Die Twaalf Ure
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

VYFDE UUR - NOORD-AMERIKA 1] En nou, nadat ons oor die oseaan geseil het, kom laat ons aan boord gaan van so 'n slaweskip en saam met dieselfde minder as gunstige winde seil na Noord-Amerika. 2] Kyk hier na hierdie groen strook wat begin verskyn: Dit is alreeds 'n welbekende oostelike Noord-Amerikaanse kusge¬bergte*. * Die Epipelagiese bergreeks. Kyk na Uur 04:18. 3] Neem waar hoe dit duideliker en duideliker word. Kyk, julle sien alreeds 'n groot stad, toegerus met 'n groot hawe. 4] Nou kyk. Ons is uiteindelik hier. Kyk na die warboel en gewemel van winsverslaafde mense op die skepe, netso in die hawe as op die dokke. 5] Kyk nou. Die bevryde slawe word aan wal gebring. Almal skarrel haastig en hardloop na waar die slawe is. 'n Goed uitgevrete suikerplantasie eienaar kom nader en huur die slawe vir sy diens. 6] Wat die kaptein aanbetref wat so humanitêr teenoor die slawe opgetree het* - hy ontvang nie 'n aankoopprys vir die afgelewerde slawe nie, maar word in stede daarvan 'n welgedane beloning aangebied vir sy sogenaamde humanitêre gesindheid. – * sien Uur 4.18 7] Sien julle! Op hierdie wyse kry sulke verskriklike en gruwelike handel beslis 'n eksterne humanitêre voorkoms van menslike goedheid en liefdadigheid, maar binne is dit niks meer as dieselfde slawehandel nie, slegs onder valse morele politiek. 8] Aangesien hierdie aangeleentheid nou op hierdie wyse gedoen word, gaan ons nou so 'n suikerplantasie ’n klein kykie gee en sonder om te lank te soek is ons nou hier! 9] Kyk hier. Daar langs die stad, in die middel van die tablet, is alreeds die baie belangrike plantasie van ons voorheen gesiene vrygewige beskermheer van die mensdom. 10] Daar. Kyk na net 'n klein deel van sy eiendom. Kyk hoe eenhonderd swak en amper kaal slawe aanhoudend daar moet werk. 11] Kyk net hoe daar agter elke tien slawe ook 'n aanvallige slawe opsigter is, gewapen met geweer en swaard. Hy hou ook 'n skerp dryfsweep* in sy hand, vir ingeval 'n swak slaaf net vir 'n minuut sou regop staan vanaf die grond om sy harde arbeidspyne te verlig, want deur die aanhoudende gebuk het byna al die ledemate van die slawe styf getrek. Kyk nou hier, oortuig julleself hoe grusaam hierdie eerlike, versigtige opsigter sy tuginstru¬mente onmiddellik in beweging bring. Hiermee is hy so vaardig dat hy met elke hou ’n oorvloedige hoeveelheid bloed uit die liggame van die arme, geteisterde slawe trek. *Die oorspronklike woord is "Hetzpeitsche", dit is 'n sweep wat gebruik word om perde van perdekarre aan te dryf. 12] Julle mag dalk dink dat hierdie slawe ten minste menslik versorg sou word sodat hulle genoeg krag kan hê vir sulke werk, waarby selfs satan sou moes steier. 13] Ek gaan julle nie vertel nie, maar Ek sal dit eerder vir julleself laat sien. Kyk hier na hierdie klein plekkie en wat julle sien is inderdaad so 'n slawe-maaltyd. 14] Trouens, julle soek na 'n tipe bak. Nie net een nie, maar baie bakke vir so baie slawe, wat die eienaar met geld moes gekoop het. Wel, 'n mens vra homself dan af wat goedkoper kan wees as 'n bak?, en – terwyl ons vir 'n kort rukkie daaroor nadink – het die groot spekulant 'n uitgeholde boomstam, soos 'n groot lang trog, meer prakties gevind en hy het dit in die agterplaas opgerig. - 15] En kyk nou na die maaltyd in hierdie lang bak; dit bestaan uit niks anders nie as swak gekookte peulgroente in water; die gebruiklike peulgewasse is óf lensies, bone of - op openbare vakansiedae - 'n soort pap* * ’n tipe hawer wat in water gekook word. 16] Die gevolg is dat hierdie trog gevul word met so 'n maaltyd en die werkers word dan uitgenooi deur 'n sogenaamde slaaf-ratel, of ook deur sweepklappe. 17] Dit is egter algemeen bekend dat slegs die naaste werkende slawe uitgenooi word. Die mense wat vêr werk word óf: 1) verskaf met 'n soort brood waaraan julle waarskynlik sou verstik, óf, 2) indien die werk in die vêrte nie te dringend is nie, hulle toegelaat word om hul bekende middagete daar naby te kook waar hulle werk in 'n huis wat uitsluitlik vir daardie doel gebou is. 18] Maar let goed op dat die etenstyd nooit langer as 'n kwartier is nie, behalwe op 'n vakansiedag. As iemand te laat kom en die teken vir die werk was alreeds gegee, word hy onmiddellik blootgestel aan die strafste mishandeling. 19] Slegs op openbare vakansiedae eet hulle met houtlepels. Nou wil julle weet: Watter ander beloning het die slawe? Die werklike hardwerkendes - diegene wat so te sê dag en nag werk - kry nou en dan 'n bietjie rum en 'n paar vrugte en hulle kry selfs 'n verslete baadjie, maar net op vakansiedae. 20] Dit is omtrent die mees humanitêre sorg wat aan hierdie armsaliges gegee word. Vir die res: 'n Ses ure slaap en die bekende karige ete is al wat hulle kry as beloning vir hulle werk. 21] Nou sal julle vra: Met betrekking tot die behandeling van sy slawe, het so 'n humanitêre en vrygewige plantasie-bestuurder nie 'n baas oor hom nie? Julle sien, Ek kan dit nie vir julle wys in die prentjie nie, maar om dit prontuit te stel: Nee! Hy is eerder in hierdie verband 'n absolute heerser oor lewe en dood van sy werkers en hy het die reg om 'n ongehoorsame slaaf tereg te stel op enige wyse wat hy ookal verkies. 22] Sodat julle heeltemal kan besef hoe ongelooflik wreed hulle wette is, sal Ek julle 'n voorbeeld gee van hoe die slawe hierdie reëls ervaar by die honderde, ja, selfs by die duisende. 23] Onlangs het twee slawe van so 'n duiwel weggeloop omdat sy behandeling te satanies was. 'n Naburige huis ontvang hierdie twee, aangesien hierdie naburige huis steeds 'n klein gedeelte menslike sentiment in die liggaam gehad het. 24] Dadelik het hierdie woedende duiwel voortgegaan na die gesag om sy vlugtelinge terug te eis. Die naburige huis wat die wet goed geken het, rapporteer dadelik aan die gesag en op grond van die bittere klagtes vanaf die kant van die slawe – het hulle namens hulle gespreek. 25] Dadelik het daar 'n regsgeding tussen die twee bure begin. Hoe dink julle het die wyse regters in hierdie saak besluit? Ek gaan julle die absolute oordeel hier gee, sodat julle regtens daarna kan kyk, naamlik hoe dit lyk in die sogenaamde opge-voede Noord-Amerika. 26] Hier het julle die uitspraak. Dit lui as volg: "Ten einde 'n boete van eenduisend pond te vermy, moet die buurman beide vlugtelinge aan die eienaar oorhandig, lewend of dood. As hulle gaan, moet hulle lewend daarheen gebring word, maar in die geval van weiering om hulle lewend te bring, moet die voormelde buurman hulle beide onmiddellik neerskiet en óf hul koppe, of die hele liggaam aan die eienaar oorhandig en hierdie eienaar kan dan daarmee na goeddunke handel soos hy wil. 27] Maar as die twee beweerde vlugtelinge egter ontsnap voordat die teregstelling uitgevoer kan word, het enige persoon die nodige wetlike reg om hulle op sig te skiet - enige plek, in 'n voetpad of in ’n straat - waar hulle hul ookal raakloop."- 28] Nou moet Ek net een ding noem, sodat julle op hoogte kan wees van die hele skandelikheid. Dit was in die taal van die vonnis om in goeddunke op te tree namens die eienaar, maar waaruit bestaan dit eintlik? Daar. Kyk weer hier op My tablet! 'n Klein toneel wat julle sal sien, sal julle vraag beantwoord. 29] Kyk, daar is 'n dam; dit is 'n visdam van so 'n bestuurder en kyk; daar in lê twee gemuilbande manlike slawe en een slavin in die hoek van die dam, nie een van hulle het geleef om hul twintig-ste jaar te sien nie. 30] Op hul sy lê 'n slavin en 'n slaaf en hulle is alreeds dood. Hulle is die dooie ouers van die jonges. 31] Kyk daar. Die wag staan op en soos julle kan sien, nader die eienaar hom saam met twee sogenaamde gladiatore, sy twee bestuurders en 'n aantal slawe-opsigters. 32] Kyk. Nou kom hulle met verskriklike voorkoms nader. Sy opdrag of eerder, sy [beweerde] goeie oordeel, word gerig op hierdie arme slawe. Eerstens word die twee dooies in klein stukkies gekap en daarna word die stukke in die dam gestrooi as voeding vir die visse. Daarna word die meisie gemuilband, deur al die opsigters verkrag - indien hulle dit so begeer - en daarna voorberei as voeding vir die visse. Die twee seuns word egter elkeen gebind aan ’n paal en doodgeslaan, en dan ook voorberei as viskos. - 33] Kyk, dit is hoe die verheerlikte stelsel van [grondwetlike] rege¬ring lyk in die hoogs opgevoede Noord-Amerika. Oordeel julle nou self: Met watter name moet sulke wesens genoem word? 34] Waarlik, My grootste vyand, die vors van die duisternis, is 'n miserabele sukkelaar in vergelyking hiermee. En inderdaad, julle kan My glo of nie, julle het gehoor van besetenheid, julle het gehoor dat hulle besete word en dan duiwels en satans word, maar Ek sê vir julle; geen satan kan beweeg word om dit te doen nie, ten einde so 'n Noord-Amerikaanse humanis in die binneste helse domein in te bring nie. Want in sulke omstandighede is die onderste vlak van die hel beslis meer wenslik vir alle satans en duiwels as die woning van so 'n suikerprodusent! 35] Julle kan waarskynlik vir julleself 'n voorstelling maak van hierdie klein parallel ten opsigte van hoe sulke dade en aksies voor My aangesig is! 36] O, Ek vertel julle: Voorwaar, elke korrel suiker is gelaai met 'n duisendvoudige vloek van My, want waarlik, indien hierdie barbare die gestorte bloed sou verkoop het, sou dit in gewig die suikeroes honderdvoudig oorskry. 37] Julle kan verseker wees dat daar aan een pond suiker eenhonderd pond gestorte menslike bloed kleef. 38] Julle sien. Daarom het Ek besluit, om julle wese te beskerm, om julle te laat kyk na net die beste gedeelte van hierdie kontinent; wees dus tevrede daarmee. In werklikheid, as Ek julle die dade en optrede van die suidelike gedeelte van die land getoon het, sou die veerpen in julle hand lam geword het en julle sou nie hierdie drie sinne kon neerskryf nie. Oor sulke ekstre¬miteite sal Ek daarom – wanneer julle ietwat meer gewoond geraak het en saam met My gekyk het na alle tipe gruwels, sal Ek 'n paar dinge aan julle bekendmaak in die Twaalfde en laaste uur. 39] Ek wil nie hier met julle oor vêraf [of hiernamaals belonings] praat nie, maar Ek wil eerder praat van iets nuuts: Sulke wesens moet vir ewig ten volle vernietig word! Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205