Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 39 Die inagneming van God by die Saturniete Meer respek as liefde Kennis van God se menswording op aarde 1. Hoe weet die Saturniete dat hulle vorm die ewebeeld van die Groot Gees is? Hulle weet dit omdat die Groot Gees Homself al vele kere aan hulle openbaar het. En daar is byna geen familie oudste wie die Groot Gees nie ten minste eenmaal gesien het nie. 2. Daarom ken hulle God as `n volmaakte menslike wese. Daarom is die hoogste van al die beginsels van die leringe van die Groot Gees as volg: 3. God, Wie die Groot Gees is, is die mees volmaakte menslike wese van almal. Hy het hande en voete soos wat ons het, Hy het `n liggaam soos wat ons het en Sy hoof lyk soos ons s’n. Maar Hy werk nie met Sy hande en loop nie met Sy voete nie, in plaas daarvan, lê al Sy onbeperkte mag in sy Wil. En met die onbe¬gryplike energie van Sy wysheid skep en stuur Hy alle dinge! 4. En aangesien die Saturniete die korrekte konsep van My het, herken hulle hulself baie makliker en baie gouer en hulle is ten volle in hul gees bewus daarvan dat hulle nie net verbygaande beelde is nie, maar ewigdurende blywende beelde in die Gees van Die Een na wie hulle geformeer en geskape is. 5. Is die inwoners van Saturnus lief vir die Groot Gees? Ja, hulle is! Maar hul liefde bestaan merendeels uit geweldige respek of ontsag, eerder as `n strewe om nader en nader te kom aan die Groot Gees om sodoende uiteindelik heeltemal een met Hom te word. 6. Hulle weet ook baie goed en word so ingelig deur die geeste, dat die Groot Gees op `n klein hemelliggaam naby aan die son `n mens geword het met vlees en bloed en dat die mense op daardie hemelliggaam Hom nie herken het nie en dat Hy fisies deur hulle doodgemaak is– al hierdie dinge weet hulle baie goed! 7. Hulle kan egter moeilik verstaan hoe dit moontlik was dat hierdie mense Hom nie herken het nie. En hulle vra die geeste wat na hulle toe kom wat hierdie mense op hierdie hemelliggaam nou doen en of hulle nou nog nie die Groot Gees herken het nie? 8. Wanneer hulle meestal `n ‘nee’ ontvang op hierdie vrae, word hulle baie weemoedig en bid dikwels en vurig in hulle tempels dat die mense van so `n hoog geseënde hemelliggaam net eenmaal sal herken wie die Een is Wie so `n groot seën op hulle uitgestort het. Wanneer die Saturniete egter net in die geringste aan Sy grootheid dink, begin hulle heeltemal te bewe! Nadat hulle hul asem opgehou het vir `n geruime tyd, sê hulle met kragtige woorde: 9. “Ag, as ons maar net geëer kon geword het met hierdie seën, as die Groot Gees Homself maar net met ons vlees en bloed wou beklee het op ons planeet, waarlik, ons sou meer geskitter het as `n duisend sterre bo-op mekaar!” 10. Dit is hoe die Saturniete hulself uitdruk as hulle iets van die aarde hoor. Hulle het `n groot behoefte om die aarde te sien. Dit kan egter nie met ’n fisiese liggaam gedoen word nie, maar daar is omtrent nie `n gees van die Saturniete wat nie die aarde besoek sodra hy sy fisiese dop afgegooi het nie. 11. Maar aangesien so ’n gees nie die materiële kan sien nie, besigtig hy die geestelike aarde en deur ooreenstemmings kan hy die materiële wêreld sien vanuit die geestelike wêreld. Sodra hy die mense op aarde begin herken, word hy baie treurig en verlaat hierdie planeet na ’n kort tydjie. 12. Binnekort, wanneer ons die godsdiens van die Saturniete sal bespreek, sal ons meer hiervan leer. Maar nou sal ons eers terugkeer na sommige van die politieke grondwette.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205