Die Twaalf Ure
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

ELFDE UUR - DIE VERLORE SEUN Geskryf op 23 Maart 1841, vanaf 03:45 in die middag tot 06:30 in die aand. Die skrywers is: digter Karl G. Ritter von Leitner, burgemeester van Graz, Andreas Hüttenbrenner, sy broer komponis Anselm Hütttenbrenner en F.S. (nie geïdentifiseer nie). 1] Julle het al die storie gelees van die verlore seun in my boek [Lukas 15: 11-32], en julle het hierdie storie dalk nie net een keer nie, maar al baie keer gehoor en gelees. Ek sê vir julle dat daar in die hele boek geen vers en hoofstuk is wat enigsins meer diepgaande is as die van die verlore seun nie. 2] Wat meer is, daar sal geen plek in die Skrif vir julle wees wat moeiliker is om te verstaan as hierdie gedeelte nie en die rede waarom julle nodig het om dit te weet, is omdat dit van die uiterste belang is en, as sodanig, is dit 'n onmisbare sleutel tot 'n mens se eie innerlike selfondersoek. 3] Die rede hiervoor is as volg: Dikwels spreek Ek verhewe dinge [dinge om van kennis te neem] vanuit My Wysheid deur die Liefde. Dikwels spreek Ek egter ook van oënskynlik onbenullige dinge [dinge wat onbenullig is] van My Liefde deur die Lig van die Wysheid. Let nou op: In die eerste geval sal jy slegs soveel aangebied word as wat jou eie individualiteit moontlik sal kan verdra. In die tweede geval word daar egter ’n omhulde oneindigheid aan jou gegee waardeur die finale ontwikkeling* [die evolusionêre verandering en begrip] nie in ewighede bereik sal word nie. * Vertalers nota: Ontwikkeling: Elke geskape wese of natuur is vir ewighede besig met ontwikkeling; alles wat was en wat geskape sal word, ontwikkel hulleself verder of ontwikkel hulleself oneindig. 4] Nou kyk: Net so 'n skynbaar onbenullige geskenk is die verlore seun ook. Ja, sê Ek, indien julle sou weet hoeveel in die verlore seun vervat is, voorwaar, aartsengele sal na julle skool toe kom. 5] Ek het julle baie dinge in die voorafgaande tien uur getoon, m.b.t. die huidige omstandighede - op hierdie tydstip* - op aarde waarin Ek nog steeds die grootste immoraliteite vir julle versteek het. Ek het julle die tekorte in die regsleer** getoon, oor die algemeen het Ek julle die waansin in Asië gewys, asook die barbaarsheid in Afrika. Ek het julle Amerika se skandelike gedrag getoon, natuurlik slegs 'n baie klein deeltjie daarvan. Ek het julle die uitvoering van die reg*** in Engeland getoon, veral in haar eksterne metodes, asook die behandeling van misdadigers op die - nou aan julle geopenbaarde - kus van Australië. Ek het ook aan julle 'n mishandelde land in die diep suide getoon. Ek het julle gewys hoe dit was en hoe dit hoofsaaklik steeds vandag nog is. Ek moet julle egter ook van iets anders bewus maak rakende hierdie land. In die allereerste plek met betrekking tot die volgende: Skenk dubbel aandag aan dit wat gesê is rakende hierdie land! Tweedens, dit wat gesê is oor hierdie land, moet julle allermins letterlik opneem. Hoekom so, sal binnekort aan julle getoon word. Verder het Ek julle ook gewys op die hoogs heerssugtige en afgryslike toestande [en bestaan] van ander eilandlande, veral die Japannese en bykomend, het Ek julle ook 'n klein hoeveelheid getoon van die noordelike land in Rusland. * 1841. ** Regsfilosofie in die hof. *** Die regsadministrasie of regstelsel. 6] Alhoewel die dinge in die wêreld so is, het Ek hierdie situasies nogtans nie aan julle openbaar, sodat julle hierdie dinge moet sien oor hoe dinge in die wêreld is nie, nee, want sulke dinge en 'n duisend keer erger sal plaasvind in die toekoms en daarvan sal julle ongetwyfeld dikwels hoor en lees. Maar Ek het hierdie aankondiging aan julle gemaak om geen ander rede nie as dit: Dat julle hieruit die groot geheim van die verlore seun diep innerlik sal herken tot julle eie grootste voordeel. 7] Natuurlik dink julle nou, wat het die verlore seun te doen met al hierdie wêreldse gruweldade? - Julle is baie nuuskierig oor hoe hierdie verlore seun sy weg gaan vind rondom hierdie hele [bose] wêreld-doolhof. Maar Ek sê vir julle: Dit is nog makliker om die verlore seun uit al hierdie tonele te vind en Hom aan te gryp, as vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan. 8] Om dit alles te verstaan, is dit veral noodsaaklik dat julle besef wie hierdie verlore seun eintlik is. Soos wat die verlore seun aan julle toon – wel slegs by name –moes julle waarlik getref gewees het met meer as sewevoudige blindheid, as julle nie onmiddellik sou agterkom dat 'n groot bedekking van julle oë afgeneem is nie. Berei julleself nou voor en hoor die naam! 9] Sien, hy word genoem, "Lucifer!" - Kyk, in hierdie naam is vir julle die hele ewige onverstaanbare en eindelose kompendium* van die verlore seun opgesluit. – * ’n Bondige maar uitgebreide opsomming van 'n groter werk. 10] Dink nou daaraan dat die bestaande, byna alles van die mensdom, niks anders is as ledemate* van hierdie verlore seun nie, en in werklikheid is dit hoofsaaklik saamgestel uit hierdie mense wat afstam vanuit die vervloekte lyn van Adam. Sien: Hierdie verlore seun het al sy [oorvloedige] vermoëns geneem wat hom toegekom het en is besig om dit te vermors - volgens julle begrip - in eindelose langdurige tydperke. * ... of lede. 11] Julle weet nou vanuit die verhaal van die verlore seun hoe sy lot geëindig het. Kyk nou deur al hierdie toestande van die wêreld en julle sal waarlik niks anders sien as die eindbestemming van die verlore seun op 'n uitgebreide skaal* nie. * Of soos in 'n gedetailleerde panoramiese uitsig 12] Kyk na die gebrekkige regspraak; wat dink julle sou die rede hiervoor wees? Voorwaar is dit niks anders as die nalatigheid en die voortspruitende dofheid* van die gewete nie. * Die apatie en onverskilligheid in die stelsel 13] Kyk nou weer na die verlore seun. Kyk of dit nie sy eerste toestand van die verlating van sy vaderlike huis is nie? Neem die waansin in Asië waar! Wat is dit anders as die natuurlike opvolging, wat die opvolging of die chronologiese orde van tyd stelselmatig ontwikkel het, tot die huidige kulminasiepunt van gruwels – 14] Gaan nou verder na Afrika: Lei die verlore seun by die hand en indien julle met ietwat skerper geestelike oë sal kyk, sal julle, nie net in die huidige toestand nie, maar ook in alle denkbare situasies van hierdie land, 'n wonderlike getrouheid ontdek. Ja sê Ek, nie net in Egipte nie, maar in die hele Afrika. 15] En dat dit nie net in en van wat die huidige tyd aangebied is nie, maar ook deur alle tydperke, sovêr as wat enige mens se gedagtes in staat is om terug te gaan en nog verder. In hierdie baie tydperke en plekke het die verlore seun homself in dieselfde omstandighede bevind wanneer hy sy [oorvloedige] vermoëns so vermors het. Terselfdertyd het hy ook gedink dat hy op elke moontlike manier 'n soort van besit kon herwin, wat soos die voormalige een sou lyk en homself weereens op hierdie manier kon verhef. Maar helaas, kyk na al die vrugtelose barbaarse pogings op hierdie hele vasteland, wat in wese gepleeg is deur almal van hulle wat ryk wou word en dit daardeur so gemaak het? 16] Die gebeure van die verlede sal aan julle 'n groot deel toon en so sal die huidige julle onteenseglik toon van hierdie hele deel van die wêreld. Want Ek sê aan julle, nie net elke enkele persoon nie, nie net elke nasie nie, maar die hele vasteland [van Afrika] van die eerste tot die laaste sandkorreltjie. Ja, van die eerste tot die laaste sonstraal, in alle individuele lande, berge, riviere, woestyne en diere, is die verhouding van die verlore seun waarlik verteenwoordig; Hy is ook verteenwoordig vanaf die aanvang van die pre-geskiedenis tot op die huidige tydstip en verder. 17] Neem weereens die verlore seun by die hand, maar moet nie vergeet om op hierdie reis slawe-kettings aan hom te heg en saam met hom te gaan na Amerika nie. Regtig, julle sal blinder as die middelpunt van die aarde moet wees, as julle nie daar dieselfde sal aantref nie - duisendvoudig in alle denkbare situasies. Hier het Ek nie iets meer vir julle te sê nie as dat die noordelike deel van Amerika die innerlike [siel] voorstel, maar die suidelike deel verteenwoordig egter sy uiterlike [natuurlike wese] en om welke rede hierdie kontinent reeds in haar vorm ooreenstem met 'n soort van insekagtige uitgehongerde afbeelding van die verlore seun. 18] Wie ore het, luister en wie oë het, kyk. Julle weet almal hoe dit met die verlore seun gegaan het gedurende sy laaste fase, wanneer die - aan julle bekende - innerlike geheiligde vonk van Afrika in hom gewek was. In Australië vind hy 'n werkgewer wat hom nie eens toelaat om varkvoer te eet nie, sodat hy gedwing word om sy maag te vul met enigiets wat hy kan vind. 19] Nou mag julle dink: Wat sal die verlore seun dan in Nieu-Seeland doen? Ons hoef hom nie na Nieu-Seeland te stuur nie, want dit sal nie veel moeite kos om Nieu-Seeland in die verlore seun te herken nie. 20] Neem dan kennis: Die suide* verteenwoordig die uiterste uiterlike van die mens. Kyk nou 'n bietjie na die verlore seun; neem waar hoe hy, in hierdie laaste proeffase van hom, vol bibberende vrees is en nie geklee is volgens die nuutste Paryse tydskrif** nie; maar slegs baie behoeftig en geklee met vuil vodde wat sy private dele bedek. * Die globale Suide. ** ... geklee in die mode. 21] Nou kyk: Hier het ons alreeds die betroubare kaart, wat fladder rondom die skaamte van ons weggedwaalde verlore seun. Laat ons ons verlore seun uitrek of vergroot en tydens hierdie geleentheid ook 'n kort besoek bring aan die huidig bestaande Christelike kerk. Lyk sy nie soos hierdie land nie? Kyk daarna hoe julle wil, hetsy geestelik soos wat Ek julle getoon het, of ook materieel, soos wat julle dit altyd iewers beskrewe vind. Sekerlik sal julle blinder as die middelpunt van die aarde moet wees om nie die opvallende ooreenkomste tussen hierdie land, met die verflenterde vodde van die verlore seun, en dié van die kerk te sien nie. 22] Dit is duidelik dat, net soos wat die ellende van hierdie inwoners duidelik weggeblaas word deur die winde van daar, het die wind dieselfde gedoen met die verflenterde vodde van die verlore seun. En dieselfde gebeur nou met die Heilige waaiende winde van Bo met ieder en elke kerksekte wat meer heidens as Christelik is. – 23] Dat julle 'n oorvloedige diep wiskundige kennis moet hê om uit te vind watter uur van die groot dag dit nou is, is onnodig! - As julle nog ’n blik sal gee op Japan, sal julle dit op julle vingers kan optel en met die duidelikste tekens die beperkings van die innerlike van die verlore seun, sowel as die huidige kerk-situasie, rakende haar innerlike wese, raaksien en dit sal dinge helderder maak as sonlig. 24] Ek hoef niks meer vir julle te sê nie. Maar wat sal julle egter aan 'n baie siek persoon sê as sy voete koud geword het en koue sweetdruppels slaan op sy voorkop uit? Voorwaar is geen bykomende mediese eksamen* nodig om julle in staat te stel om dit binne 'n profetiese gees te beskou nie: Slegs 'n paar meer swaar polsslae en die sukkelende benoudheid van die moegheid van die lewe is verby! * "Rigorous" van die Latynse strengheid Starr = streng of streng. 25] Eerstens, voel die voete van die verlore seun in die suide van die aarde. Tweedens, voel sy kop, wat die groot noordelike ryk is, plaas dan die hand op die ou moeggeworde kerkhart. Voorwaar, julle sou nou weer blinder moet wees as die middelpunt van die aarde, as julle nie op julle vingers wil bereken watter uur van die groot dag dit nou is nie? 26] Julle kan nog onthou in die vorige uur hoe "die tweede sig" aan julle bekend gemaak en verduidelik is. Julle sal waarskynlik nou dink: Het hierdie tweede gesig ook enige verwantskap met die verlore seun? – 27] O My liewe geliefdes! As Ek iets aan iemand gee, gee Ek dit nie soos wat mense dit doen nie. Mense kan nooit iets heeltemal as ’n geheel gee nie, selfs met die beste bedoelings, Ek gee altyd iets heeltemal in geheel en daarom sê Ek vir julle: Juis in hierdie tweede sig sal die hele knoop vir julle ontrafel word en na hierdie ontrafeling sal julle nie meer verlore raak in julle eie berekening nie - nie eens vir een minuut nie. 28] Weereens, laat ons terugkeer na ons verlore seun en 'n bietjie kyk hoe hy worstel met die dood se grootste ellende. Kyk na sy siel; kyk hoe sy ingedruk is tot ’n klein puntjie en regtig, dit moes tot by hierdie uiterste kom! 29] Maar neem kennis: In die vorige hoofstuk het Ek aan julle die diverse aspekte van siele geopenbaar waardeur die tweede sig sal kom. Hierdie korrelasie vind nou plaas met die verlore seun se siel. Kyk, haar groot ellende strek haarself nou tot vinnige vibrasies uit en dit kom tot vóór die groot [hemelse] Vaderhuis en die vibrasies van die met liefde gevulde Vader ruil liefdevol om met die vreesagtige, ellendige en verarmde vibrasies van die verlore seun. 30] Die siel van die verlore seun neem sulke gewyde, sagwaaiende vibrasies vanuit die huis van die groot [hemelse] Vader waar. Vanuit hierdie gewyde vibrasies*, keer sy dapper en geseënd na haar vervalle huis, rig haarself weer op en wend haarself in die grootste selfvernietigende nederigheid na - julle weet - waarheen die verlore seun hom gewend het. * Sien die 10 uur - die tweede sig. 31] Maar wat gebeur daar? - Sien, die vodde word van die seun afgeneem en verbrand en die seun word, soos julle weet, weer verwelkom 32] Sien. Nou het julle die hele, tot op hierdie huidige oomblik, versteekte geheim van die Profetiese Syfer van die Mens* voor julle oë geopenbaar. As julle net 'n bietjie deur die omstandighede van tyd sal gaan, waarlik, sal julle meer as dood moet wees as julle nog nie bewus kan raak van die Heilige vibrasies van genade wat nou stroom vanuit die Heilige Vader se huis nie! * Hierdie Profetiese syfer vorm Een mens gesamentlik [1 Kor 12: 12,14, 20; Gal 3:16; Jesaja 51: 2] 33] Julle is ook ledemate van die verlore seun! Vergroot julle siel en laat die gees in julle siel* ontwaak, en wend julle in diepe nederigheid soos wat die verlore seun hom in vertroue gewend het na die groot sfeer van julle mees liefdevolle [hemelse] Vader; Ek sê aan julle, Hy sal julle halfpad ontmoet! * Lees: Jesaja 54: 2. 34] Kyk, die tyd van My genade is naby, en dit is hoekom Ek julle ook sulke [goddelike] insigte hier gegee het, sodat julle dit sal herken, dat dit Die Groot Tydperk is, wat die profete besing het, ja, Hierdie Presiese Tyd*, wat deur My voorspel is vanuit My mond. * ... die "laaste dae". 35] Daarom vertoef net vir 'n kort tydjie en ons sal jubel in groot vertroue! Want waarlik, het die groot [goddelike] Huis van die Vader het nader aan julle gekom as wat julle vermoed! 36] Sodra julle die verlore seun sal kan herken en al hierdie tydsomstandighede binne-in julleself en hoe hierdie verlore seun weer in elke mens gevind sal word, of eerder hoe hy homself weer vind, sodat [die goddelike wese] "die groot man" oorwin kan word in die nederigheid van die klein man. Liewe kinders! Die laaste uur sal julle ware, getroue nuus daarvan bring. Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205