Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 29 Die harmonie van die hemelligame Voorbeelde van die musiekkuns Die geheime van die onderrig van klank en skepping Ooreenkoms tussen die wilde diere op Saturnus en op aarde 1. Julle weet reeds dat ons slegs daardie diere in detail beskryf het wat buitengewoon is ten opsigte van hulle spesie. Van wat tot nou toe geopenbaar is, het julle geleer van die eienaardigste diere wat inheems is tot hierdie planeet. Toe hierdie diere beskryf was, moes julle opgemerk het dat die meeste van so `n aard was dat, as `n geheel gesien, geen dier op aarde of op enige ander planeet daarmee vergelyk kan word nie. 2. Daar bestaan egter `n ewige harmonie in alles tussen een planeet en ’n ander, waarsonder twee hemelligame nie kan bestaan nie, selfs al is hulle vêr verwyderd van mekaar. Om dit behoorlik te kan verstaan, moet Ek aan julle toon dat harmonie slegs kan voorkom waar een en dieselfde oorsaak dieselfde effek na vore bring. 3. As voorbeeld, indien jy `n snaar oor `n platbord sou styftrek en jy pluk die snaar, sal dit te alle tye vir julle `n spesifieke hoë of laer toon aangee. Sou julle die snaar stywer trek, sal die klank meer intens word, óf, soos wat julle dit uitdruk, die toon sal hoër word. Maar hoe minder die snaar gespan word, hoe laer is die toon. Wat is hier die oorsaak van hierdie klankryke effek? Julle sal dit waarskynlik vind en verklaar dat die oorsaak niks anders is as die bord en die snaar wat oor hom gespan is nie. So dikwels as wat julle die oorsaak sal hernu, dit is hoe dikwels julle dieselfde effek sal hê. Die veranderinge in die klank wat voortgebring word wat hoog of laag is, maak absoluut geen verskil nie, want `n klank bly `n klank, ongeag of dit hoog of laag is. Julle mag dalk vra: Wat veroorsaak eintlik die klank – is dit die snaar of is dit die platbord? En Ek sal julle vertel: Dit is nié die bord op sigself en ook nié die snaar op sigself nie, maar beide voorwerpe saam. Die platbord, as `n samehangende geheel, het te alle tye alle denkbare vorme vir die voortbrenging van `n toon in gereedheid. Die vibrerende snaar bokant die bord roep hierdie vorme voort op `n manier wat onderskeibaar van mekaar is. Daarom bevat die platbord alle denkbare vorme van klank. Die snaar wat bo-oor gespan is, is daar om hierdie klankvorme te laat ontwaak om die klank sodoende in `n waarneembare voorkoms oor te dra. Om dit te laat plaasvind, moet daar `n onmiskenbare harmonie wees tussen die platbord en die snaar. 4. As julle die lug bedink as `n manier van klankvorming, dan moet dit getoon word wanneer julle enige effek voortbring, dat dit onmoontlik is vir meer as twee polêre oorsake om voortgebring te word binne `n onderlinge verband. Die manier kan nie beskou word as `n oorsaak nie, maar slegs die weg waardeur die effek van die twee polariteite voortgebring word. 5. As voorbeeld, kyk na die magnetiese fluïdum! Kan die magnetiese fluïdum, wanneer dit deur `n ysterstaaf geabsorbeer word, slegs polêr gevind word? Of eerder, is dit polêr vrylik effektief in sigself regdeur die totale oneindigheid? Daarom is die ysterstaaf slegs die weg waardeur hierdie fluïdum homself tasbaar kan uitdruk vir ons sintuie. Dit is `n onmoontlikheid om die ysterstaaf te beskou as dit wat die magnetiese fluïdum self tevoorskyn gebring het. 6. Of sal julle sê dat die lug en die eter tussen die son en `n planeet die bron van die lig is. Dit is niks meer as die weg waarop die lig die planete bereik, terwyl dit uitgestraal word deur die son, op voorwaarde dat die planeet gestruktureerd is en in staat is om die lig wat hom oorstroom, te absorbeer. 7. Daarom sal ons nie die lug op hierdie manier beskou wanneer daar `n toon gevorm word, as `n manier om die oorsaak van die klank te wees nie, maar slegs as ’n weg waarvolgens die toonvorme deur die oor ontvang word, soos wat hulle ontwikkel tussen die snaar en die platbord! 8. Moet nie die klank verbeel wanneer julle dink aan ‘toon’ nie, maar slegs aan `n vorm wat, deur `n sekere graad van vibrasie, uitgetrek word vanuit ’n sekere gladde en elastiese oppervlakte. Die klank is niks meer as `n getuie wat, deur gereëlde vibrasie van `n sekere liggaam wat die vermoë het om te vibreer, die vorms ontwikkel van `n ander onderliggende liggaam. Self as julle mag glo dat julle baie goed vertroud is in die kuns van musiek, sê Ek dat daar nie `n onderwerp is waarin julle minder vertroud of verkeerd ingelig is, as in die kuns van musiek nie! Wat hierdie onderwerp aanbetref, weet julle niks meer as die wurms wat aan die dooie bas van `n boom knaag nie. Gevolglik komponeer julle `n paar verskillende hoë en lae tone en julle neem genoeë daarmee, net soos die wurms wanneer hulle knaag aan die dooie bas van `n boom. Maar wie onder julle het ooit die gedagte gehad dat die toon een van die wonderlikste vorme is? 9. Wanneer julle `n noot of `n toon sing, of as julle klank genereer met `n instrument, het julle niks meer daaroor te sê nie as: Hierdie toon is `n C of `n A en dit behoort of aan hierdie of daardie oktaaf. En julle sal ook die vermoë hê om te weet watter instrument daardie toon of geluid geproduseer het. Erken dit: Julle weet nie veel van `n toon nie, behalwe miskien dat julle die kwaliteit van die toon kan bepaal en sy verhouding meet in vergelyking met julle oor, maar dit is omtrent die volle omvang van julle kennis van die toon. 10. Sodat julle `n fundamentele begrip kan hê van hoe min kennis julle besit oor die kuns van musiek, sal Ek julle `n bietjie in die verbygaan oor die toon self verlig. 11. Julle weet dat baie snare oor `n bord styf getrek kan word en elke snaar sal, in ooreenstemming met sy spanning, `n verskil¬lende hoë of `n laer toon produseer en alles sal op een en dieselfde bord plaasvind. Indien alle moontlike klank verskille op een en dieselfde bord tevoorskyn gebring kan word, dan moet daar mos `n oneindige aantal vorme in daardie bord vervat wees, sodat hulle ten volle waarneembaar kan voorkom deur elke moontlike graad van spanning van die snaar. 12. As julle hierdie spesifieke bord van naderby ondersoek, wat sal julle vind? Niks, behalwe `n leë platbord nie! En wanneer julle die snare ondersoek wat aan hierdie bord vasgemaak is, wat vind julle? Julle vind `n eenvormige elastiese snaar wat óf van metaal óf van `n dier se derms gemaak is. En julle het niks meer as twee plat eenvormighede waaroor julle nie kan filosofeer nie. Desnieteenstaande lê daar so ’n veelsoortigheid binne hierdie twee plat uniformiteite wat al die komponiste wat ooit geleef het, gedateer vanaf Dawid, nie eers `n biljoenste* deel hiervan in al hul komposisies opgeneem het nie. En hierdie eksterne tone is, met betrekking tot die werklike ware toon, net maar wat die dooie bas van `n boom is ten opsigte van sy interne onsigbare geestelike lewe! *Een miljard in Brittanje en Duitsland – een biljoen in Frankryk en die V.S.A 13. Na aanleiding hiervan, wat is `n toon? Toon is niks anders as `n selfuiting van die vele eindelose harmonieuse geestelike vorme en hoe hulle inherent is in materie, of hoe hulle hulleself projekteer in hierdie materie. Daarom, die bord van `n musikale instrument wat vibreer saam met daardie instrument, is `n oneindige wêreld gevul met geestelike vorme. Byvoorbeeld, as julle `n C of `n A trek, dan rapporteer `n totale skepping met `n ewigdurende ontelbare aantal wesens van alle soorte hul tot julle oor, op `n eenvormige hoorbare wyse deur daardie basiese geluid. 14. As mens word julle gelaat met wat julle bemerk, maar julle ondersoek nie wat daaragter is nie. En selfs wanneer, na verskeie opeenvolgende klanke, julle aangegryp word deur sommige groot idees en hierdie lewende geestelike vorme gryp julle letterlik aan die nek, is julle blind en knaag julle aan die bas, sonder om te dink dat met elke afsonderlike toon, deur die waarneembare toon van `n enkele woord, kom al die dinge voort wat die totale oneindigheid vul! Nou behoort julle `n effense idee te hê van wat `n toon is en hoe vêr verskillend die groot betekenis hiervan is, van die vervelende klank wat julle `n ‘toon’ noem! 15. Aangesien ons voorheen voortgegaan het van harmonieuse toestande en beskryf het hoe daar `n voortdurende harmonie bestaan tussen `n platbord en `n snaar en hoe hierdie effekte minstens uitwaarts vanuit hierdie harmonie ontstaan, kan ons daarom totale geldigheid skenk aan ons eerste sin, - waar gesê was dat tussen twee hemelliggame daar `n voortdurende har¬monie moet bestaan, ongeag hulle afstand van mekaar. 16. Hoekom is dit so? Dink aan die son as `n vibrerende bord en die planete as die snare wat styf daaroor heen gespan is. As die planete of snare wat rondom die vibrerende bord van die son dryf, nou geslaan word deur die lig wat vanaf die son uitstraal, neem die planete al die onderliggende vorme aan wat op die son bestaan, nadat hulle hierdie erfenis ontvang het deur middel van die lig en laat die vorme uitwaarts voortkom. 17. As julle nou julle aandag op die snaar van Saturnus rig, wat gespan is oor dieselfde son as die snaar van die aarde wat julle bewoon, sal julle maklik verstaan dat dieselfde oorsaak wat julle aarde beïnvloed en toelaat dat sy vorme tevoorskyn kom, daarom dieselfde effek op Saturnus sal hê. 18. Byvoorbeeld, vergelyk `n klavier met sewe oktawe met een wat slegs vyf het, dan kan julle nie ontken dat die klavier met sewe oktawe meer hoër en meer laer tone sal hê as die een met net vyf oktawe nie. Indien julle egter begin om die toonlere te speel op die klavier met die sewe oktawe, op dieselfde plek waar die hoogste of laagste tone begin op die klavier met vyf oktawe, sal julle vind dat die toonleer dieselfde opgaande en dalende klank sal hê as die klavier met die vyf oktawe. Natuurlik sal die tone van die groter instrument hoogs waarskynlik sterker klink, sal meer volume hê en sal meer ontwikkeld wees as op die kleiner instrument. 19. Eintlik het ons alreeds al hierdie inligting. Ek het in die begin gesê dat ons `n algemene oorsig van die hele diereryk op Saturnus sal neem; alvorens ons die makgemaakte diere indivi¬dueel sal beskryf. Ek wou julle net vertel het dat ons alreeds so `n algemene oorsig gemaak het. Die beskrywing van die produk¬tiewe krag van die son moes voorheen genoem gewees het, sodat dit wat nog gesê moet word, nie soos `n geklets moet lyk nie, of as `n gebiedende voorstelling van dinge op hierdie planeet wat dit kan laat voorkom asof die een wat dit verklaar, sy verbeelding verloor het en nou sy toevlug soek daarin wat die aarde aanbied, ten opsigte van formele verskynsels. Sodat julle sou moet sê: Al die diere wat julle op aarde vind, sal ook op Saturnus gevind word, natuurlik met `n paar variasies, naamlik dat hulle verhoudingsgewys groter en sterker sal wees en, as gevolg van die lig van die son wat meer gerefrakteer, meer kleurvol sal wees. 20. Aangesien so `n anatomiese analitiese aanbieding van die harmonieuse toestande hierdie voorafgegaan het, behoort daar geen enkele persoon met `n gelowige hart te wees wat beswaar sal aanteken wanneer Ek sê: Beginnende by julle grootste oor¬spronklike olifant deur na die kleinste muis, het Saturnus al hierdie diere ook op sy oppervlak, behalwe dat hulle propor¬sioneel baie groter en sterker is en meer gevarieer is in kleur tussen blou, groen, rooi, wit en swart, terwyl die kleure van die diere op aarde selde so volledig ontwikkeld is, aangesien die sonstrale steeds te intens is daarom nie genoegsaam van mekaar geskei is wanneer hulle op die grond val nie. Die verkleuring is ten alle tye ’n gevolg van die lig. Die blomme op aarde is gekleur met allerhande volmaakte kleure, maar hierdie kleure kort `n sekere lewende glinstering, waar die blomme op Saturnus egter baie meer lewendig word. Nie net is hierdie kleurrykheid van toepassing op die diere nie, maar ook op die mense van hierdie planeet. 21. Dit moet volstaan as `n algemene oorsig van die viervoetige diere, sowel as die ander diere op hierdie planeet. Ons sal kortliks net daardie paar mak diere ondersoek wat die aardse klavier met sy vyf oktawe nie bevat nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205