Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 37 Die vervaardiging van geweefde materiale Geen onnatuurlike benutting van natuurlike produkte nie Die kleding Orde 1. Ons het nou so pas hierdie mense gesien wat as grofsmede opgelei is en het geleer hoe hulle hul gereedskap en produkte “verkoop” aan `n broeder wanneer die nood ontstaan. Nou sal ons iets leer aangaande die kleremakers. 2. Toe ons `n beskrywing gegee is van die plant- en diere ryke, het ons geleer dat daar plante op Saturnus is waaruit `n baie lang soort haar groei vanuit die bloeisels en ook vanuit die blare en dat baie diere buitengewoon ryk is aan wol en sommige van hulle `n merkwaardige oorvloed van lang maanhare het. Daarom sal dit vir julle sin maak dat die Saturniete van al hierdie dinge gebruikmaak. 3. Hoe word hierdie materiale gebruik? Daar is nie `n groot verskil tussen julle, die inwoners van die aarde en die inwoners van Saturnus nie. Hierdie materiaal word in drade gespin, wat natuurlik ietwat sterker is as die toue op aarde. Nietemin is hulle in verhouding fyn genoeg sodat `n draagbare kledingstof van die gare geweef kan word vir hierdie yslike groot mense. 4. Wie spin en weef hierdie garedraad? Hierdie werk word slegs deur die vrouens gedoen, maar nie op dieselfde manier as wat julle jul kledingstowwe op julle weefmasjiene weef nie, maar soortgelyk aan julle vrouens wanneer hulle kouse brei met breinaalde. Dit is hoe hele kledingstukke of gewade op Saturnus gebrei word, naamlik met behulp van twee lang stokke wat altyd van hout gemaak is. Die Saturnus vrouens het so `n groot handvaardigheid dat een vrou binne een dag `n kledingstuk kan produseer van meer as 250 voet lank en 12½ tot 15 voet breed, volgens julle aardse afmetings. 5. Word hierdie kledingstukke of materiale gekleur? Op Saturnus kleur niemand hierdie materiale nie. Hier is `n ander huishou¬delike wet van toepassing, omrede daar soveel ydelheid in die dieptes is en dit lui as volg: 6. `n Mens is `n oortreder wanneer hy iets beter wil maak, pragtiger en meer volmaak as wat die Groot Gees dit geskep het! Wee diegene wat iets rooi wil maak, wat die Groot Gees in wit aan ons gegee het! Wee diegene wat iets wil uitstryk wat die Groot Gees geboë aan ons gegee het! Wee aan diegene wat voedsel meer smaakvol wil maak as wat die Groot Gees dit voorberei het. 7. Wie ookal in hierdie saak teenstrydig sal handel met die Wil van die Groot Gees, sal met afkeur deur Hom bejeën word en Hy sal die een boosheid na die ander op die fisiese liggaam van so `n persoon stuur op dieselfde wyse as wat Hy dit in die dieptes doen, waar die mense geen aandag skenk aan hoe die Groot Gees alles uiters goed en wys gerangskik het nie. Daarom is dit nie nodig vir `n persoon om veranderinge aan te bring nie. In plaas daarvan moet hy in dankbaarheid aanvaar wat die milde hand van die Groot Gees aan hom gee. Ons enigste rede waarom ons hier is, is om te dit te benut wat die Groot Gees aan ons gee, nie om Sy gawe te verbeter of mooier te maak, sodat ons dit mag gebruik nie. 8. Daar is een uitsondering op hierdie reël en dit is die metaal wat die Groot Gees rou of ru in die grond geplaas het. Daarom moet ons dit eers bak voordat ons dit kan gebruik tot ons voordeel. Die rede waarom ons toegelaat word om dit te doen, is omdat die Groot Gees ons Self geleer het hoe om dit te doen. In ooreen¬stemming met Sy wil kan ons ook sekere vrugte oor die vuur versag vir beter vertering en ons kan boomtakke afsaag vir stoorkamers, omdat al hierdie dinge deur die Groot Gees aan ons geleer is. 9. Maar dat ons iets `n ander kleur of `n ander afwerking mag gee, dit het Hy ons nooit geleer nie. Dit is daarom `n groot oor¬treding vir die een wat wit in rooi verander, groen in swart en blou in geel, of wie iets in die omgekeerde orde kleur. 10. Tussen ons almal is ons een soort broer en suster in die Groot Gees. In hierdie opsig bestaan daar geen verskille nie – almal van ons was deur Hom geskape. Waarom sal ons dan van mekaar verskil in die kleur van ons kleding? 11. Hoekom moet die lendedoek, met die gordel wat ons dra, wat afhang tot op die knieë, enige ander kleur wees as blou, omdat die wol wat gebruik word van nature blou is. Die kledingstuk wat ons aan ons bolyf dra is rooi, soos die maanhare van die dier waarvan dit gemaak is. Ons hoede het die kleur van strooi waarvan dit gemaak is en ons bene word bedek met `n kledingstuk wat groen is soos die wol van die bome en plante waarvan dit gemaak is. 12. Die vrouens moet ook onveranderd bly wat hulle vloeiende blou hemde aanbetref en moet altyd die pragtige blare van die Sonboom (Gliuba) as hulle uiterlike kledingstukke gebruik en hulle kan baie ander dinge gebruik om hulleself mee te versier, soos wat die Groot Gees dit vir hulle aan die bome, struike en diere laat groei. Die vrouens in die berge distansieer hulleself van die oormatige liefde vir prag en luuksheid, meer as die vroue wat leef op die oewers van die groot riviere en strande van die mere en wat `n groot genot daarin vind om hul vroulike en teer liggame te versier met allerhande tipes sierade. 13.Dit is ons plig om op die heilige berge standvastig te wees in alles en om getrou te wees aan die Wil van die Groot Gees. 14. Die vervaardiging van kledingstukke en die klere op sigself is een van die langste en breedvoerigste huisreëls, so ook die wyse waarop hierdie klere gedra moet word. 15. Die bergbewoners is baie vrygewig met hierdie kledingstukke, net soos wat hulle met al die ander dinge is. Sou `n byna naak persoon in die nabyheid van die bergbewoners kom, sal sy naaktheid alleen `n onbetwisbare bewys wees van die Groot Gees dat enigiemand wat beskikbare klere het, hierdie nakende persoon moet klee. Wie dit ookal weier, pleeg `n misdaad soos geen ander nie en die straf is ’n verbanning van tot drie jaar, sodat die persoon gedurende sy verbanning kan leer hoe pynlik dit is om nakend rond te wandel. 16. Julle mag dink: Hoe kan `n persoon sy klere in een, twee of drie jaar verskeur tot op die punt van naaktheid? Onthou dat een jaar op Saturnus nagenoeg dertig jaar op aarde is. As julle hierdie feit in gedagte hou, tesame met die idee van verbanning tot drie jaar, sal dit vir julle duidelik word dat `n kledingstuk na daardie tydspan nie meer goed sal lyk of nog in een stuk sal wees wanneer dit dag en nag gedra word nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205