BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 132

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Bybelinhoud is die leer van die liefde 4000 Die gees in julle moet julle onderrig, anders sal julle sonder kennis bly. Hy kan egter eers werksaam word wanneer julle in die liefde leef. Daarom het My taak as mens op aarde eerstens bestaan uit die oordra van die Goddelike leer van liefde, want dit moes eers, deur die naleef daarvan, die mens so omvorm dat die gees in hom aktief kon word en slegs dan eers sou vêrdere geestelike opdragte moontlik wees. Maar die mense het egter tydens My aardse lewe so vêr van die liefde afgewyk, dat hulle keer op keer, en in selfs groter besonderhede, op die gevolge van hul liefdeloosheid gewys moes word. Die gebod van die liefde moes voortdurend aan hulle oorgedra word en Ek was slegs in staat om weiniges met diepgaande kennis vertroud te maak. Dit sou nie wys van My gewees het om hierdie kennis algemeen na die mense te bring nie, omdat kennis sonder liefde dooie kennis bly, dus sonder uitwerking. Daarom was dit My Wil dat die aantekeninge van My dissipels in so ‘n vorm bewaar moes bly waar diepgaande kennis agterweë gebly het, maar wat tog die liefdesleer as inhoud gehad het. En wie hierdie leer navolg, sal ‘n diepe kennis binnedring, indien hy ernstig daarna verlang. Ek het wel kennis in oorvloed op aarde uitgedeel, maar Ek het ook die harte van My toehoorders geken, Ek het hul graad van liefde geken, hulle wil, hul mening oor My persoon, wat aanleidend was dat hulle die kennis wat hul aangebied was, as die enige Waarheid aangeneem het. Ek het ook My dissipels onderrig, en hulle in staat gestel om, deur die uitstorting van die Heilige Gees na My hemelvaart, dieselfde kennis wat hulle deur die Gees ontvang het, aan hul medemens mee te deel. Dus was die mense aan wie My dissipels die evangelie gebring het, goed versorg. Aangesien ‘n lewe in liefde altyd die voorwaarde is om diepgaande geestelike kennis te verstaan en die seën daarvan te ervaar, moes die liefdesgebod verder deurgegee word aan die nageslag. En daarom was dit in My opdrag deur die dissipels opgeskryf, sodat dit bewaar kon word wat op aarde deur My onderrig was. En ook My lewenswandel, wat alle mense tot voorbeeld moes dien, was deel van die geskrifte wat vir die mensdom as nalatenskap van My dissipels bewaar moes bly, waarby egter die diepere kennis ontbreek, omdat Ek dit so gewil het. Want wie kennis uit die Skrifte wil verkry, wat wel My Woord begryp, maar nie liefde het nie, sal nie weet wat om daarmee te doen nie, omdat geestelike kennis ’n lig is wat deur die liefde ontsteek word, wat eers tot volle intensiteit kan kom wanneer die gees in die mens gewek is en die mens nou van binne verlig word. Kennis wat akademies opgedra word, sal slegs waarde hê as dit ondersoek en verwerk word om verstandelike eiendom te word, wat egter altyd maar net met behulp van die gees moontlik is, om welke rede die liefde absoluut onontbeerlik is. Wat is dus meer verstaanbaar as dat Ek, deur Myself op aarde, asook deur die aantekeninge wat volgens My wil ontstaan het, slegs die liefde leer en dat slegs die gebod van liefde as die eerste en vernaamste vir die mense bekendgemaak moet word? Wat is meer verstaanbaar as dat die mens nie dikwels genoeg vermaan kan word om hierdie gebod na te kom om sielerypheid te bereik nie? Alle vêrdere kennis is slegs die gevolg van ‘n lewe in liefde en word aan ’n individu meegedeel soos wat dit vir hom van nut is. Sodra sy gees werksaam geword het, sal hy onbeperkte kennis kan ontvang, omdat die graad van wysheid wat hy wil hê, deur homself bepaal word. Hy hoef dan nie meer boekekennis te versamel nie, maar dit sal direk uit die geesteryk vir hom aangebied word, alhoewel dit nooit verstaanbaar sal wees vir diegene wat liefdeloos lewe en wie hul kennis slegs vanuit boeke probeer kry nie. Dit is egter maar net dooie kennis. Die gees sal egter eers lewe gee, die volledige begrip word eers deur die liefde verleen. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205