Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 4 Die Tregterboom Die Piramideboom en die Spieëlboom 1. Die tregterboom wat op Saturnus genoem word Kibra, is die sesde boomspesie. Die stam het `n diameter van 18 voet en het `n gladde blouerige bas. Die stam het dieselfde diameter bo by die top as onder op die grond en dit bereik `n hoogte van 120 voet. By die top groei takke in alle rigtings in `n 45 grade hoek. Hierdie takke is reguit en 60 voet lank. Die takke het uitspruitsels parallel met die regter en linkerkant, net soos dennebome op die aarde en hoe verder hulle van die stam af is, hoe langer en breër word hulle. Die uitspruitsels is inderwaarheid terselfdertyd die takke en die blare van die boom. Aan die einde van die takke sal julle die bloeisels vind en daarna die vrug. Daarom het hierdie soort boom nie meer vrugte as wat hy takke het nie. 2. Die boom toon `n eienaardige reaksie net voor sy blomtyd. Net voor die blom ontspruit, begin die boom vanself te brand, maar dit is `n koue vuur en toon `n ooreenkoms met `n gloeiwurm in verrottende hout. Daar is egter een uitstaande verskil: Hierdie pre-blomtydvuur is by verre ligter as die genoemde gloeiwurm. Ten tye sal `n totale woud van hierdie bome `n skitterende ligvertoning aan die toeskouer verskaf. Nie al hierdie bome begin op dieselfde tyd te blom nie; daarom vind die pre-blomtydvuur by sommige bome vroeër plaas en by ander weer later. Hierdie vuur vind sewe dae voor die blomtyd plaas en brand dan onafgebroke, maar die kleure verander ook voortdurend, met die gevolg dat dat die ligskou van die tregterboom deur die sewe dae gedurig verander van een primêre kleur na die ander, insluitende al die oorgange van een kleur na `n ander; met ander woorde, die veranderinge gebeur regdeur die sewe primêre kleure. 3. Stel nou so `n bottende boom vir jou voor. Omdat al die takke van hierdie boom nie op dieselfde dag begin te blom nie, is die pre-blommevuur op een en dieselfde boom multi-kleurig. Met net `n bietjie verbeelding kan julle julself net indink hoe ongelooflik skitterend so `n bottende, of eerder `n pre-blom brandende woud moet lyk vir die oog van die toeskouer (veral vanaf `n hoër uitsig) wanneer `n totale woud van hierdie tregterbome begin om op hierdie manier te blom. Op tye beslaan hierdie woude `n area van verskeie honderde vierkante geografiese myl. 4. Volgend op hierdie pre-blomme brand, maak die eienaardige bloeisel van hierdie boom haar verskyning en Ek is seker dat hierdie bloeisel nie verdra sal word in baie lande of state nie, omdat `n ses- tot twaalf voet wye driekleurige lint groei tot `n lengte van twaalf voet op `n twaalf-tot-agtien voet lange goud-gelerige stingel wat dikker is as `n man se arm. Hierdie lint het drie kleure wat almal ewe breed is nl. ligrooi, ligblou en dan spierwit. En soveel blomme wat aan so `n boom is, soveel lintvlae wapper in die wind. 5. Nou het julle klein konsep van die prag van die blomme van hierdie boom. Wanneer die bloeityd verby is, val die vlae en stingels af en hierdie pragtige voorbeelde word deur die inwoners versamel. Omdat hulle hul prag verloor wanneer hulle droog is, rol die Saturniete die gevalle blomme en blare op, maak hope daarvan en solank hulle nog vars en sag is, lê hulle daarop om hulle ledemate te versterk. Wanneer hulle droër en fermer word, brand hulle dit en terwyl dit brand, gee dit `n heerlik geurige rook af en die silweragtige-wit as voorsien `n uitstekende bemesting vir hulle grond. Die onaantreklike dele van hierdie bloeisels laat hulle net so onder die bome lê, waar dit ontbind en so word die grond ook bemes. 6. Die wonderlikste ding omtrent hierdie boom is die vrug wat tevoorskyn kom direk na die bloeisel. Die voorkoms van hierdie vrug kom ooreen met die bottel kalbas op aarde, maar met die verskil dat die nek van die vrug `n lengte van 24 tot 30 voet behaal en het `n diameter van 2 voet. Die nek verander aan die end in `n perfekte sfeer, die kop, met `n diameter van enigiets van 9 tot 12 voet. Die buitekantste skil van hierdie vrug het die voorkoms van suiwer gepoleerde goud. Vra weereens julle verbeelding wat die effek van `n totale woud van sulke bome in die sonlig sal hê. 7. Julle sal sekerlik ook wil weet waarvoor hierdie vrug gebruik word. Die antwoord is baie eenvoudig. Vir dieselfde doel waarvoor julle kalbasse op aarde gebruik; gedeeltelik om vloeistowwe (water) uit die fonteine of putte mee te skep, gedeeltelik as houers om sappe daarin te preserveer wat uit verskeie plante of vrugte gepers word. Hierdie vrugte word so versigtig as moontlik versamel en word gehou vir die handel. 8. Julle sal ook daarvan hou om te weet waarom hierdie boom die voorkoms van `n tregter het. Die rede vir hierdie tregtervorm is dat hierdie boom die sonlig en die elektromagnetiese sappe meer effektief kan absorbeer. In die middel van die tregter is daar `n murgpyp wat werklike mis laat verdamp, veral gedurende die nag. Hierdie mis is vir die ander plantegroei, sowel as vir die mense, as dit ingeasem word, ietwat giftig en vernietigend, indien die sonlig nie daarvan ontslae raak nie. Die tregter is egter so ontwerp dat dit nie toelaat dat meer van hierdie mis deursypel as wat die boom nodig sal hê gedurende die nag as `n vorm van vrugvorming of bestuiwing en slegs net vir solank totdat die vrug die helfte van haar rypwording bereik het. Daarna, by die nadering van volwassenheid van hierdie vrug, begin die tregter dan toe te maak en dan word die mis gereëld na die vrug gedryf om die vrug op te pomp. Deur hierdie aktiwiteit bevat die tregters soveel voedende noodsaaklike lug dat die Saturniete met lere binne-in hierdie tregters klim, vir hulle beddens gereedmaak en vir baie nagte in hierdie tregters slaap. 9. Kyk, dit is wat onvergeetlik is van die tregterboom. Behalwe die noodsaaklike lug, is daar niks wat geskik is vir menslike gebruik nie. Die sade, wat soortgelyk is aan pampoensaad op aarde, word slegs geëet deur die mak diere. 10. Nou sal ons die sewende boomspesie bespreek, die Piramideboom wat genoem word Uhurba. 11. Hierdie boom bereik die grootste hoogte van al die bome op hierdie hemelliggaam en dit het ongeveer dieselfde eienskappe as julle silwerden, wat `n wit stam het. Die piramideboom bereik dikwels sulke hoogtes dat daar op aarde skaars `n berg is wat kan kers vashou teenoor hierdie boom. Die Uburba het slegs een stam, wat op wortelvlak baie dikwels `n diameter van 480 tot 600 voet het. Die takke begin reg aan die onderste deel van die stam en groei in alle rigtings. Die laagste takke van `n volgroeide piramideboom het dikwels `n lengte van 6,000 voet en nader aan die top van die boom word die takke gaandeweg korter en korter, op so `n wyse dat dit `n vorm aanneem van `n magtige piramide in die vorm van `n ronde kegel. In vergelyking met hierdie boom is julle trotse Egiptiese piramides niks meer as kleinerige slakskulpe nie. Indien dit moontlik sou wees om `n mens fisies oor te plaas na Saturnus, sal hierdie mens glo dat hy na die hoogste berge kyk. 12. Hierdie boom behoort aan die spesie keëldraende bome (conifers); sy blare kom daarmee ooreen, alhoewel natuurlik op `n baie groter skaal en ook met die naalde van die den op aarde; maar die kleur hier is nie groen nie, maar blou. Die bruikbaarheid van hierdie boom betreffende die suiwering van die lug en om die lug te vul met noodsaaklike substansies is so buitengewoon dat die genesende krag van hierdie bome se toppe en takke selfs die aarde bereik. Die balsamiese geurige denne op aarde ontvang hulle eteriese substansies van die piramideboom op Saturnus. 13 Hierdie bome word ook versigtig oral aangeplant, wat baie maklik gedoen kan word deur `n takkie van hierdie boom te neem en dit iewers in goeie grond te plant. Binnekort begin dit te groei en binne `n paar Saturnusjare het dit alreeds gegroei tot `n statige boom. Dit kan `n ouderdom van verskeie honderde Saturnusjare haal. Dan, nadat sy tyd verby is, verwelk hy, die wortels begin eerstens te verrot en die boom verteer homself, selfs tot by die opperste punt. Wanneer so `n boom ontbind het en homself verteer het, sal die inwoners `n arm tipe grond daarbo strooi, waarna die grond binne `n paar jaar baie vrugbaar word en dan word dit voorberei vir die verbouing van hulle kruiesap. Selfs hier kan julle julle verbeelding inspan om `n paar sulke bome te visualiseer, met die gevolg dat die planeet aarde sal begin verklein van dit wat julle julle voorgestel wat sy moet wees! 14. Nou ken julle die belangrikste detail van hierdie boom. Daarom sal ons ons aandag vestig op die agste spesie, wat vir julle aardbewoners `n ware en hoogs eienaardige boom sal wees. Julle sal nie so-iets op aarde vind nie. 15. Die agste boomspesie is die merkwaardige Glas- of Spieëlboom, genoem Ubra. Hierdie boom het in werklikheid `n vierkantige stam, wat net so deurskynend is soos groen glas op aarde. Die stam spits af na bo. Die boom self bereik `n hoogte van 120 tot 180 voet en het regdeur geen takke nie. Meer as die helfte van die stam van die Glas- of Spieëlboom is net soos die kaktusspesie (cacti) op aarde, versier met groot hangende blomme wat byna dieselfde vorm het as lelies op aarde, slegs heelwat groter met die verskil dat op Saturnus elke blom se kroonblare `n ander kleur het. Dit het `n totaal van tien kroonblare. Na `n halwe jaar begin die blomme verlep en `n baie eienaardige vrug begin ontwikkel op `n kristalagtige knobbelrige stingel. In die begin bestaan hierdie vrug uit niks meer as `n deursigtige watersak nie, maar word mettertyd groter en groter. Wanneer hierdie vrug ryp begin word, het dit die voorkoms van `n ballon wat 6 tot 9 voet in diameter is. 16. Wanneer hierdie vrug sy eerste fase van rypheid bereik het, begin die vloeistof in die sak tot so `n mate te verdig, dat die sak krimp en homself bietjie vir bietjie afskil van die verdigte vloeistof. Die verdigte vloeistof val dan op die grond saam met die stingel. Dit is wanneer die Saturniete hierdie gestolde sap bymekaar¬maak; hulle sny die vrug eweredig en die resultaat is dat hulle vierkantige borde verkry, wat hulle as spieëls gebruik. Verder is hierdie boom van geen nut nie, behalwe as versiering in hulle tuine, omdat `n ry van hierdie bome sorg vir `n skitterende praglaning! Die rede waarom die inwoners van Saturnus verkies om hierdie boom te plant, is omdat dit, net soos die piramideboom, maklik geplant kan word, maar dit kan nie met `n stiggie voortgeplant word nie. Omdat hierdie boom nie takke het nie, word dit eerder met sade geplant, wat nie in die vrug nie, maar in die bloeisel verkry word. 17. Die rede vir sy deursigtigheid is omdat sy totale organisme bestaan uit vierkantige buise, waardeur die bruikbare vloeistowwe opwaarts vervoer word. As hierdie buise rond was, sou geen ligstraal in staat gewees het om te penetreer nie, omdat die ligstraal te veel gereflekteer sou word; terwyl die ligstraal in die vierkantige buise aan minder weerkaatsing blootgestel is en kan daarom dieper penetreer sonder enige noemenswaardige hindernis. En omdat al die bome op Saturnus en by voorkeur in hierdie spesifieke land, se stamme glad en gepoleer is, skitter die oppervlak van hierdie eienaardige boom soos spieëlglas op aarde; sodat enige verbyganger sy eie refleksie van kop tot tone in die stam van hierdie boom kan sien. 18. Hierdie verklaring dek nou die besonderhede van die eerste agt boomspesies. Laat julle verbeelding toe om vry te loop in hierdie verband en dit sal nie vir julle moeilik wees om te verstaan hoe Ek, die Skepper, die vermoë het om `n wêreld te versier, sonder stede en paleise wat deur mensehande gebou is. Dit is die inligting vir vandag. Ons sal die ander boomspesies verder bespreek in die hoofstukke wat kom. Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205