BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Oorsaak en kragte van die ontbinding van die aarde 3950 Elke voorwaarde om ‘n nuwe aarde te skep moet eers aanwesig wees voordat die ou aarde ontbind word, voordat daar ‘n totale verandering van haar buitekant kan plaasvind. Die hele aarde moet dus ‘n ontbindingsproses deurmaak wat al die gebonde geeste in haar vrymaak, sodat sy weer tot nuwe skeppings omvorm kan word waarin ‘n vêrdere ontwikkeling van die gees moontlik sal wees. Die proses van die laaste verwoesting moet dus van so ‘n geweldige aard wees, dat daar van ‘n totale ontbinding van die materie gepraat sal kan word. Dis nie net enkele dele wat getref sal word nie, maar uitbarstings sal in die binneste van die aarde verwek word wat hulle na alle kante toe sal uitbrei, sodat die hele aardoppervlak daardeur getref sal word, sodat niks dus sal bly bestaan wat daar eers was nie, maar alles tot in die kleinste ontbind sal word. En die mense sal dit self veroorsaak. Hulle sal deur hul wetenskaplike vlak breek waarvan hulle die gevolge nie met hul verstand kan bereken nie. Hulle ken nie die natuurwette en hul uitwerkings goed genoeg om sulke gebiede te kan ondersoek nie en stel sodoende kragte in werking wat hulle nie in staat sal wees om te besweer nie. Maar Ek sal hulle nie verhinder nie, want Ek het ook voorsiening gemaak vir hierdie menslike wil in My heilsplan van ewigheid, omdat die tyd dan ook verby sal wees wat aan die gees toegewys was vir die verlossing. Die proses van die laaste verwoesting sal dus wel deur die menslike wil in werking gestel word, maar wat gaan gebeur, sal ook aan My Wil beantwoord, omdat die positiewe ontwikkeling van die gees ook daardeur moontlik gemaak sal word, wat tot hede nog in vaste vorm gekluister was, wat egter ook verlang om aktief te word, anders sou Ek hierdie eksperimente baie goed kon laat misluk, om die mense van hul voornemens te laat afsien. Die proefnemings van die wetenskaplikes sal wel lokaal plaasvind, dus alleen maar op bepaalde punte, maar die uitwerking sal geen grense ken nie, omdat die opgewekte kragte nie meer opgedam sal kan word nie en dit daarom na alle kante heen hul uitwerking sal laat voel. Die aarde vorm wel ‘n beperkte gebied, maar die opgewekte kragte sal geen begrensing ken nie, en so sal alles haar ten offer val wat haar tref. Vir julle mense is die uitwerking van hierdie proses ondenkbaar. Bowendien sal dit binne so ‘n kort tydjie afspeel, dat dit julle enige moontlikheid sal verhoed om daaroor na te dink, tensy julle aan die klein skare sal behoort wat Myne is, voor wie se oë hierdie laaste werk van vernietiging sal afspeel, omdat dit My Wil is, sodat hulle op die nuwe aarde getuies kan wees van die einde van hierdie aarde. Julle kan egter vir julle ‘n klein beeld daarvan vorm, as julle vir julleself voorstel dat daar ‘n ontploffing gaan plaasvind wat niks sal laat bly bestaan van alles wat aanmekaar gevoeg is, wat dus alles geheel en al sal vernietig en in die kleinste dele uitmekaar sal laat spat. Maar in hierdie proses, wat maar ‘n kort oomblik nodig sal hê, sal die voorafgaande aardskokke en die uitbreek van vuurkolomme vanuit die aarde, meer as voldoende wees om die mense in die grootste paniek te bring, omdat hulle dan ’n sekere dood sal aanskou. En nou sal dit ook te verstane wees dat niks meer sal agterbly nie, dat geen skepping meer sal bly bestaan nie, dat daar dus slegs nog materie sal oorbly wat in die kleinste atome ontbind sal wees, wat deur My, opnuut kragtens My Wil en My Mag, tot nuwe skeppings gevorm sal word wat nie deur julle voorgestel kan word nie, waarin die ontwikkeling van die gees weer kan voortgaan. Daar sal weer skeppings bestaan in verskillende grade van hardheid, dog sal die hardste materie die gees bevat wat as mens die ou aarde bewoon het, maar wat heeltemal geen ag op sy geestelike ontwikkeling gegee het nie. Hierdie siele kan in die geesteryk nie verwag om vêrder enige ontwikkeling te ondergaan nie, want hulle sal die hele weg deur die skepping nogmaals moet deurloop. Sodra die tyd vervul is, sal daar dus ‘n nuwe ontwikkelingsperiode begin, sodra die menslike wil sodanig te vêr gegaan het dat dit kragte in werking sal stel wat ‘n ander graad van geestelike volmaaktheid sal vereis as dit wat die mense aan die einde van hierdie verlossingsperiode besit, wat daarom nie meer geestelik opbouend, maar slegs nog vernietigend tot uiting sal kom. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205