Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 28 Die eenoog Bauor Die jag van die dier Die vel as `n kleed vir die patriarge 1. Die volgende dier wat die moeite werd is om te noem, is baie skaars. In die kontinentale lande is hy `n volslae vreemdeling. Hy is slegs inheems aan sommige van die suidelike eilande. Watter eiland hierdie dier ookal sy woning noem, die Saturniete besoek hierdie eilande baie selde, net soos die lande waar die Mud woon. Hoekom dit so is, sal verduidelik word in die volgende gedeeltes. 2. Hierdie dier se naam is Bauor. In julle taal beteken dit ‘eenoog’. Eerstens sal ons verduidelik waarom hierdie dier ‘eenoog’ genoem word. Het hy werklik net een oog? Nee, hy het twee oë om mee te sien, net soos enige ander dier. Maar bokant sy twee oë, in die middel van sy breë voorkop, het hy sy gewapende oog. En die dier se naam word afgelei van hierdie gevaarlike oog. 3. Maar voordat ons hierdie oog beskryf, sal ons die dier se vorm beskryf en dan sal ons sy oog beskryf. 4. Hoe lyk die Bauor? Wat is sy grootte en sy kleur? Hy kom ooreen met die perd, behalwe sy nek en sy stert. Die liggaam is natuurlik `n honderd keer groter. 5. Die stert kom ooreen met `n slang sonder `n kop en dit bereik lengtes van 720 tot 780 voet en in die anale area waar hierdie stert sy begin het, het dit `n diameter van 9 voet. Aan die einde van die stert het dit drie baie sterk doringagtige hake, soortgelyk aan `n skip se anker. Hierdie dier het die meeste van sy krag in sy stert. Daarmee soek die Bauor na sy voedsel in die water. Dit is waarom hy gewoonlik by die seestrande gevind kan word, met sy lang stert wat aanhoudend op en in die water beweeg met die doel om `n groot vis te vang of enige ander groot waterdier as voedsel. Die Bauor is ook baie bekwaam in hierdie handeling. Sodra hy vermoed dat daar iets lewendig in die water is wat hom tot voordeel kan wees, skiet hy sy stert soos `n pyl uit na die spesifieke plek en wanneer hy sy stert op hierdie wyse projekteer, sal dit nooit sy teiken mis nie. Dit is die doel van die stert. 6. Hoe lyk die Bauor se kop? Sy kop is uitermatig eienaardig, want dit sit op `n lang, sterk nek en kom byna ooreen met die kop van `n seeleeu of ’n gewone rob op aarde. Die kop is slegs pro¬porsioneel groter as die kop van `n rob op aarde, dieselfde soos wat die liggaam van `n aardse perd groter is as die kop. Buiten die gewapende oog, lyk die kop soos die van `n rob. 7. Wat is die werklike doel van hierdie oog? Dit is eintlik nie `n oog om mee te sien nie, maar `n oog om mee te voel en om mee te deurboor of te vang. Gewoonlik is hierdie oog toe, maar indien daar `n vyand of enigiets onvriendelik in die omgewing van die Bauor beweeg, dan sal die oog open. En sodra hierdie oog open, skiet daar `n intense rooi straal van lig voort en dit sal baie makliker wees om in die middagson te kyk as in hierdie oog. 8. Wanneer hierdie straal op enige lewende wese gerig word, word hy vinnig tot so `n mate vasgevang deur `n soort lomerig¬heid, sodat hy betower voel en onkapabel is om te beweeg vanaf die plek waar hy deur hierdie straal getref is. Wanneer die Bauor agterkom dat sy vyand genoegsaam vasgenael of betower is, kom hy stadig nader, wat min of meer dieselfde afstand is as die van die lengte van sy magtige stert. Hierdie dier maak nooit `n fout wanneer dit kom by die skatting van die afstand wat die vyand van hom af is en wat die lengte van sy stert aanbetref nie. Wanneer hy dit eers vasgestel het, projekteer hy sy stert so vinnig soos `n bliksemstraal op sy vyand af en tel hom op. Die stert word soos `n arm gebruik en hy plaas sy vangs in sy uiter¬matige groot bek en vermorsel dit met sy kragtige tande as voeding. Hierdie dier maak geen onderskeid tussen `n dier en `n mens nie en as gevolg van sy groot vraatsug, eet hy enige lewendige wese, hetsy dit in die lug, aarde of water is. 9. Buiten die kleur van hierdie dier, is alles merkwaardig aan hom. 10. Wat is sy kleur? Op die pensgedeelte is hy ligblou; langs die middel van die pensgedeelte loop daar lengtegewys redelike wye donker strepe. Die rug van hierdie dier is ligrooi met klein sebra-agtige geel strepe. Beginnende by die liggaam, is die bene oranjegeel. Die hoewe is heeltemal pikswart. Die hare op sy liggaam is regdeur redelik kort. Dit is waarom die Saturniete van mening is dat hierdie dier heeltemal nakend was. Maar toe `n paar van hierdie diere gevang is, het hulle hul fout agtergekom. 11. Indien die Saturniete begeer om `n Bauor te vang, word dit `n baie duur transaksie vir hulle, omdat, indien hulle hom wil vang, hulle baie van hulle huislike diere vooraf moet opoffer. Eers wanneer die Bauor homself oorvreet het aan baie van hierdie mak diere, word hy moeg en uitgeput, gaan lê iewers naby die strand, krul sy stert op en begin die voedsel verteer wat hy geëet het. Sodra die Saturniete wat hom jag, sien dat hy rus, moet hulle seker maak dat hulle so gou as moontlik sy stert onskadelik maak. Hulle doen dit gewoonlik deur sy stert met een hou af te kap. Nadat die stert afgekap is, is dit verstandig om nie in die nabyheid van die gewonde dier te bly nie, omdat die stert vir `n hele rukkie nog lewe in hom het en dit krul en gooi homself agtertoe en vorentoe op die mees afskuwelike manier in sy sametrekkings. Die Bauor self verval in `n woedebui en spring en skop met sy hoewe. Die Saturniete is bewus van hierdie gedrag en dit is waarom hulle onmiddellik padgee nadat die stert afgekap is. Hulle wag op hulle skepe op die oppervlak van die water totdat die dier neerslaan en bewegingloos bly lê en sy stert die laaste spasmodiese stuiptrekkings gee. 12. Sodra hierdie gebeure afgehandel is, nader ons jagters die strand. Hulle sny die stert in kleiner stukkies en terwyl hulle dit doen, spring die stukke nog steeds vir `n rukkie rond. Dan nader hulle die dier self en stel ondersoek in deur dit te steek in die area van die rug om te sien of daar nog lewe in hom is. As die dier nie reageer nie, verwyder hulle dan die pragtige vel. Maar voordat hulle met hierdie taak kan begin, sny hulle die kop af en gooi dit in die water, omdat hulle glo dat die dier sy verskriklike oog sal oopmaak terwyl hulle besig is om hom af te slag en dat almal daardeur vergiftig kan word. Dit is natuurlik onmoontlik, want die oog bevat geen gif nie en die kragtige rooi lig van die oog word heeltemal uitgedoof, sodra die dier sy lewensenergie verloor het. 13. Sodra die dier afgeslag en die vel op die skepe gelaai is, laat hulle die res agter om te verrot. Die ontbinding van die dier kry `n helpende hand van al die honger gaste wat langs die strand bly en vir ander is dit ’n geleentheid om hulleself te wreek op hulle welbekende vyand. 14. Vir watter doel gebruik die Saturniete die vel wat met sulke groot moeite bekom is? Die vel word behandel met olie sodat dit sag kan bly. Nadat dit op hierdie manier behandel is, word die vel verder behandel, gesny en verwerk na `n halflengte kleed. `n Kleed soos hierdie op `n man se rug beteken meer as `n hele koninkryk. Daar is `n gesegde op Saturnus: “Dit is die Bauor wat behoorlike respek aan `n prins of aan die opperste patriarg verleen en wat hy veronderstel is om te verteenwoordig.” 15. Om so `n Bauor te verower is een van die grootste en mees uitdagende prestasies wat die Saturniete ooit kan uitvoer. Wie ookal so `n dier kan vang en sy kleed dra, toon aan sy medemens die groot dapperheid wat hy besit. Hierdie getuienis het die grootste betekenis vir die Saturniete, omdat hulle voel dat hulle nie behoorlik regeer kan word deur `n heerser of leier wie nie dapper is nie. So `n kleed is `n bewys aan hulle dat die persoon wat dit onder hierdie omstandighede verkry het, gewillig was om groot opofferings te maak. Dit laat hulle glo dat die draer van so `n kleed, afgesien van sy groot dapperheid, ook `n baie vrygewige persoon is, omdat hy geen kostes ontsien het tot voordeel van sy broers nie. En ten slotte dig hulle aan die eienaar van so `n kleed groot intelligensie toe, omdat hy so `n monster kon verower het, wat vir die Saturniete `n meer skrikwekkende reputasie het as `n draak of `n lintwurm op aarde. 16. As ’n persoon die Bauor kon oorwin het, dan behoort hy die vermoë te hê om enige ander situasie of onderneming met die nodige intelligensie te kan hanteer. Daarom maak dit die eienaar van so `n kleed onfeilbaar en onmiddellik `n opperste patriarg, selfs al is hy drie of vier keer jonger as enige ander minderjarige patriarg, niks is meer gesog as so `n kleed nie. Maar hy is slegs `n opper patriarg solank as wat die kleed hou. 17. Omdat dit die eer van `n opper patriarg verseker, word niks meer so versorg as hierdie kleed nie. Dit is waarom die Bauor kleed slegs onder die mees uitsonderlike omstandighede gedra word. Omdat daar ook allerhande soorte klein bedrieëry op hierdie planeet bestaan, is dit ook toepaslik op die lewensduur van so `n kleed. Die konsep is dat dit vir ewig sal hou. Selfs al val die kleed uitmekaar en dit nie meer gedra kan word nie, word dit vervang met ’n valse wat met velle van ander diere gemaak word en dit word dan geparadeer asof dit `n ware Bauor kleed is. 18. `n Opperste patriargaat wat bekom is deur so ’n kleed, word geërf deur al die kinders en die kinders van die kinders van die opper patriarg, solank as wat die kleed getoon kan word, of bewys kan word dat dit nog bestaan. Indien iemand anders egter in die besit kom van `n nuwe kleed deur die Bauor te jag en hy vertoon hierdie kleed aan die mense in sy land, dan eindig dit die ou patriargaat. Die ou patriarg sal nog die posisie van `n gesiene persoon beklee. In so `n geval soos die, sal selfs die kleinste stukkie van ’n Bauor kleed `n geldige rede wees om die edelman posisie te handhaaf. Dit gee die eienaar die reg op Bauor-jas voordele, maar slegs solank as wat hy `n gedeelte daarvan kan toon, - maak nie saak hoe klein nie. Maar wanneer die motte die laaste stukkie opgevreet het, verloor hy dan sy posisie van opper patriarg en niks bestaan meer nie, behalwe `n leë herinnering. 19. Maar ons sal nie nou die politieke toestande op Saturnus enigsins verder volg nie, aangesien ons nog nie daardie punt bereik het nie. En aangesien ons nog nie die mense behandel nie, sal ons terugkeer na die diere. Voordat ons gaan begin met die huishoudelike diere, sal ons `n algemene oorsig oor die hele wilde diereryk neem.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205