Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 31 Die Bloubok Ruilhandel met sy melk Die bok dankseggingsfees Die aanknopingspunt van die Saturniete met die geestelike wêreld Die wol van die Bloubok en sy gebruike 1. Watse soort dier is die blou bok? Dit is `n uiters bruikbare bok en onmisbare dier vir daardie Saturniete wat van matige hulpbronne afhanklik is, veral hulle wat in die berge bly, waar die groot koei nie vrylik kan beweeg en waar daar nie genoeg is om te eet nie, maar hoofsaaklik is daar nie genoeg water beskikbaar vir die koei om haar groot dors te les nie. 2. Hoe lyk hierdie dier? Lyk dit soos enige bok op die aarde? Nee, sy lyk nie so nie! Op `n manier vergelyk sy met die Amerikaanse eland (elk), wat op aarde op die meer noordelike dele van die kontinente voorkom. Hierdie bok is natuurlik ook weereens `n honderd keer groter as `n elk op aarde. Sy het tussen haar twee agterpote, in vergelyking met haar grootte, `n baie groot uier met ses spene, wat gemaklik tien tot twintig emmers melk lewer. 3. Die melk van die bok is nie so soet soos die van die reuse koei nie, maar is baie meer geurig en meer voedsaam. Daarom gebeur dit dikwels dat die bergbewoners hulle goeie melkproduk na die mense in die valleie en grasvlaktes neem om dit te ruil vir ander dinge wat vir hulle absoluut noodsaaklik is. Op hierdie planeet is daar geen ander handel as ruilhandel nie. Hierdie ruilhandel dien `n goeie doel vir die bergbewoners. Die bok kan nie floreer in die valleie en vlaktes nie, maar hy kan op die hoogtes, waar hy onder die sneeu na voedsel soek met sy graafagtige vorentoe gebuigde horings. Julle moet verstaan dat op Saturnus, net soos op aarde, die hoogste pieke met sneeu en ys bedek is gedurende die tyd van die Ring se skaduwee. 4. Die dier is ietwat sku van natuur, maar as hulle goed behandel word deur mense, word hulle mak en baie gedomestikeer. Hulle hardloop letterlik agter die mense aan soos wat julle lojale honde op aarde doen. Daarom, wanneer hierdie bergbewoners verlang om iewers heen te gaan, dan moet hulle hierdie dier aan `n boom vasmaak met `n lang tou wat van gras gevleg is, anders sal die bok hulle volg. Die Saturniete, veral hulle wat in die berge bly, hou elke jaar `n fees waar hulle ’n offer bring aan die Groot Gees in dankbaarheid vir hierdie voordelige dier. 5. `n Redelike hoeveelheid van die pragtigste bokke met vol uiers word na hierdie fees geneem. Daar word hulle na `n sekere plek geneem waar hulle `n sirkel vorm en waar hulle gemelk word en hierdie melk word dan in die skoonste en pragtigste houers gebêre. Sodra hierdie werk afgehandel is, word hulle gelei na `n Reënboom poel wat altyd naby is, en as `n deel van die verpligte danksegging word hulle water gegee wat uitermatig goed proe. Daarna word hulle losgelaat om te wei op die sappigste weilande wat hierdie Reënboom poel omring. Die mense keer dan terug na die plek waar die vars melk vir hulle wag in daardie pragtige houers. 6. Elkeen neem sy houer en dra dit na `n tempel wat spesiaal gebou is vir hierdie dankseggingsfees. Die tempel is beplant met straalbome (Bruda) of word gegroei met Spieëlbome (Ubra). Die rede waarom Ek sê “geplant” of “gegroei” is omdat op hierdie planeet, tempels vir goddelike dienste nie gebou word deur skrynwerkers en bouers soos op aarde nie, maar word lewendig uit die grond gegroei en bestaan uit die pragtigste bome. Hierdie bome word in `n spesifieke orde geplant, byna soos `n kordon in die tuine op aarde wat gereëld gesnoei word. `n Tempel soos hierdie, wanneer dit volgroeid is, is `n manjifieke gesig, veral gedurende die tye wanneer hierdie bome in bloei is. Die gesig is so indrukwekkend dat julle op aarde dit nie vir julleself kan indink nie. Hierdie tempel is so groot dat dit die mense op aarde `n hele dag sal neem om vanaf die heilige ingang te stap tot aan die oorkant waar die uitgang is. 7. Wanneer die mense al hulle pampoenhouers met melk in die tempel ingedra het, dank hulle ten eerste die Groot Gees vir die geskenk van hierdie voordelige, mak dier en ook vir die melk wat hulle van die bokke gekry het. Na hierdie gebed, staan die oudste in hulle midde op en vra al die toegewydes wat daar vergader het om op die vloer te gaan lê met hulle gesigte na onder. 8. Die oudste kyk dan na bo en smeek die Groot Gees dat Hy dit sal toelaat dat die oudste gevul sal word deur `n Gees van Lig en aan hom sal verklaar wat behaaglik sal wees vir die Groot Gees oor wat hulle moet doen, terwyl hulle hulleself in die heiligdom bevind. En aangesien die inwoners van Saturnus, maar meren¬deels die bergbewoners, byna in voortdurende kontak met die geeste van die hemele is, gebeur dit elke keer dat na so `n versoek deur die oudste, daar `n skynende Liggees in menslike gedaante na hulle toe kom en aan hulle verklaar hoe hulle hulself moet gedra. 9. Nadat die Gees sy proklamasie afgehandel het, staan die mense op en die oudste kondig aan wat aan hom gesê is. Na die preek gee die mense weer dank aan die Groot Gees. Nadat dit met die grootste toewyding gedoen is, gaan die mense van beide geslagte en neem hulle melkhouers na die oudste sodat hy die seën van die Groot Gees daaroor kan uitspreek. Dan keer hulle terug met hul houers, omhels mekaar en elkeen nooi die ander uit om van hulle melk te geniet saam met `n verskeidenheid ander eetbare kosse. Na so `n uitnodiging, begin hulle in die tempel te eet en het gesprekke oor allerhande soorte inligting. 10. Tydens hierdie geleentheid, wanneer byna al die voedsel deur die dag opgeëet is, dank hulle weer die Groot Gees, wat die Saturniete trag om te verhoog deur die liedere van voëls wanneer hulle ookal beskikbaar is. Dit word nie gedoen deur die hoofsanger nie, maar deur die sangers van die tweede soort, soos alreeds voorheen genoem. 11. Na hierdie danksegging verlaat almal die tempel, maar, let wel, nooit deur die heilige voorste ingang nie, maar altyd deur die agterste uitgang, wat bedoel is vir die mense, waar die heilige uitgang slegs vir die oudste en vir die Geeste van die Lig gereserveer is. Sodra die mense die tempel verlaat het, roep hulle hul bokke wat rustig rondom die reënboom poel wei. Die bokke gehoorsaam die oproep en volg hulle meesters huiswaarts. 12. Dit is die eenvoudigste soort viering vir die Saturniete. Wat die hoof vieringe en die hoof goddelike dienste aanbetref, dit sal beskryf word wanneer ons die Saturniete in die besonder gaan bespreek. 13. Wanneer die inwoners by hul huise aankom, melk hulle die bokke weer en laat hulle toe om weereens vry te loop, want die Saturniete bou geen stalle vir hierdie bokke nie. Ook maak niemand `n bok sy permanente eiendom nie. Wanneer `n bok by `n woning aankom met `n vol uier, melk hulle haar en laat haar gaan. Ook hoef niemand `n bok te versorg of te voed nie, want hulle verlang niemand daarvoor nie. Hierdie diere sorg vir hulleself. Hulle is so mak, goedaardig en geheg aan hulle, dat hulle altyd op die regte tyd na die wonings van die mense gaan. Hulle het ook nie `n wag of oppasser nodig nie, omdat op Saturnus, veral in die berge, daar geen roofdiere is nie. 14. As julle sal onthou dat daardie diere wat wild en antagonisties is, gewoonlik in gebiede leef wat vêr van die kontinente is wat deur mense bewoon word en hulle word afgeskei deur water. In die lande van die kontinente, bewoon hierdie wilde diere slegs die gebiede wat nooit deur mense besoek word nie. Indien dit sou gebeur, sal dit slegs gebeur as gevolg van nuuskierigheid, astrantheid en somtyds ook gierigheid. Maar in die berge, soos julle weet, leef geen wilde diere nie, behalwe die ‘spitspoot’ wat baie skaars is en wat alreeds aan julle bekend is. 15. Van wat gesê is, kan julle nou besef hoe maklik dit vir die Saturniete is om hierdie dier aan te hou en hoe voordelig dit vir hulle is. Ons het nou alles wat belangrik is van hierdie dier geleer. 16. Ek dink nie dit is nodig om te benadruk waarom hierdie dier bekendstaan as die bloubok nie. Net soos wat sy naam aandui, is sy kleur blou! Bygevoeg het hierdie dier uiters fyn wol in groot hoeveelhede, soos die van skape op aarde. Die Saturniete, veral hulle wat in die berge woon, maak allerhande soorte warm klere uit hierdie wol vir die kouer skaduwee seisoen. Hulle maak die wol vooraf skoon, dan spin hulle dit in pragtige, uniforme dik stringe en hulle weef allerhande en verskillende vorme van linne met baie eienaardige en doeltreffende gereedskap. 17. Wat gebeur wanneer die Bloubok sterf? Hulle slag dit af en die vleis word in `n put geplaas, want die mense op Saturnus eet feitlik gladnie enige vleis nie. 18. Dit is alles wat daar te wete is oor hierdie dier. In die volgende hoofstuk sal ons `n ander merkwaardige mak dier beskryf.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205