BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 125

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Lig wesens, Geestelike versorgers van die mense 3981 Die met lig omgewe wesens in die geesteryk staan in nouste verbinding met My en het daarom ook dieselfde wil en hulle beskik oor groot krag om hulle wil te verwesenlik. Dus is hulle in ‘n sekere sin die uitvoerders van My Wil, hulle is My dienaars, My gevolmagtigdes, wie se werksaamheid ooreenstem met My heilsplan van ewigheid, en hulle sorg vir ontelbare wesens op aarde, sowel as in die hiernamaals. Vir alles wat leef, wat ‘n bepaalde graad van geestelike volmaaktheid het, moet ook so gesorg word dat hulle hul doel bereik, omdat hulle sonder hulp nooit die goeie weg sal kan gaan nie. Hulle moet voortdurend gelei word en hierdie leiding en versorging is die amp van alle wesens wat deurstraal is van lig en krag, van wie die liefde tot My en die onverloste so diep is, dat hulle altyd sal doen wat beantwoord aan My Wil om die onvolmaakte te verlos. Ontelbare ligwesens is in My nabyheid en onvermoeid besig, dus kan ook ontelbare mense op aarde hul versorging geniet en aan elke afsonderlike gebeurlikheid kan aandag geskenk word; alle gebeure kan vir die mens so gerig word sodat hulle ryper kan word volgens hul lotsbestemming. Maar hierdie ligwesens sal die vryheid van wil nie aantas nie, sodat, ondanks die grootste en liefdevolste sorg, ook ‘n terugsakking in die duisternis nie uitgesluit kan word nie, wanneer die siel haarself teen die wil en die sorg van die ligwesens verset, wanneer sy My dus nie erken en nie krag of lig begeer nie. Dan word ook die sorg van die ligwesens vir solank uitgeskakel, totdat die wese haarself weer na My sal wend en daardeur die ligwesens die vryheid gee om op haar in te werk. Maar geen mens op aarde hoef die hulp en die liefde van die ligwesens te ontbeer nie, geen mens word van My af gering bedeeld of verwaarloos nie, maar elke wedervaring beantwoord aan sy eie wil en dit bepaal die mate van hulp en krag om verlos te word. Omdat die ligwesens uitvoerders van My Wil is, is hul leiding dus ook dieselfde as Myne, asook hul versorging. Daarom kan daar altyd van My werksaamheid en My hulp gepraat word, want die ligwesens is, as behorende by My, ‘n deel van My, ofskoon hulle as individue die geluk van die straling deur hulle vanuit My het, met krag en lig en die geluk van ‘n aanhoudende werksaamheid vir My voel. Maar hierdie werksaamheid bestaan slegs in die uitvoering van dit wat My Liefde en Wysheid as goed en suksesvol vir die afsonderlike siele insien. En so kan die hele heelal vol wees van siele wat hulp nodig het en nie een sal die Goddelike sorg hoef te ontbeer nie, omdat ook die ligryk oneindig is en die geluksaligheid van die siele wat daarin vertoef, daaruit bestaan om take van My af te ontvang en mekaar in die vervulling daarvan te oortref. Die siel wat My Eie geword het deur haarself tot liefde te omvorm, het ook ‘n regstreekse verbinding met My en My Wil. My Krag en Wysheid vervul die siel wat so tot liefde geword het heeltemal, sodat sy haarself ewiglik nie meer van My sal losmaak nie, en sal haarself nou in volle liefde tot die Gees wend wat hierdie geluksaligheid nie met haar kan deel nie, vanweë haar onvolmaaktheid, en Wie die ligwesens aanspoor om haar te verlos. Hulle staan teenoor die onverloste met dieselfde liefde as Ek Self, uit Wie se Liefdeskrag alles voortgekom het. Gevolglik sal hulle hul ook bekommer oor al My skepsele, hulle versorg en hul lewensituasie bestuur, sodat elke mens op aarde sy geestelike versorger het en hulle weer, as geheel met My verbonde, niks anders kan, wil en dink as Ek Self nie en die skepsel derhalwe kan voel dat sy deur My gelei en versorg word, en dit ook so is. Ek staan bo alles en ‘n leër van salige geeste omring My, maar ook die kleinste en nietigste wese geniet My sorg, My beskerming, en word nie deur My vergeet nie, al is dit vir die mense ook onbegryplik, omdat hulle kennis en hul krag slegs beperk is en hulle hierdie beperking ook by My veronderstel, solank as wat hulle self onvolmaak is en hulle geen voorstelling kan maak van die mag en die lig van die volmaakte nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205