Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 7 Saturnus se rykdom in die groente koninkryk Saturnus se primêre kleur – blou Aromatiese genesende kruie Die goue struik, metaalplante, blou gras Vorm veranderende veldblomme Geurige alg mos Saturnus se berge en vlaktes 1. Ons het reeds geleer van sommige van die meer bruikbare plante. Ons sal die ander plante in `n meer algemene opsig behandel, omdat, - indien ons al die eienaardige plante op Saturnus in detail moet bespreek, dit te veel tyd in beslag sal neem en nie die beoogde doel sal dien nie, veral as in ag geneem word dat ons nog ses-en-sewentig van hierdie groot lande sal moet besoek, sowel as verskeie honderde eilande en die gehele enorme groot suidelike- en noordelike areas wat met ys bedek is; en dan die selfs groter lande op die Ring en ook die sewe mane. Daarom kan ons slegs raak aan dit wat vir ons die eienaardigste is en ons sal by enigiets anders moet verbygaan en slegs daarvan melding maak, indien dit `n ooreenkoms toon met die produkte op die aarde. Herrifa, die land waarmee ons nou besig is, het ontelbaar baie plantspesies wat gedeeltelik ooreenkom met dit wat op die aarde groei; maar aan die ander kant is daar baie spesies wat hoegenaamd geen ooreenkoms het met enige op aarde nie en daar is weer plante wat slegs inheems tot Saturnus is en nêrens anders bestaan nie. 2. Aangaande die plante wat `n ooreenkoms toon met dié op aarde: Die basiese verskil is dat die plante op Saturnus dié op aarde met honderde kere oortref wat grootte, hoogte en groei aanbetref. As gevolg van hul grootte, kan jy hul volle grootsheid met die naakte oog sien, waar julle op aarde `n mikroskoop daarvoor moet gebruik. 3. Die tweede verskil is die kleur; want op Saturnus word die groen meestal vervang met `n vars en opgewekte blou in al sy skakerings, dieselfde soos in Amerika, waar sommige plante meer blou as groen is en die groen self nader is aan blou as aan geel. Geel is inderwaarheid die kleur wat die vêrste wegstaan van die kleur van lewe. 4. `n Derde verskil is dat die bloeisels van hierdie plante heelwat groter, meer volop is en hul kleur versmelting word versterk deur iets wat lyk soos ’n gepoleerde metaalbasis wat deurskyn. 5. Deur die vrugte van die plante op Saturnus met dié van die aarde te vergelyk, is `n enkele pit van `n mieliekop op Saturnus die grootte van `n honderd en by sommiges selfs `n duisend van dié op die aarde. Verder produseer `n plant tien- of selfs `n honderd keer meer pitte. Hierdie hoë opbrengs is noodsaaklik omdat, op Saturnus, `n halwe oesjaar ooreenstem met vyftien jaar op aarde. Dit is ook waarom `n tien jaar oue kind op Saturnus byna driehonderd jaar oud sal wees op aarde. 6. Dit is die essensiële verskille van daardie plante wat op `n kleiner skaal ook op aarde groei. As julle julle fantasie wil aanwakker, kyk dan na so `n plant op aarde en verbeel julle al die dele van die plant is `n honderd keer groter; en verbeel julle daarby die kleure wat so `n plant op Saturnus het, sowel as al die ander prag wat hierdie plant besit, indien dit deur `n mikroskoop bekyk word. Indien julle dit op hierdie manier sal benader, sal julle `n idee hê van die plantegroei op Saturnus. 7. In die hoër bergagtige streke van Saturnus groei buitengewone genesende kruie en hulle eteriese aromaties genesende kragte is so ontsaglik en vêrreikend. Nie net hou hulle die Saturniete in die beste gesondheid nie, maar hul genesende effekte bereik afstande van meer as `n duisendmiljoen geografiese myle deur die eter sodat, by voorkeur deur `n voorbeeld, die ouer struike, jenewerbome (Juniperus communis) en ander genesende kruie met dorings* `n aansienlike hoeveelheid van hul eteriese genesende aroma ontvang vanaf die plante vanaf Saturnus. *Meidoring, haagdoring, distel, ens.. 8. Daar is een spesie van `n bergkruid op Saturnus wat Ek in meer detail wil beskryf. Hierdie krui is bekend as hellatharinaga wat, as dit vertaal word beteken; “die duisendblaar goue struik.” Hierdie struik groei direk op kaal rots en die stam word 18 tot 24 voet hoog. Om die stam kronkel daar ongeveer `n duisend ligte rooi blare in `n spiraalvorm; hulle vorm is `n langerige oviform (eiervormig) en gewoonlik 5 tot 6 voet lank en 3 voet breed. Vanaf die kante van hierdie blare steek daar nege duim lange uitsteeksels uit, sodat vanaf die stingel van die blaar tot aan die end daarvan, daar 100 van hierdie uitsteeksels is; die blaar het dus 100 van die uitsteeksels aan die eenkant, sowel as 100 aan die anderkant – dus `n totaal van 200. Hierdie punte het `n donkerblou kleur wat ligter word in die rigting van die punt. Hierdie aar, wat in die middel die langste is, het heel voor aan sy punt `n bondel penne wat net so rooi is as die blaar self. Die bokant van die blaar is soos ’n rooiwarm yster of brandende steenkool wat met `n blaasbalk aan die brand gesteek is en hierdie blare produseer inderdaad so `n skitterende voorkoms. Die onderkant van die blaar is versier met 4½ duim lange hare wat al die kleure van die reënboog produseer vanaf die blaar en selfs op `n afstand sal julle `n glinsterende reënboog onder elke blaar kan sien. Hoe nader julle aan hierdie blare kom, hoe meer neem die sierlikheid van hierdie reënboë toe, omdat die kleurespel meer gekonsentreerd word vir die oog. Die stam of stingel van die plant lyk soos dof gepoleerde goud en rys gewoonlik tot drie voet bokant die bos blare uit waarop daar verskeie ontluikende bloeisels is waarop nuwe knoppe voortdurend hergroei. 9. Die bloeisel het niks in gemeen met enige blom op aarde nie. Haar vorm is soos `n rooigoud sfeer met `n omtrek van 3 voet waaraan welgevormde menslike arms aangeheg is en aan elke arm, in plaas van vyf vingers van verskillende groottes, is daar tien stekelrige ligstrale in `n kleur soortgelyk aan goud. Dit lyk byna asof iemand `n uitgestrekte hand wou skilder en, in stede van om `n vinger te verf, hy `n halwe son geskilder het wat tien strale uitstuur. Daar is vyf kroonblomme rondom een blomknop wat in `n reguit lyn groei vanaf die omvang van hierdie ronde knop, sodat die helfte van die ronde sfeer in die blomkelk gevestig is. In die middel van hierdie halfsfeer steek daar twee meeldrade uit, een wat die dikte het van `n halwe mansarm, terwyl die ander een `n diameter van een duim het. Die dunner een is die vroulike en die ander is die manlike; die vroulike is wit van kleur, waar die man s’n pienk is. Beide helmdrade steek drie voet verby die kelk en hang ondertoe na die grond, maar raak nie die grond nie. 10. Aan die einde van die vroulike meeldraad is daar `n tregter wat na agter gebuig is* waarop die manlike meeldraad met sy opening** ook na ondertoe buig. Die manlike meeldraad sal van tyd tot tyd `n heerlik geurende vloeistof laat drup in die tregter van die vroulike meeldraad.*** Dit is inderdaad die bestuiwing of die paring van hierdie blom. Die vroulike meeldraad absorbeer hierdie vloeistof binne in haarself en hierdeur dra sy die hoogs kragtige sade van hierdie plant, terwyl die manlike meeldraad hierdie eteriese vloeistof ontvang van die blomkroon en die blomkrone ontvang die vloeistof vanaf die blare van die stam. *Merkteken **Soortgelyk aan `n helmknop ***Stigma (merkteken) 11. Die kleur van die bloeisel is wit. Natuurlik maak dit elke blom se meeldrade wit, selfs witter as die wit van julle lelies. Die kraagskyf aan die einde van die blomkrone lyk soos `n gepoleerde robyn wat ietwat getand is, soortgelyk aan `n plat hand aan die end van `n arm. Die strale lyk egter soos deursig-tige goud. 12. Hierdie blom, of eerder genesende krui, blom en groei regdeur die jaar en is daarom te alle tye beskikbaar. Wanneer daar hier en daar een gepluk word deur die inwoners, groei daar `n nuwe een in sy plek. Wanneer hierdie plant in volle blom is, gee sy `n reuk af wat julle nie vir julleself kan indink nie, want daar is niks op aarde wat eers naby kom hieraan nie. Die geur van julle rose is bejammerenswaardig in vergelyking hiermee. 13. Indien hierdie helende krui, wanneer in volle blom, maar slegs eenkeer op die aarde kon gegroei het, sal sy intense buitengewone geur `n hele land, soos Styria* kon versadig het. As dit nie die geval was nie, hoe kan die aromatiese genesende krag van so `n plant dan die vêrste berge van ander planete bereik? Dat dit die waarheid is, kan bevestig word deur `n persoon wat mediale kragte het en wanneer so `n persoon `n astrale wisselwerking met so `n planeet het, sal hy of sy julle sonder voorbehoud kan vertel dat die effekte van hierdie genesende krui op hierdie verre planeet as voordelig waargeneem kan word. *Steiermark - `n provinsie in suidelike Oostenryk 14. Die inwoners van Saturnus beskerm hierdie plant baie versigtig en hulle vergader of oes dit baie weinig, omdat die versterkende effek van hierdie plant primêr gesetel is in die lug wat hierdie plante omring. Slegs wanneer so `n plant `n ryp ouderdom bereik het en verdorring begin intree (wanneer die hare op die blare wit begin te word), dan gebeur dit dat die stam versigtig afgesaag word en die sade word dan op die rotse gesaai. Die sade van hierdie blomme is baie klein en stem ooreen met geurige stof, in plaas van sade. Hierdie stof word ingetrek deur die porieë van die rots en hier en daar sal daar plante begin uitkom. 15. Daar is nog een ding wat ons moet aanraak en dit is hoe so `n plant wortels kan skiet op so `n kaal rots. Die wyse waarop dit gebeur, is dat die plant sy wortels regoor die kaal rots versprei, soortgelyk aan die lewermos (Hepatica) op aarde. Van die groot wortels wat oral oor die rots versprei, groei daar `n ontelbare hoeveelheid fyner veselagtige worteltjies en hulle boor in die porieë van die rots in en hou die stam van die plant stewig vas, sodat geen menslike wese in staat sal wees om dit van die rots af te trek nie. Die vraag kom nou na vore: Wat trek hierdie wortels nou vanuit hierdie harde rots? Die antwoord is eenvoudig. Hulle trek `n tipe van ’n klipolie daaruit. Hoe onttrek hulle dit vanuit die rots? Dit gebeur deur `n inherente krag, wat hulle eie smeltvuur is en hy maak homself bekend in klein elektriese vonkies, wat vir die naakte oog onsigbaar is. Die wortels het egter genoeg krag om die aangrensende atome van die rots op te los in eteriese olie, wat onmiddellik opgeslurp word deur die wortels en gelei word, min of meer gesuiwer, na die stam in die blare en die blom se kroonblare en uiteindelik na die eteriese sade. 16. Hierdie is die mees essensiële punte wat julle moet weet aangaande hierdie hoogs eienaardige plant van hierdie hemel¬liggaam. Selfs hier, - laat julle fantasie vir `n oomblik rondswerf en indien julle die voorskrif van hierdie plant volg, sal julle in staat wees om haar te fantaseer en in julle gees begin te geniet en julle sal bekoor word deur haar genesende krag, prag en heerlikheid. 17. Natuurlik is dit nie die enigste genesende krui of plant nie. Daar is baie verskillende soorte plante wat `n genesende en voordelige effek het en wat hierdie effekte eteries na ander areas op ander planete stuur 18. Veral merkwaardig is die metaalplante. Op Saturnus staan hulle bekend as kibri. Deur hierdie plantsoort verkry die Saturniete hulle suiwerste metale van allerhande soorte, sonder die noodsaaklikheid van chemiese versmelting- of suiwerings¬prosesse. Hierdie metaalplante kom voor in verskeie areas van die berge in die mees fantastiese vorms. Op aarde is daar ook plante wat metale bevat; maar nêrens sal julle `n aardplant vind waar die wortels, stamme en blare heeltemal uit metaal bestaan nie. Julle mag in staat wees om so-iets soortgelyk kunsmatig te produseer, indien julle `n stukkie sink neem en dit in opgeloste lood plaas en binne `n kort tydjie sal die sogenaamde Saturnus boompie homself vorm. Dit word ook ‘die Loodboom’ genoem. Wat ookal `n groot poging op aarde verg en wat slegs kunsmatig verkry kan word en onder die mees eensydige en somtyds arbeidsame en armste van omstandighede, werk die skeppende kragte van die natuur in `n wye, ryklike en grootse manier op Saturnus, - vry en sonder die geringste hulp vanaf die menslike wetenskap. Dit is waarom die antieke sagas hierdie planeet ‘Saturnus’ noem. Saturnus in julle taal beteken `n ‘versadigde’ ster. Dit beteken ook ‘versadiging’ in al die fundamentele tale. 19. Sien, dit is hoe dinge floreer op hierdie planeet, wat in elke aspek `n ryklik bedeelde hemelliggaam is. 20. As julle die groei van gras op aarde vergelyk met dié van Saturnus, is die groei op Saturnus weliger en groter. Die kleur van die gras is regdeur blou, maar gaan oor in `n violet kleur. Die saadhalm is draadagtig en bereik baie keer `n hoogte van 12 voet bokant die grond en is merendeels `n skitterende wit en sporadies groenerig. Die are aan die stam is meestal `n ligte groen. In ooreenstemming met die verskeidenheid van grassoorte is daar `n buitengewone verskil in die samestelling van die are, sowel as in die kleur en vorm van die blare. 21. Die weilande is `n absolute skat van die grootste verskeiden¬heid, met die manjifiekste blomsoorte. `n Entoesiastiese botanis sal nie al die verskillende soorte op een vierkante geografiese myl weiland in vyftig jaar kan tel nie. 22. Besonder eienaardig op Saturnus is die Briden. Dit is `n tipe grasvlakte blom wat haar vorm en voorkoms tien keer in een jaar verander. Want so dikwels as wat Saturnus se hoogste maan sy roete voltooi het en die ander mane dieselfde verskeie kere gedoen het, is dit dan hoeveel keer wat hierdie plant haar vorm verander. Sy neem slegs weer haar oorspronklike vorm aan wanneer al die mane hulle oorspronklike posisies ingeneem het en dit gebeur nagenoeg tien keer in een Saturnus jaar. Dit is waarom hulle die naam gegee was wat ‘maanblomme’ beteken. 23. Behalwe al die verskillende spesies grasse en veldblomme, is daar nog die vele soorte Alpe mos wat noemenswaardig is. Op Saturnus word dit Tirbi genoem. Hul verguld letterlik `n boomlose berg so pragtig, dat julle skaars daarna sal kan kyk wanneer dit verlig word deur die sonlig. Hierdie mos groei buitengewoon naby aan mekaar in hulle verskillende variëteite, ongeveer 30 duim hoog bokant die klipperige berggrond. Dit lyk regdeur soos `n wisselkleurige goue sanderige tapyt, gepaardgaande met die allerheerlikste Alpe geure. In hierdie berge sal die Alpe bergklimmer homself voortdurend in baie welriekende lug bevind; soos wanneer iemand op die punt staan om `n balsem woud binne te gaan in die Ooste in Lebanon wanneer hulle in blom is. Enigeen wat hierdie bloeisels oes, sal voel asof hy in die ontvangsaal van die hemele is. 24. Ons het alreeds melding gemaak van die hoogte van die berge op Saturnus. Daar is nog een ding wat genoem moet word – selfs die hoogste pieke is in staat om een of ander plante daar te laat groei, wat nie op aarde moontlik is nie, as gevolg van die noodsaaklike lae lugvlak. Ook het die berge op Saturnus nie sulke skuins hellings nie, maar styg geleidelik soos gewone piramides. Hulle vorm ook nie ononderbroke rye of kettings nie, maar styg bokant die laagliggende lande soos `n weiland waarop julle gesnyde gras soos hooimiede op mekaar gepak het. En hierdie berge word hoër en hoër nader aan die middelpunt van die land of eiland. Indien iemand die hoogste van hierdie berge in die middel van so ’n land sou klim, sal hy in staat wees om bo-oor al die ander berge te kyk. 25. Nou en dan vind julle rotsformasies in hierdie berge, maar hulle is nie so ru soos op aarde nie. Hulle styg aan die kant van die berg in `n teenaanliggende posisie soos suikerbrode, waarvan sommiges hoogtes bereik van 30,000 tot 100,000 voet, alhoewel `n ten volle uitgegroeide Piramideboom so `n rotsformasie in die skande sal steek, omdat die toppe van hierdie Piramidebome hoogtes bereik wat hoër is as die toppe van hierdie berge. Nou kan julle vergelyk, vanuit die inligting wat julle ontvang het, die hoogte van ’n piramideboom versus die hoogte van die berge en julle sal weet waarom hierdie boom eerder bekend moet staan as ‘groeiende berg’ in plaas van `n boom. 26. Hierdie land Herrifa is die bergagtigste land op die hele Saturnus, maar dit is ook die land met die grootste vlaktes wat in alle rigtings deurkruis word deur die pragtigste stil vloeiende riviere wat eindig in die groot Saturnus oseaan. 27. In die hoofstukke wat sal volg, sal ons bespreek watter soort plantegroei op die walle van hierdie riviere of stroompies groei en hoe hulle andersins aangewend kan word. Maar vir vandag sê Ek, Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205