bekwaam in die afslag van hierdie dier. Op feestelike geleenthede dien die velle en vere die vrouens as skouermantels. Dit lyk baie goed en duursaam oor die skouer en die volronde arms van hierdie dames. Die eiers van hierdie voëls word gewoonlik vir broeidoeleindes gehou, maar gewoonlik is daar uit twintig eiers skaars een wat `n lewende vrug voortbring. 15. Dit is die belangrikste feite rakende hierdie wonderlike voël. Daar is ook `n ander een wat heel dikwels op Saturnus gevind word. Hierdie voël se liggaamsvorm is soos die van `n reuse gans. Dit is egter nie sy interessantste kenmerk nie, dit behoort aan die buitengewone lang nek, wat, gemeet vanaf die liggaam, dikwels ’n lengte van 180 tot 240 voet het. Die kleur van die liggaam is blougrys en die bene is pikswart, wat baie raar is op hierdie planeet. Die kleur van die nek is vermiljoen (rooi), maar nie glansloos nie, maar het inteendeel ’n baie sterk metaalagtige skynsel. Die kop lyk soos die kop van `n gans op aarde, maar natuurlik in verhouding tot die res van die liggaam. Die liggaam van hierdie voël is ongeveer drie keer die grote van `n olifant op aarde. Die stert lyk nie soos die stert van `n voël nie, in stede daarvan swaai daar `n soort perdestert aan die agterkant en die hare bereik `n lengte van 30 voet. Wat die bene aanbetref, is hul lengte in verhouding met die res van die liggaam, maar is ietwat aan die lang kant en so sterk soos `n boom. 16. Dit is die kenmerke van hierdie voël. Waarom word hierdie voël aangehou? Soos voorheen genoem, - gewoonlik vir die liefde van prag! Andersins het hierdie voël niks wat deur die Saturniete gebruik kan word nie. Af en toe word die hare van die stert bymekaargemaak en toue en lyne word daarvan gemaak; alhoewel dit nie te sterk is nie. Die vere word gladnie gebruik nie. 17. Hierdie voël word slegs aangehou deur daardie inwoners op Saturnus wat op die oewers en strande van die riviere en mere woon. Omdat hierdie voël `n watervoël is, voed hy meestal op die wurms in die water. Dit is waarom hierdie dier so `n lang nek het, waarmee hy baie gemaklik die bodem kan bereik waar hy sy voeding vind. Die verskil tussen die manlike en vroulike van hierdie spesie toon homself in die weelderigheid van die stert. 18. Hierdie voël lê haar eiers in die water en laat hulle vir `n rukkie daar dryf, totdat haar instink haar vertel dat hulle heeltemal afgekoel het. Dan sprei sy haar vlerke uit oor een of meer van die eiers en swem daarmee na `n stil plek. Sy hou goeie wag oor hulle en hulle broei spoedig vanself uit. 19. Wanneer hierdie voël haar eiers beskerm, is dit nie raadsaam om naby aan haar te kom nie, omdat sy bliksemsnel enige indringer aanval met haar lang nek en sy gee hom `n hou met haar ferm bek, sodat geen indringer ooit weer sal probeer om hierdie watervoël te steur terwyl sy besig is met hierdie belangrike taak nie. 20. Hierdie is die belangrikste en gedenkwaardigste feite en van die spesies van die geveerde inwoners van hierdie planeet. Julle kan dit goed vir julself indink dat buiten die spesies wat ons bespreek het, daar nog duisende ander is in die verskillende lande en kontinente op Saturnus in die mees veelsoortige variëteite. Nou sal ons onsself wend na die makgemaakte en wilde landdiere.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205