Die Twaalf Ure
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

VIERDE UUR - ATLANTIESE OSEAAN 1] Kyk nou hier na hierdie uitgestrektheid; weer sien julle 'n ander prentjie. Daar is niks om te sien nie, behalwe golwe op golwe en kyk hoe die een golf die ander aandryf. Ek kan julle net vertel: Hierdie prentjie is niks anders as 'n klein deel van die Atlantiese Oseaan nie. In hierdie vierde uur sal ons ’n bietjie rondloop op hierdie groot watermassa en hier en daar sal ons gaan kyk na die kom en gaan van die swemmende huise. 2] Kyk nou net hier! Nou net het daar 'n groot sogenaamde passasierskip aan die westelike rand van die plaat verskyn en kyk, aan sy sykante is daar 'n hele paar ander kleiner vaartuie van verskillende beskrywings* * bote, skuite of roeibote met twee of meer roeispane. 3] Nou gaan ons hierdie skip vir ’n wyle agtervolg. Kyk aan hierdie kant, in die verre suide, dit lyk of daar 'n redelik belangrike eiland is. Kyk, die skip pyl reguit op hierdie eiland af. Wat dink julle doen hierdie skip? 4] Raai 'n bietjie. Kyk in die voorraadstoor. Kyk, dit het ten minste ses jaar se voorraad. Kyk bietjie in die goue kajuit van die kaptein, kyk wat op die tafels lê en julle sal kaarte vind van verskillende lande, sowel as verskillende soorte meetinstrumente. 5] Teen hierdie tyd het julle waarskynlik reeds geraai wat met hierdie skip aan die gang is. Wag egter net 'n bietjie langer [en julle sal duidelik sien]. Kyk na die uitdrukking van die matroos wat waghou in die boonste kraaines. Kyk hoe hy van kant tot kant met 'n teleskoop rondstaar en hy verken die enorme oppervlak van die water van golf tot golf. Helaas sien hy nog geen land nie. 6] Kyk hoe desperaat die mense rondskarrel op die dek van die skip; want hulle het alreeds al die soet, kosbare water op hierdie langdurige, seevaart gedrink. 7] Kyk nou net 'n bietjie na hierdie toneel. Kyk. Hier gooi hulle baie lootjies in 'n pot en nou trek hulle. 'n Verswakte neger trek die lot. Nou word hy uitgetrek en hulle bedek sy oë. Albei sy arms word stewig saamgebind by die armholtes. Kyk. Die sersant kom nader en hy open sy are en die bloed wat uitstroom uit sy are word onmiddellik gemeng met 'n bietjie rum om die dors te les. Maar die doodgebloeide neger word dadelik oorboord in die see gegooi. Aangesien hierdie drankie nie genoeg was vir almal nie, word hierdie proses herhaal met 'n hele paar matrose en die bloeddrankie word vanuit hul are berei. 8] Hoewel hierdie toneel uiters raar voorkom en so 'n tragedie slegs in uiterste waternood plaasvind, word dit nietemin verskoon. Ja. Uit geweldige broederlike liefde sou dit iets anders gewees het, in so 'n noodsituasie, as die een of die ander matroos vir homself sou besluit om sy broers te red van die dood deur sy eie bloeddrankie. Dit sou 'n geweldige getuienis van broederlike liefde vir hom gewees het wat so-iets sou doen. In hierdie geval is dit egter 'n gruwel. Dit sou beter wees as 'n duisend hulself vry¬willig opgeoffer het vir een, in plaas van dat 'n mens oorval moet word deur so 'n wrede daad. 9] Kyk nou. Die uitkyk wag [in die kraaines] skreeu “land” vanuit die mandjie en onmiddellik is almal aan boord gelukkig. Alle seile, soos julle kan sien, word gerig op die eiland. Kyk, die skip trek soos 'n pyl oor toringhoë golwe en en kyk, hulle het nou net ’n baai bereik. Die ankers word gesak en die hele span, buiten die noodsaaklike uitkyk wag, haas hulle na die kleiner vaartuie om aan wal te gaan. 10] Kyk net. 'n Vars waterbron word gou aan die kus ontdek en nou is die geskarrel mal en is hulle in rep en roer om die vars water in te neem en so word die skip weer binne 'n paar uur toegerus met soet, kosbare water; en weereens is alles vaarbaar. 11] Die voertuie beweeg stadig al langs die kus om te sien of hierdie land reeds bewoon is of nie. Nou ontdek hulle 'n plek wat uit eenvoudige ronde hutte bestaan, en dadelik nader hulle hierdie plek. 12] Hulle land en gaan aan wal. Die inwoners word verskrik deur die kanongedonder en slaan op die vlug. Baie gou deursoek die matrose hul klein hutjies en alles wat hulle vind word van hulle afgeneem - maak nie saak wat dit is en wat dit genoem word nie. Kyk net hoe hierdie arm, klein groepies mense beroof word van al hul besittings, maar dit is nie die enigste toneel wat homself hier voor ons ontvou nie. 13] Hierdie arme ontsnaptes word agternagesit en hulle word byna heeltemal uitgewis, of, indien alles goed gaan, word hulle ten minste gevang en na 'n tyd en per geleentheid in Amerika verkoop vir 'n goeie handelsprys. 14] Kyk, julle weet reeds watter soort skip dit was en julle weet reeds wat sy taak is. Kyk, dit is 'n skip wat uitgaan op ontdekkingsreise. 15] Nou. Laat hierdie skip voortgaan om sy berugte en verskriklike weë na te streef. Hier is alweer 'n ander een. Maar hierdie skip - die een wat julle nou sien - sal Ek egter net in die Gees aan julle wys, want hy was reeds deur 'n ander Franse seevaarder in die Middellandse See ontdek in die jaar 1335 en was onmiddellik vernietig. 16] Nou wys Ek julle egter hierdie skip soos wat hy in die Atlantiese Oseaan sy verskriklike skade brengende reise in die verlede onderneem het, alhoewel dit egter nie die enigste een van sy soort was nie. Tans is daar ongeveer twintig van hierdie soort skepe in die Atlantiese waters wat hierdie soort rampe aanbring. 17] Die meesters van hierdie skepe is meestal Spanjaarde en Portugese. Vier van hulle is Turke. Neem waar. Juis nou vertrek hierdie skip, ten volle gelaai met slawe, die kus van Afrika, ten einde hulle te verkoop aan 'n ander slawehandelaar in Amerika. Kyk nou hier. Skaars tweehonderd seemyl weg van die kus word die skip ontdek, agtervolg en deur 'n Engelse skip gevange geneem. 18] Die matrose verdedig hulself wanhopig. Dit is egter tever¬geefs. Die Engelse skip is by verre magtiger as hierdie seerowerskip en hulle moet oorgee. Onmiddellik bestyg die Britse matrose die boonste dek van hierdie skip, bevry die slawe en bring hulle oor na hul eie skip. Hier word hulle ietwat beter versorg. 19] Wat sal met die seerowerskip gebeur? Kyk van naderby en julle sal dit gou uitvind. Kyk hoe besig die Engelse matrose is. Hulle word deur hul bevelvoerende offisier beveel om die hele bemanning van die skip kaal uit te trek en hulle gooi die klere in die see. Dan, volgens die metode van die berging van slawe, word die mense aan die dek vasgespyker met lang skerp spykers. Die kaptein word egter aan die mas aan sy hande gehang met sy gesig wat na buite kyk en sy voete word met 'n tou vasgemaak onder aan die mas. Daarna, nadat hulle hierdie werk voltooi het, gaan hulle na die kajuite, neem alle nuttige items vir hulleself; hys dan die seile van hierdie seerowerskip, gaan na hul eie vaartuig en met die skrille skreeuende gille vanaf die dek, laat hulle hierdie seerowerskip aan die wind oor. 20] Kyk net en dink daaroor. Wat moet die uitslag wees wanneer een wrede daad teenoor die ander plaasvind bloot as gevolg van 'n wrede bui!? En dink daaroor na oor hoeveel sulke tonele uitgespeel word in die aangesig van Hom, wie sterwend aan die kruis vir Sy vyande, die Vader gevra het om hulle te vergewe! 21] Is daar dan geen ander manier om die boosheid van die slawehandel te onderdruk as dit nie! Maak nie saak watter geval dit is nie, dit word altyd gemerk met die seël van die mees ondenkbare wreedheid. 22] Julle sal vra: Wat het die slawe-bevryders dan met die slawe gedoen? Dink julle dat hulle hul moontlik teruggestuur het na hul vaderland? O nee, hulle het nie! 23] Hulle het hulle ook nie verkoop nie, in stede daarvan het hulle hulle gehou vir hul eie dienste, want hulle het self eiendom in Amerika besit. Op hierdie manier het hulle hul baie goedkoper bekom as wat hulle die slawe self sou moes gekoop het. 24] En let nou op, daar word tans buitengewoon groot toesighou¬dende strewes gehandhaaf binne hierdie slawehandel vanaf die kant van Engeland. Indien so 'n skip nou, met slawe gepak, ontdek word, ontmoet dit gou ’n geweldige straf. Die slawe ontvang hul vryheid en dan word hulle óf vrylik gebruik om daar te werk, óf hulle word dikwels uit die hand verkoop. En so is hierdie gedrag niks meer as wat die ou Romeinse spreekwoord sê nie: Scyllam prateris, Charybdim invades*. [Hy wat probeer om Charybdis te vermy, sal deur Scyllda gevang word]. *Griekse mitologie wat beteken "om af te suig" – soos wat 'n seemonster doen, of eenvoudig gesê: "vasgevang tussen twee booshede" of "vasgevang tussen die duiwel en die diep blou see". Charybdis was 'n draaikolk monster en godin van getye. 25] Kyk, Ek deel julle dit slegs mee sodat julle 'n ware begrip van die sogenaamde afskaffing van die slawehandel kan vorm. En so 'n minagtende sakeman bly 'n sakeman en hy gee nie om wanneer hy sy skandelike verklee-hokkies en rommelwinkels in My heiligdom oprig nie. 26] Ja, as julle 'n miljoen goudstukke vir so 'n geldwolf aanbied, sal hy sy eie dogter se bloeiende hart aan julle verkoop en julle durf hom nie nog 'n aanbod maak nie, of hy sal ook die hoof van sy eersgeborene seun aan julle verkoop. 27] Maar julle wil egter vra: Is die situasie op alle skepe so miserabel? En julle sal verder vra of daar nie êrens enige bedagsaamheid in hierdie wankelende huise van God is nie? - 28] Ek sê vir julle: Oor elke skip is een beampte aangestel en dikwels selfs 'n paar priesters, wie, ter wille van die seremonie - netsoos met 'n musikale orkes vir die matrose – bygevoeg word om die skip sy ballas te gee. Laasgenoemde benaming dra die meeste gewig, alles anders is niks anders as ’n leë dop nie. Die skip se landsvlag is by verre 'n meer heilige entiteit op die skip as die hele priesterskap saam met sy lomp godsdienstige rituele. Deur 'n paar effens beter assosiate – word Ek dan eers opgeroep - wanneer die donderende golwe van die see hulle vir 'n kort tyd wakker maak uit hul ylingse soeke na wins. 29] Terloops, die tirannie op elke skip is so ’n algemene praktyk dat, indien dit vergelyk sou word met die van 'n Egiptiese heerser, daar geen skande gebrek sal wees nie. Hierdie koue en droë onsensitiwiteit van die bogenoemde matrose word dan in die morele wêreld genoem: Die skeepdissipline. 30] Maar Ek sê egter in die afsluiting van die Vierde uur: Daar is geen twyfel dat sulke kragtige pogings hulle niks in die sak sal bring nie. Want waarlik, hul [sogenaamde] beloning sal eendag nie gering wees nie! Wie lief is vir die lewe as gevolg van die wêreld, sal die lewe van die siel verloor.**Die Groot Evangelie van God vol. 9, 149

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205