Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 27 Die Saturniniese wildsbok, Zigst Sy doel en skeppingswenke Die redes vir die jag van die Zigst Bedrog met geheime geneesmiddel 1. Die dier wat ons die volgende gaan bespreek, is die Zigst, of, in die taal van die aarde, die ‘spitspoot’ of ‘gepunte poot’ en word slegs op hierdie planeet gevind. In die orde van diere is hy ongeveer op dieselfde vlak as die wildsbok op aarde. Sy habitat op Saturnus is slegs die hoogste berge. 2. Hoekom staan hy bekend as die ‘spitspoot’? Moet nie dink dat hierdie dier vier spits spiespunte het in plaas van werklike gelede pote nie. Hy word die spitspoot genoem, omdat op sy voorste pote, in die gebied van die gewone ledemate bokant die kloue, hy geen ledemate het nie. In plaas daarvan het hy `n reguit horing wat skerp na onder gepunt is. Terselfdertyd strek die klou homself uit vanaf die knie as `n heeltemal soliede klou. Die agterpote van hierdie dier lyk soos die pote van enige ander dier, maar die kloue is egter nie gesplete nie, maar is baie gepunt. 3. Dit is die redes vir die naam van hierdie dier. Hoe lyk hierdie dier andersins? Onder die groter diere op aarde is daar geeneen wat soos hierdie een is nie. Daar is egter wel ooreenkomste, maar onder die kleiner diere. Die hoofliggaam van hierdie dier kom ooreen met die liggaam van `n otter; die stert kom ooreen met die van `n os. Die nek en kop het `n sterk ooreenkoms met die van `n tier; maar die tande herinner `n mens aan die van `n grasvretende dier. 4. Op die kroon van sy kop het hy `n enkele horing wat ietwat agtertoe gebuig is. Dit is `n beskrywing van hierdie dier se vorm, behalwe sy grootte en kleur. 5. Hoe groot is hierdie dier? As julle hierdie dier wil meet met aardse mate, sal julle nie een dier op aarde vind wat met hierdie ‘spitspoot’ kan vergelyk nie, want op Saturnus is die verhouding van alles ten minste 100 keer groter en met tye selfs meer. Hierdie ‘spitspoot’ behoort aan die kleiner diere en meet skaars `n derde van die grootte van die vorige dier wat ons nou ken as die leeu van hierdie planeet. Dit is ook die rede waarom dit so maklik is vir elke mens op Saturnus, nadat die Zigst gevang is, om dit op sy rug na sy woning te dra. 6. Wat is die kleure van hierdie dier? Die hoofkleur is `n skitterende wit, maar vanaf die kop tot by die stert het hy `n wye ligblou streep. Na die pens se kant is die dier goudgeel, terwyl die kleur by die bene rooierig word, behalwe vir die spits kloue wat heeltemal swart is, sowel as die horing op die kop. Die onderkant van die nek, beginnende by die onderkaak tot by die bors, is `n gestreepte donkerrooi. 7. Nou het julle die volle vorm van hierdie dier, wat nie op enige ander planeet gevind sal word nie. Wat is die nut van hierdie dier? Wat eet hy? Vang die Saturniete baie van hierdie diere? 8. Wat sy nut aanbetref, is dit vir die Saturniete geensins meer belangrik as wat ’n klipspringer of `n wildsbok vir die mense op aarde is nie. Maar steeds het hy sy plek in die orde van dinge, wat hy onwetend ten volle beklee. Wie ken die bruikbaarheid van ’n klipspringer op aarde? Wie kan julle die rede gee waarom hierdie dier berge klim? Maar wie dit ookal wil weet, sal Ek die redes bekendmaak. 9. Julle is bekend dat allerhande soorte mos, sowel as plantspesies op die hoë berge op die aarde groei met die doel om die rotse op te los? Julle weet ook dat mos en plante produkte is van geestelike potensies en geestelike intelligensies. Dit word helder duidelik dat hulle sulke produkte is wanneer, binne hulself, `n soort intelligente lewe haarself begin uitdruk. Sodra lewe haarself begin uitdruk, doen sy dit nie om weer terug te val in die dood nie, maar instede om haarself te versterk deur in `n vorm te ontwikkel, ten einde daardie vorm te verlaat om oor te gaan na `n hoër orde. 10. Watter of uitdrukking van lewensvorm in die Alpe of hoë berge is bokant hierdie klein lewende vorms van mos, gras en allerlei ander vorms van bergplante? Dit is natuurlik die diere van die berge. Hulle is die hoër lewensvorme waarin die plantlewe van die hoë bergstreke oorgaan. 11. Julle kan baie maklik verstaan dat dit die korrekte opeenvolging van gebeure is, omdat die lewe van hierdie diere onderhou word deur die inkorporering van die lewe van plante. En dit is waarom, deur jouself te voed met voedsel wat verenigbaar is met die natuur van hierdie dier, is niks anders as om die verstrooide lewe van die laer, kleiner potensies te absorbeer in `n hoër en meer volledige lewe nie. M.a.w. 12. Om jouself te voed beteken om die lewe in `n houer te vergader en te absorbeer wat voortdurend van My af uitstroom, sodat sy van vlak tot vlak sterker en meer volledig kan word op haar terugkeer na die primêre bron vanwaar sy gekom het! 13. As julle in `n sekere graad kan snap wat nou net gesê is, kan julle die konsep toepas op die Zigst. Plaas dieselfde kwaliteit oor op die Spitspoot en julle sal alles weet wat nodig is aangaande hierdie besondere aspek. 14. Daar is `n ander vraag wat beantwoord moet word; naamlik, of die Saturniete hierdie dier vang. My antwoord op hierdie vraag is dat die dapper Saturniete met tye dikwels uitgaan om hierdie dier te vang, maar slaag selde daarin. Omdat hierdie dier so bedrewe is met die klim van die hoogste bergpieke van hierdie planeet, is nie één van hierdie mense in staat om hom te volg nie. Hierdie dier het ook die vermoë, as gevolg van sy gepunte kloue, om op `n area te staan wat nie groter as `n handpalm is nie. Waar die rotse verander in ruwe pieke, bestaan daar geen moontlikheid meer vir hierdie groot Saturniete om hulle jag voort te sit nie. 15. Wanneer so `n dier aftuimel van `n hoë en steil bergpiek en noodlottig val, wat baie selde gebeur, is dit die enigste manier wat hy gevang kan word, bygesê indien die plek bereikbaar is deur die mens. Sovêr het nog geen mens op Saturnus `n Spitspoot gevang nie. 16. Julle mag nou vra dat as dit nou so moeilik is om hierdie dier te vang, waarom doen die Saturniete dan die moeite? Hulle is genoodsaak om so te doen uit `n sekere bygelowigheid. Op aarde sal hierdie tipe bygeloof in die kategorie die sogenaamde medisinale kwaksalwery pas. Omdat hierdie dier hom voed met die kragtigste en geurigste kruie, is die Saturniete van mening dat sy vleis so gesond moet wees, dat die een wat dit eet, selfs al is hy nog baie klein, onsterflik sal word. 17. Daar is geen groot verskil tussen die Saturniete, wat aller¬hande soorte geneesmiddels berei, waardeur hulle glo dat hulle hulle lewens kan verewig en die mense op aarde wanneer dit kom by hierdie tipe van mediese geloof nie. Die ondervinding leer ons egter op `n daaglikse basis dat die dood van die liggaam nie gekeer kan word nie. 18. Wat doen hierdie mense, ten spyte van hulle daaglikse ondervinding, wat bewys dat hulle geneesmiddels aanhoudend sonder effek is? Hulle plaas die geneesmiddel in `n buitengewone geheime kategorie van hulle herstellende wetenskap, deur te sê: Hierdie geneesmiddel moet presies om middernag en in die korrekte dosis geadministreer word. Een duisendste van `n gran* meer of minder sal die geneesmiddel oneffektief maak. *1 gran = 2 druppels water of die grootte van een peperkorrel - ED 19. As hierdie verduideliking nie genoegsaam is nie, verwar hulle die saak nog meer en hulle soek uitvlug in die invloed van die konstellasies. Dan adviseer hierdie mistieke lewe verlengende mediese praktisyns hulle klandisie met groot en hoogs onverstaanbare omhaal van woorde in watter kwart die maan moet wees en in watter konstellasie die son moet verbygaan en hulle sê dat dit presies om middernag moet gebeur. As voor¬beeld, indien die son nie om middernag in die teken van Leo is en die maan is nie in die Capricorn (steenbok) op dieselfde tyd nie en as `n sekere planeet nie `n sekere teken verbygaan en `n ander planeet in `n ander teken van die diereriem op dieselfde tyd nie, dan is die ewige lewe geneesmiddel kragteloos en onef¬fektief. 20. Liggelowige mense glo gewoonlik in sulke mistiese predikers van wysheid of wysneuse en koop geneesmiddels ten duurste wat voorgee om die ewige lewe te skenk. Sodra hierdie mense in besit is van so `n ‘ewige lewe remedie’ dan kyk hulle in aller¬hande kalenders of Efemeriden om uit te vind wanneer die maan die son en die res van die planete presies om middernag binne die voorafbepaalde tekens sal wees. Julle kan self sien dat selfs sonder enige noemenswaardige kennis van wiskunde, dat hierdie astronomiese en astrologiese oorgange en verhoudinge tot die tekens van die diereriem nooit sal gebeur nie en as dit sou gebeur, moontlik in `n miljoen of talle miljoene jare en ook nie presies op die manier wat die geneesmiddel voorskryf nie, daarom word die effektiwiteit van so `n ewig lewebrengende geneesmiddel heeltemal geneutraliseer na aanleiding van hierdie mistieke skelm spekulasie. Onder hierdie omstandighede ontsnap die verkoper van hierdie geneesmiddels aanspreeklikheid, omdat hy kan voorgee dat die geneesmiddel nie op die voorgeskrewe wyse geneem was nie. 21. Op Saturnus word die vleis van die Zigst op `n soortgelyke manier vir `n soortgelyke doel gebruik. Wanneer die genees¬middel nie die gewenste effek oplewer nie, dan gebruik die lewe verlengende dokters op Saturnus die verskoning dat die persoon wat die geneesmiddel gebruik het, ietwat onverskillig was, want in plaas van om dit gedurende die tyd van die skaduwee van die Ring te gebruik, moes hy dit gedurende die sonlig geneem het en onder sulke omstandighede is die remedie dan oneffektief. 22. Sou `n familielid van `n afgestorwe persoon kom kla by so `n lewensdokter en die feit ophaal dat die oorledene wel die geneesmiddel geneem het ten tye van die skaduwee van die Ring, dan sal die dokter die familielid ondervra oor die posisie van die mane. Indien die persoon in staat is om hierdie inligting te voorsien, dan kom die posisie van die mane onder die loep en word deur die dokter as hoogs ongunstig beskou vir die geneesmiddel en hy verduidelik met die grootste welsprekend¬heid waarom dit so is. Die meeste mense kan nie die vrae beantwoord oor die posisie van die mane of planete nie en dit word dan `n ontvlugting klousule vir die ‘ewige lewensbrenger’! 23. Dit kan ook gebeur dat `n familielid van so `n afgestorwe persoon, wie sulke lewensbrengende geneesmiddels geneem het, weer `n ander lewensbrengende dokter gaan spreek aan¬gaande die feit dat die geneesmiddel oneffektief was. In so `n situasie soos die, kan julle vir julleself indink wat hierdie lewensbrengende dokter sal sê oor die nuttelose remedie wat sy kollega aangebied het, naamlik: “Hoekom het jy nie na my gekom nie? Dit is welbekend dat hierdie dokter die verkeerde geneesmiddels gebruik.” In die proses om so `n persoon te oortuig dat die oorlede persoon die verkeerde geneesmiddel gegee is, toon hy hom `n geneesmiddel wat `n ander kleur het. Dit oortuig gewoonlik die persoon wat die navraag doen, waarom die ander geneesmiddel so oneffektief was. 24. In hierdie situasies gaan die familielid van die oorledene terug na die oorspronklike dokter, wie hy nou beskou as `n bedrieër. Hoe kom so `n dokter nou uit so `n situasie? Die dokter neem die persoon wat nou verantwoordelikheid eis na die bure wat `n denke het soos hyself en wat ook so ingelig is en sê aan die persoon wat die verantwoordelikheid opeis; “Sien, hierdie persone het my geneesmiddel behoorlik en korrek gebruik. Vra hulle hoe oud hulle is!” As hy hulle dan vra na hul ouderdom, kry hy gewoonlik `n antwoord wat selfs die ouderdom van `n baie ou persoon by verre verbygaan. Gewoonlik word dit gedoen deur nie die ouderdom in jare te noem nie, maar dinge sal uitgedruk word deur buitengewone feite, soos ondervindings wat hulle gedurende hulle lang lewens gehad het, wat dan as bewys moet dien. As voorbeeld sal so `n persoon noem dat hy goed kan onthou dat `n sekere berg nie op `n gegewe tyd bestaan het nie. `n Ander een mag sê, deur te wys na `n ligte wit streep aan die uitspansel dat hy gesien het toe die Groot Gees die Ring regoor die uitspansel gespan het. `n Ander een sal sê dat hy die tyd onthou toe daar geen maan aan die uitspansel was nie. Elke persoon wat oor sy ouderdom ondervra word, het `n beter rede as sy voorganger om sy ouderdom te bewys. Wanneer die persoon wat die bewyse eis hierdie verklarings hoor, is hy gewoonlik tevrede met sulke verduidelikings en mag as toevoeging, selfs nog ’n geneesmiddel koop van so `n dokter, wat nie enigsins ouer as sy bure is nie. 25. Dit is al die inligting wat julle nodig het van hierdie eienaar¬dige dier. Kom ons kyk nou na `n ander dier op hierdie hemel¬liggaam wat nie mak is nie en dan sal ons met die huishoudelike diere begin.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205