BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geestelike Arbeid moet voorkeur kry – ‘n Nuwe arbeidsveld 3921 Ek weet waarlik die beste wat vir julle nuttig is ten opsigte van die volwasse word van julle siele, en daarom sal julle lot op aarde steeds in ooreenstemming wees met die behoefte van die siel, wie My egter aan die einde van haar aardse lewe sal dank, omdat Ek rekening gehou het met dit waaraan sy behoeftig was. Die lewe op aarde duur maar ‘n kort tydjie en kan nooit aan julle vergoeding bied vir dit wat die siel gaan mis as daar te veel aan die liggaam se begeertes voldoen word nie, want vir julle siele is dit nodig dat sulke begeertes agterweë gelaat word, alle hindernisse vir julle ontwikkeling moet vir julle uit die weg geruim word en so-iets sal steeds deur die liggaam op sodanige manier gevoel word, dat dit hom nie baie sal geval nie. Verlaat julle egter steeds op My Liefde en Wysheid, glo dat alles wat julle sal oorkom deur My Wysheid as bevorderlik vir julle gesien was en deur My Liefde aan julle opgelê word. Skik julle daarom steeds binne My Wil sodat julle salig kan word. Julle, My dienaars op aarde, moet egter heel besonder voorberei word vir julle funksie gedurende die laaste tyd voor die einde, julle moet voorkeur aan die geestelike gee bo die aardse en moet julleself altyd herinner dat julle julself in My diens geplaas het, dat julle nie twee meesters, My en die wêreld, kan dien nie. Julle geestelike arbeid moet alles vir julle wees. Ek het julle geroep om geestelik te werk en julle lewenslot sal sodanig verloop dat julle hierdie arbeid ongehinderd kan volbring, sodat julle ywerig werksaam kan wees vir My en My ryk, wat nie van hierdie wêreld is nie. Ek sal julle lei na die arbeidsveld waarin julle moet werk, en deur julle liefde tot My en julle medemens, sal julle ook resultaat behaal, naamlik die redding van dwalende siele uit ‘n geestelike duisternis. Weet dat dit julle vernaamste taak op aarde is waarvoor julle julleself uit vrye wil vir My aangebied het, weet dat dit heelwat nodiger en belangriker is as om na aardse sorge om te sien, weet dat baie mense vir laasgenoemde geskik sal wees, maar vir die eersgenoemde egter, vir die opheffing van geestelike nood, is daar maar min wat hulle bereid verklaar en daarom is die gebrek aan arbeiders, wat geestelik op aarde werksaam is, so groot. Waar Ek egter sulke mense vind, daar sal My seën ook altyd merkbaar wees en hulle weë sal Ek so lei, dat daar waar daar groot nood sal wees, hulle geseënd sal kan werk. My dienaars op aarde weet dat die tyd maar kort is na die einde toe en moet hierdie tyd ten volle benut vir My, julle moet My evangelie uitdra in die wêreld, en Ek sal Self vir julle die plek aanwys waar julle geestelike werksaamhede uitgevoer moet word in die komende moeilike tyd wat die einde sal voorafgaan. Waar die geestelike nood groot is, daar het Ek bruikbare arbeiders nodig om die veld wat braak lê te bewerk, goeie saad te strooi en goeie vrugte te oes. Gee so julle volle vertroue en onderwerp julle gewillig aan My Wil, aan My leiding, want dit is die regte manier, vir julleself asook vir die tallose siele aan wie julle hulp moet bring in geestelike nood. Wag geduldig totdat Ek julle roep en gebruik elke dag slegs om julle eie siel te verbeter, neem My woord met ‘n begerige hart in ontvangs en laat julle deur Sy krag deurstroom word, lê al julle sorge en nood, geestelik sowel as aards in My hande en laat Ek Self vir julle sorg, dan sal julle lewe op aarde waarlik nie nutteloos wees nie, want om ‘n belangrike taak, soos dit wat aan julle toegewys is, te vervul, vereis ‘n wil wat op My gerig is, ‘n diepe geloof en liefde tot My en tot die naaste. Die siel van hom wat op die aarde is, aan wie hierdie belangrike taak toevertrou word, moet volmaak word, want My barmhartigheid en My seën is vir hom ‘n sekerheid. Die tyd tot die einde is nog maar kort, maar moeilik vir elkeen afsonderlik. Wie egter krag en barmhartigheid van My sal put, hy sal hierdie tyd sonder skade aan sy siel oorleef. Hy sal dit ten volle kan benut en ryk aan geestelike skatte die aardse lewe verruil vir ‘n geluksalige lewe in My ryk, waar hy vir alle selfverloëning en ontberings wat die aardse lewe hom gebring het, duisendvoudig vergoed sal word, omdat hy aan My trou gebly het tot aan die einde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205