Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 38 Die beeld van `n man en `n vrou Verwekking, swangerskap en geboorte Die samestelling van die kinders 1. Ons sal in die hoofstukke wat volg ander minder wetenswaar¬dige huisreëls bespreek. Maar vir nou sal ons onsself egter eers vergewis van die beeld van die Saturniete, die manlike, sowel as die vroulike. Hoe lyk `n vrou op Saturnus? 2. Teen hierdie tyd weet julle al dat alle dinge op Saturnus meer verhewe, grootser en baie mooier as op aarde is. En dit is ook baie van toepassing op die mense wat Saturnus bewoon. 3. Die vroue van Saturnus het volmaakte figure en is beeldskoon vêr bo julle aardse begrippe. Self al word sy as `n reus gereken op aarde wat haar grootte aanbetref, sal haar skoonheid julle dwing om haar te bewonder. Haar liggaam het die lieflikste kurwes oral-oor. Nie `n enkele deel daarvan is buite verhouding nie. Haar hele wese is sagtheid en nêrens sal jy enige hardheid vind nie. 4. In die son is haar vel so wit soos sneeu. Slegs in daardie areas waar die vel op sy delikaatste is, sal die vel bleekrooi vertoon. Ondanks die grootte van die Saturnus vrou, is haar vel ligter, fyner en meer delikaat as die vel van die delikaatste dame op aarde. 5. Hulle vinger- en toonnaels is verskillend van die van aardse vroue. Die kleur van die naels is asof iemand dit saggies bedek het met gepoleerde goud met `n karmosyn kleur. Waar die nael egter verby die vingers en die tone groei, neem die naels die kleure van die reënboog aan. Daarom word die vroue van Saturnus nog mooier deur die natuur versier as wat die vroue van die aarde ooit sal wees, selfs al dra hulle die pragtigste goue ringe. 6. Die boesem van die vroue op Saturnus is elasties en volmaak ontwikkel en die kleur van die vel het `n rooierige tint. Terself¬dertyd is dit so eteries delikaat dat selfs die boesem van die delikaatste dames op aarde in vergelyking daarmee soos harde spoelklip sal wees. 7. Die nek is nie te lank of te kort nie, maar verrys bokant die skouers in die pragtigste en mees harmonieuse verhouding tot die liggaam. Die nek is versier met `n ware hemelse, pragtige hoof. Enige uitsondering hierop is `n rariteit. 8. Die voorhoof is van medium hoogte en verblindend wit. Die neus is reguit, subliem sag en fyn in al haar dele. Die oë is meestal uitsonderlik groot, die pupil is pikswart, die iris heeltemal hemelsblou en die oorblywende gedeelte van die oogappel is besonder wit. Die ooghare van elke vrou is dik met `n donker goudblonde kleur. Die hare van die hoof is buitengewoon sag en in die meeste gevalle reik dit tot aan die knieë en is dieselfde kleur as die ooglede. Die mond is verhoudingsgewys klein en die lippe bloedrooi. Agter hierdie pragtige lippe word die boonste en onderste kakebene versier met die pragtigste pêrelagtige tande. Die ken steek effe na vore en is effens rooierig, net soos die wange. Die ore is eerder klein as groot, in verhouding tot die hoof en is ook effens rooierig gekleur. 9. Dit voltooi die beskrywing van die gestalte van ’n vrou op Saturnus. Moet nou nie aanneem dat die een vrou gelaatkundig dieselfde sal wees as die ander nie. Op Saturnus geld dieselfde reëls as hier op aarde – jy sal onder 10,000 gesigte nie twee vind wat dieselfde lyk nie 10. As julle nou die gedaante wat beskryf is vir julleself kan bedink en wie die klere dra wat in die vorige hoofstuk beskryf is, sal julle `n idee hê van hoe so `n vrou lyk. Dit voltooi die beskrywing van die Saturnus vrou. Ons sal nou na die Saturnus man gaan kyk. 11. Hoe lyk die Saturnus man? Soos julle alreeds weet, is ’n man op Saturnus heelwat groter as ’n vrou. Dit is iets wat nie so dikwels op aarde voorkom nie. Gemiddeld is ’n Saturnus man 15 tot 20 voet langer as ’n vrou. Aanvanklik sal julle so `n verhouding bietjie eienaardig vind, as julle dit in berekening bring dat `n Saturnus vrou, in vergelyking tot die man, verhoudingsgewys dieselfde is as `n tien- tot twaalfjarige meisie vergeleke met ’n ten volle uitgegroeide man. 12. Maar wanneer julle sal uitvind dat die daad van verwekking tussen twee Saturniete heelwat verskil van die verwekking op aarde, dan sal julle saamstem dat die afwyking in verhoudings korrek is. Noudat ons aan verwekking geraak het, sal ons `n paar woorde daaroor sê, alvorens ons voortgaan om die vorm van die Saturnus man te bespreek! 13. Hoe verwek die Saturniete? Slegs deur die ewige liefde en die vaste wil, presies soos wat dit kon gebeur het op aarde, as die mens net nie van My af weggeval het, voordat Ek hulle kon seën nie! 14. Wanneer `n man op Saturnus begeer om te verwek, bied hy homself met sy getroude vrou aan die oudste (`n man op Saturnus het nooit meer as een vrou nie). Die oudste seën hom in die Naam van die Groot Gees, waarop die man en sy vrou op die grond val en innig tot die Groot Gees smeek vir die ontwaking van `n lewende vrug. 15. Wanneer hul smeekbede afgehandel is, neem die man die vrou in sy arms, druk haar teen sy hart en gee haar een soen op die voorkop, een soen op die mond en een soen op die boesem, waarop hy sy regterhand op haar liggaam plaas en haar fikseer met sy wil. Dit is die volledige prosedure van verwekking, waar die man en die vrou beide `n ware suiwer hemelse liefde ervaar wat hulle inspireer en hulle oordrewe opgewonde maak vir die langste tyd. 16. Nadat die verwekking plaasgevind het, val beide eggenote weer op die grond en dank die Groot Gees daarvoor en vra Hom terselfdertyd om die vrug te seën sodat hy kan floreer, waarop hulle hulself weer vir die oudste aanbied, wie die vrou sal seën en daarna sal die man haar ook seën. 17. Op Saturnus duur `n swangerskap slegs drie maande en die vrou het geen bekende eksterne tekens nie, behalwe `n lewendiger kleur van haar boesem. 18. Die geboorte is sonder pyn. By geboorte is die kinders baie klein, omtrent die grootte van `n vyfjarige kind op aarde. Hulle groei egter baie vinnig en binne drie jaar is hulle enigiets van 72 tot 90 voet lank. 19. Gedurende die eerste jare is die kinders so lig dat hulle in die lug sweef soos `n vere dons. Hulle word eers swaarder wanneer hulle van die moeder se bors gespeen word en as hulle begin om sterker en fermer kos te eet. Dit is ook die rede waarom julle op Saturnus nooit sal hoor dat `n kind enige beserings opgedoen het deur van hoogtes af te val nie. 20. As alles in aanmerking geneem word wat hier gesê is, is dit maklik om te verstaan waarom `n vrou ongeveer `n derde kleiner en swakker as ’n man is. 21. `n Man op Saturnus is `n volledige beeld van Myself. Sy hoogte gee aan hom die sertifikaat dat hy die meester van die natuur is op hierdie planeet. Sy beeld gee te kenne dat die korrekte vorm van `n man een is wat die hardheid van `n rots verteenwoordig, sonder enige sagtheid van die boesem van `n vrou. Hy moet in elke opsig die beeltenis van Die Een wees wat hom geskape het en bevat in homself al die volmaakte energie, mag, sterkte, fermheid, wil, heerlikheid en skoonheid van alle vorme. 22. Daarom, as julle vir julleself die vorm van `n man op Saturnus wil verbeel, dan moet julle `n volmaakte jongeling op aarde bedink, een waar die spiere nog steeds `n soort deurlopendheid toon en nie baie geskeidenheid nie. Plaas hierdie volmaakte manlike menslike vorm oor op `n Saturnus man, natuurlik op `n baie groter skaal, en jy het sy beeld duidelik voor jou. `n Man op Saturnus het egter `n heelwat fyner vel as ’n man op aarde. 23. Die ken van die Saturnus man is bedek met `n proporsionele groot baard en krullerige, meestal ligblonde hare op die hoof wat afval tot op die heupe. Dit moet genoem word dat die baard en veral die ooglede, altyd `n bietjie donkerder is as die hare op die kop. 24. Alle dele van die liggaam is in die pragtigste verhouding; sommige dele, soos die wange, bors en arms is `n bietjie rooier as die van die vrou. 25. In die geheim mag jul wonder: Het die Saturniete dan geen geslagsdele soortgelyk aan die van die mense op aarde nie? Ja, hulle het, maar in verhouding is hulle nie so groot en besonder nie, want op Saturnus dien hulle net een doel! 26. Bedink so `n Saturnus man in al sy glorie en ware menslike adel en dan moet julle aan hom die geloofwaardigheid gee dat sy beeld al die adel, al die waardigheid en al die grootsheid verteenwoordig wat die primêre bron van alle dinge is. 27. Selfs al is die vrou ook baie lieflik op grond van al haar kurwes en sagtheid, is slegs die man waarlik beeldskoon en bly verewig beeldskoon en heeltemal volmaak in alles! 28. Al die inwoners op Saturnus is ten volle bewus hiervan en dit is waarom hulle die Groot Gees te alle tye bedank vir hierdie edele vorm wat ooreenstem met die volmaakte vorm van die Groot Gees, waaraan die mense op aarde egter nooit sal dink nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205