BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 115

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Natuur katastrofe - Aanmaning om julleself voor te berei 3949 Ek roep almal wat My Woord ontvang toe: Berei julle voor op die komende tyd wat groot veranderinge aan julle lewensomstandighede sal bring, wat julle voor groot geestelike en aardse take gaan stel en wat julle daarom nie ernstig genoeg kan opneem, indien julle nie skade aan julle siele wil berokken nie. Julle moet al vooraf krag put, omdat daar baie groot eise aan julle gestel sal word, geestelik sowel as liggaamlik. Die aardse lewe sal so swaar op julle druk, dat julle dit slegs met My hulp sal kan uithou en dus sal julle in die eerste plek met My verbind moet bly, julle sal nie wankelmoedig mag word in julle geloof en dink dat Ek julle verlaat het nie, want slegs met geloof in My kan julle troos en krag vind en dan sal julle na My toe kom en Ek sal julle help. Wanneer daar om julle, in die aangesig van die groot nood wat onherroeplik sal kom, vele sal afval van die geloof, bly standvastig en na My toegekeer in julle hart en julle sal My en My aanwesigheid bemerk, julle sal altyd die hulp vind wat Ek julle beloof het. Nóg kan julle nie geloof skenk aan dit wat Ek julle steeds oor en oor verkondig het nie, nóg lyk dit vir julle twyfelagtig dat Ek Self duidelik sigbaar sal word, maar die uur kom steeds nader en daarmee ‘n totale ommekeer van die vertroude lewensomstandighede. Daarop moet julle julleself voorberei, sodat julle al vroeër kan loskom van alle materie, sodat julle die vêrdere leiding oor julle lewens slegs aan My sal oorlaat en in volle geloof in My nog net sal sorg vir julle siele, want die aardse kan julle nie behou wanneer Ek dit beter vind dat julle dit verloor nie, al is julle nog hoe bekommerd daaroor. Wat Ek egter vir julle wil behou, sal ook nie deur die natuurgeweld, waardeur Ek Myself sal openbaar, geraak word nie. Glo daarin dat Ek die lot van elkeen stuur in ooreenstemming met My Liefde en Wysheid en dat elke angstige bekommernis van julle ongegrond is. Ek sorg so vir Myne, dat hulle op aarde nog so veel as moontlik sielsvolmaaktheid kan bereik, want die tyd tot aan die einde is maar kort en dit sal vir baie ook ‘n verkorte tyd van lewe op aarde beteken, hulle moet en kan egter tog ook in ‘n korter tyd die doel bereik, omdat My Liefde hulle elke moontlikheid sal ontsluit. Neem dus My woorde ernstig op, hou rekening met ‘n spoedige einde en met die natuurkatastrofe wat voor die einde sal plaasvind, verwag dit elke dag, want sal dit ook vir Myne as ‘n verrassing kom. Vertrou julle sonder beperking toe aan My, want Ek sal julle ewiglik nie verlaat nie, as julle maar net aan My sal dink nie. En Ek sal hoor julle wanneer julle in julle hart na My roep. Maar gebruik die kort tydjie produktief daarvoor, gee al die aardse strewe op en soek slegs daarna om geestelike voordele te behaal. Bly trou aan My, ook in die grootste aardse nood en julle sal My as ‘n voortdurende Helper aan julle sy hê, julle sal My dikwels wonderbare hulp duidelik ondervind, want dit het Ek aan julle toegesê en My woord is en bly ewige Waarheid. Glo daarin, en dus ook aan die komende groot tyd van nood, en berei julle daarop voor, deurdat julle voortdurend krag sal put uit My woord, deurdat julle My inniger sal soek as ooit en met My in voortdurende verbinding sal bly deur gebed en werke van liefde, want julle sal baie krag nodig hê, sodat julle nie swak sal word wanneer Ek Myself deur die natuurgeweld openbaar nie. Vrees egter niks wat ookal sal gebeur nie, want Ek sal Myne beskerm, sodat hulle vir My, in die laaste tyd voor die einde, tot sterk steunpunte sal word op aarde, wat My sal moet help om My Woord te versprei, sodat daar nog siele wat van goeie wil is, gered kan word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205