BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Wêreldlinge - Veranderde lewensituasie 3975 'n Totaal wêreldgerigte mens sal beswaarlik in die veranderde lewensomstandighede kan aanpas, maar sal homself slegs voortdurend besighou met die verbetering daarvan, en dit sal die mens ook van enige arbeid aan sy siel weerhou. Wie die materie sy baas laat word, sal haar ook nooit oorwin nie. Vir wie die verlies van aardse goed nie 'n hulp is om dit te oorkom nie, sal homself met vergrote ywer daarop toespits om dit weer te vermeerder. En indien hy weer gehelp moet word, dan kan dit slegs gebeur deur nuwe verliese, sodat hy kan leer om die verganklikheid van die materie in te sien om geestelike voordeel daaruit te trek. Elke geloof sal ’n prooi word vir vergrote aardse strewes, en om hierdie rede sal verskillende sienings ontstaan, wat uiterlik herkenbaar sal wees. Gelowige mense sal hulle aardse benouende toestand beskou as deur God gestuur en sal daarom nie meer op die vermeerdering van aardse goedere ingestel wees nie, terwyl hy, wat na besit streef, die geloof sal verloor in 'n Mag, Wie Homself aan hom wil openbaar deur gebeure wat hom materiële verlies meegebring het. Sy verlange na die wêreld sal groter wees en daarom sal hy God nie herken nie en rig hy ook nie sy lewe in volgens Sy Wil nie. So sal daar 'n buitengewone druk bedrywigheid intree en die mense sal hulle lewensomstandighede, wat deur die Wil van God uitermate swaar geword het, wil verbeter. Die gedagte van ’n mens sal nou duidelik word. Hy wat in liefde leef, sal sy medemens help om die lewe vir hom draaglik te maak, maar die liefdelose sal slegs aan sy eie lewe 'n nuwe vorm wil gee. Hy sal alles doen om aan homself weer 'n luukse lewetjie te verskaf en hy sal ook nie daarvoor terugdeins om dit ten koste van sy medemens te doen nie. En dit sal spoedig duidelik sigbaar wees wie hom ondersteun, wie hom krag gee om aards te skep en in ruil daarvoor sy siel in besit geneem het. Die gelowige sal ook hulp kry in alle nood, net nie uiterlik sigbaar nie. Maar die Krag van God sal hom oorstroom. Hy sal ook elke lewensituasie baasraak en steeds met God in verbinding bly. Sy geloof sal verdiep. Die liefde vir die materie sal afneem, en dit is 'n heelwat groter vooruitgang as die vermeerderde aardse besit van die eerste. Wie sy siel gaan verkoop terwille van die aardse lewe, moet net rekening hou met die kort tydjie op aarde, wat elke dag vir hom ten einde kan loop. En hy sal nie dink aan die ewigheid nie, wat vir hom 'n verskriklike foltering sal wees, omdat die materie hom op dieselfde wyse sal kluister as op die aarde. En daarom moet die mens probeer om hom van elke begeerte daarna vry te maak. Hy moet die sware en moeilike tyd met berusting in God se Wil op homself neem en hom des te inniger by God aansluit, hoe meer hulpeloos hy aardsgewys sal wees, want God sal hom help en Hom ook aan hom openbaar deur die dikwels wonderbare hulp. Die tyd van ellende sal kort wees vir hom, maar eindeloos lank die lewe in die geesteryk, waar hy heeltemal sonder materie onnoemlik geluksalig sal wees, omdat hy al op aarde ’n oorwinnaar van die materie geword het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205