BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Aansporing om ywerig te arbei vir die ryk van God 3931 Waar die geleentheid hom voordoen, moet julle vir My spreek en My woord versprei, want die nood om julle heen is groot en julle kan dit slegs teengaan deur die gedagtes van die medemens op My te rig. Ek alleen kan die aardse nood ophef en Ek sal dit ook doen, sodra die mense hulself sal inspan om eerstens die geestelike nood op te hef. Hulle staan vlak voor die afgrond en slegs die eie wil kan hulle daarvan wegruk, want hulle moet self eers wil dat Ek hulle sal bystaan met My genade en krag, dan sal My Liefde ook bereid wees om hulle nog ter elfder ure te help. Om hierdie rede sal julle My leer (van die liefde) aan hulle moet verkondig, julle sal hulle in kennis moet stel van My Woord, sodat hulle op hoogte kan wees van My Wil en soos wat hulle My Woord gelowig aanneem, ook probeer om daarvolgens te lewe, en hulle siele sal gered wees. As julle nou weet hoe dringend nodig julle arbeid vir My ryk is, as julle bereid is om hierdie arbeid te verrig om die siele van julle medemens te help, dan sal dit ook vir julle begryplik wees dat daar goed vir julle gesorg sal word, waar julle in My diens is, want iedere werkgewer sorg vir Sy knegte en des te meer sorgsaam, hoe meer bereidwillige instrumente hulle vir Hom is. So roep Ek julle steeds weer toe: Laat alle aardse sorge van julle afval, neem slegs julle geestelike arbeid ter harte, wees ywerig werksaam vir My en al die ander wat julle vir julle aardse lewe nodig sal hê, sal Ek vir julle doen, Ek sal julle weg op aarde gelykmaak en julle ongedeerd na die doel voer. Elke dag is kosbaar en elke dag moet julle vir My en My ryk arbei. Steeds weer sal julle mense teëkom wat voortgaan sonder om op hoogte te wees van hulle opdrag op aarde, steeds weer sal julle julleself kan oortuig van die swak geloof van julle medemens, of van hulle totale ongeloof en steeds weer sal julle vir My kan praat, julle sal getuienis kan aflê van My groot Liefde en Erbarming wat aan julle geopenbaar is deur die toekom van My woord. Oral sal julle geleentheid hê om in My Naam te spreek en opheldering te gee, dwaallere reg te stel en die suiwer waarheid te versprei, net soos wat dit My Wil is. Hoe die mense hulself daarteenoor gaan instel, word aan hulself oorgelaat, maar sonder die oordrag van die suiwere waarheid, sonder kennis van My woord, sal die weg na My vir hulle verborge wees en julle moet hulle op die regte weg wys, julle moet My Liefdesleer aan hulle verkondig en dit nadruklik op die hart bind, dat hulle hulself moet verander tot liefde. Luister hulle na hierdie aansporinge, dan is hulle ook al geestelik en liggaamlik geholpe, want sodra hulle hulle bes sal doen om in die liefde te lewe, sal hulle aardse lewensomstandighede ook ‘n verbetering ondergaan, omdat Ek dan geen harde opvoedingsmiddele meer hoef te gebruik om hulle te help nie, indien hulle nou eenmaal die weg gaan wat na My lei, die weg van die liefde. Spoor hulle aan tot liefde en wys hulle op My en My aardse lewenswandel, waar Ek vir hulle die voorbeeld gestel het van ‘n lewe van Liefde, en hulle gebied het om My na te volg in hulle lewe. Stel hulle nadruklik die seën van ‘n lewe in liefde voor die gees en die groot gevaar van hulle ondergang, indien hulle geen ag slaan op My gebod van die liefde nie. En kondig vir hulle die nabye einde aan en die noodsaaklikheid van ‘n verandering tot liefde. Julle sal dan energieke arbeiders in My wingerd wees en verseker van alle ondersteuning van My kant. Julle hoef self geen enkele aardse sorg te maak oor julle lewenslot nie, net soos wat dit goed sal wees vir julle, so sal Ek julle lei en die versekering van My beskerming sal vir julle waarlik ‘n waarborg wees vir ‘n sorgelose bestaan, as julle maar net sal vasstaan in die vaste onwankelbare geloof. Wie Ek egter as arbeider in diens geneem het, sy geloof sal ook die sterkte bereik wat nodig is vir sy amp op aarde. Ek sal julle wat My wil dien, nie in liggaamlike en geestelike nood laat nie en My Krag sal julle deurstroom wanneer julle julleself uitsit vir My Naam. Wees daarom nie bang en aarsel nie, vrees geen aardse las nie, maar verhef julle oë en harte tot My, Wie julle seën op aarde, omdat julle liefde vir My en die naaste julle aanspoor om vir My werksaam te wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205