Die Twaalf Ure
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

TWAALFDE UUR - DIE GROOT KOSMIESE MENS Die groot Skeppingsmens en sy terugkeer Geskryf op 25 Maart 1841, vanaf 04:00 die middag tot 08:45 uur in die aand. Die skrywers is digter Karl G. Ritter von Leitner, burgemeester van Graz, Andreas Hüttenbrenner, sy broer komponis Anselm Hüttenbrenner. 1] Noudat ons die verlore seun gedurende die elfde uur vergesel en verlig het vanaf sy oprigting tot by sy val en het ook die tyd bereken het en byna die uur bepaal wat moet getuig van sy ondergang, - sal ons gevolglik in die twaalfde uur sien waar en hoe hierdie verlore seun weereens sal terugkeer - deur en deur verneder – tot in die enorme en grootse huis van die Vader. 2] Maar om dit egter ten volle te verstaan, is dit nie genoeg dat ons 'n bietjie deur die wêreld-stofdeeltjie, genoem aarde, gekyk het nie, maar vir hierdie doel het Ek 'n reeds genoemde klein ap¬paraat bygevoeg in die - aan julle - bewustelike kamera obscura* van die gees en ons neem weer 'n ietwat breër siening in hierdie nuut voorbereide kamer. Ek sê vir julle ... wees voorbereid; want hierdie gesig sal iets voor julle oë bring, wat tot nou toe nog in geen man se verstand gekom het nie. Met die vermoë van hierdie nuwe apparaat [die kamera obscura], raak die tablet ook die ontvanger van 'n groter prentjie, en sal as gevolg daarvan vergroot wees en sal 'n vertikale, in plaas van die voormalige horisontale posisie inneem. * "camera obscura"; Latyns vir bedekte kamer [soos 'n apparaat, dit wil sê speldegaatjie kamera vir 'n beeld op 'n skerm, hetsy deur middel van 'n speldegaatjie of 'n lens]. Wikipedia 3] Nou kyk: Ons toestel is operasioneel. Rig julle oë nou op die wye uitgebreide tablet en meteens sal julle die groot prent op dieselfde tablet herken. Dit is die enigste moontlike manier om die eindelose lang, uitgestrekte skepping voor julle oë binne een prent te plaas. 4] Kyk nou mooi na die tablet en so gou as wat Ek die woord “Epheta” spreek, sal julle die wonderlike prentjie op die tablet sien. Nou dan, omdat julle oë op die tablet gerig is, sê Ek: Epheta! – 5] Wat sê julle nou van die prentjie? Presies, op hierdie tablet sien julle niks meer en niks minder, as die duidelike figuur van 'n menslike wese*, wie se heupe slegs beswaarlik bedek word deur 'n paar vodde en wie se hare, selfs met die ruie voorkoms, afloop vanaf sy hoof en die helfte van sy liggaam bedek. * Lees die "Groot Evangelie van Johannes" deur J.L. volume 4, VI / 246: 8. Die groot kosmiese mens verteenwoordig in sy algehele vorm die verlore seun wat op die punt van sy terugkeer staan. 6] Waarlik, sal julle waarskynlik dink, "daar is niks spesiaal te sien in hierdie prentjie nie, behalwe dat dit op hierdie tablet as 'n baie kolossale vorm aangebied word. Terloops, so 'n prentjie kon geskilder gewees het deur 'n redelik vaardige portretskilder met 'n witterige kleur op 'n swart tablet"; en Ek kan niks daarby voeg nie, behalwe dat - met die eerste oogopslag - julle gevolgtrekking korrek is. Siende dat julle 'n bietjie dieper sal wil dink, sal julle waarskynlik binnekort die vorm van die verlore seun herken in hierdie witterige figuur. 7] Maar kyk, My liewe kinders! Die tablet is net 'n bietjie te vêr vir julle oë geplaas om te sien; laat ons dus nader aan die tablet gaan, want julle het nou die hele vorm gesien, dus wil ons die kleur 'n bietjie van naderby ondersoek waarmee hierdie figuur op hierdie tablet geverf is. 8] Nou is ons by die tablet. Kyk: Dit wye glinsterende gebied is 'n deel van die voet van die hele figuur. Neem 'n blik van naderby en sê vir my wat julle op die tablet ontdek. Kyk baie goed ... Wat sien julle? ... Goed, julle ontdek niks behalwe baie klein, nou saamgekoppelde, glinsterende, klein kolletjies* nie. Julle weet dat hierdie prentjie nie geskilder is nie, maar is slegs 'n ligprentjie [ 'n beeld] van 'n uiterlike [natuurlike] voorwerp. * Baie klein sfere of korrels. 9] In werklikheid, wat dink julle wat hierdie klein kolletjies is? Kyk, Ek sal julle nie vir baie lank laat raai nie, maar as julle dink dat hierdie klein kolletjies beelde is van afgeleë sonne, planete, mane en komete; luister ... Ek moet egter vir julle sê: Kinders! Oordeel nie te haastig nie, anders sal julle geweldig dwaal! Maar voordat Ek die wese van hierdie baie klein kolletjies aan julle openbaar, doen julle bes om hierdie sfeertjies te tel op een lensie-grootte plek! – 10] Is julle nou klaar? - Ja, ja, Ek sien reeds, dit lyk of julle sukkel daarmee, aangesien sulke skitterende kolle op hierdie bestaande lensie-grootte oppervlak vir julle 'n moeilik uitspreekbare syfer is, aangesien dit duidelik meer as 'n triljoen sou wees. Noudat julle julleself 'n bietjie vertroud gemaak het met die kleur, sal Ek julle vertel vanwaar die beeld van so 'n klein kolletjie eintlik is. Soos reeds voorheen genoem, nie van 'n son of van enige ander tipe hemelse liggaam nie, maar elke klein kolletjie, - soos gesien deur julle geestelike oë as klein sfere –niks meer en niks minder is nie as die beeld van 'n hulssfeer*. Met betrekking tot die hulssfeer, hoef Ek dit nie enigsins verder te verduidelik nie. * Vertalers nota: Die Duitse woord is "Hülsenglobe"; "Hülsen-" beteken dop of huls, en word genoem in verskeie Nuwe Openbaring geskrifte soos byvoorbeeld in die Groot Evangelie Johannes, (vol 2, II / 57 [1], vol. 4, VI / 245-248). Die "Hulsenglobe" word ook in die boek: Van die Hel tot die Hemel, vol. 1, hoofstuk 296 en in Die Natuurlike Son, hoofstukke 5 en 6 beskryf. * Vertalers nota: 'n Hulssfeer is een atoom van die groot Skeppingsmens, ook bekend as die Kosmiese Mens en bestaan uit vyf hiërargieë van sonne, elk met sy wentelbaan-stelsels. In volgorde is dit die Hulssfeer met die Hoofsentraalson, die sterrestelsel-groeperings, sonnestelsels en sterresfeer-groeperings, sonnesisteme en natuurlike planete en mane. Hiervan is slegs die sterrestelsel-groeperings wetenskaplik bekend wat egter op groot onmeetbare afstande van mekaar geleë is. Nota: http://news.bbc.co.uk/2/hi/science/nature/7891132.stm 12] 11] Nou tree ons weer 'n bietjie terug om na die hele figuur te kyk. Kyk, dit is 'n volledige menslike vorm en noudat julle voldoende na hierdie figuur gekyk het, sê Ek vir julle: Hierdie figuur verteenwoordig of beskryf uit en volgens My ewige orde - die heelal; en daarom is dit in werklikheid nie in die vorm sigbaar deur niemand nie, behalwe Myself. Daarbenewens het geen geskape gees nog ooit voorheen hierdie prentjie gesien, soos wat julle dit nou waargeneem het nie. 12] Weereens sien Ek die gedagtes binne-in julle verborge. Julle sal baie graag julle aarde binne hierdie persoon wil sien. Solank as wat die hele figuur op die tafel flikker, sal dit onmoontlik wees om dit vir julle te wys. Nietemin, wag net 'n bietjie en kyk: Ek is 'n baie goeie oogkundige, daarom sal Ek 'n klein optiese variasie in ons kamera maak, waarna niks van hierdie hele figuur sal oorbly, behalwe 'n enkele klein liggewende kolletjie nie. 13] Kyk nou: Die figuur is weg en alles is reeds in orde. Weer¬eens, laat ons naderstap aan die tablet en kyk na ons klein kolletjie. Nou: Het julle dit reeds gevind? – Een kolletjie op sigself straal nie veel lig uit nie, maar kyk baie intens en julle sal dit vind. 14] Julle moet nie daar op die hoë uitgestrekte tablet kyk nie, maar kyk al die pad af hierheen, waar julle vroeër die linkervoet van die hele figuur gesien het, in werklikheid daar op die uiterste rand van die bal van die vyfde kleintoontjie. Hierdie klein kolletjie is die spesifieke Hulssfeer* waarin julle aarde ook geleë is. * ’n Sfeer van ontelbare sterre. 15] Maar, ten einde by ons aarde uit te kom, moet Ek weer oor die klein glinsterende kolletjie kom met My Epheta, en so spreek Ek "Epheta!" Nou kyk net hoe hierdie klein kolletjie nou uitgebrei het en byna die hele groot ronde vorm van die tablet in beslag neem. 16] Kyk hoe die ontelbare glinsterende klein kolletjies flikker, die een deur die ander. Kies nou julle aarde. Om die waarheid te sê, julle sal nie in staat wees om haar te vind in die groot groot aantal glinsterende klein kolletjies nie. Ja, Ek sê vir julle, dit sal 'n vergeefse poging van julle wees, aangesien hierdie uiters klein kolletjies wat julle sien, weereens geen sonne is nie, maar hulle is hele groeperings* van sonnewêreld heelalle; * 'Die Groot Johannes Evangelie' vol.1, II / 57 [1]; Bl. 269/7. Hulssfeer is die term wat gebruik word vir die verbinding van desiljoen maal desiljoen sonne wat as sentrale sonne van primêre, sekondêre, tersiêre en vierde-orde, tesame met talle planetêre sonne soos dié van ons aardes/planete wat almal wentel in wye en uitgebreide bane rondom 'n gemeenskaplike, onmeetlike groot hoofsentraalson wat 'n ook byna eindelose groot sentrale son in beginsel is. ... Engele behartig die bestuur van hierdie wêrelde 17] Daarom sal Ek nou weereens slegs die regte uiters klein kolletjie uitkies, en alles oorblywend afvee vanaf die groot tablet. Daar is nou die gekose uiters klein kolletjie en om vinniger uit te kom by ons doel, sê Ek weereens "Epheta!" 18] Kyk nou: Ons tablet is weereens vol nuwe glinsterende klein kolletjies. Slegs is hierdie glinsterende uiters klein kolletjie weereens geen sonne nie, maar almal is tallose sonnewêreld-heelalle en daarom sal dit ons ook nie help om die aarde hier te vind nie. 19] Weereens sal Ek die regte een van hierdie uiters klein kolletjies kies en die res afvee van hierdie tablet. Daar is die klein kolletjie nou. Kyk hoe eensaam en sag dit glimmer op die groot oppervlak! Maar nou My Epheta! ... En die uiters klein kolletjie moet onmiddellik 'n groter uitbreiding word; dus "Epheta!" 20] Nou kyk: Ons tablet is weer vol baie liggewende klein kolletjies. Uit al hierdie triljoen maal triljoen* uiters klein kolletjies sal julle graag wil soek na die aarde? Hier moet Ek julle weereens vertel: Bespaar julle die moeite; want weereens is hierdie klein kolletjies nog steeds geen sonne nie, maar individuele sonne¬gebiede en dit is wat julle verstaan as 'n sogenaamde sterrenewel. * 'n triljoen het 12 nulle. 21] Net sodat ons vinniger by die doel kan uitkom, gaan Ek die regte uiters klein kolletjie uitkies vir julle en al die oorblywende kolletjies sal uitgewis word op die tablet; en Ek voeg dadelik die "Epheta" by. 22] Kyk nou op die tablet. Presies, julle sien nou 'n glinsterende wolk van kolletjies* wat horisontaal uitgesprei is oor die hele tablet; Dit is sewe keer so lank as wat dit breed is. Kyk nou na die middel en ons sal weereens so 'n klein glinsterende wolk van kolletjies kies, en die res sal vanaf die tablet verwyder word. – Nou, soos julle kan sien het alles plaasgevind, en My Epheta het hierdie uiters klein kolletjie weer in sy regte konfigurasie** geplaas. * Die Duitse woord is: "Schimmergrieswolke" en vertaal beteken dit glinsterend of semolina, ens - wolk. **Hierdie sterrestelsels stem wetenskaplik ooreen vanaf die grootste tot die kleinste stelsel: Die atoom (die hulssfeer) is 'n sterrestelsels-opeenhopings-groepering, dan kom die sterrestelsel-groeperings as sonnewêreld-gebiede, dan die son-heelal of buiteruimtelike as sterrestelsels, dan die gebied-stergebiede as sonnegebiede, waarin ons son tuis is (dit is Sirius met sy wentelende sonne). 23] Kyk nou van naderby. Julle herken dit waarskynlik alreeds: Kyk: Daar in die middel is 'n klein glinsterende lentil-grootte skyf. Kyk: Dit is die beeld van julle son; en kyk nog nader; die derde glinsterende kolletjie vanaf die son aan die linkerkant onder is julle aarde. 24] Ek het net nodig om die prentjie effens te vergroot en julle sal julle aarde dadelik herken. En so sê Ek: Laat jou aardse-punt opkom, sodat My waarnemers jou sal erken! En kyk hoe hierdie punt geleidelik vergroot en sy het nou die werklike deursnee bereik wat voldoende is vir julle om julle natuurlike vuil woonplek te herken. 25] Noudat ons dit alles gesien het, laat ons weer terugkeer na ons verlore seun. Kyk na die tablet; weereens pronk ons eerste figuur homself hierop, alhoewel hierdie figuur nou kleiner en kleiner word; en kyk: Nou is hy net-net die grootte van 'n kind en kyk weer: Nou het hierdie kind ook weer versmelt tot 'n kolletjie. Maar kyk net: Aan die regterkant van hierdie tablet, begin nog 'n groot beeld van 'n mens te verskyn en nou is hy ook in die middel van die tablet, en onder sy linkervoet sal julle ook die vorige verkrimpte klein kolletjie ontdek, wat in die regte verhouding van grootte is tot die grootte van hierdie nuwe prentjie. 26] Wat dink julle verteenwoordig hierdie nuwe prentjie? Julle mag dalk dink, aangesien julle min of meer vertroud geraak het met hierdie groot wese in die geskrifte van Emanuel Swedenborg, - dit is hierdie groot persoon. Maar Ek sê egter vir julle: Julle het dit gemis met 'n miljoen! Hierdie persoon wat julle hier sien, is niks meer en niks minder as die homself-weer-gevonde verlore seun nie; egter nie in sy volheid of volledigheid nie, maar dit is hy* die werklike verlore seun, wat homself weer gevind het in elke individuele wedergebore of hergebore persoon. Of om dit vir julle in meer verstaanbare woorde te gee: Hy is die geringste in My nuwe Koninkryk, en hier - vir julle aangebied - in die regte verhou¬ding in dié prentjie. Hierdie prentjie toon aan julle die volledige, vol [geestelike] maatstaf van 'n persoon**, wie oneindig meer verhewe is as die voorheen geopenbaarde ledemaat gedissekteerde en oënskynlike eindelose heelal in die vorm van die verlore seun! * 1 Kor 12:27 "Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik ..." [King James Bible]. ** Efesiërs 4:13 27] Nou, as julle hierdie prentjie net 'n bietjie in ag neem, sal julle kan begin begryp wat die rede of aard van die terugkeer van die verlore seun is. 28] Moenie dink dat hierdie gevalle Lucifer, wat in die elfde uur aan julle geopenbaar is, as 'n geheel of volledig gaan terugkeer nie. Indien so-iets moontlik was, sou 'n materiële skepping voorwaar nooit plaasgevind het nie. 29] In stede daarvan is elke persoon wat volgens My Woorde leef en wedergebore* word deur die Woord en deur die redding [of verlossing], hierdie verlorene wat weer gevind is en hy sal terugkeer na die grootse [en heerlike] huis van die Vader [God]! * 3 Johannes 3: 3,7. 30] Dit sê Ek nie verniet vir julle nie: In die grootse en heerlike huis van die Vader-[God]*; omdat 'n grootse en pragtige huis** voorberei moet word vir so 'n doelgerigte menigte*** van [Christus-lykende] mense; wat almal kan weer woning sal opneem met hul Vader. – * Of die Huis van die Heer! ** 1 Joh 14: 2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om 'n plek voor te berei vir julle. *** 1 Kor 12:12 - Want soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van daardie een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is...; Romeine 12: 4 – Want soos wat ons almal baie lede het in een liggaam ... [King James Bybel]. 31] Dit is duidelik dat julle vanuit al die voorafgaande gesprekke herken dat dit duidelik so is; want ly elke persoon nie in homself al hierdie omvattende verdrukkinge nie en word almal nie geslaan as 'n individu of omdat hy sy eie persoon is nie? Tog word al hierdie houe gerig tot die een en selfde verlore seun. 32] Maar indien 'n persoon egter geslaan word, is dit nie altyd so dat slegs hy wat geslaan word, die pyn voel, terwyl die een wat nie geslaan word nie, dikwels te pynloos toekyk en sonder 'n probleem? Alternatiewelik word 'n hele nasie mishandel op 'n ander kontinent, - sê net of julle ooit 'n sweep gevoel wat julle vel sny? Maar as iemand egter sterf, sterf hy vir homself of vir ander? Of kan julle getuig dat iemand ooit in die wêreld gebore is vir iemand anders? Of is My heil en My Woord nie net so noodsaaklik vir elke individuele persoon, as vir hele volke nie? En kan elke mens My nie ontvang met sy liefde en die lewende geloof in homself, sodat Ek in hom woon en hy in My nie? 33] As julle nou na alles kyk, kan julle, na dit alles, moontlik die uiteindelike bewering maak dat Ek minder in een persoon is as in almal van hulle tesame? – 34] Maar wanneer Ek egter een met 'n persoon geword het en hy met My, sê My, is daar enigiets anders wat ontbreek van die bevryding van die verlore seun in 'n individu? 35] Het hy nie alles in homself ontvang en aanvaar, wat My ontvang of aanvaar het nie? Voorwaar, elke enkele persoon wat een is met My is meer, ja, sê Ek, oneindig meer as wat die groot Lucifer* ooit in sy vir julle ondenkbare grootheid was. Hierdie beginsel word getoon deur die toepassing van julle natuurlike denke! * Jesaja 14: 3-20; Lukas 10:18; 2 Petrus 1:19; Openbaring 12: 9, ens. 36] Sien, elke individuele persoon, vir hom- of haarself, sal gevolglik gedefinieer word onder hierdie verlore seun, wat Lucifer genoem word. En as 'n hele volk met My verenig, sal hierdie hele volk netso een mens word met My. Verder, alle mense wat ooit op die aarde geleef het en wat voortgaan om te lewe, wanneer hulle een met My geword het, word hulle ook een mens in My. Met ander woorde, almal sal besiel* word en lewend word in een en dieselfde Heilige Gees van alle liefde en alle waarheid en alle mag en krag en daar sal nie meer baie mense wees nie, maar slegs een; en een is nie minder as baie nie, instede, almal sal in 'n volledige en volle vereniging wees in My. En baie sal nie meer mag en krag hê as een nie en een nie minder krag as baie nie, maar almal sal lewe as slegs een op sy eie, maar gesamentlik verenig, vanuit dieselfde krag en mag van die Heilige Gees van alle liefde en alle waarheid vanuit My! Die vodde van die verlore seun Geskryf op 25 Maart 1841 37] Maar julle het gehoor dat die vodde van die verlore seun soos kaf deur die wind versprei was en die res van die vodde van hom af weggeneem en verbrand is. Weet julle wat hierdie vodde beteken? 38] Verstaan dat dit niks anders is nie as die voormalige verdorde kosmiese mens wat op ons tafel was. Want deur die redding van elke individuele persoon, is die edele*, voortvloeiende voortreflike gees vanuit My afkomstig of word My verlore seun herstel. Die vodde of die werklike oer-boosheid sal weer verstrooi word in die vuur, vanwaar dit eintlik uitgekom het. Maar dit is egter hierdie vuur - die een in die Godheid - waaruit alle dinge hulle materiële bestaan te danke het. *edele; genadige, regverdige, goeie? selfopofferende ens ... 39] Gevolglik, wie ookal afhanklik is van die wêreld en aan materie vaskleef, kleef aan die vodde van die verlore seun. Maar alle materie wys julle egter al die groot ooreenkoms met die vuur*; netso ook die vodde aan die heupe van die verlore seun. * Vertalers nota: alle materie verval, word krummelrig, vervloei, of disintegreer. 40] Dit is hoe dit sal gebeur! Sodat God weer 'n vrye God kan word, waarin niks meer materie gis nie, moet die vuur of die verwante toornigheid weereens terugkeer vanwaar dit – soos dit wat dit was - vandaan gekom het. En dit sal gebeur, asof jy die een of ander verharding op jou liggaam het en jy dit bedek met 'n warm papsmeer*, sodat hierdie verharding weer sag kan word. So ook sal My ewige vuur hierdie oer-bose verharding aangryp in sy volheid of geheel, ten einde sodoende weer met sy eie wese te assimileer. * pap: 'n warm klam preparaat wat op 'n seer of ontsteekte deel van die liggaam geplaas word om pyn te verlig 41] Daar is 'n ander vraag wat in julle teenwoordig is: Of daardie wesens, wat verstaan word as vodde, ook 'n voortdurende selfbewussyn* het of nie? Ek sê egter vir julle: Die vraag antwoord homself byna outomaties, want julle kan onmoontlik nie aanneem dat daar dalk 'n bewustelose punt in die Godheid kan wees nie. *Vertalers nota: Selfs klippe het 'n bewussyn; lees: Lukas 19:40 [28-41] 42] Hierdie vraag los homself dus op; behalwe vir nog een vraag: Of hierdie selfbewustheid 'n lydende een is of nie? Kyk: Dit is 'n ander vraag. Maar om dit egter korrek te verstaan, moet julle eers besef dat alle pogings wat aangewend word, ten einde homself te vind, 'n sekere noodsaaklike lyding binne homself moet hê. Nou eers kan verstaan word of die lyding pynlik of aangenaam sal wees. 43] As hierdie lyding bestaan uit die feit dat die wese homself voortdurend aangryp en deur hierdie ingryping daar die strewe is om self te vorm of omvorm vir ewig as 'n eenheid, dan is so 'n lyding uiters aangenaam en die gevoel van die duidelikste selfversekerdheid ’n uiters salige een. 4] Indien die lyding, of die selfversekerde gevoel van 'n wese, egter verskeurend en vernietigend op homself inwerk, dan is dit ook 'n uiterste pynlike geval. Dit kan julle ook eenvoudig netso goed leer vanuit die natuur, as julle ooit enige vorm van 'n inflam¬matoriese siekte waargeneem het, wat uit niks anders bestaan as dat sekere dele van die liggaam begin om meer en meer uit te sit nie. Hoe meer gewelddadig so 'n daad aanhou, hoe meer pynlik word dit. Die gevolg daarvan is dat die selfversekerde nood¬saaklike voorwaarde vir die vuurverwante oerboosheid ook uiters pynlik moet wees en geweldige lyding sal veroorsaak. 45] Julle sal nou dalk dink dat as gevolg daarvan, die Godheid daardeur uiters pynlik en voortdurend moet ly in Sy gedeelte van die toorn. In werklikheid is dit nie so nie! Maar dit is net soos wat kos wat in jou maag verteer; gedryf deur die vuur van die maag en hier kraak die klein peule van die voeding wat mens geëet het dan oop. Maar vra jouself egter af of hierdie verskriklike vernietigingsproses julle ooit seergemaak in julle natuurlike toestand in die vuur van julle maag? – 46] Maar aangesien Ek julle egter reeds so vêr gelei het, wil Ek by hierdie geleentheid 'n nog nooit voorheen uitgesproke wenk gee! As julle die finale oorsaak wil sien van so 'n situasie van alle wêreldse materiële boosheid, kyk dan na julle mae en kyk wat daar gebeur met die kos wat julle eet; neem die hoe en waarom waar? Gevolglik sal julle al 'n groot deel van my weë sien, oor wat gaan gebeur. Die tyd is egter nie in julle mae aangeteken nie en dit is genoeg vir almal van julle dat Ek julle die doel getoon het. 47] Kyk nou, liewe kinders! Dit is alles wat aan julle gegee kan word, dit is alles wat julle in staat is om te verduur. Julle hoef niks meer te weet nie, maar slaan van begin tot einde ag daarop en wel vanaf die eerste uur tot by die heel laaste uur. Wandel op hierdie manier deur die hele aarde binne-in jou, en sodoende sal jy die verlore seun in jouself vind. 48] Doen dieselfde wat hierdie een gedoen het en nog steeds doen in ieder en elke sondaar wat smag na My ryk. In die mees innerlike vertrek van jou gees, op die tablet van jou wêreldse begeerte* vir die wêreld; laat dit toe wat julle nou net sien gebeur** het op die tablet met die kosmiese mens. Dus sal die verlore seun weer in elkeen van julle gevind word en sal sy [eie] naaste en liefste word, alles wat Heilig is aangryp, soos wat Ek julle getoon het, aangesien 'n ander mens weereens in die plek van die vorige een getree het en ineengesmelt het tot een punt. * Hunkering: Gretigheid of gierigheid. ** "In die hiernamaals sal alles, hoe geheim dit dalk bewaar was, duidelik word tot in die kleinste detail. (Die Groot Johannes Evangelie deur J.L.) 49] Eers dan sal elkeen van julle as hergevonde, die groot Waarheid ontdek wat aan julle in hierdie 12 ure gegee is. Bykomend sal julle in die helderste lig en waarheid in julleself sien en herken. 50] Soos voorheen gesê, dat alle mense saam een mens uitmaak, soos wat een is, so is almal, soek dan ook vir al die boosheid binne elkeen van julle siele. En indien julle hierdie boosheid gevind het en julle met My sterk steun daarin geslaag het om ontslae te raak daarvan, dan sal Ek - as julle Heilige Vader - Wie reeds gekom het om julle halfpad tegemoet te kom, al die pad na julle toe kom. Ek sal julle dan heeltemal bevry vanuit julle vodde en julle ontvang in die grootse, heerlike en ewige huis van die Vader van My ewige Liefde! 51] Ten slotte wil Ek julle bewus maak hiervan: Huidig het Ek nie net na julle toe gekom nie, maar Ek het ook alreeds na baie ander verlore seuns gekom. 52] Maar rig julle aandag egter hoofsaaklik binne julleself vir My koms en bekommer julle minder oor die groter een. Wat julle egter voel vir die groter [aanbreek van My wederkoms] ... dra dit biddend in julle harte voor My, - en julle hoef julle egter oor niks anders te bekommer nie, soos die groot Wanneer, Hoe en Waarom nie, want dit word goed bewaar in die beste hande, Amen. Ek, julle groot, heilige, mees liefdevolle Vader, sê dit aan julle. AMEN! Die mens is God se vreugde wanneer in Sy orde, want hulle word wat hulle veronderstel is om te wees. In hulle vind God weer Sy gelykes en hul aanhoudende groei in alle vorme van kennis en liefde, wysheid en skoonheid is Sy saligheid. Die Groot Evangelie van Johannes 9 Vol.2

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205