Die Twaalf Ure
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

EERSTE UUR - MORELE WAARDES 1] Morele waardes word meer dikwels verkondig in die sogenaamde beskaafde en meer opgevoede wêreld, waar veral die Christelike godsdiens, onder verskillende kerklike sektes, algemeen is. Ons sien hoe die Christelike godsdiens, in politieke terme, die magshonger owerhede gunstig dien, in beide wêreldse en geestelike aangeleenthede. 2] Die volk word kennis gegee oor 'n vreeslike God, nie sodat hulle hierdie selfde [God] kan herken en liefhê nie, maar net sodat hulle Hom kan sien as die onverbiddelike tiran van alle tiranne, Wie hulle geweldig moet vrees. En so word hierdie Godheid slegs verkondig aan 'n gevangene wat vrugte moet dra, terwyl alle ander gevangenes reeds vrugteloos geword het. 3] In plaas van die aankondiging van die Godheid as die hoogste troos vir die volk, word die Godheid aan hulle voorgehou as Iemand wat niks beter het om te doen, as om elke minuut miljarde moreel verwoeste en ongehoorsame kinders te verdoem tot die ewige poel van vuur* nie. *Roomse vagevuur 4] Kyk net `n bietjie rond. Kyk na al die ontelbare kerkers wat almal met allerhande morele misdadigers gevul is. En kyk ’n bietjie rond en sien hoe hierdie kerkers, van oomblik tot oomblik, voortdurend met rasse skrede toeneem, sodat, indien hierdie kerkers op een plek verenig sou wees [en hierdie toename van getalle teen dieselfde tempo sou voortgaan], die totale aardse generasie binne 'n paar jaar sal moet opstaan en daarin marsjeer. 5] Kom ons vra, wat gebeur met die mense wat daarin gevang is? Kyk 'n bietjie hier na die oggend se kant toe. Kyk, talle doodsbleek skares staan alreeds daar. Hulle is omring deur allerlei soorte gewapende mense en giftige regters. En kyk net vêrder na die aantal moorddadige instrumente waarmee hierdie ongelukkiges tereggestel word. Daar oorkant sien julle brand-stapels, galge, skavotte en allerhande ander noodlottige instrumente. Kyk, dit is die laaste gevangenis vir al sulke morele misdadigers! 6] Nou sal julle vra. Wat het hulle almal gedoen? Ja, sê Ek, onder hulle is moordenaars, rowers, diewe, manteldraaiers en politieke moeilikheidmakers. Verder het 'n groot hoeveelheid van hierdie mense skade aan die nasie gebring deur allerlei vorme van bedrog. Onder hulle is daardie wat, op die een of ander wyse, die politieke of morele orde diep aanstoot gegee het. Kyk, solank as dit ten minste as 'n oënskynlike rede dien, word die misdade van hierdie ongelukkiges ontbloot. 7] Maar laat ons nou nog 'n belangrike vraag vra: Waarin lê die rede dan dat hierdie mense sulke misdadigers geword het? Selfs al sou julle iemand anders vra vir die rede, sal julle beslis nie dieselfde antwoord kry nie, behalwe: Óf die rede lê in die verwaarloosde opvoeding, of, wat een en dieselfde kan wees, hulle was reeds so gevorm deur hul ouers, grootouers en groot-grootouers. 8] Ek vra weer: Hoe is dit dan dat hierdie mense so 'n slegte opvoeding ontvang het en dat geregtigheid en kennis van die waarheid in die opvoeding vir 'n hele geslag verwaarloos was? Julle hoef nie te vêr te reik nie, want die antwoord sal homself afdwing op julle, naamlik dat die heersers nie veel vir enigiemand anders omgegee het, behalwe dat die handlangers so veel as moontlik in totale duisternis gehou moes word. Hulle het dit in die vrees gedoen dat, indien die mense meer bewyse oor My sou ontvang en daardeur ook hul eie lotsbestemming, sou die krag van hierdie heersers en hul tydelike verdienste [op aarde] binnekort tot 'n einde gekom het. 9] O hierdie dwase! Hulle moet tog net kyk na My Dawid, wat self 'n koning en 'n groot profeet was, sowel as 'n groot leermeester vir sy volk. Indien hulle dit gedoen het, sou hulle gou opgemerk het dat 'n volk wat God en Sy deursettingsvermoë erken, ook 'n gehoorsame volk is van goeie wil. 10] Duisende kan makliker regeer word met 'n veerpen, as deur tien duister morone wat geen ander beeld van My het as miskien die van een van daardie bestaande tiranne nie, of van 'n wese wat die laaste druppels bloed uitsuig soos 'n vampier uit sy volgelinge, totdat hulle, vir ewig knielend in aanbidding op 'n helder wolk, sy ewige lewe finaal geheilig het. 11] Kyk, is dit nie maklik om te verstaan dat mense so veel as moontlik wil wegkom van so 'n wrede God nie? Selfs al het hulle nog enige vorm van godsdiens besit, dit bestaan as blote seremonie en slegs uit goddelike oorwegings alleen. 12] Reeds in die begin was die gevolge daarvan dat die wêreld-verslaafde deel uiteindelik, soos julle sou sê, sou weghardloop van alle godsdiens en van enige soort Christelike lering. 13] Aan die ander kant het kerk skeiding en sektes ontstaan, naamlik deur mans wat min of meer die dwaasheid van so 'n seremoniële Godheid besef het, en in 'n sekere sin in hul eie gedagtes gesê het: Dit is geheel en al verwarrend hoe die Godheid deesdae geleer word; Laat ons dus die doktrine in ons eie hande neem, dit van naderby ondersoek en kyk of ons duideliker waarheid oor die Godheid kan bekom. - 14] En in werklikheid het hulle tydens so 'n toets gevind dat Ek glad nie so 'n tiran is nie. Aan die ander kant het hulle egter vergeet dat ten spyte van alles - Ek God is - maar hulle het My wil nog te apaties bevind. Ander het My so hoog opgehef en met elke daad hulself in elke opsig gefilosofeer, wat in hul geaardheid slegs 'n tipe vergeefse stimulasie gevind het. Hulle het dit gedoen in die nastrewing van My regverdige en volledige wil, maar met die verkeerde idee dat alles wat deur hulle dwase gedagtes gaan, My wil moet wees! En so het daar, in die plek van die ou dwaas¬heid, 'n groot deel absurditeite en 'n verskeidenheid van verskil¬lende konsepte ontstaan tydens die onderrig van die Goddelike. Dit is werklik nie die moeite werd om dit vir julle te lys nie. 15] Soos reeds hierbo vermeld, is die rede vir alles wat daar was, niks anders nie as deels die morele politiek nie, maar hoofsaaklik, die traagheid en vrees van die mense om ernstig te wandel in die voorafbepaalde weë tot die ewige lewe. Want waarlik sê Ek: Elkeen wat My Koninkryk nie aanvaar soos wat Ek dit aangekondig het nie, sal dit nie ontvang nie, selfs al sou hy alle sektes binne homself verenig, of alle sektes aanvaar. Want Ek alleen is die Weg, die Waarheid en die Lewe.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205