Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 2 Die waterryke oppervlak van Saturnus Die kontinentale eilande Groot gletser sones by die pole Die gematigde en suiwer sentrale sone Intense lig atmosfeer, lig en temperatuur toestande Saturnus se Ring as `n reguleerder en `n weerkaatsing. Die prag van die ster beligte lug. 1. Noudat ons die nodige inleiding tot hierdie planeet ontvang het, kan ons dit nou waag en begin om `n kykie op hierdie planeet te kry. 2. Kyk na die oppervlakte van Saturnus. Die grootste deel is water. Op hierdie planeet is daar geen werklike kontinent nie, maar onderkant die ewenaar is daar geïsoleerde groot eilande wat groter is as Europa, Asië, Afrika, Amerika en Australië gekombineerd. Alhoewel, as gevolg van Saturnus se grootte, kan hulle nie beskou word as kontinente nie, maar eerder as eilande en hulle is dus verder van mekaar as wat Asië en Amerika in die omgewing van die ewenaar op aarde is. Tussen hierdie groter eilande is daar natuurlik `n hoeveelheid kleiner eilande, wat in verhouding tot die groter eilande dieselfde is as die kleiner eilande in vergelyking met die kontinente op aarde. 3. Nader aan die pole is hierdie hemelliggaam bedek met permanente ys en sneeu; hierdie sone begin by 400 grade (breedtegraad) vroeër as op aarde. En wat op aarde beskryf word as `n matige temperatuursone, is `n sone van sneeu op Saturnus. En wat die ysige sone op aarde is, is op Saturnus die permanente verysde streek. Die sone op aarde wat ons tropies noem, is die gematigde of suiwer sone op Saturnus, waar wolke of mis baie selde vorm, terwyl die twee ander sones onder permanente mis en wolke is. 4. So grof en erg as wat die noordelike en suidelike sneeu- en yssones is, so helder, gematig en suiwer is die sentrale sone, wat ook die enigste bewoonbare sone is. In hierdie sone is daar sewe-en-sewentig groot eilande, waar `n mediumgrootte eiland groter is as die Amerikas. En elkeen van hierdie eilande is, in sy formasie, sowel as in sy produkte, by verreweg meer gevarieerd as wat Lapland is ten opsigte van die mees suidelike tropiese lande op aarde. 5. Julle sal waarskynlik dink dat Saturnus, as gevolg van haar groot afstand vanaf die son, redelik donker sal wees en dat die temperature nie te warm sal wees nie, selfs by die ewenaar. Indien julle so dink, is julle verkeerd, omdat hierdie planeet haar eie lig het, wat proporsioneel in dieselfde graad sterker is as wat dit groter is as die aarde. Hierdie planeet is ook omring met `n atmosfeer wat `n duisend keer groter en vêrreikend is, met `n diameter van byna 100,000 geografiese myl, teenoor die aarde se atmosfeer wat nie eers 2 000 geografiese myl in diameter meet nie, insluitende die aarde se diameter. Aangesien Saturnus se atmosfeer so `n buitengewone groot diameter het, hoeveel sonstrale is hierdie groot lugsfeer in staat om te absorbeer ten einde hulle in `n gebroke lyn te lei na in meer kompakte vorm na die oppervlak van hierdie planeet? Dit is ook waarom die inwoners van Saturnus die son baie kere groter sien as wat die bewoners van die aarde dit sien. En daardeur sou die hitte rondom die ewenaar ondraaglik gewees het, as dit nie getemper was deur die omliggende Ring nie, wat die meeste van die saamgeperste sonstrale opvang en gedeeltelik self daarvan gebruikmaak; die res keer terug na die heelal. Dit is waarom, gesien deur `n teleskoop, die Ring meer verlig vertoon as die planeet self, terwyl sy skaduwee `n baie voordelige effek op Saturnus het en hierdeur word die tropiese of warm sone, `n baie meer gematigde sone. 6. As gevolg van hierdie Ring, is daar geen nag op Saturnus op dieselfde manier as wat dit op aarde is nie; daar is natuurlik daglig op die kant wat na die son gerig is, maar ook op die teenoorgestelde kant, omdat die Ring aan sy binnekant deur die son verlig is en die kragtige lig van hierdie Ring, tesame met die verskillende wentelende mane, dikwels bydra tot die verligting van die teenoorgestelde kant. 7. As `n toevoeging tot hierdie werklike “nag-lig” of, om hierdie omstandighede beter te verstaan, die “nag-dag”, kom daar `n derde lig by, wat die lig van die vaste sterre is, wat, gesien vanaf Saturnus, tien keer sterker blyk te wees, as gevolg van die planeet se suiwer en vêrreikende atmosfeer en daarom gee die sterre ook `n lig af wat baie kere sterker is as wat Venus, die aandster, kan afgee op aarde tydens haar helderste lig. 8. Transponeer jouself nou in jou gees na `n land in die sentrale sone van hierdie planeet en observeer daarvandaan die skitterende prag van die sterbeligte hemelruim! Waarlik, selfs al was julle in staat om julle verbeelding tot op die maksimum te rek, sal julle nie in staat wees om `n miljoenste deeltjie van die prag wat hier heers, te visualiseer nie, omdat die nag op Saturnus ligter is as wat die dag hier op aarde is. En onder die weldadige skadu van die Ring, verloor julle nooit die sig van die pragtige son gedurende die dag nie. Veral as julle na die berge gaan en die pragtige sig daarvandaan geniet, want die effek van die sterrelig onder die Ring is so uiteenlopend in sy uitstraling van kleure, dat dit byna onmoontlik is vir julle om dit voor te stel! 9. Wat betref die karakter van die lande in die sentrale sone, die berge en die riviere, die plantegroei, die diereryk en die mense, - al hierdie dinge sal aan julle openbaar word. Maar vir vandag, wees tevrede met wat gegee is en bepeins hierdie dinge. Julle sal vind dat julle sovêr `n groot gedeelte gegee is waaraan julle gees goeie voeding sal vind. Alle ander dinge sal mettertyd aan julle gegee word, sovêr as wat dit verstaanbaar vir julle sal wees en dit sal gegee word in die grootste, onbeperkte oorvloed. Julle moet baie ywerig wees, want julle sal oorvloedige inligting ontvang. Dit is waarom Ek sê: Wees ywerig! Vir vandag sê Ek Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205