Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 3 Die land Herrifa Die genesende berg, Girp Die Sonboom, die Reënboom, die Hareboom, die Breëboom en die Straalboom 1. Wat betref die lande of sones en hulle karakter, onder mekaar is hulle, soos alreeds genoem, divers wat betref vorm, interne formasie en selfs wat die plantegroei en diere, water, metale en klippe betref. Nie één van die lande is dieselfde as die ander in enige aspek nie. Die enigste uitsondering in al die lande van hierdie planeet is die menslike inwoners en die lug wat die planeet omring; alles anders is onderhewig aan die grootste diversiteit. 2. Nou sal ons kyk na `n land op Saturnus, genoem Herrifa. 3. Hierdie land is groter as Asië, Europa, Afrika en die Middel¬landse See tesame. Dit is geleë `n klein entjie bokant die ewenaar van Saturnus in `n skuins posisie en het die vorm van `n langwerpige eier. 4. Dit is die land met die hoogste berge en in die geheel gesien, meer bergagtig as al die ander streke. Die hoogste berg word Girp genoem deur sy bewoners en, volgens julle aardse afmetings is hy 243,150 voet hoog;* maar ten spyte van sy hoogte is hy oortrek met gras en welriekende kruie, selfs tot aan die hoogste piek. Hy het plat hellings regdeur en daarom kan die inwoners baie maklik teen die berg oploop, net soos op `n plato. Die berg is ook terselfdertyd die apteek vir die bevolking, sowel as vir die diere van hierdie land. Soos alreeds genoem, sal julle hier die mees welriekende kruie vind; daarom is die gepaste helende kruie beskikbaar vir watter soort siekte ookal. Dit is dan ook die rede waarom hierdie berg en die omringende gebied, wat tesame ’n area beslaan van meer as 100,000 vierkante geografiese myl, die mees bewoonde deel van hierdie land uitmaak. *As `n lengtemaat, 1 meter = 3.163 voet 5. Daar is slegs tien verskillende boomspesies in hierdie land. Maar hierdie bome is verskillend van dié op aarde, omdat hulle nie net een of twee keer per jaar vrugte produseer nie, maar hulle blom aanhoudend en produseer voortdurend ryp vrugte regdeur deur die jaar, jaar na jaar! 6. Onder hierdie bome onderskei die Sonboom homself spesifiek. Op Saturnus word hierdie boom genoem Gliuba. Dit bereik `n hoogte van meer as 600 voet. Die stam van hierdie boom bereik baie maklik `n omtrek wat 100 aardse mense nie sal kan omsirkel nie. Hierdie takke strek hulleself dikwels meer as 2,966 voet vanaf die stam van die boom volgens julle berekeninge. Om te verhoed dat hierdie takke breek as gevolg van hulle gewig, produseer hulle stut takke om die onderkant te stut, soortgelyk aan die van die Bahahania boom op aarde, wat loodreg na die grond toe groei en wat, as dit volgroeid is, die mees pragtigste kolonnade vorm. Hierdie ondersteunende takke sprei selfs vanaf die heel hoogste takke uit, sodat so `n boom, wanneer volgroeid, die voorkoms van `n klein basalt berg op aarde het, maar met een verskil; genoeg spasie bly oor tussen die loodregte ondersteunende takke sodat jy die stam van die boom van alle kante af kan bereik, sonder enige hindernis. 7. Een blaar van hierdie Sonboom, Gliuba, is groot genoeg om `n wadrywer met sy perd en groot wa heeltemal te bedek. Die kleur van die blaar is so blou soos die veer van `n pou en is versier met die pragtigste patrone. Sy behou haar varsheid en kleurrykheid, selfs wanneer gedroog, soortgelyk wanneer `n ryp blaar van `n boom afval op aarde, wat natuurlik op Saturnus ook die geval is. Maar daar is egter `n verskil op Saturnus; - so `n boom word nooit ontblaar nie. Omdat, sodra `n ryp blaar van die boom afval, groei daar een op `n ander plek. Die inwoners van hierdie gebied versamel die blare, wat baie duursaam is en nie maklik skeur nie; daarom word dit gebruik vir die vervaardiging van klere en nog baie kunstig ook, mag Ek daarby voeg. Hierdie kledingstukke dien dieselfde doel as julle oorjasse. Maar dit kan ook direk op die naakte vel gedra word, want hierdie blare is baie sag en teer; die top van die blaar is nie so glad soos sommige blare aan julle bome nie. Hierdie blare kan vergelyk word met fluweel. In die sonlig word hierdie blare besonder reënboogkleurig, byna soos die stertvere van `n pou. Die blare het egter `n baie meer skitterende glans as vere. Maar solank as wat die blare van hierdie boom nog jonk is, lyk hulle soos gepoleerde goud wat bedek is met `n ligte blou kleur. 8. Hoe lyk die bloeisels van hierdie Sonboom? Ons kan sonder aarseling sê dat Salomo, getooi in al sy koninklike swier, sal wegkwyn by die aanskouing van hierdie bloeisel. Die bloeisel van hierdie boom kom meestal ooreen met die rose op aarde, maar met die verskil dat hierdie roos nie gevul is met kroonblare nie; maar vorm ’n wye kelk, soortgelyk aan die bloeisels van ’n braambos. Elke bloeisel van die Sonboom het dertig volkome ligte rooi kroonblare; elkeen van hierdie kroonblare is ongeveer die grootte van `n groot stuk toedraaipapier. Die rand van elke blomblaar het `n goue soom en na die binnekant van die kelk, verander dit na donkerrooi. Daar is twee helmdrade, so dik soos `n arm en ses voet lank, in die senter van die kelkblom. Hierdie helmdrade is deursigtig en het die voorkoms van ’n yskegel in die winter. Waar die tipiese helmknop in die blomme op aarde gevind word, het hierdie twee helmdrade in daardie plek twee besondere blomme wat skitter soos `n brandende vlam; een van hierdie blomme skyn met `n groenerige skynsel, waar die ander een rooi is, maar dit is `n ligter rooi as die kleur van die blom self. Die blom of die bloeisel versprei `n buitengewone voortreflike geur. Hierdie kroonblare en helmdrade word ook versigtig deur die inwoners bymekaargemaak. Die kroonblare word as `n versterkende medi¬syne gebruik, terwyl die helmdrade geniet word as `n baie spesiale gunsteling dis. 9. Dit is hoe die bloeisels lyk! Watter tipe vrugte dra die Gliuba? Dit sal bietjie moeilik wees om julle `n volkome begrip hiervan te gee, omdat daar niks op aarde is waarmee dit vergelyk kan word nie. Maar om een of ander konsep van hierdie vrug te vorm, stel vir julleself `n lang seshoekige vuurrooi stingel voor, so dik soos `n man se arm, wat weer baie stingels aan sy end het. Waar hierdie vrug aan die tak geheg is, is daar `n groot knoets wat ontwikkel in die vorm van `n stingel, agtien duim vanaf die stronk. Aan hierdie stingel hang `n knopperige vrug wat so groot is dat vier sterk manne op aarde moeite sou hê om dit te dra. Binne-in hierdie knopperige vrug is daar `n klein eenvoudige pit, groen in kleur en so hard soos `n klip, ongeveer die grootte van `n neut op aarde. Die vleis van hierdie vrug proe soos brood en amandels wat versoet is met suiker. Al die knoppe en vergroeisels wat teenwoordig is in hierdie vrug, is hol en halfpad gevul met `n sap wat vergelykbaar is met die mees heerlikste heuning op aarde. Die kleur van hierdie sap is geel soos `n goeie ou wyn op aarde. Die kleur van sy vleis is witterig en die buitekantste kors het somtyds `n gryserige voorkoms, asof dit versilwer is, maar sonder die blinkheid daarvan. 10. Hulle wat onder hierdie boom bly, word versorg volgens al hulle behoeftes en hulle benodig geen ander eiendom of enige stuk land nie; hulle deel van die land is so `n boom wat nie verwelk of verrot nie, maar voortgaan om te groei, meer in breedte as in hoogte. Nou kan die vraag geopper word: As hierdie boom so `n yslike hoogte bereik, hoe kan dit beklim word om die vrugte te oes? Selfs daarvoor is gesorg. Die stam van die boom, sowel as elke tak, is voorsien van doringagtige uitloopsels na die regter en linkerkant. Dit kom byna ooreen met `n duiwe leer, wat dan die mense in staat stel om tot op die hoogste top op te klouter, sowel as na die vêrste punte van al die takke, sonder die minste gevaar. En indien dit dalk gebeur dat iemand sou val, sal hy niks oorkom nie, want op Saturnus kan mens en dier hulself in die lug laat hang vir `n tyd in `n noodgeval. Daarom, vir hulle eie vermaak, spring hulle vanaf die toppunte, wat die jonger generasie heel dikwels doen. Dat so-iets op Saturnus moontlik is, is maklik te verklaar deur die feit dat die Ring, op `n afstand van `n paar duisend geografiese myl, die krag van die aantrek¬kingskrag verdeel tussen homself en die planeet in `n verhouding van 1 tot 3/5. Bykomend tot hierdie gewigsverligtende toestande, is daar nog `n ander bruikbare organiese toestand, dan word hierdie verskil maklik gekanselleer en `n persoon word dan in `n posisie geplaas waarin hy homself in die lug kan onderhou vir `n langer tyd. 11. Nou het ons van een boomspesie geleer; daar is nog nege ander. Die oorblywende spesies is nie so imposant of voordelig vir die Saturniete nie. Hierdie spesies dien egter die diere wat hierdie landstreek van Saturnus bewoon en dit is naamlik hulle wat met die voëls op die aarde ooreenkom. 12. Besonderlik opmerklik is die Reënboom, wat op Saturnus genoem word Briura; waar, behalwe die diere, ook die mens voordeel trek uit hierdie boom. Soos die denneboom op aarde, het hierdie boom ook net een stam, wat dikwels hoogtes van 240 voet bereik en dit het `n diameter van `n mediumgrootte kerk¬toring. Hierdie boom sprei sy takke baie vêr uit, byna op dieselfde manier as die denneboom op aarde. Sy blare is soos baie klein wit-groenerige buisies, waaruit die suiwerste water gedurigdeur drip. Dit is waarom die Saturniete `n groot opvangtenk rondom hierdie boom bou, met `n deursnee van 600 voet en dit lyk asof die meeste van hierdie bome in die middel van `n dam staan. Hierdie opgaardamme word natuurlik gebou vir die doel om die water te vergader wat in `n oorvloedige hoeveelheid vanaf die boom drup en word deur die mense, sowel as vir die makge-maakte diere gebruik wat hulle aanhou. 13. Nou sal julle wel kan sê: Is daar geen fonteinwater op Saturnus en veral dan in hierdie bergagtige streke, soos in die berge op aarde nie? Ja, daar is baie fonteine, sommige wat genoeg water oplewer wat julle rivier Mur* in die skande sal steek! Maar hierdie fonteinwater word gereken as te kru vir menslike gebruik en word dus nie deur die mense gebruik nie. Maar wat die Saturniete egter aanbetref, is die boomwater net so gesuiwer en dieselfde as gekookte water en dit is waarom hulle hierdie boomwater gebruik vir al hul waterbehoeftes. Dit is waarom hulle sê: “Fonteinwater is slegs gemaak vir die diere in die water en om die grond te benat, maar vir mense en die edeler diere het die Almagtige God die Reënboom geskep sodat dit goed voorbereide water kan voorsien”. *Mur is `n rivier in Styria (Steiermark), Oostenryk. 14. Dit was die tweede boomspesie, wat, alhoewel in `n baie minder volmaakte toestand, ook by tye op aarde groei, veral in die tropiese lande. 15. Nou sal ons ons aandag vestig op die wit Haarboom wat die Saturniete noem, Kiup. Hierdie boom het `n regop stam wat dikwels `n hoogte van 180 voet bereik en is byna perfek rond. Hy het geen takke nie; in plaas daarvan groei hy silweragtige wit drade bo aan sy top, wat `n groot bondel vorm, as gevolg van die oorvloed daarvan. Hierdie hare of drade hang dikwels vanaf die top tot in die middel van die stam en omsirkel die stam met `n dikte van verskeie vadems. Hierdie boom verskaf `n lieflike prentjie aan toeskouers, ongeag of die wind waai en of dit `n stil dag is. `n Woud van hierdie bome lyk soos `n woud wat bedek is met sneeu. Die mense maak hierdie drade versigtig bymekaar wanneer dit van hierdie bome afval, waaruit hulle dan `n tipe linne produseer. Hierdie materiaal is baie elasties, sag en duursaam. Dit is omtrent al wat bruikbaar is van hierdie boom en wat voordelig is vir die Saturniete. 16. Na hierdie boom sal ons die Breëboom bekyk, wat op Saturnus Brak genoem word. Op aarde is daar nie `n enkele boom wat soos hierdie boom lyk nie. Dit groei uit die grond uit soos `n goue-rooi wal. In die begin lyk dit soos `n ry ronde boomstamme, wat met tyd so na en teenaan mekaar groei dat hulle in `n werklike wal verander. `n Wal soos hierdie het dikwels `n lengte van verskeie honderde vadems en bereik hoogtes van 120 tot 150 voet. Hierdie wal het nie takke, uitloopsels of blare nie, maar die opperste rand lyk soos ’n blougroen dik leiboom (opgeleide boom). Die blare lyk soos die blare van die plataan, of die platanus op aarde. In die middel van hierdie leiboom, groei redelik hoog gepunte stingels en produseer bloeisels en die eintlike vrug. Die vrugte word slegs deur die voëls en nie deur die mense geëet nie; dit is `n soort rooierige lang bessie. Maar wanneer die bloeisels val, versamel die mense dit en vul sakke daarmee waarop hulle kan rus; - die rede hiervoor is sy versterk-ende effek en die heerlike geur. `n Woud hiervan verteenwoordig `n groot doolhof. En wanneer mense so `n woud binnegaan om die blomme te versamel, merk hulle hul pad sodat hulle weer hul weg kan terugvind. Wanneer so `n groep bome deur die son verlig word, het die wal `n baie sterk weerkaatsing, dieselfde as teen `n goue oppervlak. 17. Die volgende boom wat Ek sal beskryf is die Straalboom wat hulle Bruda noem. Hierdie boom is heeltemal geel van kleur, het `n regop stam en groei slegs takke en lote aan die linker- en regterkant en altyd in `n reguit lyn. Die laer takke het `n soort van groen sterre wat spits afloop in ses gewone punte. Elke punt het `n klein blou blommetjie, soortgelyk aan die klokvormige blom op aarde. Die blom word gevolg deur `n rooierige vrug, wat soortgelyk is aan ’n roosknop op aarde. 18. Indien u 'n konsep van hierdie boom wil hê, - dit lyk soos 'n monstrans, maar soos 'n reuse monstrans en min of niks word van hierdie boom gebruik deur die mens nie, behalwe vir ornamentele doeleindes of vir boomryke strate. 19. Wat die ander bome aanbetref, sowel as `n paar plante, veral die eienaardige spesies, sal ons dit in detail bespreek in die hoofstukke wat volg. En vir nou sê Ek Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205