Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 50 Meer oor die verskillende doelwitte van Saturnus se Ring. `n Voorbeeld van glasblaas en die verkoelingsoond. Die delikate materiële inwoners van die Ring. Hulle lewenswyse en hulle kommunikasie met die inwoners van die planeet. Afwesigheid van die dierewêreld en saadlose vrugtebome. 1. Julle kan sien hoe goed ontwerp en bereken alles is, veral met betrekking tot die Ring wat geleë is reg bo die ewenaar van Saturnus! Verder het julle geleer dat die hele skepping op Saturnus, beginnende by die planteryk, tot by die mens, hulself manifesteer in reuseliggame. 2. Die vraag sal nou opkom: Is dit alles waar en indien dit waar is, waarom dan hierdie reusagtige groot liggame? Toe die hoogste van alle Geeste in die liggaam van die Meester, terwyl Hy op aarde was, genoeg spasie gehad het in ooreenstemming met Sy orde, waarom moet hierdie Saturnus mensegeeste dan sulke reuseliggame hê? 3. Die rede hiervoor is dat hulle geen interne materiële of fisiese drukking ervaar nie. Die drukking kan hulle laat ontbrand wanneer dit ontstaan vanaf die buitekant en die drukking word oorgeplaas na die binnekant. Om hierdie selfde rede is hulle ook buitenge¬woon delikate liggame gegee, sodat die maklik prikkelbare gees nie enigiets sal vind wat hom bo sy natuur kan druk en hom maklik kan opwek tot `n volledige ontbranding nie. 4. Verbeel julle nou hierdie groot, verhoudingsgewys swaar liggame, wat,- as `n gevolg van die groot volume van die planeet self en as gevolg van die feit dat die gravitasionele of aan¬trekkingskrag in verhouding tot die planeet baie swaarder sou gewees het as die proporsioneel soortgelyke liggame op julle baie kleiner aarde. Sal enigiets gewen word vir hierdie tipe geeste deur die vroeëre versigtige ondernemings, as hulle in hulle liggame gelaat was met so `n groot moeisaamheid? 5. Dit is waarom My wetenskap, wat op `n ietwat hoër vlak is as die van julle wetenskaplikes, hierdie Ring ontwerp het, waardeur die gravitasionele krag van hierdie planeet aansienlik verminder word, sodat hierdie reuseliggame in verhouding tot hulle planeet byna 100 keer ligter is as julle liggame in verhouding tot julle baie kleiner aarde. 6. Dit is `n buitengewone, baie belangrike doel van die Ring wat nog nie voorheen genoem was nie. Selfs al lyk dit deur `n teleskoop klein in vergelyking, is hierdie Ring van die uiterste belang – want dit is nie net `n Ring om `n planeet nie, maar moet beskou word as `n sterk band oor die hele heelal. 7. Nou kom die vraag op: Is dit die enigste en finale doel van die Ring? O nee! Ons sal van `n ander doel leer, wat by verre baie groter en meer belangrik is as die voriges. Maar voordat ons dit gaan aanraak en hierdie hoofrede ondersoek, moet ons die vraag vra: Is die Ring bewoon? 8. Dit is waarom Ek hier sê: As die hoofdoel hieruit ontstaan, dan moet die Ring bewoon wees. Maar deur wie en hoe? Dis `n ander vraag! 9. Maar voordat Ek hierdie vraag beantwoord, as `n voorbeeld wil ek julle aandag vestig op een van die bedrywe wat julle op aarde beoefen en dit is die vervaardiging van glas. 10. Sodra jy die bestanddele wat nodig is vir die vervaardiging van glas, fyngemaak het en dit dan gemeng het saam met die nodige soute, dan word hierdie bestanddele in `n smeltpot geplaas en deur die korrekte hoeveelheid hitte toe te pas, word hierdie bestanddele `n vloeistof. Kyk na hierdie gesmelte witwarm glas materiaal! Dit is die toestand van die Saturnus mens in sy liggaam op hierdie planeet. 11. Wat gebeur met hierdie bestanddele wanneer dit die korrekte vloeibaarheid bereik het? Feitlik allerhande soorte kruike, flesse en ander houers word van hierdie bestanddele gemaak op die welbekende manier, naamlik deur middel van lug wat die longe van die lugblaser vul en deur `n glasblaaspyp geblaas word. Hier het ons ons Saturniet as `n fyn, deurskynende geestelike mens wie, deur die wedergeboorte, afstand doen van sy fisiese liggaam. Hierdeur neem die gees alreeds `n soliede vorm aan. 12. Wanneer die glashouer op hierdie manier geproduseer is, word die blaser se pyp verwyder en die houer word in `n ander pot geplaas en in `n afkoeloond gesit. Nou het ons by die Ring aangekom, want wanneer `n mens op Saturnus sterf, word hy by wyse van spreuke, verwyder van die blaser se pyp van die Groot Glasvervaardiger en word in `n ander pot geplaas en in die verkoelingsoond gesit! Hierdie verkoelingsoond is die Ring! 13. Hierdie eerste Ring is vir die afkoeling van die grootste hitte. Die tweede Ring is vir ’n verdere afkoeling. En die laaste Ring is vir die soepelheid en slegs hierna is elke vrygemaakte menslike gees op hierdie planeet in staat om liefde te ontvang. 14. Ek is van mening dat, op grond van hierdie voorbeeld, enige verdere verduideliking onnodig is, omdat die verduideliking so duidelik is. Dit beteken egter nie dat iemand die vraag sal vra: Wat is die doel daarvan om hierdie geeste `n materiële plek te gee om te woon? 15.Die antwoord op hierdie vraag is baie eenvoudig, omdat die geeste van die Saturniet mense, wanneer hulle uit hulle eerste liggame tree, nie onmiddellik suiwer geeste is nie, soos wat julle kon gesien het deur hulle maklike herverskyning na hul dood en die vinnige ontbinding van hul liggame. Wanneer hierdie geeste die groot Ring betree, het hulle nog steeds `n soort materiële liggaam, wat natuurlik baie ligter, delikater en suiwerder is as die vorige een wat hulle gehad het, terwyl hulle nog op die planeet was. En selfs hierdie liggaam word aanhoudend suiwerder en meer geestelik, soos wat die Saturniet mens verder opgaan in die hoër sfere van die Ring. 16. Die inwoners eet, drink en lewe op die ringe soos wat hulle dit op die planeet gedoen het, met slegs een verskil: Al die produkte is in verhouding fyner en meer eteries, net soos die mense wat daar teenwoordig is. 17. Die verskil tussen hierdie Ring en die planeet is dat op hierdie tweede wêreld daar geen diere teenwoordig nie. Alhoewel daar vrugtebome is, het nie een van hulle enige sade vir voortplanting nie, want hulle groei vanuit die grond soos sampioene op aarde. 18. Dat hierdie ringbewoners vir `n kort tydjie vanaf die Ring kan beweeg na die planeet self op die innerlike wens van die inwoners van die planeet en met geestelike spoed, kan afgelei word vanuit die vele sulke verskynings van hierdie geeste onder die bewoners van die planeet self. 19. Maar aangesien die wonings en lewensomstandighede van die geestelike mense op die Ring onvergelykbaar liefliker, meer verhewe en geriefliker is, is die Ringgeeste nie geneig om langer op die planeet te bly as wat die Wil van die Groot Gees dit nodig vind nie. Dit is waarom hulle altyd baie bly is wanneer hulle weer na die Ring kan terugkeer. 20. Nou weet julle alles wat nodig en wetenswaardig is oor die Ring. In die volgende hoofstuk sal ons die mane van hierdie hemelliggaam behandel en sal dan die mededeling oor hierdie hemelliggaam afsluit.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205