BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

OUTOBIOGRAFIE VAN BERTHA DUDDE Sedert 15 Junie 1937 skryf ek, deur die “innerlike woord” ontvang, boodskappe neer. Om aan `n herhaalde versoek van vriende gehoor te gee aangaande die nuwe openbaringe, wil ek `n kort verklaring gee oor die ontvangs van die openbaringe asook `n beskrywing van my lewensweg en persoonlike omstandighede. Op 1 April 1891, gebore as `n tweede oudste dogter van `n kunsskilder te Liegnits, Silezie, het ek met my ses broers en sussies `n harmonieuse jeug in ons ouerhuis gehad. Baie vroeg het ek die sorge rakende die daaglikse bestaan leer ken en my begeerte om my ouers daarmee te help, het my daartoe gebring om my voorliefde om klere te maak in praktyk te bring en om geld te verdien daarmee. En omdat die geldnood van my ouers daarmee verminder het en ook die versorging, het ek myself tot op die laaste nuttig gemaak vir die familie. My ouers het elkeen aan `n ander kerkgenootskap behoort, my vader was Protestant, my moeder Katoliek. As kinders was ons as katoliek opgevoed sonder dwang of strengheid betreffende die uit- oefening van kerklike pligte, waardeur elke kind self later in volledige vryheid `n selfgekose geloofsrigting kon inslaan. Ek was wel self godsdienstig, maar kon my nie ten volle onderwerp aan die leerstellings van die Katolieke kerk nie, alhoewel ek die kerk geag het. Tog was dit nie vir my moontlik om dit na buite uit te dra waarmee ek innerlik nie heeltemal van oortuig was nie. Ek het dus nie meer na die kerk gegaan nie, na geen preek geluister nie en het niks van die Bybel af geweet nie. Ook het ek geen godsdienstige of wetenskaplike boeke gelees nie en ek het my nie geroepe gevoel om my by enige sekte of geestesrigting aan te sluit nie. Wie bekend is met die katolieke geloofsleer, begryp in welke gewetensnood iemand kan raak wat hom van haar wil losmaak. Hierdie probleme was my dan ook nie gespaar nie, maar ondanks alles het die vraag oor en oor in my opgekom; - waar is die suiwere waarheid te vinde? By die bid van die Onse Vader het ek dikwels gesmeek dat Ek tog die ryk van God moes vind en hierdie gebed is verhoor. Dit was op 15 Junie 1937. Ek het gebid en op my innerlike gelet en ek het heeltemal stilgebly. Dikwels het ek in hierdie toestand verkeer en dan het `n wonderlike vrede oor my gekom en dan het daar in die omgewing van my hart gedagtes na bowe gekom. Nie in die verstand nie, maar in die hart het ek troos en krag ontvang. Maar nog het ek nie besef dat die gedagtes vir my “gegee” was nie. Tot `n vreemde belewenis in `n droom, wat later op waarheid blyk te berus het, my aanleiding gegee het om hierdie gedagtes op te skrywe. En so het ek ook op hierdie gedenkwaardige dag in my binnenste geluister en toe kom daar heel helder en duidelik `n ry woorde wat ek opgeskryf het. Dit was die eerste hoofstuk wat aan my gegee was en het begin met die woorde: “In die begin was die Woord. `n Tema van die Skepper van Hemel en aarde!”. Daarna het die twyfel gekom: Het ek dit uit Myself geskrywe? Daaroor het ek geworstel, gebede en baie innerlike stryd beleef, maar steeds opnuut het die woorde gekom as `n groot stroom en as `n wysheid waarvoor ek gehuiwer het. God het Self die twyfel van my af weggeneem, Hy het my antwoord gegee en ek het Hom in Sy woord as onse Vader herken. My geloof het toegeneem en die twyfel het verminder en ek het daagliks ontvang en geskryf. Die inhoud van die boodskappe gaan bo my begripsvermoë uit. Nog nooit gehoorde of gelese uitdruk- kings, anderstalige- of wetenskaplike benaminge en aanwysings het onophoudelik na my toe gevloei. En dan nog die tot nog toe nooit verneemde liefdesbetuigings van die Hemelse Vader; dit het `n toevlug en verduideliking van alle vrae van die lewe gevorm. Die woord wat na my toe van Hom gekom het geskied by my as volg: Na innige gebed en `n korte konsentrasie luister ek na my innerlike en dan volg die helder geformuleerde gedagte. Afsonderlik en duidelik vloei die woorde één vir één, steeds met die doel dat ek dit moet opskrywe, drie of vier keer agtermekaar, vergelykbaar met die gee van die weerberig oor die radio. Langsaam, sodat ek dit maklik met skryf kan byhou, vorm sinsdeel na sinsdeel homself. Ek skryf die woorde stenografies op soos by `n diktaat, sonder om ingedagte te wees of konstruktief daarby betrokke te wees. Ek is daarby nie in `n soort transtoestand nie en maak ook nie self die sinne nie. Ek ontvang die woorde agtermekaar sonder om tydens die skrywe hul samehang te begryp. Na dae, ja meer eers na weke, skryf ek die stenogram oor in netjiese skrif, sonder om dit vooraf deur te gelees het, sonder om iets daaraan te verander of toe te voeg. In geen geval probeer ek die sin van die boodskap uit te werk of te stylleer nie. Die tydsduur van so `n diktaat bedra ongeveer `n halfuur. Met nadruk wil ek daarop wys dat die proses geen dwang verdra, of in ekstase gebeur nie. Alles voltrek dit self nugter en eenvoudig sonder `n inbring of beïnvloeding van die eie wil. Steeds kan ek die diktaat onderbreek en na ure of selfs na dae, midde in die afgebroke openbaring, weer verder skrywe. Sonder dat ek my vroeër gegewe woorde deurgelees het, word die boodskap dan vloeiend verder vir my gedikteer en my wil staan los van elke dwang. Wat ek wil is om God te dien en te mag doen wat volgens Sy Heilige wil is. Ek mag sê dat ek as `n beginner in die goddelike waarheid ingelei was, met begrippe wat in elke opsig vir my vreemd was of vreemd voorgekom het. Eers na jare het ek die bevestiging van hierdie openbaringe wat van Bo ontvang is, gevind. Ek het literatuur van die skryfkneg Jakob Lorber in die hande gekry. Niemand sal kan begryp hoe gelukkig ek met hierdie lektuur was nie, met die groot Johannes Evangelie en die Jeug van Jesus. Nou eers het ek besef dat die woord van die Heer ook aan ander gegee was, dat God die Heer te alle tye tot Sy “kinders” gespreek het en ook verder sal spreek omdat die oneindige liefde en die erbarming van die Vader nie anders kan nie. By Jakob Lorber hervind ek wat voorheen aan my gegee was. Dikwels was die woord vir my onbegryplik, maar liefdevol gee die Hemelse Vader die verklarings aan my. Wonderlik was die ervarings en voorvalle wat nie per stuk getel kan word nie, maar wat egter keer op keer getuig van die onvoorstelbare minsaamheid en mildheid van die Vader. Deur `n gemis aan algemene ontwikkeling het ek myself as `n ongeskrewe bladsy gevoel. Geldnood en gebrek aan tyd het my daarvan weerhou om goeie boeke te koop of lesings by te woon en my lewe het van vroeg tot laat bestaan uit sware arbeid. Desondanks het ek daagliks hierdie kosbare geskenke van geestelike waarde ontvang, sonder om egter te weet vir wie ek dit eintlik ontvang. Dat ek die boodskappe van Bo sonder kritiek aangeneem het, sal wel verband hou met my totale onwetendheid aangaande die Bybel en die katolieke leerstellinge of geskrifte. Na my huidige insig dink ek dat `n Katoliek of Protestant wie se kennis in dogmatiese leerstellinge veranker is, te veel op hierdie dogmas gerig is om sonder kritiek of voorbehoud die woorde van die nuwe openbaring op te neem en dit in homself te laat volmaak word. Tog blyk daar in die wetenskap op meerdere gebiede persone te wees wat met toenemende belangstelling kennis geneem het van hierdie openbaringe en daaroor besprekings gehou het. Hulle belangstelling het nie alleen uitgegaan na die onweerlegbare uiteensettings oor die ontstaan van die materie en Sy moontlike ontbinding nie, maar betref ook die grondslae van die dwaalleringe van verskillende godsdienstige sisteme en kerkgemeenskappe. In die boodskappe wat deur my ontvang is, word duidelik gemaak waaruit die dwaling bestaan en van ons almal word verlang om dwaalleringe as sodanig uit te wys waar die geleentheid homself voordoen. Dit staan elkeen vry om die woorde van God ter harte te neem, wie egter die Gees agter die Vaderlike woorde begryp het en daarvolgens handel, vergroot nie die afstand tussen homself en sy Hemelse Vader nie. Wie die vermanende woorde van liefde nie opvolg nie, plaas homself outomaties onder die wet en hy sal ook onvermydelik in die mate van barmhartigheid verstok bly as waarin hy die goddelike gebod van die liefde geminag het. Deur die barmhartigheid van God word die evangelie opnuut aan die mense verkondig en daar word met nadruk gewys op die doel van die bestaan as mens. Sodanig probeer die erbarmende liefde van God te red wie homself nog wil laat red, vóór die groot kentering wat waarlik kom. Dit is die tyd waaroor alle sieners en profete van alle tye verkondig het; die eindtyd, wat nou aangebreek het. In my aantekeninge word geen onderskeid deur God onder Sy kinders gemaak nie. “Kom almal na My toe”, lui Sy lokkende roepstem en geseënd is hy wat Sy woorde hoor en Hom volg. Want God het Sy “kinders” lief en Hy wil hulle almal gelukkig maak, ook wanneer hulle niks van Hom af wil weet nie. Opgeteken die 22ste November 1953 geteken Bertha Dudde

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205