Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 40 Wet teen arrogansie Die wet van sindelikheid Weersin in enigiets wat dood is Begrafnisdienste Huwelik 1. Wat is in hierdie politieke grondwet vervat? Die inhoud lui as volg: Niemand word toegelaat om in hoë mate oor sy fisieke skoonheid en grootte te praat nie, of enige ander aspek van homself nie. 2. Ten einde hierdie belangrike gebod te alle tye te gehoorsaam, prent hulle dit al by hulle kinders in dat hulle baie klein is en dat alle wêreldse grootheid vir die Groot Gees net mooi niks beteken nie. Dit is waarom daar nie `n enkele patriarg of oudste is en nog minder `n lid van die familie, enigsins ’n groot dunk van homself het nie. 3. Hulle maak die volgende opmerking rakende die skoonheid van die liggaam soos volg: “Almal van ons is gelykwaardig mooi as beeltenis van die Groot Gees. Enigeen wat sê en glo dat hy self beeldskoon is en daardeur `n voordeel wil hê bo al die ander, sal nie meer die ewige primêre beeld van die Groot Gees wees nie en dit sal hom leliker maak as die lelikste dier op hierdie hemelliggaam.” 4. Die geeste van die afgestorwenes help om hierdie wet in stand te hou. Sou iemand deur ydelheid vasgevang word, sal hy binne¬kort deur `n aaklige, verwronge grynslaggende gesig gekon¬fronteer word. Wie ookal eenmaal op hierdie wyse gestraf is, sal baie gou sy ydelheid laat staan, want die Saturniete weet dat die geeste nie gekskeer nie, want dit maak nie saak op watter wyse hulle hulself uitdruk nie, hulle is altyd ernstig. Dit is `n politieke wet wat onderhou word deur die belangrikes en die minder belangrikes, deur oud en jonk. 5. Wat hierdie houding teenoor groot dunk aanbetref, dit bly vir altyd in die gees, naamlik dat jy jouself as klein of as die onbelangrikste persoon beskou. Dit is waarom die geeste op Saturnus nie `n goeie verhouding het met geeste van die aarde nie, want niks is meer oorheersend as hulle vermeende dunk van hulleself nie. 6. Die volgende wet is `n huishoudelike wet wat gegrond is op die aanbeveling en onderhouding van netheid en sindelikheid. Dit is waarom julle op Saturnus bykans niemand sal vind wat nie skoon is, betreffende liggaam of die klere nie. 7. Ongeag die wet wat hierbo genoem is, is hulle hoof onderrig om nie te veel waarde te heg aan die fisiese liggaam nie, omdat dit sterflik is. Die teenoorgestelde is egter van toepassing op die gees, want hy is onsterflik. 8. Dit is waarom die Saturniete `n afsku het in alles wat dood is en soos julle weet, sal hulle nie in dooie huise lewe nie, maar slegs in lewendes. Nog minder sal hulle iets verdra wat dood is in hulle tempels wat deur God geseën is. 9. Alles moet skoongehou word, veral die liggaam, aangesien dit die woonplek van die onsterflike gees is. En dit is `n ander huisreël! 10. Wat gebeur op Saturnus met die liggame van afgestorwe mense? Hulle word nie begrawe soos op aarde nie, ook word hulle nie veras soos wat dit gebruiklik is in sommige lande op aarde nie. Die liggame word geneem na ’n plek waar daar `n woud van Piramidebome is. Daar word die dooies op die grond neergelê met die gesig na onder en word bedek met die takke van die Piramideboom. Die liggame van dooie vroue word van `n tak gehang, naby aan die stam van die boom, deurdat hulle voete vasgebind word met die kop wat byna die grond raak. 11. Julle mag moontlik dink dat `n slegte reuk die lug vir `n redelike afstand rondom sal besoedel wanneer die liggame begin ontbind, maar op hierdie planeet is dit glad nie die geval nie, inteendeel, dit is die teenoorgestelde daarvan. Aangesien die liggame van die Saturniete meer eteries en ligter is as julle fisiese growwe “slang liggame”, verdamp hulle binne `n kort tydjie na die persoon se dood en hierdie verdamping produseer `n baie aangename geur in daardie omgewing. 12. Wanneer hierdie geur die neusgate van `n Saturniet bereik, val hy vol dankbaarheid op die grond neer teenoor die Groot Gees en smeek Hom om toe te laat dat die gees van die een wie se geur sy neusgate bereik het, na hom toe kan kom sodat hulle tesame die Groot Gees kan prys vir die verlossing vanuit die tronk van die vlees. Dit gebeur elke keer, veral as die vraer ernstig is. 13. Treur die Saturniete wanneer iemand `n fisiese dood ervaar? Die antwoord is nee! As voorbeeld: Wanneer `n oudste sterf, word die volgende oudste die opvolger en hy vra al die familielede om op die grond neer te val en die Groot Gees te bedank vir die groot seën wat uitgestort is op die patriarg, omdat Hy hom geroep het tot die ewige lewe. 14. Daarna smeek hulle die Groot Gees dat Hy dit goedgunstiglik sal toestaan dat die gees van die afgestorwene gou aan die nuwe oudste sal verskyn om hom te lei na die innerlike heiligdom van die tempel om hom daar te seën vir die verhewe amp van die Groot Gees. 15. Dit gebeur altyd sigbaar vir die hele familie om te sien. Die gees van die afgestorwene verskyn in al sy glorie en vra die nuwe oudste in hoorbare woorde om hom te volg na die innerlike heiligdom van die tempel en vir die familie om hom te volg na die algemene area van die tempel. 16. Terwyl hy daar is, plaas die gees die nuwe oudste op die kansel, in die teenwoordigheid van die familie en hy seën hom en wys daarop dat die Groot Gees ingenome is dat die nuwe oudste die heilige amp oorgeneem het en daarom moet die hele familie hom gehoorsaam in alle dinge en op sy woorde let, wat dit ookal mag wees. 17. Hy vra dan die mans om sy dooie liggaam op die gewone manier te verwyder. Hy seën dan die hele familie en belowe dat die nuut aangestelde patriarg die hoof van die familie sal wees solank as wat dit die Groot Gees behaag en hy sal die onderwyser en leier van die hele familie bly in ooreenstemming met die Wil van die Groot Gees. 18. Daarna verdwyn die gees. Die nuwe oudste en die hele familie val dan op die grond neer en dank die Groot Gees vir alles wat gebeur het. Na afloop van die gebed van danksegging, staan hulle almal op en verwyder onmiddellik die liggaam van die afgestorwe oudste en neem hom na die voorafbepaalde plek. Daarna keer hulle in stilte huiswaarts. 19. Wanneer `n vrou sterf, vra hulle ook vir die verskyning van haar gees. Na haar verskyning, word `n dankseggingsgebed by die huis gedoen. Dan word die liggaam van die gestorwene na `n voorafbestemde plek geneem. Die liggaam van `n vrou verdamp heelwat vinniger as die van ’n man. Onder gunstige omstandighede verdamp dit so vinnig dat daar op die tiende dag niks meer oorbly nie, nie eers die bene nie. 20. Die vinnige ontbinding word natuurlik versnel deur die groot Naaldboom (Uhurba) wat met sy miljoene naaldpunte die onderliggende lyk beroof van alle elektrisiteit. Sodra al die elektrisiteit volledig vanuit die natuurlike liggaam ontsnap het, verdwyn die liggaam asof verslind deur vuur. 21. Die onderhouding van hierdie reëls is nog een van daardie “belangrike huisreëls” wat te alle tye noukeurig en streng en nagevolg word. 22. Is daar `n ander huislike wet wat belangrik en wetenswaardig is? Ja! Dit is die wet van huweliks-eenheid tussen man en vrou. 23. Deur hierdie wet is elke man streng gebonde wanneer hy die gebruiklike ouderdom vir die huwelik bereik het, wat enigiets van dertig tot veertig jaar is, om dan `n vrou van sy keuse en tevredenheid te neem. 24. Hy kan dit egter nie self bekendmaak aan die een wie hy as vrou gekies het nie. Dit kan slegs deur die oudste gedoen word. Die oudste besoek dan die ouers van die bestemde bruid en stel hulle in kennis van die voorneme en wil van die minnaar. So `n verklaring word met die grootste dankbaarheid aanvaar en word beskou as die Wil van die Groot Gees. En so `n versoek word nooit van die hand gewys nie, wat egter dikwels die geval op julle aarde is. 25. Dan neem die oudste die bruidegom na die bruid, neem haar regterhand in sy regterhand en verenig hulle. Hulle hou dan hulle hande gebonde en volg die oudste na die tempel, maar slegs tot by die innerlike heiligdom. Daar leun hulle met hulle aangesigte teen die kegelvormige altaar, terwyl die oudste in die innerlike heiligdom in gebed uitroep na die Gees van Lig. 26. Tydens hierdie geleentheid, sodra die Gees van Lig met sy bedekte aangesig verskyn, versoek die oudste die bruidegom en bruid om op te staan. Die oudste deel hul dan hul huwelikspligte mee, wat bestaan uit al die huisreëls wat ons alreeds geleer het, sowel as sommige ander waaroor ons nog moet leer. 27. Nadat hy dit gedoen het, klim die oudste van die kansel af en maak `n beweging asof hy die hande van die bruid en bruidegom wil losmaak. Maar dit is `n baie bekende en ou reël, wat slegs simbolies is en beteken dat, terwyl hulle in hierdie wêreld is, hulle nooit mag skei nie, ongeag wat gebeur. 28. Na hierdie seremonie staan die oudste tersyde en die Gees van Lig onthul sy aangesig, seën die paartjie, nader hulle en maak hulle hande los. Die betekenis hiervan is dat die enigste geldige rede vir hul skeiding die dood of die verwydering van die gees van die liggaam is. 29. Die Gees verdwyn dan en die paartjie is nou man en vrou. 30. Nou offer hulle `n gebed van dankbaarheid aan die Groot Gees. Hulle smeek hom om die getroude paar te seën met afstammelinge wat aangenaam vir Hom sal wees en dat Hy hulle moet lei in ooreenstemming met Sy heiligste Wil. Nadat hulle hierdie gebed voltooi het, staan die oudste en die getroude paar op en keer huiswaarts met die grootste verering, waarna daar gewoonlik `n maaltyd tot ere van die Groot Gees saam met die hele familie op hulle wag. 31. Die volgende dag sal die nuut getroude paartjie `n keuse gegee word om, óf by hul huidige familie gemeenskap aan te bly, óf om elders te trek om hul eie woonplek te bou. Sou hulle instem om te bly, sal `n tak voorberei word as hulle woning, en `n nuwe huis, `n nuwe kombuis en `n stoorgebou sal vir hulle gebou word. Sou hulle egter besluit om die familie te verlaat as gevolg van te min spasie, word hulle voorsien van allerhande voorraad en kan hulle hulle ouers en ander naby familielede saam met hulle neem. 32. Dit is alreeds verduidelik wat gebeur wanneer hulle `n onbesette woning vind. 33. Dit is ook `n familie huisreël! Ons sal egter `n paar ekstra reëls beskrywe en dan sal ons hulle geestelike godsdienstige grondwet bepreek.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205