BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Versoekings 3684 Val nie ten offer aan die versoekings, wat gereeld na julle kom deurdat Ek dit toelaat nie. Die vyand van julle siele doen voortdurend moeite om julle vir homself te wen en hy stel gereeld valstrikke vir julle, waarin julle verward raak, hy trag om julle tot ‘n val te bring, wetende dat julle maar moeilik orent sal kan kom en dat hy julle swakheid dan vir homself kan benut. Ek verhinder nie sy voornemens nie, omdat Ek hom ‘n bepaalde mag oor julle siele, in die stadium as mens, toegestaan het, omdat julle in vrye wil ‘n besluit moet neem en julle julleself, met My hulp en barmhartigheid, ook uit sy mag sal kan ontworstel. Ek laat sy aktiwiteite toe, maar waarsku en vermaan julle voortdurend, sodat julle weerstand sal bied en oplettend sal wees en julleself nie van My verwyder nie, omdat Ek julle te alle tye kan help, indien julle na My roep en My hulp afsmeek. Die krag om weerstand te bied staan julle steeds ter beskikking, gebruik dit daarom ook, kom met elke liggaamlike en geestelike kwelling na My, sodat Ek julle kan bystaan en julle nie, sonder om te verset, aan My teenstander oorgee nie, want slegs deur stryd gaan julle hoër op, slegs deur stryd word julle gehard en word julle die vyand se baas. Julle sal altyd krag van My in ontvangs kan neem en dit teen hom gebruik, en julle sal oorwinnaars bly, omdat julle wil julleself van My teenstander afkeer. Word nie kleingelowig en angstig nie, al kom die versoekings hoe dreigend op julle af. Dit is sy wapen, om julle vreesagtig te maak, julle weerstand te verlam. Julle moet egter weet dat daar Een is wat julle in alle volheid krag kan gee en dat julle daarom geen versoeking hoef te vrees nie, al mag julle hoe onmiskenbaar daarmee gekonfronteer word. Slegs die wil om te oorwin moet julle besiel, dan sal julle ook seëvier, die wil moet egter opreg wees. Julle is voortdurend deur slegte kragte omgewe, wat julle geestelike ondergang wil bewerkstellig, julle het egter ook steeds helpers wat julle bystaan, wat uit die ligryk kom, wie julle in My opdrag behulpsaam bystaan as julle My maar aanroep. Vertrou julle daagliks aan hulle toe, laat hulle julle beskermers wees deur julle wil en julle oorgawe aan My en al die geestelike vol van lig, wat innig met My verbonde is en dus ook in My Wil werk. Laat hulle vir julle sorg en dra hulle in gedagtes die las op wat op julle druk en julle sal verligting bemerk, julle sal nie meer angsvallig wees nie, julle sal in rus en kalmte teenoor elke versoeking staan en dit dus ook oorwin. Julle kan altyd verseker wees van My beskerming en My hulp, want ofskoon Ek My teenstander ook mag oor julle toegestaan het, so staan daar vir julle tog ook in gelyke mate krag ter beskikking, want Ek wil julle ook vir My wen en My doel is waarlik die regte. Slegs vanweë julle wilsvryheid laat Ek die stryd en die versoekings van die kant van My teenstander toe, want slegs in wilsvryheid kan julle die doel bereik om volmaak te word en dus geluksalig wees tot in alle ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205