Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 46 Die inwoners van die laaglande Hulle konstruksie en behuising en hulle meer wêreldse denkwyse 1. Aangaande die dieptes of anders gestel, die laaglande van die planeet, het ons op verskillende geleenthede baie dinge aangaande hulle leefstyl geleer. Maar daar is `n nog paar dinge om te sê. 2. Nêrens op hierdie planeet sal julle `n stad vind nie. Daar is egter streke, soos die kleiner mere en die riviere, waar families nader aan mekaar leef as in die berge, veral in die suidelike gedeeltes van sommige van die kontinentale lande. Maar in hierdie streke is daar nie soveel familielede wat saambly in een woning soos in die berge nie. Hier bestaan `n familie gewoonlik uit die ouers en hul kinders. Wat dit die grootouers en groot, grootouers aanbetref, woon hulle gewoonlik alleen, maar hulle het ook etlike bediendes. 3. Dit is raar vir hierdie mense om in die welbekende woonhuis boom (Gliumba) te leef. Hulle woonkwartiere bestaan gewoonlik uit `n tipe tentstruktuur wat van bome gebou is, waar een boom oor die ander geplaas word op die volgende manier. Die bome word in ’n piramidevorm op `n sirkelvormige wyse geplaas, beginnende van die grond af tot by die bopunt, terwyl latte of nou stroke hout in sirkels rondom die blyplek vasgespyker word. Hierdie latte word bedek met allerhande soorte blare, aan die buitekant, sowel as aan die binnekant. Teenoor die oggend (Oos) is `n ruim uitgang. En dit is hulle woonplek. 4. Wat hierdie tipe blyplek betref, kan dit nie soveel mense huisves soos die woonhuis boom in die berge nie. So `n tenthuis is egter steeds groot genoeg om ten minste tien regimente soldate op aarde te huisves. 5. Die meubilering is dieselfde as wat julle sal vind in die lewende boom woonhuise van die berge. Hulle slaapgeriewe bestaan uit `n frustum* piramidevormige rugstut, waar daar aan die voorkant van die rugstut `n ronde verhogie is wat dien as `n tafel. En dit is die enigste meubilering wat in hierdie huis is. *Die gedeelte van 'n keël of piramide wat oorbly nadat sy boonste deel het afgesny is. 6. Waar stoor die mense van die laaglande hulle gereedskap, voedselhouers, klere en voedselvoorrade? Dit word gestoor in stoorgeboue, op dieselfde manier gebou as in die berge. 7. Die tempels word ook op dieselfde manier gebou as in die berge, maar hulle is dikwels heelwat kleiner en nie so verhewe en pragtig soos in die berge nie. In die laaglande het geen enkele woning sy eie tempel nie; in stede het verskeie families een tempel. 8. Dit is al wat daar is betreffende die konstruksie en behuising in die laaglande, behalwe vir `n paar plesiertuine, wat gewoonlik die eiendom van die bevoorregte patriarg is. Hoe hierdie tuine versier en gerangskik word, was genoem toe daar `n beskrywing van die skaaldiere gegee was, naamlik die slakke. Daar is ook slakskulpe in sommige van hierdie tuine, wat voorberei is vir die vermaak van die kinders, waaroor ons al vroeër berig het. 9. Die bevoegdheid van die patriarg in die laaglande was ook bespreek. Dink terug aan die dier met `n slangstert en vurige oog (Bauor) en julle sal onthou dat wie ookal `n kleed het wat gemaak is van die vel van hierdie dier, kan die posisie van `n patriarg inneem. Dit is nie moeilik om te verstaan dat hierdie heroïese laaglande tipe patriarg, nie so hoogaangeskrewe is by die Groot Gees as `n patriarg van die berge nie. Vervolgens is dit ook verstaanbaar dat die engelgeeste nie baie tyd spandeer met die patriarge wat hierdie kledingstukke dra nie. Die rede hiervoor is dat die mense wat op die laaglande woon, baie meer wêrelds¬gesind is as hulle op die heilige berge. Self al is hulle eerlike en opregte broers en susters teenoor mekaar, praat hulle dikwels wyslik en daarom beskou hulle hulself as baie meer verlig en intelligent as die inwoners van die berge. Maar wanneer hulle slegte tye begin ervaar, ongeag al hulle wysheid, gaan hulle op `n pelgrimstog na die berge en julle weet alreeds dat hulle anders onderrig word terwyl hulle daar is. 10. Daarom sal julle baie min hoër openbaringe in die laaglande vind en dan ook by uitsondering, behalwe vir hulle wat waarlik en getrou voortgekom het vanaf die skole van die berge.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205