Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 44 Die geestelike aspek van die Saturnus godsdiens. Geestelike wedergeboorte deur onderrig en praktyk 1. Noudat ons geleer het van die seremoniële deel van die godsdiens van die Saturniete, sal ons nou, soos hierbo genoem, onsself wend na die geestelike deel. 2. Omdat ons die seremoniële deel genoegsaam waargeneem het, moes dit teen hierdie tyd by julle opgekom het dat die seremonie waar die engelgeeste van die hemele en baie dikwels God Homself sigbaar verskyn het en gesprekke met die Saturniete gehad het, in elk geval so geestelik is as wat dit maar kan wees! Waar kan daar enigiets moontlik meer geestelik wees? 3. Ek sê: Laat staan! Die volgende sal julle leer hoe daar in iets geestelik selfs nog meer geestelik daarin vervat kan wees. 4. Om dit vir julle tot `n sekere mate verstaanbaar te maak, sal Ek julle `n voorbeeld gee van hoe dit in die natuur moontlik kan wees. 5. As voorbeeld: Neem `n kruik met baie goeie wyn! Wie van julle sal nie binnekort verstaan en ook voel as gevolg van die effekte, dat hierdie wyn iets bevat wat selfs meer is as `n primêre geestelike substansie van die wyn op sigself? Vra egter net die volgende apteker en hy sal vir jou sê dat jy van hierdie wyn die beste alkoholiese (eteriese) wyn kan distilleer en dat hierdie alkohol verskeie kere gedistilleer kan word, sodat hierdie alkohol so vlugtig word, dat as een druppel vanuit sy houer gegooi word, dit heeltemal sal verdamp alvorens dit drie voet grondwaarts geval het. Verstaan julle nou hoeveel meer alkohol die wyn bevat, wat alreeds uitermate alkoholies was? 6. As dit op sigself kenbaar is in die sigbare natuur, hoeveel te meer sal dit nie kenbaar wees in alles wanneer dit die volledige eienskap van die gees in sigself is nie? 7. As voorbeeld is dit ook van toepassing op lig. Soos julle weet, word die aarde verlig deur die strale van die son. Sien julle in hierdie strale die verlewendigde energie en die ontelbare vorme? Nee, julle sien dit nie. Julle is nie eers bewus van die eenvoudige effektiewe energie of krag van die straal nie. En baie mense weet nie eers die verskil wanneer hulle dit elke dag ervaar nie, naamlik dat hierdie straal nie in staat is tot enige hoër hitte as wat dit daagliks uitgee nie. 8. Maar wat sal die waarnemer sê wanneer hierdie strale deur `n groot vergrootglas gekonsentreer of gekondenseer word op een fokuspunt en dan soveel energie loslaat, dat dit selfs die hardste diamant kan laat smelt? `n Leek sal verbaas wees wanneer hy die hoër effekte sal aanskou van hierdie ligstrale en hy sal waarskynlik sê: Wie sou dit nou kon glo dat in hierdie sagte sonstrale wat ons elke dag verwarm, sulke onbegryplike woeste kragte verborge lê!? 9. Dit is ook van toepassing op die seremoniële godsdienstige aanbidding van die Saturniete. Selfs al lyk die godsdienstige deel volkome geestelik, is daar steeds in die godsdiens van die Saturniete `n buitengewone sterk ‘eter’, wat in sy vereniging van sy genoeglike ligstrale, `n sterk innerlike effek het wat vir julle mense op aarde baie moeilik is om te verstaan. Daarom kan ons die vraag voorhou en sê: Waaruit bestaan die werklike geestelike wat vervat word binne die geestelike? 10. Die werklike geestelike wat vervat is binne die geestelike, wat alreeds aan julle bekend is, lê in die lewende innerlike kennis van die Groot Gees, sowel as al die vlakke en ordelike verhoudings en voorwaardes wat samehangend en liefhebbend die vry mens koppel met die hemele en met die Groot Gees Homself en ook omgekeerd. 11. Hoe herken hierdie mense die Groot Gees? Eerstens word hulle eksterne instruksies gegee deur die woorde van die leermeester aangaande die wese van God. Dan word hulle gelei in die kennis van die Wil van die Groot Gees en dan na die praktyk van die herkende wil. 12. Hierdie onderrig het nog steeds betrekking op die eksterne godsdienstige aanbidding, wat die weg is na die innerlike gees¬telike ware lewe. Dit is inderwaarheid alreeds “geestelike wyn” en die “nie-gekonsentreerde lig van die son”. 13. Die aktiewe beoefening van die herkende Wil van die Groot Gees kom dus ooreen met die “distillasie” en die “herdistillasie” van ’n apteker en kom verder ooreen met die “konsentrasie” van die sonstrale deur middel van `n groot vergrootglas, of met ander woorde, dit is die werklike onafhanklike aktiewe bevryding van die werklike primêre geestelike wese van sy omringende materie. 14. Begin julle nou al verstaan waaruit die werklike geestelike aanbidding van die Saturniete bestaan? Ek sal julle die antwoord in `n paar woorde gee, wat die deur na die lig onmiddellik sal oopmaak. En hierdie paar woorde is: Die wedergeboorte van die gees! 15. Hierdie wedergeboorte moet in die Saturniet plaasvind, net soos wat dit in julle moet plaasvind! Daarsonder sal `n inwoner van Saturnus net so min verstaan van die gees en al die voor¬waardes en verhoudings tussen hom, die hemele en die Groot Gees, as wat julle op aarde daarvan verstaan! 16. Dit is absoluut onvoldoende vir die wedergeboorte van die gees, dat iemand slegs die vermoë sal hê om geeste te sien, wat baiekeer die geval op aarde is, waar baie sulke mense hierdie skrikwekkende en afskuwelike verskynsels sien, waarvan hulle niks enigsins ken of verstaan as wat `n blinde persoon die kleure van die reënboog kan verstaan nie. Heldersiendheid is nie `n deel van `n volledige of ware wedergeboorte as maar net die bepaling van elke handeling nie. Dit beteken dat dit op so `n wyse gestruktureer is, soos wat dit gevestig was vanaf die vroeë begin, of eerste oorsprong, in al sy goddelike orde en wysheid. 17. Hoe en wanneer sal dit plaasvind? Dit kan slegs plaasvind wanneer die gees, deur die strengste onderworpenheid aan die voorgeskrewe weg van God, homself suiwer van materie en homself weer in `n fokuspunt vind en uiteindelik as `n volledige, heel bestaande wese binne homself, deur uit te stap uit alle sindelikheid van die materie as `n volledige eenheid ten einde nuwe bepalende en volkome geestelike gewaarwordinge volledig oop te maak tot die indrukke en voorwaardes van daardie wêreld waar hy self die wesenlike oorspronklike inwoner is. 18. Sodra `n mens hierdie vlak bereik het, begin `n ander aktiwiteit effektief in sy hele wese te werk. Alles sal begin om sy sig te verander, sy gehoor, sy gevoel en sy waarnemingsvermoë. Al sy gedagtes sal in vorme verander wat hy sal sien en sy wil, sal `n volbragte daad word. Sy woorde word definitief en verenig met die gedagte en die wil. Ruimte is nie meer `n faktor nie en tyd het aan hom die laaste minuut getoon, omdat in `n vrye geestelike bestaan gehoor, gevoel, waarneming, denke, wil, handeling en spraak anderkant tyd en ruimte bestaan. Dit beteken dat daar vir so `n persoon slegs een hede bestaan, waarin `n ewige verlede en `n ewige toekoms mekaar op `n vriendelike manier begroet. En iets wat oneindig vêr weg is, is nie verder weg van sy oë as sy gedagtes nie. 19. Elke persoon op Saturnus strewe met al sy mag vir hierdie geestelike staat van ontwikkeling; maar hy sal hierdie staat nie bereik alvorens hy nie volledig in homself al die voorwaardes vir die lewe nagekom het nie. 20. Die beheer van `n persoon se eie natuur is nie genoegsaam vir volkome vervulling nie, maar al die voorwaardes van die lewe wat aan hom bekend is, moet ten volle deel word van sy persoonlike vaardigheid. 21. Wanneer hy `n volmaakte meester geword het in al hierdie voorwaardes, word hy vry binne homself en al sy lewenskragtige energie word verenig gebore buite sy sinlike natuur. Wanneer so `n geboorte plaasgevind het, weet julle alreeds wat met so `n persoon gebeur het. Dit staan bekend as die “wedergeboorte van die gees.” 22. Daarom, die getroue aanhoudende beoefening van al die voorwaardes van die lewe is wat die geestelike deel van die godsdiens van die Saturniete behels.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205