Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 48 Die uitgestrekte noordelike- en suidelike poolstreke Die enorme koue dien om die destruktiewe impuls van die primêre geeste van hierdie planeet te temper Hoe Saturnus die aarde beïnvloed 1. Dit was in die begin genoem dat hierdie planeet eintlik slegs twee klimate het, een wat heeltemal gematig is, waar al die bewoonbare lande geleë is en wie se wydte, oor die geheel, meer as een derde van die poolgebied beslaan. 2. Hierdie lande van die gematigde sone is omring deur `n aaneenlopende oseaan in die noorde sowel as in die suide waar julle slegs die Mud-lande sal vind, maar vêr weg van die hoofkontinente is die mees noordelike en mees suidelike dele gewoonlik altyd permanent gevries met ys. Dit beteken nie dat een land in die suide en in die noorde so geleë is nie, maar as dit in die noordelike hemisfeer geleë is, dan sal die mees noordelike deel omring wees deur permanente ys en dit is slegs so om `n heeltemal natuurlike rede, omdat op Saturnus, net soos op aarde, die poolstreke tot die permanente sneeu en ys behoort. 3. Hoe lyk hierdie poolstreke op Saturnus? Selfs al het julle `n oog en `n gevoel vir die natuur, sal geen menslike fantasie of verbeelding die geringste idee daarvan hê nie. 4. Die koue van hierdie poolstreke is so straf, dat die koue van julle eie poolstreke soos `n goed opgewarmde oond in vergelyking daarmee is. Nie net vries die water daar tot `n diamant nie, maar by die laagste temperatuurgraad vries selfs die lug tot ysstawe wat dikwels vir myle in die eter uitsteek. Deur hierdie immense drukking, ontbrand die atmosferiese lug in hierdie gebiede baie dikwels en dit is die rede waarom dit voorkom asof groot areas vir myle gloeiend is en hierdie gloede verskerp en gaan uiteindelik oor in erge ontploffings. 5. Gevolglik verminder hierdie lug ontploffings en as gevolg van die ontsettende koue, verminder die elektrisiteit in die lug waardeur die koue voortdurend toeneem en dit gebeur opvolgend oor `n periode van 15 aardse jare. Gedurende die koudste stadium, wat agt jaar duur, is daar geen ontploffings nie, want die lug het in `n heeltemal soliede massa verander. Na hierdie tydsperiode begin die terugkerende lig van die son stadigaan die soliede massa lug op te los, wat na `n sekere stadium van oplossing, weer begin ontplof en deur hierdie ontploffings word die ontbindende lug gedwing om nader en nader aan die besondere pool te beweeg. 6. Is hierdie verskriklike plek bevolk? Op die natuurlike vlak word hierdie gebiede glad nie bewoon deur enige lewende wese nie, maar word meer in `n geestelike hoedanigheid bevolk, want sneeu en ys voorsien gewoonlik gevangenskap vir rustelose geeste. Wanneer die koue op sy ergste is, dan is die vredesgeeste van hierdie streke op hulle besigste. Omdat deur hierdie einste handeling, wat tevoorskyn kom deur die natuurlike koue, is hulle in staat om die vuurgeeste tot ruste te bring en om hulle uitermatige woedende destruktiewe krag te temper. Wanneer dit in julle streke op aarde kouer en kouer word, kan julle altyd verseker wees dat die destruktiewe geeste op aarde gekalmeer en getemper word deur die vredesgeeste. 7. Dat hierdie geeste verslaaf is aan vuur en verwoesting, kan vasgestel word deur die gereelde lug ontploffings in die poolstreke. Hoe meer hierdie geeste hulleself wil geniet, hoe meer aanhoudend word hulle gevange geneem deur die vredesgeeste. Hoe laer die temperature daal, hoe meer intensief is die gevangeneming van die vuur liefhebbende duiwels, wat, wanneer hulle op hierdie wyse gevange geneem en aangehou word vir etlike duisende jare, hulle uiteindelik oorgee en laat vaar hulle hul passie vir vuur. Hulle verskyn as `n wolk gevul met elektrisiteit en yskoue winde en verander hul elektriese vuurin¬houd in hael, wat met tye ietwat skade kan berokken. 8. Wie is hierdie pool vuurgeeste op Saturnus? Hulle is nie die geeste van gestorwe mense nie, maar is nog steeds primêre geeste waaruit die totale hemelliggaam eintlik gevorm is en hulle gaan geleidelik oor tot `n vrye bestaan in `n menslike vorm, in ooreenstemming met die goed berekende orde van die Groot Gees. 9. Met tye kan dit gebeur dat die gees van `n afgestorwe mens wat as persoon baie wraakgierig was gedurende sy natuurlike lewe, teruggelei sal word na sy natuurlike polêre toestand. Dit gebeur baie selde op Saturnus, maar redelik algemeen op aarde. 10. Die verskil tussen hierdie twee geeste is as volg: Die geeste van afgestorwe mense wat op hierdie wyse gevange gehou word, sal nooit weer terugkeer na `n natuurlike fisiese lewe nie, terwyl dit altyd die geval is met die primêre geeste, want hulle moet hulself ten volle beklee in hierdie natuurlikheid, alvorens hulle die bekwaamheid bereik om oor te gaan in `n vrye, onafhanklike en gevolglik absolute of aparte lewe. 11. Hierdie primêre geeste op Saturnus is diegene wat `n hoogs verwoestende geaardheid het. Dit is waarom so baie antieke profete op aarde genoem het dat hierdie planeet sy eie kinders sal eet. Dit is waarom hierdie primêre geeste, wanneer hulle nie meer primêre geeste is nie, eers deeglik en behoorlik voorberei moet word deur die vredesgeeste, alvorens hulle in `n absolute en vrye lewe kan ingaan. As dit nie gedoen word nie, sal geen son en geen planeet in die totale heelal veilig wees van hulle verwoestende kragte nie. 12. Dit is die rede waarom Saturnus so vêr van die son af is, sodat die sonstrale nie in staat is om so `n hitte op te wek soos op Jupiter, Aarde, Venus en veral Mercurius nie, wie se inwoners meestal in die poolstreke lewe en wat baie sterk hitte moet verduur. Aangesien op Saturnus, soos julle weet, die klimaat gematig is waar dit ookal bewoon word en selfs al sou die gematigde klimaat te warm word, sal oorverhitting verhoed word deur die permanente skadu van die Ring. 13. Alhoewel die Saturniete nooit hierdie ysstreke binnegaan nie, omdat hulle die grootste vrees vir sneeu en ys het (hierdie vrees het sy oorsprong vanuit hulle primêre geestelike bestaan), weet hulle presies hoe dit in die poolstreke lyk, veral die verligte bergbewoners. Selfs die mees verligte het geen groot belang om hierdie streke te bekyk, of in die beskrywing van hierdie streke nie. Hulle het egter `n baie groter belangstelling in die konsep, beskrywing en besigtiging van die Ring. 14. Waarom dit so is, sal vir julle duidelik word wanneer die Ring beskryf word in die volgende hoofstuk. Betreffende die pool¬streke, is daar niks meer van belang wat die moeite werd is om te noem nie, behalwe dat daardie jare op aarde, wanneer die aarde nader aan Saturnus kom, gewoonlik slegte en onvrugbare jare is. Die rede hiervoor is die buitengewone polêre koue van hierdie hemelliggaam. Hierdie hemelliggaam se effek reik dikwels, vanuit `n metafisiese oogpunt beskou, verskeie honderde miljoene myle vêr, net soos die onsigbare stert van `n komeet. 15. In die uitgestrekte sonnesisteem is daar by verre `n groter hoeveelheid negatiewe komete, wat al die sonstrale wat op hulle val, heeltemal opslurp, tot so `n mate dat nie eers die kleinste atoom deur hulle gereflekteer word nie. Die komete word sigbaar wanneer hulle hul versadig het en ordelik begin beweeg. Die komete is gereelde gaste van die planete en maak hulleself op sekere tye vir sekondes kenbaar in die vorm van verskietende sterre. Wat hierdie negatiewe komete aanbetref, sal ons meer van hulle leer wanneer ons `n son sal ondersoek. Ons noem hierdie onderwerp slegs sodat julle deur hierdie verduideliking kan agterkom hoe vêrreikend en effektief die polêre koue van Saturnus met tye kan wees. 16. Dit voltooi die wesenlike inligting rakende hierdie planeet. In die volgende hoofstuk sal ons na die Ring van Saturnus gaan kyk.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205