BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Draers van waarheid in die noute gebring deur teenstanders van God- God se hulp 3996 Om ‘n geestelike taak te vervul word ‘n buitengewoon sterk wil benodig, want die teenstander van God sal heel besonderse moeite doen om op hierdie wil in te werk, om die mens te laat afsien daarvan om vir die suiwer waarheid op te staan, wat die taak van ‘n mens is wat homself in diens van God gestel het. Daar sal steeds twee strominge onder die mense wees, naamlik aanhangers en verkondigers van die suiwer waarheid en diegene wat die dwaling aanhang en die lig sal steeds teen die duisternis moet stry, omdat die leuenvors voortdurend sal probeer om die waarheid kragteloos te maak en die dwaling in die plek daarvan te stel. Die vors van die duisternis stry teen God, die leuen teen die waarheid, die duisternis teen die lig. Hierdie stryd sal voortduur solank as wat die aarde as verblyfplek bestaan om die gees te omvorm wat hulself moet bevry. Hierdie stryd sal baie duidelik aan die lig kom wanneer die waarheid openlik vanuit die hoogte na die aarde gestuur sal word. Dan sal die teenstander van God alle moontlike middele aanwend om Hom te verdring en hy sal dan ook in die vorm van ‘n verligte gestalte verskyn, om arglistig binne te sluip en homself te vestig, daar waar die minste weerstand gebied sal word. In die eerste plek sal hy probeer om hulle, wat die waarheid verkondig, onskadelik te maak, deurdat hy elke geleentheid sal benut om hulle wil te breek, deurdat hy sal probeer om hulle te beïnvloed om hulle arbeid vir God op te gee en ’n plaasvervanger te soek in die vreugde van die wêreld. Slaag hy nie om ‘n dienaar van God deur middel van die wêreld te bekoor nie, dan sal hy kragtiger optree, deurdat hy alle geestelike suksesse wat deur die medemens behaal word, sal probeer ondergrawe, deur laasgenoemdes se houding negatief te beïnvloed en so die verspreiders van die lig se taak op aarde op elke manier te bemoeilik. Daarvoor is ‘n sterk wil nodig om, a.g.v. hierdie teenwerking, die taak op aarde te verwesenlik. Daarvoor is ‘n buitengewone sterk geloof en ‘n toegewyde liefde tot God nodig, om vir Hom ‘n troue kneg op aarde te bly, om die teenstander te herken en te verafsku, en die arbeid, met betrekking tot die medemens, met volharding en ywer uit te voer om ten slotte as oorwinnaar teenoor hom te staan, wanneer die laaste stryd gewen is. God laat egter geen van Sy dienaars en arbeiders op aarde sonder krag nie, Hy help hulle altyd as hulle dreig om swak te word, as sy wil aan te hewige woelinge blootgestel word deur die voortdurende beïnvloeding van die vyand van die waarheid. Dan openbaar Hy Homself en voor Hom moet die teenstander wyk. Die Waarheid sal altyd die dwaling verdring, tensy mense hulself nie daarteen verset en dan voorkeur gee aan die dwaling bo die Waarheid nie. Indien hulle dit doen, sal hulle hul rede van God verkry en Hy sal hulle gee wat hulle begeer. Dan behaal die teenstander van God wel die oorwinning, maar hy sal homself nie vir lank kan verheug nie, hy verkry slegs dit wat reeds lankal aan hom behoort, maar nie die wat na God streef, en daarom ook deur God vasgegryp word en wat ewig nie meer verlore kan gaan nie. Wie egter op aarde ‘n verdediger van die Waarheid is, sy wil sal altyd versterking ondervind deurdat lig uit die hoogte aan hom gestuur sal word. Sy wil sal nie meer sodanig verswak kan word dat hy die waarheid opoffer of dat hy nie daarvoor sal opstaan nie, want hy verkry genot in sy werk en verrig die arbeid wat God aan hom opgedra het vol ywer, waarvoor hy dan ook seën ontvang van God. Sy seën beteken egter voortdurende hulp, instroming van krag en onophoudelike oordrag van Sy Woord, wat as voortdurende bron van krag sy siel ook die volmaaktheid sal besorg wat hom heeltemal sal bevry uit die mag van die duisternis en wat hom sal afsluit van enige beïnvloeding van duistere magte. Hy sal vol krag wees en opstaan vir God en die ewige waarheid, hy sal op aarde ‘n bekwame arbeider in die wingerd van die Heer wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205