Die Twaalf Ure
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

SESDE UUR - NOODLOTTIGE SEEREISE 1] Nadat julle voldoende rondgekyk het op hierdie een punt van Noord-Amerika, sal ons ons oë weer wend na die tablet. Kom ons kyk na die kus en vertoef 'n rukkie daar totdat hierdie groot skip - die een wat julle hier langs die kus sien, ten volle met suiker gelaai is en dan sal ons saam met hierdie skip reis waarheen die seile ookal gerig is. 2] Loer gou na hierdie punt . Kyk hoe die slawe vate en groot kratte op baie waens trek na die kus. Kyk hier na 'n swaar, tipiese wa. Kyk hoe hoog dit gepak is, so hoog met kratte dat dit soos ’n klein bergie lyk. Kyk hoedat daar veertig slawe voor die wa ingespan is, soos osse en die slawe-opsigters slaan hulle met swepe en dwing hulle om die vrag vinniger te trek. Let op hoe daar aan elke kant van die wa-berg 'n skare slawe is wat die wa met [lang] vurke* en toue moet stut. Die oomblik wanneer die voertuig effens opvallend ongebalanseerd raak, klap die wrede sweep oor hul rûe. *Navorsing toon dat dit 'n lang stok met penne aan die ent is. 3] En kyk, hulle is nou reeds naby aan die kus. Dit het goed gegaan met die wa. Maar julle het nie agterkom dat een wawiel onder die gewig gebreek het nie. Kyk. Byna twintig slawe lê nou verbrysel onder die groot las van die oorbelaaide wa en direk daarna word die ander helfte moorddadig mishandel, omdat hulle nie die wa regop gehou het nie. Ook word die trek-slawe nie gespaar tydens hierdie geleentheid nie, want soos julle kan sien, aangesien ’n swak geboude krat bo-op die wa gedeeltelik suiker gestrooi het deur drie openinge - as gevolg van die kragtige botsing - moes ten minste drie slawe vir hierdie groot skade met hul lewens boet. Alle skuld, wat slegs lê by hierdie gruwelike opsigters en hul byna ononderbroke dronkenskap, moet nou hierdie onskuldige lammers van die mensdom betaal word. - 4] Kyk. Nou het hierdie maniakke hulle genoeg gegesel. Gevolglik word 'n nuwe bevel gegee, nuwe en kleiner waens word ingebring en daarmee word al die kratte na die kus gebring onder ’n gekerm en geklaag van die slawe. 5] Kyk. Nou is alles daarheen gebring. Die Engelsman neem die goedere oor en bekragtig dit met die boekhouer van die teenwoordige suikerplantasie eienaar. 6] Maar nou moet hierdie kratte egter ook na die skip oorgebring word. Hierdie werk is deel van die handel en weereens val die las op die slawe. 7] Sien hoe lig hulle hierdie, dikwels sentenaar [of honderdgewig = 50kg], sware kratte in kleiner voertuie in; maar gelukkig vir hulle, val nie een in die see nie. Dit gebeur soms, veral as die een of ander slawe-opsiener te veel drank in sy buik uitgestort het, dat hy sy arme ondergeskiktes sal mishandel vir sy eie veragtelike vermaak. 8] Wanneer daar tydens sulke geleenthede groot skade plaasvind, omdat die verswakte ledemate van die slawe nie in staat is om so 'n swaar krat heeltemal op te lig tot in die voertuig nie en dit val in die water, word dit deur die opsieners as uiters laakbaar beskou. Selfs al herwin die slawe dit onmiddellik en geen druppel water die inhoud binnegedring het nie, word sulke agterlosige werkers óf byna tot die dood toe gegesel, of soms summier geskiet en in die see gegooi, afhangende in watter wrede bui sulke opsigters is. 9] Hierdie arme mense is eers dan buite gevaar, wanneer al die goedere volledig aan boord gebring is. Dan word die waens natuurlik teruggeneem en in plaas van die kratte, kampeer die opsigters nou self daarop, waar hulle hul joligheid en hul plesier op 'n bestendige galop uitvoer en hulle weet hoe om ’n wa spoed aan te gee met die geklap van die sweep. 10] Miskien sal julle vra, maar wat gebeur met diegene wat vertrap is? Ek sê vir julle: Eenvoudig niks nie, maar kyk eerder hierheen en oortuig julleself met julle geestelike oë hoe sommige van hulle met gebreekte hande en voete klaag. Hulle skreeu en huil en roep om hulp volgens hul gebruik. Dink julle dat 'n chirurg uitgeroep sal word of dat hulle na 'n slawe-hospitaal geneem sal word? 11] O, maar julle is verkeerd! Hierdie duiwels ken 'n baie vinniger manier van genesing as julle. ’n Klip-verband word om elkeen gehang en ten slotte word 'n gemeenskaplike waterkombers op die bodem van die see bo-op bygevoeg en op hierdie wyse word hulle almal genees vir ewig. - 12] Nou kan julle nog steeds vra, maar wanneer hierdie galoppende slawe die huis met hul toesighouers bereik het, sal hierdie armsaliges ten minste tyd kry om te rus of dalk 'n klein pouse? 13] Julle sien, dit is nie in hierdie land moontlik nie; maar dit gebeur meer dikwels - indien die eienaar 'n te groot monster is - dat hulle nog mishandel word vir hul nalatigheid onder die selfbevredigende bevel van die barbaarse eienaar! 14] En wil julle die ware getal van hierdie ongelukkiges weet, wie se lot in die gebied van onheil beslis nie 'n belangrike verskei¬denheid bied nie? 15] Van hulle is daar elfmiljoen regdeur die hele Noord-Amerikaanse republikeinse gebiede. En julle moet besef dat daar onder hierdie slawe nie net swartes is nie, maar daar is ook ten minste een kwart blankes* onder hulle. Maar 'n wet verbied egter blanke slawerny, daarom moet blanke slawe doelbewus verswart en word hulle dan [misleidend] swart gemaak. *Byna 3 miljoen blanke slawe 16] Nou nadat ons byna alles waargeneem het, laat ons nou aan boord van die skip gaan, wat, soos julle kan sien, seilgereed is en besig is om die hawe te verlaat. Let nou op hoe die matrose aan die bokant van die horisontale seilpaal, hulle toertjies uitvoer soos koordlopers. 17] Kyk 'n bietjie na hierdie see-verbrande gesigte; hul skaamte is met niks anders bedek as armsalige vodde nie. Kyk hoe dierlik, hoe laag hulle lyk, asof hulle aan 'n ander soort lewensvorm behoort, anders as dié van die menslike ras. Kyk. Hierdie mense is inderdaad die veelbesproke Engelse matrose. 18] O mensdom! In watter dieptes het julle wêreldse masker julle gegooi?! Hoe vêr is julle van My, die Bron van die lewe ?! Hoe naby is julle aan die afgrond van ewige ondergang ?! Die dieptes van die see verskrik julle nie! My storms swiep en brul tevergeefs verby julle voorkop; julle erken niemand meer bo julle nie - behalwe jy jouself! Trouens, julle staar vêr oor die misleidende oppervlak van die golwe met julle beweerde skerpsinnigheid*. *Gretige oordeel of onderskeiding 19] Jy profeteer die storm en ken al die riwwe en sandbanke in die see. Sorgeloos swem julle tussen lewe en dood op swak flenterplanke oor onvoorsienbare afgronde; julle doen dit op die wisselende oppervlak van die water van die een wêreld na die ander, maar julle oorweeg dit nie dat Ek - nie meer julle Vader nie, maar julle ongenaakbare regter - ook teenwoordig is aan boord van julle drywende houtpaleis. 20] Jy ken die weg en deur die vore van die see herken julle waarskynlik julle straat. Kyk. Jou tyd het uitgeloop. Ek roer die dieptes van die aarde met een vinger en aangesien julle niks vermoed nie, het Ek nuwe en onbekende riwwe in julle straat opgestel. Ek, die onsigbare stuurman, ken julle miserabele patetiese pogings; hierdie skandelike houer – wat volgestop is met die drek van 'n skandelike toekomstige hoop, sal homself werp teen die nuwe harde rand van die rif wat aan julle onbekend is en julle ruïneer. – 21] O kyk! Hierdie gepakte skip loop nou in die arms van presies so ’n onbekende rif. Kyk en moenie ontsteld wees nie, want die wind dryf haar so vinnig soos 'n pyl. Hulle vermoed niks, aangesien Ek nie die rif vir hulle bo die watervlak gelig het nie. 22] Maar kyk nou. Nog net twee minute en die armsalige houer lê tesame met sy hele inhoud in puin. Hier, kyk! Sien. Met 'n groot krag bots die skip se boeg teen die rif. Kyk hoe sy heeltemal vernietig word en kyk hoe die skip begin sink; kyk hoe hierdie matrose sukkel om die roeibote los te maak wat aan die groot skip hang en kyk hoe party met ’n groot spoed houtplanke gryp, swemmend in die water om ’n vlot vir hulself te maak. 23] Let op, die wrak hang aan hierdie rif en 'n aantal mense klou styf aan die takeltoue van die skip soos wat hulle bo die watervlak uitsteek; 'n kleiner aantal mense swem bo-op die toppe van die karige vervoermiddele op pad na 'n gewisse dood. Maar die kaptein en die eienaar van die vrag klou bewerig aan die uitstekende mas en in die greep van uiterste wanhoop, stoei hulle nou al vir die derde dag sedert die botsing met die dood, tesame met ander reisigers op die geraamte van die skip. 24] Dink julle dat een van hierdie mense My vir enige vorm van hulp gesmeek het? Geen! Inteendeel, hulle staar net die wye oop oseaan in om te sien of daar nie 'n voertuig in sig wil kom nie. Maar hulle staar tevergeefs, want Ek sal wyslik alle ander voertuie rig sodat hulle nie in hierdie omgewing sal kom nie. 25] Kyk nou hier. Kyk na hierdie twee, hurkend by die mas, stoeiend met mekaar. Julle sal dink dat hulle deur middel van hierdie stoeiery vaster sal wil klou aan die mas. Maar hierdie stoeiery lei na geen goeie nie en staan bekend as hongersnood! Een wil die ander doodmaak sodat hy iets kan kry om te eet. 26] En kyk nou op die drywende planke van die skip. Daar kan julle alreeds so ’n maaltyd sien. Julle kan sien hoe 'n ander Engelse handelaar sy gesiene vrou wat aan hom vasklou, se borste met groot gierigheid verslind. 27] Kyk, hierdie kannibalisme gaan tipies aan totdat daar op die ou end net een oor is en dan rand hierdie een homself gewoonlik aan en verslind homself so vêr as wat hy kan bykom; ’n toneel wat gewoonlik eindig in ’n noodlottige doodbloei na 'n paar uur. 28] Met betrekking tot die bene: Soveel as moontlik word afgeknaag en die res word dikwels vloekbelaaid in die see gegooi. 29] En aangesien ons nou geen meer lewe hier sien nie, laat ons nou ons drie voertuie agtervolg en kyk hoe dit met hulle gaan! - 30] Nou kyk, daar is een alreeds. Kyk. Slegs drie geraamte-agtige menslike wesens hurk daarin. Dit is drie helde wat dit hul reël gemaak het om mekaar nie te eet nie. Aangesien hulle die res van die geselskap in die water gegooi het, is hulle nouliks lewend en in die hande van blinde toeval. 31] Ten einde julle nie langer met hierdie drie op te hou nie, sal ons 'n vinnige einde vir hulle bring. Kyk daar, 'n kragtige golf tref die verflenterde skeepstuig, en 'n gemoedelike haai wag alreeds verlangend op die inhoud van hierdie skeepstuig. Hy het hierdie skeepstuig alreeds vir lank begelei as ’n getroue metgesel. 32] En kyk nou. Die golf het sy diens verrig en die haai het sy langverwagte prooi verorber en daar is dus niks meer vir ons om waar te neem nie en kom ons soek na 'n ander een van hierdie voertuie. 33] Julle sal nou dink: Waar kan sy dan wees? Maar Ek sê vir julle, moenie bekommerd wees nie, hy wat saam met My soek, sal geen probleem hê daarmee nie. Nou kyk, sy is reeds hier! Tel die mense binne hierdie boot en dit sal nie vir julle moeilik wees om te bepaal wat in hierdie toneel aan die gang is nie. 34] Nou waarom tel julle nie? Julle sê dat ons niemand sien nie. Daar. Kom nader en kyk binne-in die wankelende boot. Kyk. Daar is niks behalwe afgeknaagde bene binne-in die boot nie en dit is net die tiende dag ná die skipbreuk! Julle sou waarskynlik graag wou weet waar die laaste persoon is wat geknaag het aan die bene, aangesien hy hom sekerlik nie self tot kaal bene kon verteer het nie. 35] Nou loer 'n bietjie sywaarts. Kyk. Hier in die meer westelike helfte van die tablet doem 'n paar meter* lange mos bedekte rif bo die seevlak op. *oorspronklike woord is "Klaftem". Dit is 'n ou Oostenrykse meting; 1 Klafter / 6 voet = 2.9 meter = 9514 voet. 36] Kyk. Daar hurk hy desperaat in die middel van hierdie uiters klein eiland en kyk hoe hy na die mos en die klein halms gras gryp en dit in sy mond druk. Kyk. Dit is nou die lot van hierdie laaste lewende persoon en hy is ook die enigste een van al die skipbreukelinge wat binne twee dae lewend opgepik sal word deur 'n ander skip. Hy sal gered word, sodat hy die nuus kan bring oor wat daar gebeur het. Hy is ook die enigste een, wie op hierdie eiland, vir My ’n bietjie begin onthou het. 37] En so verlaat ons hom om daar op sy redding te wag en te kyk waar die vlot is. Kyk daar! Daar dryf die vlot! Kyk. Daar is geen mense oor nie, behalwe 'n paar bene wat vasgemaak is aan 'n plank met 'n tou; en net so is daar in die middel van die vlot een gekurkte bottel. 38] Hierdie bottel is hier omdat die laaste oorlewende die ondergang van die skip beskryf het, sowel as sy eie; en hy het homself en die bottel met 'n tou aan 'n plank vasgemaak; waartydens hy, in 'n swak toestand en op sorgelose wyse, met een voet in die water getuimel het, maar hy het herstel deur vir 'n geruime tyd met sy hande aan die plank vas te klou. Hy het daar gehang totdat ’n honger haai die helfte van sy lyf opgevreet het en uiteindelik ook die ander helfte. 39] Nou het ons ons reis voltooi. Wat meer is, volgens julle gesegde, het selfs die dood sy regte verloor, daar is geen sin in om hierdie toneel waar te neem nie en so sal ons ook ons reg opgee om waar te neem wat die dood alles vanuit ons oë gesteel het. Daarom, laat ons 'n bietjie kyk na die water van die tablet voor ons en dan sal ons aanbeweeg. Ons sal sien of daar enigiets noemenswaardig is vir julle om binne swem afstand te sien. 40] Kyk nou hier! Dit gebeur ook so dat 'n Engelse skip hierheen vaar; maar behalwe vir 'n matroos en 'n stuurman kan mens geen lewe op die dek sien nie. Julle sal waarskynlik graag wil weet wat binne-in die skip se geteerde planke is? 41]Kyk nou net! Ek sal nou 'n Epheta* donder oor hierdie skip en oombliklik word die skip deursigtig, asof van glas en die inhoud daarvan gaan lewend voor oë spring en so sê Ek: Epheta! *Epheta; Aramees vir "wees geopen" of "sal open". 42] Kyk nou en oordeel wat dit is wat homself hier voordoen. Kyk na die laer kamers van die skip. 'n Totaal van driehonderd mense van beide geslagte is byna naak en hulle is met 'n swaar kettings gebind. Kyk net hoe uitgeteer hul liggame is, tel die bloedbelope hale en kyk na die skraal voedselvoorraad, wat nie daagliks aan hierdie mense gegee word nie, maar eerder weekliks in 'n stinkende, skaars 'n derde van 'n halwe pond klipagtige brood*, langs 'n beker vrot water. * Vertalers nota: Die Duitse woord hier is 'Steinbode’ en moeilik om te vertaal. Stein = klip, rots, brode = reuk, klam rook, waas, ook asem of dampe. Miskien was dit 'n soort sterk suurdeeg brood?! 43] Kyk daar in 'n hoek hoe 'n ouer man, aan wie se voete 'n paar rotte alreeds geknaag het, tot die bewaarder pleit vir sy dood. Kyk, daar in 'n ander hoek is 'n ware vroulike Venus, dit is nou volgens julle konsep van skoonheid. Sy het kettings om haar sagte arms, sy gil angstiglik en pleit dat iemand haar in die see moet gooi of ten minste een van haar hande vrymaak sodat sy die bytende vuil van haar neus kan afvee. 44] Wat doen die lyfwag? Hy gryp 'n skerp regopstaande besem en hou dit voor haar neus, sodat sy haarself daarmee moet skoonmaak; en deur dit te doen, krap en smeer hy haar hele gesig, sodat dit uiteindelik vol absesse en etter raak. En indien sy sou kla oor sulke behandeling, word sy boonop berispe. 45] Kyk net af na haar voete. O hierdie delikate voete! Kyk hoe hulle drie weke gelede hoog geag was deur 'n wellustige* en ryk Engelse swelger. Dit maar net om hierdie meisie te verlei, maar van sy ryklike beloftes het min bewaarheid geword. En so in die boosheid van sy wraak het hy 'n illusie geskep en wel sodanig dat hy hierdie arme meisie op ’n gefabriseerde aanklagte van roof, deur middel van geheime omkoopgeld van die geswore regters, daar na die skip gebring het, soos wat julle kan sien. *'n onbeskofte, grof sensuele man. 46] En net soos wat hierdie arme meisie hier as 'n krimineel gedeporteer word, is daar 'n paar meer in hierdie groep aan wie soortgelyke behandeling gegee word. Kyk daar. ’n Taamlike jong man is vasgemaak in die oorkantste hoek. Hy, wat 'n ryk man se enigste erfgenaam was, is na sy pa se dood hierheen gebring deur sy eie ma met die hulp van een van haar skandelike minnaars. 47] Ons gaan nie sy storie verder voortsit nie, maar eerder die baie delikate voete van ons mooi gevangene bekyk. Kyk hoe hulle besig is om af te weer - of ten minste word ’n poging aangewend – ten einde hierdie skeeps-ongediertes af te weer, net soos by die voete van die ouer man; en kyk nou afwaarts, laer by haar voete, kyk hoe sy, deur haar ywer, haarself reeds voorberei het vir 'n hele mooi gevormde rotte-kussing! 48] En dink julle dat daardie lui skeepsmonsters sal afgaan om ten minste die dooie ongediertes uit die skip te verwyder? Nee nooit! Dit sal hulle nooit doen nie. In plaas daarvan berook hulle daagliks hierdie ongelukkige deel van die skip met teer. Hulle doen dit ter voorkoming van enige moontlike siektes. 49] Julle mag dalk dink dat sulke onmenslikheid bo alle begrip is en dat dokters en priesters moet toesien dat die basiese wette nagekom word. 50] Maar Ek sê egter vir julle dat elke skip van Engeland, sodra sy die hawe verlaat het, geen ander wette het as die bestaandes van die kaptein nie. Dit duur nie lank alvorens alle skeeps-owerhede dieselfde horing blaas nie, of met ander woorde, totdat hulle eenparig in hulle boosheid is nie, en so heers vulgariteit dikwels op dieselfde [boonste] dek. Daarbenewens is daar geen rede dat hierdie mooi jong uitgeworpene die prooi moet word van die wilde hartstogte van die dikwels dronk bevelvoerders nie en haarself laat gebruik vir alle denkbare ontugtige verraderlikhede* nie; sodat haar oordeel jammerlik voor hierdie wêreld gewerp word. - Julle sien, nou sal julle uiteindelik besef waarom die ongediertes nie van die skip verwyder is nie. – *Doelbewuste verbreking van die geloof; ’n berekende skending van vertroue 51] Maar dit is nie al wat so 'n swak uitgeworpene moet trotseer nie. Boonop skreeu en plaas haar veronderstelde kamerade van beide geslagte dikwels die mees afgryslike vloeke op haar en sê dat dit geheel en al haar skuld waarom hulle lot meer ondraaglik gemaak is. 52] Kyk net 'n bietjie rond in hierdie begrafnis-kamer en kyk nou boontoe na die blink kajuite van die skeepsoffisiere. Kyk net hoe mal en uitspattig gaan dit daar. 53] Skuimende wyn spuit uit hul bekers. Elkeen gil goeie wense aan die bevelvoerder, en een van hulle skreeu ook: Op die lewe van ons mooi gevangene! En almal stem goedkeurend met hom saam asof beset deur waansin. 54] En kyk, nou sit die offisiere koppe bymekaar. Wat kan in hul gedagtes omgaan, sal julle vra? Moenie bekommerd wees oor hierdie geheim nie, want dit bevat niks anders as 'n skelm truuk nie om die armsalige skoonheid oor te haal. 55] En wat dink julle? Waaruit bestaan hierdie truuk? Kyk, hierdie truuk bestaan uit niks anders nie as die volgende: Die skoonheid word gou bevry van haar boeie en word effektiewe mediese sorg gegee. Noudat sy weereens geklee is, word 'n formele huweliksaanbod gemaak, sodat sy die vrou kan word van een of ander van die skeepsoffisiere. 56] Die arme mens sien nie die fyn bedrog nie. As gevolg van die helse beproewing van die onderste woning, is sy te bang en so verenig sy haarself onder 'n waardelose egverbinding, nie deur die priester nie, maar deur een van die skeepsoldate in vermomming. Op hierdie manier misbruik haar skynbare man haar bedrieglik en in plaas van om snags met hom te lê, tree 'n ander man in sy plek en gevolglik word ons swak gevangene, onbewus van die situasie, 'n skeepshoer. 57] Sy ly beslis nie honger nie en sy is in 'n gelukkige gemoeds¬toestand. Sy is van mening dat sy haar fortuin hier gemaak het, maar haar oë open eers vir die waarheid in Botany Bay, 'n kus van Australië, waar sy - netsoos al die ander misdadigers - oorhandig word aan lewenslange mishandeling. Die lot van hierdie ongelukkige skoonheid volg in die sewende uur. Versamel vir julle skatte waar die motte dit nie kan wegvreet en roes en verrotting dit nie kan vernietig nie. Maar pasop vir die goedere en skatte van hierdie wêreld, want hulle dra in hulleself die bose gees van versoeking wat lei tot allerlei sondes. Die Groot Johannes Evangelie Vol 3, 219

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205