Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 45 Meer besonderhede aangaande die pad van die wedergeboorte en eenwording met God 1. Het julle nou `n idee waaruit die geestelike godsdienstige aan¬bidding van die Saturniete bestaan en hoe dit verskil van die seremoniële aanbidding. 2. Agter die geestelike seremonie lê die diens van die gees diep versteek, wat konstant is, terwyl die seremonie op sigself opvolgend binne sekere intervalle van tyd is. 3. Aangesien hierdie deel van die godsdienstige aanbidding van die mense van Saturnus van die grootste belang is vir die mense op aarde, sal Ek julle `n ander beskrywende voorbeeld gee waardeur julle in staat sal wees om duidelik tussen hierdie twee tipes godsdienste te kan differensieer. 4. Neem as voorbeeld `n student wat begeer om `n loopbaan in die kunste te volg! Laat ons aanneem dat hy begeer om die bekwaamheid van `n meester te bereik in die kuns van musiek. As hy na jou toe kom, wat sal jy aan hom sê en wat sal die eerste stap wees? Jy sal sy bekwaamheid ondersoek en hom verwys na `n agtenswaardige en ordelike skool en hom inlig oor die voorwaardes of dit vir hom op skrif gee en aan hom sê: “As jy hierdie voorwaardes volledig nakom, sal jy sonder twyfel `n meester word. Maar as jy hierdie voorwaardes nie nakom nie, sal jy slegs `n tokkelaar wees, maar nooit `n meester nie.” 5. Wat sal hierdie student, wat ernstig is oor sy meesterskap, nou doen? Hy sal onmiddellik gebruikmaak van al sy eksterne ywer in verband met sy innerlike wilskrag en sal elke dag na dag, vyf, ses, of sewe ure oefen soos wat dit van hom verlang word. Hy sal ook die skool voltooi van A tot Z en sal niks anders oefen as daardie gedeeltes wat nodig is vir die verkryging van sy doelwit nie. Wanneer die student op hierdie manier vir baie jare so geoefen en ontwikkel het, sal hy deur sy onderwysers `n bemoedigende sertifikaat gegee word, dat hy die vlak van `n talentvolle kunstenaar bereik het, aangesien hy die instrument van sy keuse meganies en geestelik op enige graad van bedrewenheid bemeester het. 6. Nou het ons wat ons nodig het! Wat was die voorgeskrewe prakties of oefening vir die verkryging van die tegniese bedre¬wenheid? Dit was niks meer as die goed geordende seremoniële gedeelte van die kuns kultus of kuns aanbidding. Het hy dag en nag sonder onderbreking geoefen? O nee! Hy het slegs geoefen op die voorgeskrewe tye wat nodig was vir oefen. 7. Hoe was die toestand van sy strewe en sy wil gedurende die oefening? Was sy wil periodiek gerangskik? Definitief nie! Die wil was sonder onderbreking, gelykstaande aan die goeie hoofveer van `n horlosie, teenwoordig in sy geestelike en natuurlike orga¬nisme. Hierdie dryfveer is die geestelike kuns aanbidding van ons musiekstudent waardeur hy heeltemal dit geword het waarop hy sy visier ingestel het. 8. Sodra hy `n bedrewe kunstenaar geword het, watter tipe lewe sal hy lei? Sekerlik sal hy nie die lewe van `n student lei nie, in plaas daarvan sal hy die lewe lei van `n vrye meester of maestro. Sal hy, op grond daarvan, `n vyand word van sy vorige lewe as ’n student? Sekerlik nie! Hy sal as `n groot meester aanhou om te doen wat hy gedoen het toe hy ’n student was, behalwe dat hy dit nou sal doen met `n ware groot genoeë. Hy sal ywerig sy toonlere oefen en al die ander oefeninge herhaal wat hy geoefen het toe hy nog student was. Maar met `n groot verskil! Wat hy met groot moeite gedoen het, onbevallig en met groot besteding van energie as `n student, doen hy nou met die grootste gemak, sonder dwang, met selfvertroue en vol innerlike geestelike beduidendheid. 9. As `n student het hy die toonlere gespeel, maar hy het nie ’n beduidenis gehad van dit wat hy speel nie, maar nou, as `n meester, sien hy in dieselfde toonlere ontelbare nuwe vorme waarvan hy vantevore nie die vaagste benul gehad het nie. Dit is hoe hy, as `n “wedergebore” meester, die seremoniële kuns aanbidding beoefen; maar hierdie aanbidding is `n totaal verskil¬lende soort van hoor, sien, voel, persepsie, denke en wilskrag. En dit is die geestelike rectificatissimus (oordistillasie of verbetering) en dit is die alle materiële gewigtige en sinlike oplossende ontbrandingskrag van die strale van sy gees en daarom op sigself `n suiwer geestelike aanbidding. 10. Indien julle dit sal oordra na die werklike lewe van `n mens, of dit op aarde, Saturnus, Jupiter of op die son is, oral en te alle tye bestaan daar hierdie tweevoudige heilige diens wat homself gedra soos `n weg en as die doel of doeleinde van daardie weg. 11. Wie dan ookal aanhou om op hierdie pad te volhard, sal sy doel bereik. Sodra hy sy bestemming bereik het, sal die weg wat hy geneem het, nooit uit sy geheue verdwyn nie. Nie alvorens hy sy doel bereik het nie, sal hy `n helder en volledige oorsig in sy gees hê oor al die draaie en verhoudinge van die weg wat hy geneem het. 12. Julle weet dat die hoofdoel wat die Saturniete probeer bereik op hulle weg niks anders is as die Groot Gees Homself nie. Hulle begeer om heeltemal een te word met Sy wil. 13. Nadat hulle hierdie doel bereik het deur ywerige beoefening, dan is die geestelike godsdienstige aanbidding volledig. Vanaf hierdie punt verder sal die werklike impuls om die Groot Gees te bereik, ophou. In sy plek kom nou die groot onwankelbare verlange om vir ewig getrou te bly. 14. En hierdie uitermatige duidelike en ferm begeerte is die aanhoudende mees innerlike voortdurende goddelike diens van die mees volledige geestelike soort van elke wedergebore inwoner van Saturnus. Hierdie toestand kan deur enigeen op Saturnus bereik word, ongeag geslag of ouderdom. Dit voltooi die geestelike deel van die godsdiens van die Saturniete. 15. Aangesien ons nou op hierdie wyse alles ervaar het wat noodsaaklik en wetenswaardig is in die berge, sal ons binnekort `n kykie gee na die laaglande en daarna `n uitstappie neem na die poolstreke van hierdie planeet, sowel as die Ring en die sewe mane. Dit sal al wees vir vandag.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205