BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

“Vader, laat U Wil geskied” 3927 Julle kan alles deur My verkry, as julle net vas en onwankelbaar in My glo, want as julle My groter as groot Liefde vir julle in gedagte hou, sal julle ook weet dat Ek geen gebed onbeantwoord laat nie. ‘n Vaste geloof in My sluit ook totale vertroue in My in, dit sluit die sekerheid in dat Ek in My Wysheid ook bewus is van alles wat vir julle tot seën is en dat Ek nie sal toelaat dat julle benadeel word, deurdat Ek iets aan julle sal toestaan wat nie vir julle voordeel sal inhou nie. Daarom sal ‘n diep gelowige mens homself ook onvoorwaardelik aan My oorgee, hy sal dit aan My oorlaat om te besluit wat Ek hom sal gee, hy sal nie eis nie, maar in nederigheid sy versoeke aan My voorlê, altyd My Wil as die belangrikste ag en hom aan My Liefde en genade oorgee. Ek sal vir hom in oorvloed gee en Ek sal hom nie liggaamlik of geestelik gebrek laat ly nie, want Ek sluit nooit My ore vir My kind se gebed nie. Maar as Ek julle die vervulling van ‘n versoek weier, twyfel dan tog nie aan My Liefde nie, want dis juis My Liefde wat julle teen onheil wil beskerm. Julle sal nie altyd verstaan wat die uitwerking op die vervulling van ‘n versoek is nie. Vra My dus vol vertroue wat julle verlang en laat alles verder aan My oor en My Liefde sal julle so in ag neem dat die weg na My vir julle gelykgemaak sal word, sodat julle verseker julle doel sal bereik, sodat julle as My kinders na die Vaderhuis sal terugkeer om ‘n geluksalige lewe te lei tot in alle ewigheid. Gebruik die krag van gebed, roep My aan in elke situasie van die lewe, kom na My toe wanneer julle in nood verkeer, en dink ook aan My in ure van rus en vrede. Vergeet My nie, sodat Ek julle ook nie vergeet nie, bly gereeld deur innige gebed in verbinding met My en roep My steeds in julle nabyheid, want dan sal daar onmeetlike krag na julle stroom, wanneer julle My uit vrye wil sal soek, wanneer Ek in julle gedagtes sal wees en julle hart na My hunker. Julle sal uit eie beweging die weg na My moet vind en daarom die brug betree wat Ek vir julle voorsien het vanaf die aarde na My. Julle sal moet bid, want in die gebed verhef julle siel haarself tot in die sfeer van lig, in die gebed betree julle die brug na My, in die gebed kom die kind by die Vader, dit bring die verhouding tot stand van kind tot Vader, soos dit My Wil is. Wanneer Ek as Vader aangeroep word, wanneer ‘n kinderlike hart My tegemoetkom, verhoor Ek elke smeking, want Ek stel nie My kinders teleur wat vol vertroue na My toe kom nie. My Liefde gaan uit na hom, My Liefde deel onmeetlike gawes uit, My Liefde voorsien geestelike en aardse gawes aan die kind en hy sal nooit nood hoef te ly nie, wanneer hy waarlik kinderlik bid, d.w.s. sy gebed in gees en in waarheid na My stuur. Maak almal gebruik van die genade van die gebed, want julle sal alles kan bereik d.m.v. ‘n diep lewende geloof in My en My Liefde. Eis egter nie, en kla of mor nie as Ek julle gebed skynbaar nie verhoor nie, want dan sien My Vaderliefde maar net ‘n nadeel in die verhoring van julle versoek en om julle daarteen te behoed, ontsê Ek julle dit. Wie altyd sy wil aan Myne sal onderwerp, sal nooit teleurgestel word nie, want sy gebed is die ware, wat vir My welgevallig is, wanneer hy aan al sy versoeke toevoeg: “Vader, laat U Wil geskied”. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205