Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 24 Die Saturniniese olifant – Sisterkihi Sy struktuur en gewoontes Die jag van hierdie dier en die doel van sy skepping 1. Die dier wat ons nou sal beskryf word die Sisterkihi genoem. In watter orde is hy op Saturnus? Hierdie dier is die werklike olifant van hierdie hemelliggaam. Ten spyte daarvan is hy vêr agter die Mud in elke opsig. In grootte is die Mud meer as `n honderd keer groter as die Sisterkihi en hy kom ook glad nie ooreen met die Mud nie. Die Sisterkihi kom grootliks ooreen met die olifant op aarde, maar nie so baie soos die ander diere waaroor ons sal praat nie. 2. Hoe lyk hierdie dier? Hy het vier enorme sterk bene, soortgelyk aan die van die olifant op aarde, maar verhoudingsgewys tot sy grootte. Die bene is nie soos die van `n olifant gestruktureer nie, maar meer soos die van `n beer met sterk kloue. Sy liggaam is buitengewoon lywig, in so `n mate dat wanneer die Sisterkihi ten volle uitgegroei is, dan meet hy 420 tot 480 voet vanaf die buikarea tot by die rugstring. Sy stert is in verhouding so lank soos die stert van `n leeu. Aan die einde van die stert is `n uitson¬derlike sterk ruie haarklos waarvan die lengte van die hare enigiets is vanaf 36 tot 60 voet lank. Hierdie dier het verhoudingsgewys `n baie lang, maar massiewe nek, met `n kam wat strek tot by die gebied van die voorste voete, bestaande uit `n baie sterk harige maanhaar. 3. Die kop is soortgelyk aan die van `n perd; in verhouding is sy voorhoof baie wyer. Bokant die voorhoof, tussen die twee ore, is daar `n groot buigbare slurp wat tot 240 voet kan rek, waar dit andersins kan krimp tot een derde van sy volle lengte. Die slurp het `n ongelooflike hefkrag en daarmee kan hy baie groot bome ontwortel. 4. Deur middel van hierdie slurp skeur die dier takke van die bome af en verorber dit met vrugte en al, veral as hy baie honger is. Die kleur van die Sisterkihi is liggrys terwyl sy slurp donkergrys is. Sy nek maanhare is skitterend blou en die klos is liggrys. Sy oë is `n diep donkerbruin. Hierdie dier het `n afgrond van `n bek met uiters sterk wit tande. Aan die agterkant van sy bek het hy uitermatige sterk bene wat hy gebruik om sy voedsel te vergruis; dit is nie tande nie, maar werklike bene van die boonste en onderste kakebene wat prominent uitsteek. Met hierdie bene wat uitsteek kan hierdie dier selfs baie harde klippe met gemak vergruis, sowel as dik stompe en takke, totdat dit `n pappery in sy bek word. 5. Hierdie dier is eintlik `n herbivoor (plantetend), maar as hy baie honger is, sal hy diere eet en nie eers mense sal veilig wees nie. Dit is een van die redes waarom die Saturniete glad nie lief is vir hierdie dier nie. Maar waar die Saturniete hierdie dier ookal mag vind, het hulle die vermoë om hom te hanteer, al is dit `n groot en gevaarlike struikelblok vir hulle. 6. Hoe jag die Saturniete die Sisterkihi? Hulle kan hom nie alleenlik deur krag jag nie, want hierdie dier het net in sy slurp, die krag van ’n 1,000 van die sterkste Saturniete. Daarom kies die Saturniete listigheid as hul bondgenoot. Hierdie dier se habitat is gewoonlik die groot woude van die welbekende Piramidebome en hy veroorsaak groot skade aan hierdie bome deur die takke af te skeur so vêr as wat sy slurp kan bykom. 7. Wanneer die Saturniete in enige van hierdie lande agterkom dat van hierdie reuse bome sonder takke is, (en terloops, hierdie bome is inheems in byna elke land op Saturnus), dan beteken dit dat een of meer van hierdie diere in die woud teenwoordig is. Wat sal die Saturniet nou doen in hierdie situasie? Toegerus met fakkels, omsingel hulle hierdie woud en steek dit al in die rondte aan die brand. Daar is niks wat hierdie diere meer vrees as vuur en rook nie en spoedig vlug hulle uit die woud en soek oral vir `n uitvlug plek of opening waar die vuur nog nie heen versprei het nie. Maar waar daar ookal so `n opening is, maak die Saturniete seker dit lei na `n wye rivier, `n meer of selfs die oseaan. Wanneer die Sisterkihi dan so `n opening vind, sal hy die water binnegaan. 8. Sodra hy die water binnegaan, word hy lomp en onhandig en hou hy sy andersins aktiewe slurp regop in die lug. Die Saturniete forseer nou hierdie dier dieper en dieper die water in deur hom te agtervolg met hulle bote en fakkels, vasgebind aan lang pale. Sodra die dier die diepte bereik het waar slegs sy kop bokant die water is, kap hulle haastig die formidabele slurp af met groot vlymskerp byle. Sodra hierdie dier sy slurp verloor, verloor hy ook sy lewe. Hy verdrink, begin verrot en sy vleis word voedsel vir baie honger diere in die water. 9. Wat gebeur nou as so `n woud om die een of ander rede nie aan enige water met genoegsame diepte grens nie? Dan word so `n operasie baie gevaarliker en bedenklik. As die vuur behoorlik van alle kante versprei en so `n dier of diere word verras in die middel van ’n brandende woud en nêrens `n uitgang kan vind nie, sal hulle versmoor in ’n tierende waansin. As die vuur regtig erg is, sal hulle ook verbrand, maar as die vuur nie behoorlik vlam gevat het nie, sal hulle met groot felheid na `n area storm waar daar minder vuur is. 10. Bewaar die een wat onder hierdie omstandighede so `n dier raakloop! Hy sal enige mens of dier met sy slurp optel en hul met soveel woede in die lug of teen die grond gooi dat daar niks van hulle sal oorbly nie. Die geweld van so `n waansinnige stukrag oortref die geweld of stukrag van `n kanonkoeël. Indien so `n dier so `n gooi op aarde sou doen, sou hy gemaklik `n 11,000 pond klip oor `n afstand van 20 geografiese myl kon gooi! (148.4 km), maar met so `n krag dat die klip hierdie afstand in slegs `n paar sekondes sou aflê. Sou hierdie dier die klip op die aarde neergooi, kan julle verseker wees dat die klip oor die 600 voet in die grond ingedryf sal word. 11. Uit hierdie kort beskrywing van hierdie omstandighede kan julle maklik aflei hoeveel respek die Saturniete vir hierdie dier het en die bekommernis wat hy veroorsaak op hele kontinente, wanneer een of `n paar van hierdie diere die vuur jag ontsnap het. Dit is waarom so `n woud te alle tye en ten nouste dopgehou word; dit maak nie saak of die woud naby water geleë is of nie. As die woud nie aan water grens nie, sal daar baie besprekings wees oor hierdie onderwerp en wanneer dit die mees voordeligste sal wees om die woud af te brand. 12. As die woud in `n gunstige brandbare toestand is en terself¬dertyd groot genoeg is, sal dit gebrand word. Indien dit nie die geval is nie, sal die woud vir tyd en wyl oorgelaat word aan die dier, maar intussen sal droë hout reg rondom die hele woud gepak word, wat letterlik `n wal vorm rondom, wat dan aan die brand gesteek word wanneer die bome meer brandbaar raak. Dit gebeur gewoonlik wanneer `n gebied onder die skaduwee van die Ring verkeer vir langer tye, wat in ooreenstemming met die chronologie op aarde, oor verskeie jare kan strek. Gedurende hierdie tyd staan die bome, net soos op aarde, in die winter sonder sap. Gedurende hierdie tyd steek die Saturniete die wal van droë hout van alle kante en op dieselfde tyd aan en verkas so vinnig as moontlik. 13. Dit voltooi dié hoofstuk oor hierdie gedenkwaardige dier. Die Sisterkihi bewoon ongeveer tien kontinente op Saturnus, maar in klein hoeveelhede. 14. Aangaande die voordele van hierdie dier, in `n geestelike of astrale verband, bestaan dieselfde omstandighede, maar in `n ietwat mindere mate as wat die geval is met die Mud en die ‘reuse vis’*. Hierdie dier, sowel as al die ander, het ook `n ander natuurlike doel. En geeneen van hierdie diere is op hierdie planeet geplaas as `n onmisbare noodsaaklikheid vir die onderhouding van die ander entiteite nie, want hierdie oorgange kon net so goed deur ander vlakke deurgegaan het. Om hierdie rede ly geen land `n verlies wanneer so `n groot en sterk dier, wat so gevaarlik is vir die mens, heeltemal uitsterf nie. *Dit is vir die ontwikkeling van die siele in die natuur. Sien weer hoofstuk 17:7 en 23:15.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205