BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 131

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die afval van God en die weg van terugkeer - Lig en duisternis 3997 Julle het voortgekom uit die ligryk en wandel nou in die duisternis, en dit deur eie skuld. God is die Lig van ewigheid en dus is Hy die oorsprong. En wat van Hom afkomstig is, moes weer lig word, want die lig straal uit en versprei lig. En tog het hulle wat van Hom afkomstig was, in die duisternis gesink. Hulle het hul stralingskrag verloor, omdat hulle die oerlig wou ontvlug, omdat hulle hulself nie wou laat spysig deur die ewige Oerbron van lig nie en omdat hulle hulself gesien het as vol van lig en gemeen dat hulle geen toevoer van lig benodig nie, omdat hulle hulself magtig teenoor God gewaan het, dus aanmatigend was. Dit was nie die onkunde wat aanleiding gegee het aan diegene wat vol lig was om aanmatigend teenoor God te wees nie, want hulle het die hoogste kennis besit, maar dit was juis hierdie kennis, wat allesomvattend was, wat aanleiding gegee het vir hulle aanmatiging. En daarom was hul aanmatiging van sonde teen God van die grootste betekenis, want die skepsele van God het probeer om hul Skepper, die hoogste en mees volmaakte Wese, te verkleineer. Want hulle het Hom nie meer erken nie. Hulle het sondig geword en in die duisternis geval, dus in 'n toestand sonder lig waar alle insig en alle kennis verlore gegaan het. God het sy liefdeskrag teruggetrek van die geskapenes wat Hom wou ontvlug. Hy het dit weggeneem wat die rede was vir hulle aanmatigende denke, naamlik hul kennis, en gevolglik die insig van wat hulle was en wat hulle moes wees. Maar Hy het hulle ook weer die moontlikheid gegee om tot insig te kom en na hul oertoestand terug te keer, omdat dit nie ooreenstem met Sy Liefde en Wysheid, dat dit wat deur Hom geskapene is, vir ewig geskei moet wees nie. Hulle kon hulself vrymaak van die groot sonde van die afval van God en daardeur ook weer terugkeer na die toestand van lig, maar dan moes hulle alle aanmatiging laat staan. Hulle sal die nabyheid van God moet nastreef. Hulle sal weer sy kring van lig en liefde moet ingaan en hulself laat deurstraal. Hulle moet die duisternis wil ontvlug en lig begeer. Maar julle mense, wat die van God afgevallenes beliggaam, gaan nog voort in die diepste duisternis. Want julle wil stuur nie op God af nie en daarom gaan julle ook nie sy ligsirkel binne nie en bly julle nog ver van God verwyder. Julle verafsku die lig en julle bly sonder kennis, sonder enige insig. En tog is julle in staat om die afstand tot God binne ’n kort tydjie op te hef, 'n kloof te oorbrug wat julle self geskep het, want God staan julle op elke wyse by met Sy liefde en genade om julle na die oertoestand terug te lei wat julle vrywillig verlaat het. Maar julle sal dit ook weer vrywillig moet probeer bereik. Hy kan julle niks teen julle wil gee nie, andersins sal julle onvolmaak moet bly tot in alle ewigheid. Indien julle egter die wil sal hê om na die Oorsprong van die lig terug te keer, sal julle self na die lig streef en dan sal julle ook daarin slaag. Dan sal julle die toestand van insig bereik. Julle sal wetend word, dus sal julle die verlore kennis terugkry en julle sal nou elke aanmatiging opgee. Julle sal nader aan God kom in deemoedige liefde en Sy oneindige liefde - wat Hy nooit van julle weerhou het nie – sal julle weer aanneem en julle lei na julle bestemming van weleer. Julle sal mag werk in die volheid van lig en krag en julle sal onvoorstelbaar geluksalig wees. Julle mense op aarde, ontvlug die duisternis. Soek die lig. Wend julle na waar daar 'n swak ligskynsel is en tree in daardie skynsel in, en dit sal steeds sterker word, totdat julle omstraal sal wees deur die sterkste lig. Neem hierdie aanmoediging ernstig op, want nooit sal julle in die duisternis goed voel nie. Want na julle dood sal julle dit as ’n onuitspreeklike kwelling voel en slegs die lig sal vir julle geluksaligheid kan berei, maar dan sal dit vir julle heelwat moeiliker wees om die lig te bereik. Benut daarom die tyd op aarde. Streef na insig, stuur op God af, die ewige Lig, en laat julle weer in die toestand van insig plaas deur Hom. Nader weer die Skepper en Vader van ewigheid in liefde en deemoed, en Hy sal julle aanneem en julle help om geluksaligheid te bereik, wat julle slegs sal vind in die vereniging met die Oerlig waaruit julle eens voortgekom het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205