Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 51 Die Saturnus mane sonder enige asrotasie. Natuurlike lewe bestaan slegs op die teenoorgestelde kant van die maan. Die mane as na-skole van Saturnus en voorskole van die Ring en die suiwer geestelike lewe. Afsluitingswoorde. 1. Wat die mane aanbetref, het hulle dieselfde verhouding tot hulle planeet as wat ons maan tot die aarde het, maar daar is `n gradering deur die mane, wat natuurlik nie op aarde kan voorkom nie, omdat die aarde slegs een maan het. 2. Wat die beweging van die mane aanbetref, draai hulle altyd waar dieselfde helfte wys na hulle planeet. 3. Om hierdie rede is hulle bewoonbaarheid tweevoudig, naamlik `n geestelike en `n natuurlike een. Daarom is die agterkant van elke maan bevolk deur mense en diere en dit het plantegroei, water en lug en alles wat nodig is om natuurlike lewe te onderhou. 4. Mense wat natuurlik op die agterkant van die mane lewe, is natuurlik heelwat kleiner as daardie op die planeet en op die kleiner mane het hulle nie eers die grootte van die mense op aarde nie. Op die groter, buitenste drie mane, is die mense groter as op aarde. 5. Die natuurlike mense op die mane is in konstante geestelike kontak met die werklike Saturniniese mense, sodat die geeste van daardie Saturniniese mense wat hulleself nie voorberei het gedurende hulle natuurlike lewe om een van die ringe te bereik nie, daarom eers die geestelike lewe op een of meer van die mane sal moet verduur, in ooreenstemming met hul ontwik¬kelingsvlak, alvorens hulle op die laagste Ring aanvaar kan word. 6. Wat doen hierdie mense op die mane? En watter soort Saturniniese geeste kom na `n maan? Geeste wat na `n maan toe kom, is selfsugtig en heidens, - hulle wat regdeur hul Saturnus lewens die Ring as `n godheid vereer en aanbid het. Op elke maan verskyn hulle eers aan die natuurlike kant (die agterkant) en deur hul liggame sien hulle dit wat natuurlik is en hulle lewe daar as natuurlike mense, maar hulle kan nie die Ring sien wat voorheen hul afgod was nie. 7. Wanneer hulle daardeur gespeen raak van die Ring en ook hulle planeet verloor het, dan beweeg hulle na die deel van die maan wat na die planeet toe wys, waarvandaan hulle die planeet en die Ring as `n byna soliede liggaam kan sien. Daardeur word hulle gaandeweg bewus gemaak daarvan, terwyl hulle onderrig word deur ander hoër geeste wat na hulle toe kom, dat die Ring gladnie `n soort goddelike wese, of die woonplek van `n god¬delike wese is nie, ook is dit nie die weg wat die Groot Gees bewandel wanneer Hy bokant die hemele loop nie. Maar hulle kan met hulle eie oë sien dat dit maar net `n soliede materiële hemelliggaam is wat rondom die werklike planeet geplaas is. En hierdie Ring was geskep deur die Groot Gees, sodat die geeste van die afgestorwenes op die planeet voorberei kan word op die Ring vir `n hoër lewe waarvan hulle tot dusvêr geen idee gehad het nie! 8. Wanneer hierdie geeste dit geleer het, - deur onderrig sowel as deur hul eie ervaring, - gooi hulle dadelik hulle valse geloof oorboord en doen navrae oor die werklike woonplek van die Groot Gees. Dit word aan hulle uitgewys dat hulle hierdie inligting op die ringe sal kry. Hulle het nou die suiwer geestelike toestand volledig bereik en het dan ook volledig daarin oorgegaan. Daarna ervaar hulle `n verlange na die Ring, maar meer so na `n suiwer geestelike toestand en wanneer dit gebeur, word hulle onmiddellik na die Ring oorgeplaas. 9. Nou het julle die antwoorde van vorige vrae, maar met tyd mag die volgende vraag gevra word: Hoekom word sewe mane nou benodig vir hierdie doel? Kon een maan nie so 'n eenvoudige taak vervul het nie? 10. Dit sou waar gewees het as hulle geeste nie van verskillende geaardheid was nie, dan sou een maan genoegsaam gewees het. Die Saturnus geeste het egter hulle setel onder een knie in die Groot Skeppingsmens of die Groot Kosmiese Mens* en dit is meer as genoeg rede, omdat die bene die buitenste fondament van die lewe is en op die bene self die gewrigte. As byvoorbeeld, die liggaam `n besering opdoen op die arm of op die vel of enige ander plek op die liggaam, kan die liggaam nog steeds regop staan en rondbeweeg en na hulp soek. As een van die bene egter, veral een van die gewrigte, `n baie ernstige besering opdoen, dan word die hele liggaam beïnvloed en die persoon sal hoogs waarskynlik op die grond neerslaan en nie in staat wees om te beweeg nie en sal dan ook nie hulp kan gaan soek nie. En dit is die rede waarom die bene van ’n mens sterker gebou is as al die ander dele van die liggaam. *Die Groot Kosmiese Mens of die Groot Skeppingsmens beteken die groot getransformeerde primêre gees van Lucifer. Vir verdere detail sien Robert Blum – van die Hel tot die Hemel en die Fundamentele Beginsels van die Lewe, deur J. Lorber. 11. Die inwoners van Saturnus verteenwoordig die belangrikste deel van die liggaam onder die knie van die Groot Skeppings¬mens (of die Groot Kosmiese Mens) en julle het alreeds by ander geleenthede van hierdie Groot Gees wese gehoor. Om hierdie rede moet groot aandag geskenk word rakende die geeste van die Saturnus mense en dit is van toepassing op elk en iedere gees tot watter mate die ‘sewe geeste’** (waaruit elke gees bestaan) in die gevaarlikste posisie verkeer. En dit is die doel van die bestaan van die sewe mane, sodat in een of ander maan een of ander van die sewe primêre geeste gekalmeer kan word en weer in die korrekte orde met die ander ses oorblywende geeste gebring kan word. Vanuit hierdie verduideliking sal julle in staat wees om te begryp waarom hierdie planeet sewe mane het. **Die sewe primêre geeste van god is: (1) Liefde, (2) Wysheid, (3) Die Effektiewe Wil van God, (4) Die Orde, (5) Goddelike Erns, (6) Geduld en (7) Barmhartigheid. Vir meer inligting sien Die Groot Evangelie van Johannes en die Fundamentele Beginsels van die Lewe deur J. Lorber. 12. Nou weet julle alles wat daar te wete is rakende hierdie mane. Hulle afstand van die planeet en hul grootte was in die begin van hierdie boek genoem. Daarom voltooi hierdie die beskrywing van die mane. 13. Omdat ons nou geleer het van die planeet, die Ring, sowel as van die mane, sal ons nou hierdie werk afsluit. Sommige van julle mag dalk vra: Watter voordeel of doel dien hierdie hele boodskap van Saturnus vir ons? Ek sal as volg antwoord: Eerstens, elkeen van julle wat hierdie boodskap gelees het, moet hierdie voorbeeld neem as `n ernstige vermaning van hoe heeltemal anders die inwoners van hierdie planeet My Wil respekteer, as wat die inwoners van die aarde dit doen. Tweedens sal julle uit die hele boodskap kan verstaan hoe My liefde, wysheid, mag en Vaderlike versorging heelwat verder strek as wat die arrogante menslike intellek se dom verstand dit kan bedink! Derdens moet hierdie waarneming die mense op aarde lei tot die diepste deemoed, vanwaar die mens kan sien wie hy is en Wie Ek is – hulle God, Skepper en Vader! Hy behoort in sy hart te kyk en dit te bepeins hoe die grootste seëning en vertedering oor hom uitgestort is en dat Ek, die enigste Meester en Skepper van hierdie wonderbaarlike werke, besluit het om hierdie aarde te kies, hierdie vuil, klein planeet, as die geboorteplek van My oneindige liefde, erbarming en genade en gevolglik die hele volheid van My goddelike Wese. Om hierdie rede sal Ek julle toelaat om die son* te ondersoek, sowel as `n paar ander planete. Dit sal nie in so baie detail beskryf word nie en alhoewel baie kort, sal dit nogtans genoeg¬saam wees En met hierdie belofte volstaan Ek met hierdie kommunikasie. My seëninge, My liefde, My barmhartigheid en medelye gaan met hierdie belofte saam. Amen! *Die natuurlike son deur Jakob Lorber.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205