BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 139

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Twyfel aan God se openbaringe - Natuurelemente 4020 Hoe dringend is die skenking van My Woord vir julle, en hoe selde vind dit geloof. Julle laat julle voortdurend pla deur onsekerheid oor die waarheid van wat deur My dienaars aan julle oorgedra word. Julle verwerp wat vir julle as onaanvaarbaar voorkom en wat nogtans onvermydelik is volgens ewigheidsbesluit. Julle wat 'n gewekte gees het, word deur My ingewy in My heilsplan, sodat julle die tyd van die einde sal herken en ook julle medemens op die einde sal kan wys. Ek gee julle die tekens en het vanaf die begin van hierdie verlossingsperiode die uitwerking van die geestelike laagtepunt voorspel, om aan julle die geleentheid te gee om julle voor te berei, sodat die einde vir julle geluksalig kan wees. My aankondiging word egter nie ernstig opgeneem nie, dus openbaar Ek My weer en wel nie alleen deur die Woord wat van My uitgaan en van My getuig nie, maar Ek wil ook herkenbaar wees vir diegene wat geen geloof aan My Woord skenk nie, wat hulle nie deur My dienaars op aarde laat onderrig nie en wat ook geheel ongelowig teenoor die voorspellings van 'n nabysynde einde staan. Hulle wil Ek op 'n ander manier nader. Aan hulle wil Ek My openbaar as die Heer van die Skepping, teenoor Wie geen menslike wil kan standhou nie. Ek wil hulle konfronteer met die Mag, wat nie deur menslike wil gebreek of oorwin kan word nie. Ek wil met hulle in 'n taal spreek wat duidelik verneembaar sal wees. Met donderstem wil EK spreek en die elemente van die natuur sal My gehoorsaam en van My getuig. En dit sal die laaste Woord wees wat Ek spreek om hulle aan te maan, om dan die gebeure hul gang te laat gaan tot aan die einde. En hierdie laaste uiting van My Mag en Krag sal 'n genade wees vir die hele mensdom, maar slegs vir 'n klein aantal sal dit nog doeltreffend wees, want wie My nie erken nie, sal ook niks buitengewoons sien in die geweldige natuurgebeure nie, maar eenvoudig 'n spel van die natuur, selfs wanneer hy sal insien dat hy oor hierdie spel niks te sê het nie. Tog sal Ek My plan van ewigheid nie opgee nie en Ek sal dit steeds weer bekendmaak, naamlik dat Ek My sal laat sien deur 'n natuurkatastrofe van 'n omvang, wat die wêreld nog nie meegemaak het nie. Waarom doen Ek dit? Die tyd snel die einde tegemoet. Die mense gaan besluiteloos en traag deur die lewe. Hulle verstaan nie die erns van die tyd nie en daarom moet hulle gesteur word. Ek wil Self nader aan hulle kom, want in die groot nood, wat die liggaam betref wanneer hulle die dood voor oë sal sien, sal daar in hulle tog die gedagte aan 'n Skepper opduik en 'n paar sal die weg na My vind en daarop gaan. Ter wille van hierdie weiniges sal vervul word wat verkondig is in Woord en Geskrif. Weliswaar sal talle mense hul lewe verloor en in ’n onvolmaakte toestand die ryk hierna ingaan, maar vir hulle wil Ek 'n milde Regter wees en die laaste offer wat hulle vir My sal bring deur hul vroeë dood, bytel deurdat Ek hulle die beste moontlikhede sal bied om ryp te word en om aan hulle op alle maniere in die geesteryk ondersteuning te verleen. Maar Ek sal egter onherroepelik deur die natuur spreek en julle almal sal getuie wees en julle sal oortuig kan word van die waarheid van My Woord, wat suiwer en duidelik van Bo kom, omdat dit My Wil is dat julle nie iets onvoorbereid sal meemaak wat so geweldig is dat dit die denke van almal sal moet skok, indien hulle nog maar net 'n bietjie glo in 'n Skepper en Behouer van die hemel en die aarde. Wie met My verbonde sal wees, sal egter nie twyfel aan My Woord nie, want Ek sal My uiter deur My dienaars op aarde, wat My Woord, wat as suiwer waarheid aangeneem moet word, sal deurgee, sodat alle twyfel uit die harte van Myne verban kan word, omdat Ek dit Self sal uiter en nooit sal duld dat My Woord, met dwaling vermeng, na die mense sal kom wat van goeie wil is nie, wat My wil dien en daarom as arbeiders in My wingerd deur My in diens geneem is vir die laaste tyd voor die einde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205