Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 35 Die hoof wet van die lewe: Die Wil van God. Behandeling van oortreders 1. Sovêr het ons geleer dat op hierdie planeet, naamlik onder die bergbewoners, daar geen grense is betreffende persoonlike eiendom nie en dat die uitdrukking op `n mens se gesig genoeg getuienis is vir die Saturniete dat die Groot Gees hom die onbetwisbare reg gegee het om eiendom in besit te neem, te enige plek op hierdie planeet wat sy behoeftes pas. Ons sal nou terugkeer na ons familie wat afgeskei was van die hooffamilie onder die leierskap van `n nuwe patriarg. 2. Ons het gesien hoe die nuwe tempel gebou was en ons het gehoor van die moontlikheid hoe sulke geseënde saad met wonderbaarlike spoed vanuit die grond van hierdie planeet groei en ons het ook gesien hoe die Saturniete ander geboue groei of bou. Dit voltooi die beskrywing van die nuwe ontwikkeling van hulle eiendom. Ons sal nou iets bespreek wat julle op aarde `n politieke grondwet sou noem. 3. Waaruit bestaan so `n politieke grondwet as dit by so `n familie kom? Op Saturnus is `n politieke grondwet baie kort en bestaan slegs uit `n paar woorde. Die fondament van hierdie konstitusie bestaan slegs uit een hoofwet, - naamlik dat geen enkele lid van die familiegemeenskap toegelaat is om enigiets te doen, behalwe as die patriarg die Wil van die Groot Gees aan hom bekendgemaak het. Ook sal geen familielid enigiets doen, tensy so vertel is nie. Nadat hy die Wil van die Groot Gees verneem het deur die patriarg, kan hy nie die werk begin alvorens hy nie die Groot Gees bedank het vir die verkondiging van Sy Wil nie. Nadat hy dankie gesê het, sal hy ook die Groot Gees smeek dat die werk wat hy gaan onderneem, voorspoedig en suksesvol sal wees op `n regmatige en behoorlike wyse. 4. Dit is die hoof fondament van die hele politieke grondwet van die Saturniete. Elke mens handel in ooreenstemming met hierdie beginsel en is oor niks anders bekommerd nie. Die Saturniete is slegs besorg oor hoe hulle die Groot Gees behoorlik kan bedank nadat hulle hul werk afgehandel het. 5. Julle kan glo dat hierdie kort sin alles denkbaar bevat. Wie ookal volgens My Wil handel, handel te alle tye regmatig! 6. Daarom is daar geen bykomende interpretasies aangaande hierdie kort politieke wet nie, wat elke kind kan memoriseer en in sy geheue bêre indien hy dit drie keer herhaal het. En hierdie wet het geen straf of kriminele kodeks aan sy sy as `n balju nie, behalwe vir die uitdrukking: “Ek handel in ooreenstemming met die kenbare Wil van die Groot Gees!” Hierdie uitdrukking is vir elke mens op Saturnus die kragtigste dokumentêre bewys van ’n wettige handeling, wat nie deur enigiets anders beïnvloed kan word nie. 7. Indien dit egter by tye gebeur dat iemand van die dieptes (mense van die valleie en vlaktes) na hierdie bergbewoners kom en handel dryf met hierdie mense tot sy eie voordeel, sonder om dit eers met die oudste lid van die familie te bespreek, dan sal die oudste of die volgende in lyn, onmiddellik na die persoon gaan en aan hom vra: “In wie se wil doen jy dit”? Indien hy dan antwoord: “Dit word gedoen in die Wil van die Groot Gees!”, dan sal hy nie meer verder in sy onderneming gesteur word nie. 8. Maar sou die antwoord wees: “Sodat ek ’n wins kon maak, was dit absoluut noodsaaklik.” Dan sal die oudste hom die volgende lesing gee: 9. “Luister, my broer in die Groot Gees! Hoe is dit moontlik dat jy meer het as wat nodig is, wat slegs in die Wil van die Groot Gees lê? Het jy `n addisionele behoefte wat apart of anders is van die behoefte in ooreenstemming met die Wil van die Groot Gees? Daarom adviseer ek jou as `n ware broeder in die Groot Gees om hierdie werk onmiddellik te staak, sodat jy nie ongelukkig mag raak te midde van die uitvoering van jou bedoelings nie. As jy behoeftig en haweloos is, kyk na ons huis, want daar is genoeg plek om honderde soos jy te akkommodeer. Indien jy hierdie daad gedoen het deur `n verborge drang van selfsug, val dan onmiddellik op jou aangesig neer en smeek die Groot Gees ernstig en berouvol dat Hy jou sal spaar van `n behoorlike straf. Die Groot Gees is uiters welwillend teenoor die goeie, maar uitermatig streng en regverdig teenoor hulle wat teen Sy heilige Wil is, wat bo alles staan!” 10. Na so `n aanspreking sal die vreemdeling wat nie die outo¬riteit gehad het om hierdie dade uit te voer nie, onmiddellik sy bedoelinge staak. Indien hy weier, sal die oudste antwoord: “Doen wat jy wil sovêr dit my aanbetref en mag dit aan jou toegestaan word vir alle tye van tye dat jou sondes nie groter sal word in die oë van die Groot Gees nie. Maar wees op jou hoede dat jou straf jou nie op die oop veld* tref nie!” *wanneer niemand teenwoordig is nie 11. Waarna die oudste hom sy hand aanbied, hom verlaat en hom laat voortgaan met sy werk. Wanneer die oudste by sy huis aankom, wat doen hy? Julle mag dalk van mening wees dat die oudste sommige lede van sy familie sal stuur, soos wat dit op aarde gebeur, om die oortreder met toue en spiese in hegtenis te neem en hom huis toe te bring om die gepaste straf uit te deel. Dit is natuurlik nie die geval onder die mense van hierdie planeet nie, veral wanneer dit kom by die bergbewoners. Wanneer so `n situasie voorkom, sal die oudste die omstandighede aan die lede van die familie meedeel en hy sal almal versoek dat hulle bymekaar moet kom en die Groot Gees met ’n smeekbede pleit dat Hy mensliewend en barmhartig sal wees teenoor die broeder wat homself verlaat het en wat teen die Wil van die Groot Gees gehandel het en dat die Groot Gees die oortreder sal terugbring na die ware kennis, waar `n mens geen ander behoefte behoort te hê as alleenlik die Wil van die Groot Gees nie. 12. Nadat die familie ernstig gebid het vir `n sekere tyd, maak die oudste homself in sy hart bymekaar en roep die Gees van Lig aan, wat altyd gereedstaan om die regte uit te deel. Die oudste vra aan die Gees om aan hom die Wil van die Groot Gees te openbaar vir die permanente welsyn van die spesifieke verlore broeder. Onder hierdie omstandighede sal die Gees van Lig nooit nalaat om die oudste in te lig wat om te doen nie. 13. Sou die oortreder `n harde, moedswillige en selfsugtige persoon wees, dan word die oudste die taak gegee om die buitelander in hegtenis te neem en hom na die hoogte te lei na waar die familie se wonings is. Terwyl hy daar is, kry die oortreder voedsel en drank en kry hy `n lesing in die kennis van die enigste geldige Wil van die Groot Gees, selfs al strek so ’n lesing oor sewe dae. Dan word die oortreder in die tempel ingelei en daar belowe hy aan die Groot Gees die grootste gehoor¬saamheid vanuit die diepste van sy hart en gevolglik om nooit meer `n enkele tree te neem sonder die wil van die Groot Gees nie. 14. Indien so `n oortreder homself bekeer wanneer al hierdie dinge uitgevoer word, dan, na `n gebed van danksegging, word aan hom `n redelike hoeveelheid verskillende voedselvoorraad gegee en hy word begelei deur drie persone na die plek wat hy aangedui het sy woning is. Wanneer hulle uitvind dat dit sy woning is, soos wat hy aangedui het, beëindig dit die hele prosedure, behalwe dat hy weereens ernstig, maar broederlik herinner word om te bly by dit wat hy belowe het. Hy word ook vermaan om sy dankbaarheid aan die Groot Gees te betoon. 15. Sou dit gebeur dat die vreemdeling se woning te vêr weg van die berge is, of dat hy geen blyplek het nie, wat gewoonlik die geval is met wandelaars van die vlaktes, word hy ten eerste vrygelaat aan die voet van die berg met `n baie ernstige en uiters dreigende vermaning om nooit weer sy belofte te breek nie. Dan word Hy geseën en vrygelaat. 16. Maar as hy `n rondloper (vagabond) is en alhoewel hy in die berge gesê het hy het `n woning, maar dat dit inderwaarheid nie so is dat hy `n plek van sy eie het nie, sal hy ten spyte daarvan wel vrygelaat word. `n Situasie soos hierdie kom baie selde voor en dit word aan hom uitgewys dat hy nie die bergbewoners bedrieg het nie, maar wel die Een wie se Wil hulle te alle tye nakom. Hulle maak hom ook daarvan bewus dat dit die grootste van alle boosheid is wat `n man kan doen en dat hy nou op sy eie is en sal moet probeer om te deel met Die Een Wie al sy gedagtes ken, nog voordat hy dit bedink het. 17. Hulle wys die oortreder op al die negatiewe gevolge wat op ondervinding gebaseer is en verlaat hom sonder om hom te seën. Wie ookal `n oortreding teen hulle begaan het, word geseën, sodat daardie persoon weer kan terugkeer na die Groot Gees; maar niemand sal dit waag om `n persoon te seën wat heiligskennis gepleeg het teenoor die Groot Gees nie, behalwe as dit duidelik gesien kan word dat die oortreder nog steeds onder die genade van die Groot Gees is. Indien dit die geval is, sal hy geseën word. 18. As, soos wat dit dikwels gebeur, die oortreder kort daarna gestraf word deur die Groot Gees, vra die Saturniete die Groot Gees op `n daaglikse basie vir vergifnis vir die heiligskennis wat hy gepleeg het teenoor die Groot Gees, maar niemand sal dit waag om so `n skuldige te seën nie, behalwe as hulle tot die geestelike kennis kom, of op `n natuurlike manier, dat die Groot Gees gematig geraak het met die toegediende straf. Dit is die prosedure met `n geharde krimineel. 19. As die persoon nie `n geharde krimineel is nie, dan stuur die oudste drie boodskappers, oorlaai met vrugte, na die oortreder waar hy steeds besig is om sy werk uit te voer. Sodra hulle daar opdaag, beveel hulle hom om dadelik op te hou met werk in die naam van die Groot Gees en lig hom in aangaande die Wil van die Groot Gees, vergewe hom sy dade en neem hom in hulle midde en lei hom dan bergaf na waar hy gesê het dat hy woon. 20. Daar gee hulle hom `n geskenk van vrugte en sê: “Broeder, sodat jy in die toekoms nie meer enige sondes teen ons sal begaan nie en die belangrikste, nie teen die heiligste Wil van die Groot Gees nie, laat ons jou vry, sodat jy ons kan besoek wanneer jy dit wil en jy sal nooit weer met leë hande na jou woning gaan nie. Ons het van die Wil van die Groot Gees geleer waarom dit so gedoen moes word. Maar sou jy dit ooit weer waag om teen ons te sondig soos wat jy nou gedoen het, dan sal jy die straf moet dra wat die Groot Gees jou sal oplê, sodra jy die eerste verkeerde stap neem. 21. Dan skud hulle hande, hulle seën hom en moedig hom aan om gebede van dankbaarheid te offer aan die Groot Gees en hulle keer daarna huiswaarts. 22. Dit is die totale juridiese prosedure tydens sulke optredes onder die mense van Saturnus. In die volgende hoofstuk sal ons voortgaan met soortgelyke politieke grondwette en prosedures.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205