Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 33 Die Saturniniese mense Hulle oorsprong, bevolkingsdigtheid en Behuisingstoestande 1. Baie is alreeds gesê oor die mense van Saturnus. Ten spyte daarvan, bly daar veel meer oor om te sê rakende die meesters van hierdie hemelliggaam, sodat julle kan leer in watter soort orde hierdie planeet bestaan en wie se geesteskind dit is. 2. Omdat `n goeie orde te alle tye en oral die basis van alle wysheid is, sal ons daarom hier `n menslike wese beskou wat in `n goeie orde is,– ten eerste ten opsigte van sy eksterne geboude vorm en dan sy geestelike bestaan en alles wat voorkom in sy geestelike gebied, soos sy land se grondwet, sy handeling en sy goddelike diens. Nou sal ons begin met die fisiese vorm van die Saturniniese wese. 3. Was daar slegs een mensepaar op Saturnus, of was daar terselfdertyd by verskeie plekke verskeie mensepare geskep? Alle menslike wesens wat nou op Saturnus lewe, stam van een mensepaar af. Dit is van toepassing op alle planete, net soos wat dit op die aarde van toepassing is. Die geskiedenis van die Saturniete is meer as een miljoen jaar ouer as die geskiedenis van die mense op aarde. 4. `n Saturniet het regdeur sy hele lewe selde meer as vier afstammelinge met sy vrou. Dit sal verstaanbaar wees wanneer Ek sê dat hierdie planeet, in verhouding tot die aarde, menige kere minder bevolk is as die aarde. Op die groot kontinentale lande, waarvan sommige groter in area is as Asia, Afrika en Europa, lewe mense baie selde in buurmanskaplike verhoudings langs mekaar. Hierdie toestand wat in julle dorpe op aarde bestaan, is een van die grootste rariteite op Saturnus. 5. Indien `n mens, afkomstig van die aarde, in staat sou wees om na een van hierdie kontinente te reis, sal hy vind dat die woonplekke van hierdie mense so vêr van mekaar af is, dat dit hom tenminste tien tot twaalf dae sal neem om van die een na die ander te reis. In die berge is hierdie afstande van een blyplek na die ander eerder die reël as die uitsondering, maar in die laerliggende gedeeltes wat langs die riviere en mere lê, is die wonings van die Saturniete nader aan mekaar. 6. Waar julle ookal so `n woning sal vind, is daar nie net `n paar mense nie, maar `n volledige familie wat gewoonlik enigiets van 1,000 tot 5,000 tel. 7. Hoe groot is hul wonings dat hulle soveel mense kan akkommodeer? Dit moet genoem word dat die Saturniete ’n voorkeur het vir baie spasie. Wat die woonplek aanbetref, was dit heel in die begin genoem tydens die beskrywing van die Sonboom (gliuba). Dit was ook genoem dat hierdie boom ook hulle huis is, een wat hulle bo alle ander verkies. Daarom hoef Ek nie weer die eienaardige vorm van hierdie boom te beskryf nie, anders as om jul te herinner dat dit `n uitsonderlike boom is met baie takke en dat op sy wye takke, wat byna altyd op `n horisontale wyse uitloop, die mense hulle huise bou. 8. So `n boom is net so betekenisvol op Saturnus as wat `n belangrike stad op aarde is. Die patriarg van so `n groot familie ken die individuele takke en sytakke toe aan ’n individuele familie en dit word dan hulle eiendom, net soos ’n huis in julle stede. Die verskil is egter hier dat die mense wat in hierdie boomstad bly, almal bloedfamilie is, terwyl in julle stede enigeen wat die finan¬siële vermoë het, `n huis reg langs jou kan koop. 9. Jy mag jouself afvra: Hoe kan hierdie mense slaap op hierdie takke? As hulle in hulle slaap omdraai, sal hulle nie afval nie? Die moontlikheid dat dit sal gebeur is baie groter by julle waar julle kan omdraai en uit julle beddens val. Hierdie horisontale uitwaarts strekkende takke is so dik en wyd dat daar op `n enkele tak genoeg plek vir elke huis in julle hoofstad is * en dan sal daar nog genoeg plek wees om rond te ry ook. *Die hoofstad is Graz in Oostenryk met `n populasie van 200,000 10. Buiten dit is daar `n groot aantal kleiner takke wat horisontaal en parallel groei vanaf die wye rande van elk van die reuse takke en hulle is die eintlike draers van die vrugte van hierdie boom. Nader aan die stam van die boom is hierdie kleiner takke besonder sterk. Hulle is so sterk dat sou `n mens daarop loop, staan of lê verby die kant van die tak, sal hy nie van die boom afval nie. Kom ons veronderstel, ongeag hierdie kleiner takke, dat dit wel gebeur dat iemand onverskillig verby hulle loop en hy val na die grond toe, of van `n hoër tak na `n laer tak, sal hierdie persoon geen ernstige besering opdoen deur so `n val nie. Die rede hiervoor is reeds aangegee en is aan julle bekend en was genoem in `n vorige hoofstuk. Op Saturnus, deur die bestaande aantrekking tussen die eintlike planeet en die Ring, word die spesifieke gewig van enige gegewe voorwerp, insluitende die liggaam van die mens, betekenisvol verminder. Daarom sal niemand op Saturnus in staat wees om met dieselfde felheid te val as iemand op die aarde nie. 11. Die bogenoemde verduideliking is die rede vir hierdie gebeurtenis en sal enige ondersoekende denker aangaande hierdie aspek heeltemal bevredig. Solank as wat hierdie planeet deur mense bewoon was, het niemand nog ooit `n been of `n arm gebreek gedurende sy hele leeftyd nie en niemand het sy kop beseer of `n gat in sy kop opgedoen deur `n val nie, wat natuurlik baie gereëld gebeur op aarde. 12. Die vraag kan nou geopper word: Is hierdie boom die enigste woonplek wat die Saturniete “huis” noem? Die antwoord is nee. Buiten hierdie hoof boomhuise, het hulle nog verskeie ander huise wat bewoon word gedurende die koel skaduwee tyd. 13. Hierdie huise word op verskillende maniere gebou. Sommige word van die sterk takke van die piramideboom gebou. Ander word weer gebou met die spesies van meer slanker bome. Die huise wat gegroei word, of lewende huise, is voortrefliker as die wat gebou word. Hulle bou egter altyd huise tussen die wat gegroei word, omdat dit dien as stoorplek vir hul voedsel. 14. Hulle maak ook net vuur in daardie huise wat hulle bou, waar hulle verskillende voedselsoorte kook, bak en braai, maar nie op dieselfde vlak en kunsmatige manier as wat julle dit op aarde doen nie, maar meer soos wat julle `n appel sou bak, of om pere, groente en sommige goed smakende beet en wortels te kook. Dit beslaan die totale kookkuns op Saturnus. In hierdie huise stoor hulle ook hulle melkprodukte, sowel as hulle kosbare bessiesap houers. 15. Niemand eet of slaap in die huise wat gebou is nie. Dit word altyd gedoen in die huise wat gegroei word, omdat dit onhoud¬baar is vir `n Saturniet om vir lank te vertoef in die nabyheid van `n dooie ding. Dit geld `n huis wat gebou is van bome wat afge¬kap is, sowel as dooie mense of diere. Dit is waarom huise wat deur die Saturniete gebou is, uitsluitlik gebruik word as werkswinkels en stoorplek. 16. Julle sal hoogs waarskynlik wil weet hoe groot so `n mensgemaakte huis is en ook hoe dit lyk? Ek sal die wens toestaan. Hierdie huise word gebou in die vorm van `n krans, soortgelyk aan die huise in die Oostenrykse platteland, behalwe dat hulle geen dakke het nie. Hulle is heeltemal oop bo. Vir die Saturniete is die grootste gruwel `n huis wat geskei is van die hemel deur `n dak! Hulle sê dat alles wat van bo afkom, `n seëning van die hemele is en daarom `n seëning vir die grond. En aangesien hulle ook op die grond leef, waarom sal hulle hulself afskei en wegkruip vir die seëninge van die hemele? Hulle is van mening dat dit ook `n baie groter voordeel vir hulle sal inhou, omdat hulle lewendig is en daarom `n groter behoefte aan hemelse seën het as wat die grond van hulle aarde dit het, wat hulle glo dood is. 17. Nou weet ons hoe hulle huise gebou word. Al wat ons nou wil weet is hul vorm en grootte. Gewoonlik word hierdie huise gebou in die vorm van `n ster, soos `n kompas se wyserplaat. Hierdie huise het egter somtyds agt, sestien of selfs twee-en-dertig gepunte ente, elkeen wat `n soort aparte seksie vorm vir voedsel en drank. In die middel van hierdie wye ronde kamer is `n ronde vuurherd waarop die voedsel gekook word. Dit moet verstaan word dat die vuurherd in verhouding is met die grootte van die Saturniete. 18. In so `n sterhuis is die afstand van een punt na die teenoor¬gestelde punt, in ooreenstemming met julle aardse mates, een uur se stap teen `n redelike gemiddelde pas. Wat die hoogte van die huis aanbetref, kan enige persoon wat so groot soos `n man is, gemaklik oor die muur sien. 19. Is hierdie huise op enige manier versier? Nee, behalwe dat die mense hulle versier met die blare van die bome wat hulle afkap om daarmee te bou. Dit is al oor hierdie huise. 20. Noudat ons geleer het dat die huise wat hulle bou, die eintlike plaas, kombuis, stoorgeboue van die mense op Saturnus is, sal ons nou hul woonplekke van naderby bekyk. 21. Wat is die vorm van hierdie lewende wonings? Die eksterne vorm is heeltemal rond, met een ingang aan die môrekant (oos). Slegs twee verskillende boomspesies word gebruik om hierdie huise te bou, of andersins te groei. Die pragtigste en manjifiekste huise word gegroei met die welbekende spieëlbome (Ubra) wat baie naby aanmekaar geplant word. Die huise wat minder pragtig en minder manjifiek is, word gegroei met die muurboom (brak), nie die gewone soort nie, maar die gekweekte muurboom. 22. Die binneste vloer van hierdie huise word heeltemal waterpas gemaak. Grassade word op die vloer gesaai, waar, na `n baie kort, `n ongelooflike digte gras groei wat soos `n dik tapyt lyk. Hierdie gras het die voorkoms van fluweel en is so veerkragtig dat, indien iemand daarop loop, dit onmiddellik weer sal terug¬spring na sy oorspronklike posisie. 23. In die middel van die huis is `n groot, ronde en proporsionele hoë vuurherd, wat aan alle kante bedek is met dieselfde gras. Sodat julle `n idee kan vorm van die grootte, omtrek en hoogte van hierdie vuurherd, kan Ek julle sê dat dit `n diameter het van rofweg 540 voet en `n hoogte wat tot bokant die knieë reik; selfs halfpad op tot by die heupe van `n Saturniniese man. Indien die hoogte egter vergelyk word met die hoogte van `n vrou, is die vuurherd ongeveer die helfte van haar hoogte.* *`n Vrou is 80 tot 90 voet hoog en `n man 95 tot 135 voet 24. Watter doel dien hierdie vuurherd? Dit dien die Saturniete op dieselfde manier as tafels op die aarde, naamlik vir voedsel en drank. 25. Nie vêr van hierdie vuurherd-tafel nie, op `n afstand van ongeveer 200 voet, is daar `n volkome ronde piramiede wat afgestomp is bo en wat by die basis ongeveer drie keer die diameter van die vuurherd is. Die spasie bo is net so groot dat `n man met gemak daarbo kan staan. Hierdie piramide het die hoogte van `n man en is oordek met dieselfde gras as die vloer en vuurherd en dit dien die familie as `n kansel vir die patriarg. Elke dag voor sononder staan die oudste lid van die familie op hierdie platform, waarby die hele familie dan rondom vergader om die wil van die Groot Gees te verneem aangaande die nag en die hele volgende dag. 26. Watter ander soorte meubelment en fasiliteit bevat so `n huis? Heeltemal in die agtergrond, by die ingang direk teenoor die sonsopkoms, is daar `n ander sirkelvormige muur wat bedek is met dieselfde gras. Maar dit is by verre nie so hoog soos die sentrale kansel nie; instede is dit heelwat groter in omtrek en met baie matige kurwes. Wat is die doel van hierdie derde ronde muur? Dit is die algemene bed of rusplek van ons groot Saturniete. 27. Voor hulle gaan slaap, plaas hulle sagte kussings in die kurwes naby die buiterand van hierdie geronde muur en leun dan teen een van hierdie kurwes, met een persoon per een van hierdie kurwes. Die mans neem hulle posisies in met hul aangesig na die opkomende son en die vroue se aangesig na die ondergaande son. Almal rus met hulle liggame in `n posisie wat 30º in aardse mates in verhouding tot die vloer is. Dit is hoe hulle aan die slaap raak en hulle bly in hierdie posisie tot kort voor dagbreek. Ten spyte van die Ring se skaduwee bemerk hulle die sonsopkoms, want die Ring bedek nooit die son so volkome dat niks van die son gesien kan word nie. En indien dit met tye sou gebeur dat die Ring wyer is, sodat die son heeltemal bedek is, dan duur so `n bedekking nie langer as `n halfdag nie en daarna word `n smal randjie van die son weer sigbaar. 28. Hierdie is al die meubilering wat so `n huis bevat wat deur die Saturniete beset word gedurende die tyd van die skaduwee. Wat is die grootte van die huis met betrekking tot sy omtrek? Die diameter is groter as die welbekende steragtige stoorplekke, met meer as die helfte. 29. Woon die totale bevolking van die groot boomhuis bewoners in so `n huis? Nee, slegs een familie, - dit is een vader, een moeder met hulle kinders en kindskinders, net soos wat hulle saamleef op een tak van die boom gedurende ligtyd. Daar is soveel mensgemaakte woonplekke as wat daar takke is waarop Saturniete lewe. 30. In so `n gemeenskaplike familie woonplek, dek die area rondom so `n boom meesal meer vierkante myle as wat Styria groot is (632,586 vierkante myl). Hierdie blyplekke is, soos julle weet, so `n groot afstand van mekaar, dat dit baie dagreise sal neem om mekaar te bereik. Rondom hierdie woonplekke is die gronde en weivelde van die makdiere wat julle alreeds ken. Hierdie diere moet genoeg grond hê, sodat genoeg geoes kan word vir die onderhouding van die lewe van die mense van Saturnus, sowel as vir die onderhoud van die diere. Bygevolg is daar aan die grensgedeeltes van die gemeenskaplike eiendom, groot, vêr uitgestrekte woude van tregterbome. En op die groot vlaktes, veral op die noordelike kant van die groot mere, is daar woude van Piramidebome wat areas van 2,000 tot 3,000 vierkante geografiese myl beslaan en daar is ook ander groot struikwoude. Indien julle dit ook alles in aanmerking sal neem, sal julle nie so verbaas wees dat die afstand tussen twee gewone families so groot is nie. 31. Nou weet ons hoe die mense op Saturnus woon, veral hulle in die bergagtige gedeeltes. Maar ons weet nog niks van hulle reëls of wette waarmee hulle hul huishoudings reël nie. Ons het egter nou die Saturniete en hulle woonplekke ondersoek wat in die bergagtige gedeeltes leef. Maar voordat ons die mense gaan beskryf en ondersoek wat op die vlaktes bly, sal ons eers in die volgende hoofstuk die huishoudelike grondwet van die mense van die Hooglande ondersoek.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205