Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 23 Die grootste en belangrikste landdier, die Mud Die onderrig van die wyses aangaande die Mud Die doel van sy skepping 1. As gevolg van die vele spesies en soorte landdiere, sal ons slegs aan hulle, wat veral opmerklik is en wat ook nie elders bestaan as net hier op hierdie planeet nie, ’n nadere kykie gee. 2. Die grootste lewende landdier op Saturnus is die Mud. Hy word slegs op uiters min kontinente gevind. As julle hulle almal bymekaar tel, sal julle nie meer as 10,000 van hierdie diere op die hele groot planeet vind nie. Die lande waar hulle gevind word, is maar yl bevolk. As gevolg van die Mud se besondere grootte en enorme gulsigheid is daar nie baie voedsel vir ’n ander skepsel oor nie. Ook het die Saturniete nie die moed om teen hierdie reuse dier te baklei nie. Hulle gee sonder aarseling die land op wat deur hierdie diere geokkupeer word en dan noem hulle die land; ‘die onbewoonbare Mudland.’ Hierdie dier bestaan nie op die hoofkontinente nie. Maar Noord en Suid van hierdie kontinente is daar ander groot eilande en hierdie eilande word merendeels gelos vir allerhande soorte van daardie spesies en ander diere. Maar nie een van die lande word so erg vermy as daardie lande wat as Mudland bekendstaan nie. 3. Hoe lyk hierdie dier. Bestaan daar `n soortgelyke dier op die aarde. Ja, daar is `n soortgelyke dier op aarde, maar hierdie dier speel `n baie meer ondergeskikte rol, terwyl dit op Saturnus die vernaamste en verskriklikste posisie in alle opsigte inneem. Dit is ten opsigte van sy reuse grootte, sowel as sy wreedheid en gulsigheid. 4. Watter aardse dier kom ooreen met hierdie skepsel? Dit is een wat baie welbekend is aan julle; dit is die vark. Maar wat die grootte aanbetref, sal die vark op aarde skaars groot genoeg wees vir `n parasiet in vergelyking daarmee. Selfs hierdie reus¬agtige Saturniete voel niks groter as klein, klein dwergies teenoor sulke reusediere nie. Ek sê vir julle, as `n Mud agter `n hoë Alpe berg staan, byvoorbeeld die Chor Alpe*, sal julle julle nekke moet rek om die toppunt van sy rug te kan sien. *2,000 meter hoog 5. Hierdie enorme groot dier is net so vraatsugtig soos julle klein varke, aangesien hy nie puntenerig is in dit wat hy vreet nie; hy eet wat ookal voor hom kom; al is dit gras of sekere bome, of ander dierspesies, mense sowel as waterdiere – hy eet hulle almal met dieselfde gulsigheid. 6. Aangesien hierdie dier krag volgens sy grootte het, sal dit nutteloos wees om in enige geveg met hom betrokke te raak. Sekere dapper Saturniete het `n poging aangewend en met lang skerpgemaakte penne, wat hulle gemonteer het op 600 voet lang stokke, om sulke diere in toom te hou en het hulle ook hulle volle wilskrag daarvoor gebruik. Ten spyte daarvan het hulle baie erg seergekry. Die Mud was op verskillende plekke gewond en as gevolg van die pyn, veroorsaak deur die wonde, het hy baie woedend en veglustig geword en hardloop hy na `n wye rivier om sy wonde af te koel. Sodra die pyn so bietjie verlig was, het die Mud opgestaan en skep ’n enorme hoeveelheid water, sowel as sommige groot klippe uit die rivierbed en spoeg dit terug op sy vervolgers, wat onder die indruk was dat hulle die dier nou oorwin het. Hulle was almal erg beseer en slegs `n paar het dit tot by die huis gemaak. Sommige van hulle wat doodgemaak is deur hierdie dier, was deur `n paar happe opgevreet, sodra die dier hulle op land bereik het. 7. Om julle `n idee te gee hoe groot die Mud se mond is, sal Ek julle `n voorbeeld gee. Indien daar neute was wat groter sou wees as julle Schossberg* sou so `n neut nie te groot wees vir één tand van hierdie dier om dit maklik met een byt te kraak nie. As die Mud sy mond sou vul met water en klippe en die inhoud uitspoeg vanaf die hoogste deel van Styria na die laer deel, sal die hele streek oorstroom word en die golwe sal hoër reik as die hoogste toringspitse van julle stad Graz. *`n Berg in Graz – 475 meters hoog. 8. Indien julle hierdie inligting in ag neem, sal dit julle vraag beantwoord waarom die Saturniete nie weer `n onderonsie met so `n dier wil hê nie. Dit is ook waarom die Saturniete slegs drie keer, sedert oertye, probeer het en al drie pogings het misluk. En nou het hulle hierdie pogings laat staan! Hulle sages gee die volgende advies: 9. “ `n Mens is tot baie dinge in staat met sy krag, maar hy kan nie die mane beheer nie, die groot skitterende Ring, die strome, die storms op die oseaan, die reuse- vis en die Mud. Daarom moet hy sy krag gebruik waar dit effektief kan wees. Hy moet nie probeer om superieure dinge met sy beperkte krag te beheer nie.” 10. En hier is nog ander advies of lering vanuit die sages wat as volg lui: “Luister! Die Groot Gees het ons `n pragtige wêreld gegee om op te leef; ons weet nie waar dit begin het en waar dit sal eindig nie. In die land waar ons gebore is, weet ons van die dinge in die water, op land en in die lug en ons weet en het te alle tye ervaar dat hulle ondergeskik is aan ons kragte. As dit die Groot Gees se bedoeling was dat die Mud vir ons bedoel was, dan sou hy ook aan ons kragte onderworpe gewees het. Maar ons weet dat hy met die grootste gemak ’n bespotting van ons kragte gemaak het toe ons gepoog het om hom onderdanig te maak aan ons wilskrag. Daarom is dit helder en duidelik soos die son wat daagliks skyn, dat die Groot Gees ander kragte aan¬gestel het, buiten ons eie, wat nie ons kragte wil dien nie en ons sal nie daardie kragte ons bediendes maak nie. Dit is waarom ons binne die grense van ons kragte sal bly, aangesien dit so vir ons bepaal is en laat ander groot kragte werk waar die Groot Gees hulle geplaas het. Dit behoort vir julle van geen belang te wees wat die groot Ring en die mane bokant ons is nie! En ons moet nooit, nie nou en ook nie in die toekoms ons voete op Mudland plaas nie!” 11. As julle vir `n kort rukkie hierdie woorde van wysheid bedink, sal die doel van hierdie dier se enorme grootte en geweldige krag moontlik vir julle duidelik word. Dit sal geen doel dien om hierdie dier se vorm verder aan julle te verduidelik nie. Dit word aan die verbeelding van die individu oorgelaat om, so goed as wat hy kan, `n idee te vorm van hierdie besonderse dier. 12. Hou die Saturniete hierdie dier met tye dop? Dit gebeur baie min. Dit gebeur slegs per geleentheid op `n lang reis ter see, of wanneer hy gesien word aan die voet gebergtes van die hoof kontinent waar so `n Mudland nie te vêr weg is nie. Dit is nie aan te beveel om naby die strande van `n Mudland te kom nie. As so `n dier enigiets gewaar wat op die water dryf, vanuit sy uitkykpunt op land, sal hy met reuse treë die oseaan betree en as die oseaan nie te diep is nie, sal hy met net `n paar treë, suksesvol wees om wat ookal op die water dryf, te vang en dit in sy yslike bek te sit. 13. Iets wat veral skrikwekkend en afskuwelik is, is die gegrom van hierdie dier. Waarlik, julle het geen idee hoe afskuwelik dit is nie. Ek kan julle soveel vertel: As hierdie dier sovêr weg in Hongarye was as wat hy kan en hy rig sy mond in die rigting van Styria in Oostenryk en grom `n paar keer, sal nie net die grond in Styria bewe nie, maar ook baie verder. Nie net sal elke gebou in Styria platgevee word deur hierdie tipe aardbewing nie, maar ook die los bergtoppe van die naburige Alpe sal tuimel. Hierdie beskrywing sal julle `n antwoord gee waarom die Saturniete nie die grootste vriende van hierdie ‘bewegende lied’ van hierdie dier is nie. 14. Hierdie dier het baie fyn ingestelde sintuie, ten spyte van sy enorme grootte. Sy gehoor en reukvermoë is uitsonderlik fyn. Dit is waarom hy iets geskik vir sy pens kan bespeur, al is dit hoe vêr op die water. Hierdie vark is by verre nie so vuil soos `n vark op aarde nie. Veral waar dit kom by die ontlasting, oortref die Mud ongeveer alle ander diere wat julle op aarde ken in higiëne. Voordat hy ontslae raak van sy liggaamlike uitskot, grawe hy eers `n baie diep gat in die grond wat, volgens julle mate, `n omtrek het van `n uur se reis en wat ongeveer 600 voet diep is. Nadat so `n gat gegrawe is, raak die Mud ontslae van sy uitskot in hierdie gat en gooi dit weer dadelik toe met dieselfde grond wat hy uitgegrawe het. Dit is hoe hierdie dier die land wat hy beset skoonhou en terselfdertyd bemes vir die groei van gras wat daarop volg, wat in hierdie Mudlande by verre digter en groter is as die mees digbegroeide woude op aarde. 15. Wat nog beantwoord moet word is dit: Wat is die doel van so `n kolossale dier op hierdie of enige ander planeet? Die antwoord was gegee tydens die beskrywing van die reuse vis. Soos wat hierdie vis die oorgang van die waterdiere na die lugdiere verteenwoordig, is die Mud ook so `n dier. Hy vorm die oorgang van alle vlakke van diere en plantegroei na die meer veredelde dierspesies wat nader aan die mens is. Nou weet julle alles wat daar te wete is oor hierdie dier. In die volgende paar hoofstukke sal ons ons oorsig verbreed oor die landdiere, maar met groter doelmatigheid.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205