BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Navolging van Jesus – ‘n Lewe van liefde en selfverloëning 3920 Elkeen wat nie so sag en geduldig soos Ek is nie, wie nie sy dissipelskap uitoefen deur alle eienskappe te verwerp wat ooreenstem met My teenstander nie, wie nie voortdurend na deugde streef wat die kenmerk van ‘n goddelike wese is nie, sal nouliks die doel bereik om eenheid te verkry met die ewige Vader, Wie die suiwere liefde Self is en wat slegs met lewende skepsele kan verenig wat liefde geword het, soos wat Hy is. My lewe op aarde moet julle as voorbeeld dien, want as mens was Ek aan dieselfde verleidings onderworpe as julle en moes Ek die enigste weg neem wat ‘n siel na volmaaktheid kon lei. Soos julle moes Ek veg teen alle verlange van die vlees, asook teen alle eienskappe van ‘n ongoddelike wese, anders sou My lewe julle nie as voorbeeld kon dien, indien Ek sonder alle menslike gebreke gebore was en die toets van My Wil kon omseil het nie. Ek moes die diepte van die aardse lewe ervaar, d.w.s. Ek moes die kans hê om My vrywillig van dieselfde liggaamlike sondes te onthou en alle prikkelinge daarvoor te vermy. Ek moes teen vleeslike verlange veg en daardeur die siel in My versterk en voorberei om met die gees te verenig. Die sondigheid van My omgewing het dikwels My Liefde en geduld bitterlik getoets, maar Ek wou sag en van ganser harte beskeie bly, sonder om My te verhef. Ek was ook vol medelye vir My medemens se swakheid om hulle teen versoekings te verset, en My Liefde het vergroot. Ek wou hulle help wat teen die grond was en wie nie in staat was om self op te staan nie. Deur Self mens te wees, het Ek die swakheid van die mense geken en hierdie kennis het My sagmoedigheid en geduld vergroot. Deur Self mens te wees, kon Ek My te alle tye in die situasie van ‘n sondige person se siel plaas, ofskoon Ek sonder sonde was, alhoewel Ek, kragtens My wil, alle verleidinge van liggaam en siel oorwin het deur die krag van die liefde. En elke persoon wat die liefde beoefen, sal ook die krag hê om teen sy foute en swakhede te veg en hy sal ook oorwinning behaal, want die liefde self is krag. Daarom sal elke persoon wat aktief is in die liefde, ook alle deugde beoefen wat ‘n goddelike wese aandui, naamlik dat hy sag en geduldig, genadig, vredeliewend, beskeie en regverdig sal wees. As hy met liefde teenoor sy medemens optree, sal sy gedagtes ook liefdevol wees en sal hy sy swakhede en foute met gemak beveg. Volg My, leef ‘n lewe van liefde en selfverloëning soos Ek en julle sal julle van alle sondige verlange bevry, julle sal nie self aan sonde onderworpe wees nie, julle sal aanpas by die aard van die Ewige Liefde en sal reeds op aarde eenwording kan bereik en dus met sekerheid julle doel bereik. Daarom, soos Ek, moet julle ook te alle tye die kruis opneem en julle moet nie ongeduldig word nie, want as julle My opreg om hulp vra, sal Ek dit help dra vir julle en hoe meer gewillig die siel is om die kruis te dra wat deur die Vader se Liefde vir haar opgelê is terwille van haar volwassenheid, hoe gouer sal sy loskom van verlange na die aardse. Volg My en neem My lewe op aarde as voorbeeld en julle sal nooit weer aan sonde onderwerp word nie, julle sal julleself verlos deur julle wilskrag en liefde. Julle sal vry word en oneindig gelukkige wesens wees, toegerus met alle Goddelike kenmerke. Julle sal vol lig en krag wees in die geestelike koninkryk en geluksalig lewe tot in ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205