Die Twaalf Ure
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

TWEEDE UUR - ASIË 1] Kyk hier op hierdie tablet. Kyk na die land wat voor julle lê. Dit is Asië. Kyk hoe hierdie mense met dik sluiers bedek is. Hulle jaag chaoties rond; uit hul holle borste uiter hulle die een klaaglied na die ander. 2] Hier vind julle niks anders nie as die mees openlike heiden¬dom, alhoewel daar hier en daar 'n Christelike skare gevind kan word wat nog tot My bid. Dit kan gesien word, as julle binne-in die prentjie kyk, deur die klein naakte en bloeiende groepe mense. Kyk daar, in die middel van Asië, 'n enorme kasteel in die hooglande. Dit is die kasteel van die god Brahma*. Kyk hoe hierdie een regtig groot dinge vermag, want hy verstaan selfs die kuns hoe om die konings te kul en om hulle te voed met drek. * van die Hindu geloof 3] Niemand kan binne 'n uur van sy kasteel kom van die pad af nie. Wee daardie sondaar, want die [sogenaamde**] engele*** van hierdie god bewaak alle grense, as heersers oor lewe en dood. **Duiwelse ondersteuners van ... ***Nota: navorsing dui aan dat hulle die “sadhus” of heilige manne van Indië is 4] Wie ookal naby dié omgewing kom en goud en juwele, vet osse, koeie, kalwers en skape bring, - die engele doen niks aan hulle nie. Instede neem hulle die offers en die gewer word eenvoudig vrygelaat met vyftig tot honderd houe met die bamboes. 5] Julle mag dalk dink dat dit iets sleg is, maar Ek sê, O nee! Wie ookal teruggaan en sy blou geslaande rug wys, deur die engele uitgevoer, ontvang goddelike verering en dit is dan vir hom maklik om die belangrikste regeringposisies te verkry deur middel van hierdie erkenning. 6] Dit is nie die enigste ding wat sulke gewers oorkom nie. As iemand nie baie goed gelaai en gepak kom met geskenke nie - wat natuurlik aanvaar word – word die gewer nie geslaan nie, maar word beswaar met alle soorte ander grusame boetedoenings van die engele. Dit is van daardie soort, waar die blote noem daarvan, dit ongelooflik of ten minste tot die hoogste graad belaglik sal laat klink. 7] Een voorbeeld daarvan is dat iemand op een voet onder 'n boom moet staan vir jare. Slegs hierdie kleinigheid word hier vir julle aangetoon, omdat hierdie engele so vindingryk is in sulke werke van boetedoening, dat julle dit moeilik sal vind om My selfs te glo, indien Ek dit alles aan julle sou bekendmaak. 8] Hulle wreedheid het in hierdie verband geen grense nie en steeds word hul grondwet oral verkondig. 'n Deel van daardie grondwet is dat die enigste manier om ewige saligheid te bereik, volgens hulle leer, is om vir hierdie Brahma ten minste een keer in sy leeftyd `n uitsonderlike offer aan te bied. 9] Maar sulke offers is egter nie al wat hierdie Brahma van sy volgelinge vereis nie, Hy vereis ook menslike offers. Eerstens moet elke vrou geoffer word na die dood van haar eggenoot*, tweedens moet meisies en seuns jaarliks geoffer word: Die meisies mag nie jonger as twaalf en nie ouer as veertien wees nie, die seuns moet egter in hul sesde jaar geoffer word. *die “Sati”, 'n antieke Hindoe praktyk, ook bekend as opoffering. 10] Dit is duidelik dat die meisies uitsonderlik beeldskoon en die seuns uiters gesond moet wees. Die ouer wat so 'n offer aanbied, bykomend tot 'n beduidende bruidsprys, kan dan vir homself twee dinge versoek; naamlik dat hy in die eerste plek 'n sogenaamde brief van toegewing** bekom vir al sy kinders en tweedens dat hy vrygestel is van alle werke van boetedoening. As ’n spesiale voorkeur van die engele, kan hy ook onmiddellik kwytgeskeld word van sy liggaam, ten einde onfeilbaar op hierdie wyse tot sy seëning te kom. ** 'n soort vergifnis 11] 'n Ander wyse van om amptelike kwytskelding te verkry is: Indien iemand 'n mooi jong vrou neem, word hy [die bruidegom] nie toegelaat om haar aan te raak [of gemeenskap in die huwelik te hê nie], maar as hy genade wil ontvang, moet hy haar na die grens bring waar die engele waghou. Daar, in die teenwoor¬digheid van die engele, moet sy [die bruid] haarself heeltemal naak uittrek, in 'n reeds voorbereide bad tree en haarself was, en wanneer sy uit die bad uitkom, moet sy haarself feestelik versier en die waghoudende engel toelaat om haar vir drie volle nagte te verkrag. 12] Wanneer sy dan terugkom, is sy dan ook voldoende geseënd. Hierdie seën kan so 'n effek hê dat indien die gade sterf voor haar, sy nie nodig het om haarself te offer nie. In plaas daarvan kan sy iemand anders vir haar laat brand, of sy kan haarself volkome red deur doodgebrand te word as 'n beduidende offer. - 13] Ja, die dwaashede gaan dikwels selfs verder. Onder andere is daar een voorkeurbehandeling wat uitgevoer word, naamlik dat 'n een- tot driejarige meisie se geslagsorgane deur een so 'n engel toegewerk word tot 'n baie klein opening, vir die behoud van haar kuisheid. Dit word egter net gedoen, indien die gepaste offer gegee word vir een rede. Dan, wanneer so 'n meisie volwassenheid bereik, word sy weer teruggebring, en so 'n engel belug dan [of open] haar [geslagsorgane vir] huweliksgeskiktheid. Oor die ander ontelbare dwaashede wat algemeen voorkom, is dit beter as dit nie onthou word nie. 14] Julle sien, Ek moet steeds hierdie absurditeite aanskou tot byna in die derde millennium in. Ek moet toekyk hoe hierdie bose mense, wat in die besit is van die ou pre-vloed godsdiens - waarvan julle nou 'n bietjie kennis besit*, sulke onbeskryflik onsin bevorder! - Kyk daar aan die einde van die verligte tablet: Kyk, dit is 'n uurglas en slegs 'n paar korrels sand bly oor om deur te val. * Sanskrit (die Skrif) sien Die Huishouding van God, vol. 3, 192: 12 015] Ek gaan julle nie al die gruwelike foto's van Persië, Arabië, Turkye, die Chinese ryk, Siberië en ander onbekende kleiner state wys nie, want nêrens sal julle iets anders as maar net die gruwelikste druk op mense ontdek nie. Die God wat hulle oral verkondig, is waarlik niemand anders as Satan homself in al sy verskeie onbeheerste bose weë nie. 16] Moet egter nie bekommerd wees oor My lang, geduldige wag [oor hierdie boosheid] nie, want die skaarsheid van die Gees sal toeneem. Maar wee die dienaars van boosheid! O, hulle beloning sal groot wees! – 17] Ek sê: So vindingryk as wat Satan is, voorwaar, Ek het ook 'n geheime uitvinding gemaak, waaroor hy binnekort verbaas sal wees van ewigheid tot ewigheid. Ek het lank genoeg verdra en die hele tyd gewag vir verbetering*. Die aarde het egter vol walglike stank geword; dit is waarom Ek al My fakkel aangesteek het om hulle te verbrand in die nabye toekoms, sodat hulle walglike stank nie opstyg tot in My hemel en die wonings van My getroue volgelinge besoedel nie. *Of hervorming 18] Dit is waarom Ek vir julle sê: Maak seker dat die wêreld julle nie rasend maak nie! Elke woord van hulle is 'n skuimborrel, gevul met dodelike pes. - Daarom, luister na My Woord en volg My raad, sodat die vuur van die aarde julle nie brand wanneer Ek dit aan die brand steek nie. Want hierdie vuur sal lewe aan die lewende en dood aan die reeds dooies bring! – “Moenie toelaat dat die wêreld julle mislei nie en luister nie na haar versoeking nie; want al haar skatte is leeg en bederfbaar!* *Die Groot Johannes Evangelie, volume 7

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205